Kom besoek
gerus ons biblioteek vir geestelike pitkos. Nadat Gerry Bleeker en Chris Snyman
nog verder rakkies ingebou het vir CD's (geestelike en stemmingsmusiek) en
soortgelyke video's, is die biblioteek (hoofingang, gangetjie regs af) oopgestel.
Daar is boeke en tydskrifte, leesstof vir die tye waarin ons leef, raad vir
menslike konflik, ens.
Dis nie alles swaarmoedig nie; eerder inspirerend, soos Hennie Aucamp se "Kommerkrale".
Die opnames op band van preke in die Plet-kerk sal ook daar beskikbaar wees. Die
versameling sal groei. Ou goed sal verkoop word en nuwes aangekoop word.
As daar 'n spesifieke versoek is, sal gepoog word om daaraan te voldoen. Dis 'n
stil hoekie waar 'n mens rustig kan deurkyk en inspirasie kry. Hopelik kom daar
later 'n koffiekroeg by en word dit 'n kuierplek. 'n Vrouehoekie en, by
geleentheid,'n uitstalling deur Lux Verbi word ook beoog.
Alles is netjies georden, elke stuk voorsien van 'n nommer. In 'n boek word die
nommer by die lener se naam en telefoonnommer aangeteken - eenvoudig en maklik
vir almal.
Die biblioteek is Sondae ná die diens op Plet oop, en Woensdae van 3-4 nm (ter
wille van gemeentelede wat op Wittedrif kerk) of per afspraak. 'n Paar dames het
'n diensbeurt aangebied, wat baie waardeer word.
Enige voorstelle om die biblioteek 'n groot lekkerte in die gemeente te maak,
sal verwelkom word, sê Ita. Skakel haar gerus
na-ure (tel. 533 1191).
WYKSVERDELING
VIR LERAARSBEDIENING:
|
Die
dagbestuur van die Kerkraad het nou 'n
geografiese verdeling van die gemeente gedoen
SLEGS IN TERME VAN LERAARSVERANTWOORDELIKHEID en
NIE Vrouediens, basaars en erediensbywoning nie.
Blok A en Blok B se
geografiese verdelingslyn is Marineweg en "Why
not" af tot Piesangriviermond en die see.
Blok A (ds. Willie) is dus Hark 1 en 2, Plet 1-7,
Plet 9-10 alles vanaf "Garden of Eden"
tot by N2 / Marineweg-kruising.
Blok B (ds. Chris) is alles onderkant Marineweg
tot Tsitsikamma-gemeentegrens. Dit is alle
Wittedrift-wyke, Kurland-wyke, Natures Valley en
Plet 8, Plet 11-18.
Let op: Elke blok beslaan 'n billike deel van
Plet-dorp.
Elke blok het buitewyke --
dus plaaspaaie en verspreide bewoning.
Elke blok se verste besoekpunt is ± 25km.
Elke blok se lidmaatgetalle is redelik
ooreenstemmend.
Soos dit nodig mag wees, word aanpassings gemaak
met wyke weerskante van Marineweg. Asseblief dit
beteken nie dat enige lidmate nou "onder
Wittedrift val" nie. Dis bloot die woonplek
van Blok B se leraar! In een, verenigde gemeente
is daar vrye keuse om 'n vroeë diens in Plet of
'n laat diens in Wittedrift by te woon. Jy werk
by die basaar soos altyd. Lidmate van Plet 2-6
wat sedert 1999 deur ds. Leon bedien is, kan
hieroor getuig. Daar was geen verandering met
enigiets nie.
Gemeente-afkondigings
word by die eredienste uitgedeel en vir aankondigings van
die Kerk in breër verband
besoek asb. gereeld
http://www.ngkerk.org.za/index2.htm


Vanweë die baie vakansiegangers en besoekers aan
ons gemeente, is dit baie moeilik om nuwe
intrekkers te identifiseer. Dit is egter hartseer
as u reeds geruime tyd in die gemeente woon, en
ons kon nog nie van nader kennis maak nie.
Daarom versoek ons u om die inisiatief te neem,
deur 'n nuwe intrekkersvorm (beskikbaar in die
voorste voorportaal) in te vul, sodat ons so
spoedig moontlik van u weet en u in ons midde kan
welkom heet.
Die Plet-eredienste
is beskikbaar op kasset by die kerkkantoor teen R15.00
vir twee preke en R10.00 vir een.
Van tyd tot
tyd is daar van ons eie lidmate wat tydelik in
finansiële nood verkeer. Om so spoedig moontlik
hulp te verleen, is dit nodig dat ons oor 'n
noodspens beskik. Ondersteun ons asseblief deur
'n bydrae in die houer in die kerk se voorportaal
te plaas, of aan u diaken te oorhandig.
Mense wat
wil bydra tot die aankoop van Xhosa-Bybels,
kontak Marie Monk by 5331629.
Vyf
selgemeentes funksioneer tans. Persone wat graag
wil inskakel, kan die leraars skakel -- ds.
Willie Smith (083 234 1518) en ds. Chris du Preez
(535-9439).

Indien u n behoefte het aan voorbidding,
kontak gerus Chris Snyman by 5339002 of Thea
Lombard by 5336789.