Tessa Fourie

 

Maan

 

Die maan hang soos ‘n ryp geel lemoen

Aan die westekant

Kwart voor vyf soggens

Om nag en dag te versoen.

 

Hou my vas

Hou my vas

Dis nog nag

Amper

Ampertjies dag.

 

In die dag is die spoke weg

En loop die lewe reg

Snags maak my bang

Die donker wil my vang.

 

Dankie ou maan

Jy loop saam –

Al is dit nog donker

Sien ek jou.

Soos ‘n kers.

Nou skryf ek die vers.

 

Eers het jy die Israeliete

Veilig laat trek deur die nag

Nou’s dit jou beurt

Om my deur te kry,

Nog ‘n slag.

 

Julie 2003

 

 

 

Hosted by www.Geocities.ws

1