NUUSBRIEF: 1/2003
Bredenkamp familiebond
Ψ GEGROET
- 2003 "Dis n nuwe jaar ." So lui die liedjie mos. Die komitee wil aan n iedere en n elk van die Bredenkamps n baie geseλnde en voorspoedige nuwe jaar toebid. Mag elkeen van ons saam met die psalmdigter Dawid ervaar:
- " Genadig en barmhartig is die Here lankmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed En barmhartig oor alles wat Hy geskep het." (Ps 145: 8 en 9)
- Ons vertrou dat u hierdie kommunikasie van die komitee se kant af sal geniet en sal ervaar dat ons groot Bredenkamp familie mekaar al meer en beter leer ken.
Ψ BEDANKINGS
- Baie dankie aan Adv. Ben Bredenkamp vir die ruim skenking aan die Bredenkampbond.
Ψ
ONS MAAK KENNIS MET MEKAAR" Born in Springs now living in the UK. I am amazed by how many Bredenkamps there are in the UK "
- Christopher Bredenkamp
"Hallo, hier ist Andreas Bredenkamp aus Bόnde bei Stift Quernheim. Meine allerbesten Grόίe aus der heimat.
- Andreas Bredenkamp
Baie geluk met die website - dit was vir my heerlik om weer oor ons geskiedenis te lees. Dankie ook vir die nuusbriewe wat ons op hoogte hou van die vorderinge wat gemaak word. Groete van Perth, Wes Australia.
- Johan Bredenkamp
I was a Bredenkamp. I was born in South Africa. I now reside in America and as looking for family, my Grandfather was Ovid Ogden Bredenkamp - Marjorie Martin
Hallo Marthie. Annette Bredenkamp hier, uit die VSA, Jim van Wolhaarkop se skoonsuster. Ek sien jy soek iemand om die brief vir jou te vertaal en ek sal dit met graagte doen as jy nog nie iemand gekry het om dit te doen nie. Laat weet! Groete uit California, - Frik en Annette Bredenkamp
Dear Marthie. I wondered if there has been any update to the Bredenkamp family history which arose from the Bredenkamp get together in May. I heard via my cousin, Joan Oxley, daughter of Berdina Freeman (nee Bredenkamp) that a Bredenkamp family from their congregation (Edenvale Baptist) had attended and enjoyed the occasion very much. My daughter will be visiting SA at end March next year and is very interested in the family history as she lives in Schieder, Germany, which is near the area our ancestor came from. Roxane, my late sister Marie's daughter, is also very interested.
To date I have not had any response to my queries from the Caledon Museum.. Shirley Herholdt (nee Lotter - Mother Johanna Maria Bredenkamp)
- Liewe Marthie
- Ek vertrou dit gaan goed met jou en die aktiwiteite van die Bredenkamp Bond. Ek het nou die dag nog 'n Bredenkamp teegekom in my buurt. Sy naam is Jan Daniel en hy kom oorspronklik van Zimbabwe en staan bekend as Danie.
- - John Bredenkamp
- Liewe Marthie
- Baie dankie vir die boodskap. Ek wil jou graag vra of daar so iets is soos 'n familie boom en waar kan ek dit kry. Ek sal graag my kant van die Bredenkamp familie geskiedenis opsoek. Ons is van die Kimberley groep. Baie dankie dat jy die Bredenkamp nuus vir my stuur dit word waardeer. Bredenkamp groete.
- - Sylvia Bredenkamp
Ψ HEENGEGAAN
Die VOLKSBLAD van 8 November 2002 vermeld: Mnr Duitlief Bredenkamp (67jaar) van die plaas Klipbanksfontein, Postmasburg, is na n lang siekte oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou Baby, en kinders . Die begrafnis was om 10h00 uit die NG Kerk Postmasburg gehou en die teaardebestelling was op die familieplaas.
In die BURGER van 21 Januarie 2003 het die volgende berig verskyn: Bredenkamp Johan Frederick, voorheen van Griekwastad, stil heengegaan op 18 Januarie 2003 in die ouderdom van 72jaar. Diep betreur deur sy eggenote Rachelle, kinders en kleinkinders. Gedenkdiens was uit die Helderberg NG Kerk, Somerset Wes.
