
Floris Brown
Gepubliseerde & genomineerde digter vir die Rottendstaal Cultuur Awards 2001 Nederland
Floris Brown is gebore op 10 September 1948 te Worcester in die Boland. Hy is digter, skaakspeler, uitgetrede onderwyser sowel as bekroonde komponis en musikant. Van sy gedigte is gepubliseer in o.m. Aankoms Uit Die Skemer; Groen; Reënboogstemme; Poskaarte; Litnet; eDigbundel; eTydskrif-lees onderhoud by:http://
www.etydskrif.co.za/artikels1.htm;eBoeke; Universal Poetry; Poetry Institute of Africa & Nuwe Verset ( Byeengebring en saamgestel deur: Dr. Daniel Hugo; Leon Rousseau & Phil du Plessis )
T.T. Cloete is buitengewone professor in die departement Afrikaans, Potchefstroomse Universiteit en het die volgende te sê in Beeld 20:11:2000, oor een van Floris se gedigte in Nuwe Verset " nêrens-volkie ":
" Onder die bestes is die eenvoudige en aandoenlike " die nêrens-volkie " met sy tussenin-mense. Die twee soorte gedigte wat die beste indruk maak, is dié oor die bedreiging van Afrikaans en dié oor die " nêrens-volkie " of die
" tussenin"-mense, soos Brown hulle noem. Party van hierdie tusseningedigte is roerend " Die gedig kom uit Die Woudmaker ( 1998 ).
Hy is ook die skrywer van Gloei ( 1994 ) waaroor Professor Flip Strydom Hoof van Geletterdheid Stigting vir Afrikaans in n skrywe van 15 Augustus 1995 aan Floris, die volgende te sê het: "U digbundel het werklik n koue wintersdag hier by die Stigting vir Afrikaans laat gloei! Op hierdie stadium wil ek net vir u sê dat dit vir my louter plesier was om u verse te lees. Dis heeltemal uniek in Afrikaans "; Phoenix ( 1996 ); Waar Aasvoëls Draai ( 1996 ); Die Woudmaker ( 1998 ); Skadu Kinders ( 1999 ); Grysvos ( 2000 );
Die Koei Stort n Traan ( 2000 ) waaroor die veel bekroonde digter Antjie Krog
( Afrikaans se Pablo Neruda soos Joan Hambidge haar beskryf ) die volgende te sê het:
"Floris Brown is geen onbekende in Afrikaans nie. In sy jongste digbundel vind die landskap van Worcester met sy vloede, droogtes, stof, windpompe en sneeu in die Koue Bokkeveld neerslag.
Brown maak dikwels van die sonnet-vorm, asook die rymende kwatryn gebruik om sy verlange, alleenheid en sy ontsteltenis met die vergrype in armoede uit te druk. In voorbeelde soos "notebalkdraad," "vlokwolk," en "ek wou jou in my gevange hou," toon hy n vermoë om dit wat die oog sien, in taal bymekaar te maak."
Van sy gedigte is ook gepubliseer in Amerika; Engeland en Nederland o.m. in Honderd Nieuwe Dichters 3; De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten; Honderd Dichters 1; De Dichters uit Epibreren; Meander; De Gekooide Roos; De Poort; Gedichten bij de Netring; Het Gedichten Net & Netcitaten.
Floris Brown is betrokke by die aanbieding van skaaktoernooie; musiek en poësiewerkwinkels en het reeds sy buiging op TV; Stellenbosch se Woordfees en by die KKNK gemaak.
**Hy is onder die eerste vyf uit 91 Nederlandse De Dichters uit Epibreren - wat vir die ROTTEND STAAL CULTUUR AWARD 2001 genomineer is op 27:09:2001 De jury: Bart FM Droog; Tjitse Hofman & Jan Klug.
Sitate van Brown:
1. Sukses word gemeet aan diegene wat die wêreld ryker nalaat in dit wat hul kon bied in die tyd toe hul nog geleef het.
2. Die lewe is een lang of skielike kort treinrit. Ons klim op verskillende wyses, daarvan af, op bestemde of onbestemde stasies.
3. Deure wat jy oopmaak, moet jy oophou, vir andere om ook in te stap om van die vrugte aan tafel te eet.
Doen alles wat jy doen só goed, dat andere moet sukkel om daarop te verbeter.
Die silwermaan lê in sy gô-hok
die silwermaan lê in sy gô-hok
bo Messina agter die Soutpansberg
speel n goudgeelson & aarde bok-bok
n duisend oë loer deur duisend glaskerf
bo die Noordelike deel van die Krugerwildtuin
lê die rustende sonwind & poolbundels geruk
ons sien sy korona agter n toegetrekte gordyn
soos die ruising van sonsverduistering hom pluk
radio komper selfoon TV-golfvorms
iewers digby die Limpopo se bamboesrietjie
word onderbreek versteur deur magneetstorms
waar digters in die vrog môre-uur makietie
onder poolligte & sonvlamme van die natuur
is hul verse besig om sonsverduistering te vier
Floris Brown
Tulp
Voëltjies
daar is voëltjies wat s-o-o hoog vlieg
dat hul in die lug verkluim
en in die niet verdwyn
dan is daar voëltjies wat nóg hoër vlieg
as die dooies, maar tog hul kossies
op die aarde kom eet
wanneer hulle weer opstyg, neem hul
ander voëltjies saam, na 'n nóg hoogere
son, wat vir almal skyn
Dichtersgroet
De Heer Floris A. Brown
Postbus 802
Hartzenbergstraat 102
Worcester
6849
Zuid-Afrika
Tel: 023-3423140
e-Pos:
[email protected]