Estelle Naudé

 

Occupation:

Admin Assistent

Date of birth:

16 September 1956

Marital Status:

Married

Education:

Matric

Certificate in Journalislism & Writing

Interests:

Writing, drawing, flower arrangements, creative cards making, singing, etc.

Published Writing:

SA Poetry Society Institute, ATKV-Woordfabriek bundel 2 & 3, Krygkor Digkring bundel no1. and at E-bundel off Jaco Olivier

Personal Statement:

I'm born in Charlestown, Natal. My father was a policemam so I'm grown up at "every place" in SA. All the Primary schools i attend was Danie Malan - Pretoria North, Klipfontein -Rosslyn, Uniefees -

Rietgat, then in Danie Malan and Klipfontein again. The Highschools were: Gerrit Marits - Pretoria North and Martha Human (Domestic School), at Hartbeespoort, today Hartbeespoort Hoër.

I have 5 children, mine, yours and ours. and one grandchild. My parents are still living and stayin on a farm at Ventersdorp. We were 8 children, my youngest sister died in a car accident when she was 25. I start writing in st 8, in 1972.

 

 

 

 

Seewind

 

 

 

Vandag op die strand het

jy speels jou gaste rondgegooi

Party het hul handdoeke gegryp,

gedans op wieke van die wind,

Ander het eerder die ysige

Wes-Kaapse water trotseer dan jou.

Skemeraand bring jy nostalgie mee

Wanneer ons vêr, mymerend

uitstaar oor die see

dan pluk ons ons hartkamers oop

en neem daarmee die loop -

herinneringe ...

oues, nuwes, vreugde, hartseer ,

vêr verlanges -

dit ruk en breek soos

branders teen 'n rots -

Vanaand loei jy om die vensters

en hoeke, speel wolf-wolf,

vreesaanjaend -

maar wonder mooi;

simfoniekonsert van die natuur

wat heelnag voort kan duur!

Môre-oggend is jy stil - fyn seesand ...

word die oggendstond in

wasigheid begroet.

Vars seelug sproei op my tong so soet

Seewind oor jou wil ek skryf

Jy wat my gedagtes vêr wegdryf;

Seewind saggies oor die see -

(jy het dit weer reggekry)

voer jy my hart en siel

vir altyd mee!

01/01/13

 

 

 

Vrede

 

 

 

Geel botterblommetjies,

Goud getint, in son gebaai

Heuningby-gons, soete stroop

Stuifmeeldrade, doringboomdons

Aandgloor, purperwinde

In pers en karmosyn is jul getooi

Helder blink die maanlignag

Wentelbaan en sterreprag

Roep van die tortel

Fluitjiesriet, windgewaai,

Water wat kabbel

Rustigheid aan jou gebied

Oë wat opwaarts beur

Hande saamgevat

Silhoeët -Hottentotsgod -

aandlied vir ons Liewe Heer

01/02/08

 

 

Trofee ...

 

 

Wild, pragtig en gespierd -

Die natuur se eie venstervertoon.

Tussen takke en blare gekamoefleer

Ruigtes alomheen ...

Die natuur het sy eie manier

Van kommunikeer: ...

Oggendstond, vroeë môredou ...

Sonsondergang, skemer wat daal

Maanlig en helder sterreprag ...

Assimilasie van die natuur wat wag

Vandag huppel jul deur die veld

Ongeskonde, ongesteld -

'n Nuwe lewetjie, die natuur se wins ...

Roofdier en wildjagter, in wie se guns?

Vandag se mooi, more se prooi ...

'n Boepensvol magie of

nog 'n trofee teen een of ander muur!

 

 

See ...

 

 

Seewind en waaigras

Skulpiegrys, sand, seemeeu

En kinderskaterlag ...

Son wat baldadig brand met

Golfies wat dein op en neer

Dis die see wat almal so besing

Wat ook nostalgie en heimwee bring ...

Verlore mensevreugde -

Herwonne sielsgenot.

In jou wil ek my verdrink,

In jou wil ek my gedagtes

Laat wegsink ...

Branders wat klots en ritmies

Hulde aan jou skoonheid bring

'n duet, 'n seesimfonie.

'n nuwe wals op maat van

die aandskemering.

Hosted by www.Geocities.ws

1