NG Kerk-logo

Vir Moeders . . .



As jou rekenaar met klank toegerus is en Midi-musiek kan speel, kan jy die volume harder draai om na die musiek van die bekende Engelse liedjie "Mother" te luister. Jy kan selfs vir Mammie nader roep en vir haar sing! Hier is Afrikaanse woorde vir "Mother":

M staan vir haar Miljoen liefdesblykies
O vir Oud . . . die jare wat vergly
E staan vir haar Eerbaarheid en Eenvoud
D staan vir haar Deernis net vir my
E -- die Eienaam wat ek so liefhet
R staan vir haar Reinheid in die Heer
Sit hul almal saam en dit spel
"MOEDER"
'n Liewe woord wat ek sal eer

* * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * *


'n Moeder se Trane
Deur L.W. Olwagen

EK het lank terug 'n verhaal gelees waarin 'n engel dit bevraagteken dat God 'n vrou gemaak het. Een van die besware wat die engel gehad het, was teen die feit dat daar water by die vrou se oë uitgekom het.

"Hierdie een lek!"  het die engel gesê. "Ek het geweet dit is 'n fout om nog 'n mens te maak." God het die engel daarop gewys dat dit trane is en het bygevoeg dat dit 'n teken is van een van 'n vrou se grootste bates. Dit sou wys dat sy sag is en omgee.

Dit is maar 'n verhaal en misleidend in die sin dat dit die indruk wek dat 'n man nie sag kan wees, of nie kan of mag huil nie. Of dat alle vroue sag is, want daarteen protesteer talle voorbeelde uit 'n deur sonde verskeurde wêreld.

Iets in hierdie verhaal het my egter wel aangegryp en in my gedagtes het ek die trane teruggeroep wat ek al in my lewe gesien het. En ek het keer op keer in my gedagtewêreld weer vasgekyk in die trane wat ek in 'n moeder se oë sien blink het.

Daar was die trane van die talle moeders wie se kinders ek as predikant moes begrawe. Die seuntjie wat in die swembad verdrink het, die dogtertjie met breinstamkanker, die kindertjies met leukemie, die seuns wat dood is in motorongelukke, al die babatjies...

Daar was die trane van die moeder wie se seun albei sy hande verloor het ná 'n ongeluk in die Weermag. Daar was die trane van die moeder wat op haar sterfbed gevra het of ek haar seuns sal gaan haal sodat sy hulle kan groet.

Daar was die trane van baie terleurgestelde moeders wie se kinders vir behandeling gekom het in die dwelmkliniek waar ek berader was. Daar was ook die trane van ander terleurgestelde moeders, ja, ook dié van my eie moeder, wanneer ek haar terleurgestel het.

In my gedagtes het ek egter ook die trane gesien van al die moeders wat vanjaar, om watter rede ook al, gestort sal word op Moedersdag. Nie almal is bly op Moedersdag nie. Daar is dalk herinneringe, of 'n gemis, of groot pyn en hartseer. Ons moet in hierdie tyd ook, en dalk veral, aan hierdie mense dink.

Ek het 'n wonderlike woord in dié verband in die Bybel gekry. In Jesaja 40:11 staan: "Soos 'n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors." Almal van ons het al die prentjie gesien van die Goeie Herder met die lammetjie in sy arms en hierdie woorde gee ons weer die gerusstelling dat ons kinders in die Here se hande is. Maar dan kom die verrassende einde van die vers: "Hy sorg vir die lammerooie." Die Here sorg ook vir die moeders!

Jesus illustreer hierdie waarheid op 'n treffende wyse aan die kruis wanneer Hy na Maria wys en vir Johannes sê: "Daar is jou moeder."

Moeder, die Here sien jou trane en Hy sal sorg!

* * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * *
Taking Care of Mothers

MANY of us take better care of our cars then we do our mothers and yet we only expect our cars to last 5 or 6 years but we expect our mothers to last for a lifetime. Maybe we need a maintenance manual for mothers so we would know how to take care of them at least as well as we do our automobiles. Here are some items that might be included in such a manual.

***Engine: A mother's engine is one of the most dependable kinds you can find. She can reach top speed from a prone position at a single cry from a sleeping child. But regular breaks are needed to keep up that peak performance.

***Mothers need a hot bath and a nap every 100 miles, a baby-sitter and a night out every 1000 miles, and a live in baby-sitter with a one week vacation every 10 000 miles.

***Battery: Mother's batteries should be recharged regularly. Handmade items, notes, unexpected hugs and kisses, and frequent "I love yous" will do very well for a recharge.

***Carburetor: When a mother's carburetor floods it should be treated immediately with Kleenex and a soft shoulder.

***Brakes: See that she uses her brakes to slow down often and come to a full stop occasionally. (A squeaking sound indicates a need for a rest.)

***Fuel: Most mothers can run indefinitely on coffee, leftovers and salads, but an occasional dinner for two at a nice restaurant will really add to her efficiency.

***Chassis: Mothers run best when their bodies are properly maintained. Regular exercise should be encouraged and provided for as necessary. A change in hairdo or makeup in spring and fall are also helpful.

***If you notice the chassis begins to sag, immediately start a program of walking, jogging, swimming, or bike-riding. These are most effective when done with fathers who often need chassis work as well.

***Tune-ups: Mothers need regular tune-ups. Compliments are both the cheapest and most effective way to keep a mother purring contentedly.

If these instructions are followed consistently, this fantastic creation and gift from God that we call MOTHER should last a lifetime and give good service and constant love to those who need her most.

-- Selected from Pastor Tim's Illustrations List --

http://www.cybersalt.org/

* * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * *
Things My Mother Taught Me

MY mother taught me logic:
 "If you fall off that swing and break your neck, you can't go to the store with me."

My mother taught me medicine: 
"If you don't stop crossing your eyes, they're going to freeze that way."

My mother taught me E.S.P.:
"Put your sweater on; don't you think that I know when you're cold?"

My mother taught me humor:
"When that lawn mower cuts off your toes, don't come running to me."

My mother taught me patience:
"Sure, you can do that--as soon as you're 21 and leave the house!"

My mother taught me diplomacy:
"I don't want to hear who started it. It takes two to fight."

My mother taught me sharing:
"Play nicely with that or I'll just take away from both of you."

But most of all, my mother taught me love:
"You know that whatever you do or whatever happens, I'll stand behind you because I love you."

--Author unknown.

Webmeester: Ludwig Olwagen    [email protected]         12/05/02  

Om terug te keer na die hoofhek van hierdie webwerf, klik hier

 

 

 

 

 

 

 

 

Hosted by www.Geocities.ws

1