Polla van Blommenstein

Beroep:

Verteenwoordiger vir Agrinet

Geboorte datum:

4 de September 1949

Huwelikstatus:

Getroud 5de September 1970

Kwalifikasies:

Matriek 1968

Belangstellings:

Die kunste, voels, diere en alles wat met die natuur te

doen het.

Persoonlike besonderhede:

Gebore in Johannesburg, Suid Afrika. Grootste gedeelte van my lewe in die Noord kaap. Pa van drie seuns en twee kleinseuns.

 

 

'n nuwe dag

 

Rooi breek die dag

'n haan kraai.

Rook hang swaar in die oggend lug.

In perfekte formasie

ooievaars in vlug.

Stoom op die water,

mis in die veld.

Vars more geur.

Die sons se strale,

Statig breek hul deur,

tooi die landskap in panoramiese kleur.

'n nuwe uur, 'n nuwe dag,

wie weet wat wag.....

 

(c) Polla Van Blommenstein

Hosted by www.Geocities.ws

1