Albert Joseph Bredekamp gesterf 8 Desember 2002 word betreur deur haar eggenote Lindsay Cornelia.
- Ons wil ons innige meegevoel met hierdie families betuig.
- Ψ HARTLIK GELUK AAN DIE BREDENKAMP MATRIEKS VAN 2002!
- Ons het via die media kennis geneem van die volgende Bredenkamps wat in Gauteng hulle skoolloopbane suksesvol afgesluit het! Baie geluk aan hulle en hulle ouers, asook aan die ander Bredenkamps wat elders geslaag het. n Vriendelike versoek: laat weet asb vir ons waar julle woon en wat julle planne vir die toekoms is, ons hoor baie graag van julle.
- Ons wil graag van die ander Bredenkamps in ander provinsies ook weet en hoor. Laat weet asb.
Ψ
WANNEER KOM ONS TROUDAG FRIKKIE?- Die voorsitter van die Familiebond se komitee
Oom Frikkie (88 jaar) is op 27 Oktober 2002 met Nellie Joubert (op haar 84 ste verjaarsdag) in die NG Kerk Harmoniehof, Pretoria in die huwelik bevestig deur sy seun Ds Dawie Bredenkamp. Hier langsaan is n mooi foto wat op hulle troudag geneem is.
NOORD KAAP SAAMTREK 18 - 20 OKTOBER 2002 OP DIE PLAAS WOLHAARKOP, POSTMASBURG DISTRIK.Ψ
Die komiteelede, behalwe Pieter Bredenkamp, het die saamtrek bygewoon en so om en by 16h00, Vrydagmiddag 18 Oktober 2003 op die plaas aangekom en vir hulle was dit n belewenis om op die Bredenkamp plaas, wat al meer as 100 jaar in die familie is, verwelkom te word deur die gasheer en - vrou Jim en Barenda.
- Marthie het later gesκ dat sowat van boeregasvryheid het hulle nog nie ervaar nie. Vrydagaand is daar gebraai en gekuier en tot laataand gesels. Die aand het sommige komiteelede in n ou skooljie op die plaas wat in gastekamers omskep was geslaap en die ander op die aangrensende plaas Sunnyside wat ook aan Jim behoort.
Saterdagoggend
na ontbyt is daar beweeg na die ou waenhuis om vir die groot saamtrek
gereed te maak. Fotos is teen die muur aangebring, Geskiedenis
gebeure is uitgestal en die inligting wat op die rekenaar is was
gereedgemaak die waenhuis sou nooit weer dieselfde wees nie.
- Toe het die mense begin aankom voertuig opvoertuig en oor en weer word gegroet en bekendgestel. Die opgewondenheid kon elkeen aanvoel.Van die families het van vκr gekom selfs van Jeffreysbaai en Brits, Vryburg en Upington en Tannie Muriel het van Johannesburg af gevlieg.
- Die hartseer was dat Oom Duitlief dit nie kon bywoon asgevolg van sy siekte nie hy is kort na die saamtrek oorlede.
Oom Frikkie het diebyeenkoms amptelik met gebed geopen en daarna is daar eers rondgestap onder andere na die familiebegraafplaas, die plaasdam en die ou vrugteboord asook die ou familie ossewa wat sy besondere diens gelewer het en waarvan n foto ook verskyn.
Terug by die waenhuis het Hennie gesels oor sy besoek aan die bakermat van die Grootvader Johannes Christoffel Bredenkamp in Duitsland en op interessante wyse van die vroeλ geskiedenis in Suid Afrika vertel.
