Karolis
Ek is n plaasjapie van geboorte wat al van jongtyd af n aanvoeling vir skryf gehad het. Ek is gebore in Waterval-onder en het my kinderjare (tot 7 jaar oud) in Waterval-boven beleef. Ek het gematrikuleer in Patriot hoerskool WITBANK (die eerste matrieks ooit van daardie skool ! ) en is daarna vir my 2 jaar militere diensopleiding na Phalaborwa. Daarna het ek in die bankwese begin werk waarin ek nou al 18 jaar diens doen. Ek het nog nooit werklik iets gepubliseer nie behalwe een gediggie in 1996 ( in die VAAL-DRIEHOEKKAMPUS van die POTCH UNIVERSITEIT se jaarlikse letterkunde blaadjie). Ek skryf maar net vir die plesier daarvan maar tog hoop ek om eendag iemand se oog te vang wat van my werk wil druk vir landwye verspreiding.
Daar’s ietsie aan’t gebeure
Daar’s ietsie aan’t gebeure
Wat ek nie kan verklaar nie
Net soos die lentegeure
Tot herfstyd nie bedaar nie
Onwrikbaar, sielloos, wroegend
Verskiet ‘n ster daarbuite
En angstig, doelloos, soekend
Verdof my hart se ruite
‘n glim van donker skadus
Versteur my grimme wandel
En in deurdrenkte deuntjies
Laat elke noot my kantel
Ek breek die sel se deure
Die geel-rooi maan wil fluister
Daar’s ietsie aan’t gebeure
Dit maak die doflig duister
In glanslig draal die wolke
Die lug word ysig, kouer
Dit sny die vel soos dolke
Onweersgemoed word grouer
Diep onheil in die verte
Al dansend wink die bome
Daar’s ietsie aan’t gebeure
Dit steur my eensaam drome
Ek hoor my hart se roepstem
Dit krap my skerp hierbinne
Ek moet myself styf vasklem
Of ek verloor my sinne
Die grysblou rots se skeure
Hang dreigend voor my oe
Daar’s ietsie aan’t gebeure
Dit laat my diep bewoe
Toe in die vroee skemer
Verrys ‘n nuwe lewe
‘n onverwagte gewer
Verwek ‘n nuwe strewe
Deur oggendstond se kleure
Herskik my gees sy wroeging
Daar’s ietsie aan’t gebeure
Dit lei my in versoeking
Ek breek die wonderwereld
Los uit die donker dieptes
Net soos ‘n sysag perel
Uit stormsee gediep is
Ek staar verstom na sere
Wat wonderbaar genees het
Daar’s ietsie aan’t gebeure
Wat ek so lank gevrees het
Wie sou kon dink daar’s iemand
Met hartseer, steeds verlore
Wat smag na daardie hartland
So uit die niet gebore
Wees dankbaar al die kere
Begrawe gou jou griewe
Daar’s ietsie aan’t gebeure
En daardie iets is … liefde !
Lied van die dood
Ek skuil in diep verlange
Die dood ‘n soet gebaar
Waar dowwe onweerswolke
So stil stil bly vergaar
‘n Helder ster wat skitter
‘n Bleke maan omhoog
In my, daar word dit bitter
My hartseer uitgedroog
‘n Donker lig omsluit my
Dit breek my hart se deur
Ek moet myself hier uitkry
Voordat my siel verskeur
‘n Skuilplaas vol ontdekking
In wasem toegespin
Herlewing en verwekking
Onsigbaar tussenin
‘n hartseer hart gebore
Uit hierdie dodenag
Volg nou die donker spore
Wat struikel in die nag
O dood, jou soete wonder
Wanneer sal jy my tref?
Wanneer sal jy met donder
Finaal jou stem verhef?
Sal soete slaap my eers oorval
Of dalk ‘n wrede vrees?
En sal daar in die dodedal
Tog redding vir my wees?
Verbleikte blare ritsel
Elk’ lewe flits verby
Maar tog is daar ‘n botsel
Wat groeiend verder stry
Ek skuil in donker gange
Die dood steeds ‘n gebaar:
Van jare reeds vergange
By ons verby gevaar
Verby die horisonne –
Waar angstig op ons wag
Herleefde lewensbronne –
Vir voor- en nageslag
So drukkend kwyn die lewe
Aanlokkend wink die dood
Sal God my ooit vergewe
Hier waar ek skuil in nood…?
‘n Aardse spel
Een skone waterdruppel
Plons op die sware grond
Al golwend aan die trippel
Die stroompies rond en bont
‘n By die steek sy angel
In lewe en in hoop
Verswelg, verwerp, verstrengel
‘n bitterbek vol stroop
‘n Lang verwagte lyding
‘n Soete awendsuur
Vol wanhoop en bevryding
Wat stroopsoet was word suur
Geboorte uit die aardkors
Die kern wit-wit warm
Kookoonde les die nadors
Die rykdomsoes word arm
Gietswart en blinkswart golwe
‘n Dreunende gegons
‘n Vuurberg omgedolwe
Vir silwer, goud en brons
En byna onverbiddelik
Suis pyle om en om
Nou, netnou, selfs onmiddelik
Beswaard, neerslagtig, stom…
‘n Droom verwek verdrukking
‘n Wakker beeld word flou
‘n Eiland van verskrikking
Op sandgrond uitgebou
Sag, woelend skeur die hemel
‘n Ster plof in die nag
En in die los gewemel
Verrys uit nag die dag
Van klip en kluit en stene
‘n Tronk en dodesel
Word als wat is verenig
In hierdie aardse spel…
Vloed
Water, wind, woesterny
Glas versplinter
Druppel…
Gly verby
Golwend, bruisend om en om
Diep rivier
Sproei…
Versuipte blom
Vloeiend, stomend, draaiend kolk
Grond verdrink
Slukkend…
'n Onweerswolk
Blitsend, flitsend, duister draal
Donder dreun
Rammel…
‘n Weerligstraal
In my, deur my, loop die laan
Hart deurdrenk
Bewend…
‘n Vallende traan…
Ek glo
Ek glo in die krag en die liefde van God
En die vreug van die lente as bloeisels weer bot
Ek glo aan die herfs met skakerings van bruin
En die blomme vol kleur in die swoel somerstuin
Maar vergeet nie van winter met koel-frisse dae
Wie kan in sy hart oor seisoentye kla?
Ek glo met die hartseer kom pyn en verdriet
Maar met vreugde wat volg gaan die lyding tot niet
Ek glo aan familie wat tesame kan bou
Ambisie in mans en die durf van die vrou
Maar vergeet nie van kinders, wat toekomsgerig
Uitdagings oorkom en voor swaarkry nie swig
Ek glo aan die reen wat die aarde verkoel
En dat elke swaar droogte gebeur met ‘n doel
Ek glo dat die wind wat die stofdwarrels waai
Ook die wolke byeenbring om uitkoms te saai
Maar vergeet nie fonteine wat die aardkors bevrug
En oases skep sonder die reen uit die lug
Ek glo aan die onskuld van elk sielloos dier
Aan die onmag van besies, die krag van die tier
Ek glo daar’s ‘n plek vir elkeen op die land
Vir die muggie, die leeu, selfs die skulp op die strand
Maar vergeet nie die mens wat as heersel moet staan
Oor die skepping van God, al is hy deel daarvan
Dus: ek glo daars ‘n weg om oorwinning te smaak
Deur vervulling te bring aan ‘n edele taak
Ek glo hierdie taak rus op elkeen se hart
In die dae van lig, ook die donker van smart
En onthou heel jou lewe die woorde van nou:
Begrawe jou vrees, God is ewig met jou!