Flikkerende
vlam
(vir
Cigdem en almal wat dryf deur die strate van
Istanbul,
al het ek aanbeweeg)
die
hart is 'n rivier wat aan sy grense brand
'n
strofe gelig uit vertrapte land
en
die mens is pionier van die oomblik en dood
verslaaf
aan dit wat die siel verloop
en
been versplint
verwyl
dus jou tyd met boeke van eeue
wat
slegs JY en JOU verstaan
want
buite verloop 'n donker, koue eeu
maar
binne floreer
die
flikkerende vlam
Traer
en leer sleep my bloedspoor oor papier
op
die maat van die wind wat sedert twee-uur reeds
sporadies
aan die kantgordyne ruk
jou
oe wat skaam in my vensterraam blink
laat
my koud: albei weet wat volgende gebeur
en
dit alles nog ten spyte van die reen
kom
le hier in my arms
die
lug bo die middestad is koud vanaand
Klaas
Vakie se hande dans in die maanlig
vanaand
is dit dalk die laaste maal
kom
le in my arms
dan
droom ons saam vanaand
dat
daar iemand is wat wel
ons
soeke na hoer en groter dinge verstaan
ek
verlang na jou stilte vanaand
en
net jou ring wat aan my vinger brand
laat
my glo dat ons ook eenvoud kan ervaar
want
in die daglig ken niemand jou nie