Gert Bredenkamp, nog n lid van die komitee, het vertel hoe hy begin belangstel het en sy familiegeskiedenis begin navors het, onder andere die soektog na die begraafplaas op Nooitgedacht in die Marico distrik waar sy oupa Francois Alwyn en ouma Susara Isabella en sy oudste broer Francois en ander familielede begrawe is. Hulle het baie moeite gedoen om die ou begraafplaas weer netjies te maak. Marthie het vertel van haar bydrae ten opsigte van navorsing oor die Bredenkamps se geskiedenis. Jim het baie intressante feite en staaljies oor die familieplaas vertel en ongelukkig ook dat Iscor die plaas gekoop het en dat hulle dus uiteindelik ook moet verhuis. Veral van die ouer garde het ook verskillende staaljies uit hulle eie familiegeskiedenis vertel. Die kuier en gesels is voortgesit en intussenin is daar n heerlike middagete wat Barenda voorberei het asook n braai die aand geniet.
- Sondagoggend is die kerkdiens in die NG Kerk Postmasburg bygewoon. Die Bredenkamps is spesiaal verwelkom en daar is ook kortliks verwys na die betrokkenheid van die Bredenkamps in die geskiedenis van die gemeente. Na kerk is daar vir oulaas verversings geniet in die kerksaal en toe is daar gegroet en het almal vertrek.
- Die Bredenkamps van die Noordkaap word gelukgewens met so n aangename en betekenisvolle geleentheid en ons hoop ander gebiede sal ook die voorbeeld volg.
Ψ
DIE VRYSTATERS HET NIE OP HULLE LAAT WAG NIE !
Ψ
DIE JAARLIKSE SAAMKUIER BY ORYX EKO PARK PRETORIA.Ψ
DIE PERSONE IN DIE KOMITEE IS NIE MEER SO JONK NIE.10 km from the robot at Lois after you turn left into Garsfonteinweg.
5 km from Pretoria East Hospital. +- 1.5 to 2 km after Mooikloof
10 km from robot at Lois after you turns left into Garsfonteinweg
5 km from Pretoria East Hospital. +- 1.5 to 2 km after Mooikloof
Ψ LIDMAATSKAP VAN DIE FAMILIEBOND
Ψ
EN NOU IETS OOR DIE PLAAS WILDEBEESKUIL IN DIE KIMBERLEY OMGEWING.

Its extent is about 7,800 morgen
FAR-FAMED BISMARCKS RETREAT.

THE STOCK TO BE SOLD COMPRISES: - FIFTY COWS UN MILK
FIFTY TREK OXEN
TEN MULES
THE FURNITURE
Carts, comfortable and roomy, will leave the auction mart on TEUSDAY, 6th July 1880 at 9 oclock sharp
- A.A. RORTHSCHIL, Auctioneer.
Ψ
TEN SLOTTE
Aansoekvorm
AANSOEK OM LIDMAATSKAP VAN
DIE BREDENKAMP FAMILIEBOND
Volle name en Van van aansoeker
Geboortedatum .. .. Noemnaam .
Nooiensvan (Indien van toepassing) .
Volle naam en van van eggenoot/ote ...
Noemnaam van eggenoot/ote . Geboortedatum
Volle name van ouers van aansoeker (nooiensvan van moeder, asb)
Vader
Moeder
Aantal lede in gesin: . ..
Posadres
Woonadres
..
Telefoonno .. Faks no
E-Pos:
Webblad adres indien beskikbaar: ....
Lidmaatskapfooie (Merk 1 en 2 vir 70 jaar en ouer)
( Merk 1 en 3of 4 vir jonger as 70 jaar)
1. ڤ My toetree fooi van R100.00.
2. ڤ My lewenslange enkel fooi van R50.00 as 70 jarige en ouer.
3. ڤ My lewenslange fooi van R200.00
4. ڤ My eerste jaarlikse fooi van R50.00
Handtekening van aansoeker: .
Vir die komitee se gebruik.
|
Lid
no
|
b |
c |
d |
e |
f |
g |
h |
i |
Elke persoon wat aansoek wil doen moet die aangehegte vorm voltooi en aanstuur na die volgende adres:
Marthie Bredenkamp, Knysnalaan 282, Sinoville, Pretoria, 0182Of stuur per e-pos na [email protected]
Bredenkamp
Familiebond, ABSA Bank, Sunnyside
Tak - Active Savings,
Account
No. 90-7187-3122
|
|
|
|
|
|