
Deon Viljoen
Tanka XXIV
Weggesteek
onse aarde so
klein alleen teen 'n magdom
heelal vol sterre
weggesteek soos 'n naaldjie
in God's magtige hooimied
Deon Viljoen
Junie 2002
Hoeveel van ons
4 Desember 2002
Vandag
vind daar 'n wonderlike
verskynsel hier digby die Limpopo plaas
Elders gaan die mensdom ongeërg
met hul daaglikse
lewe voort. Diè uitverkore groepie mense, strategies geplaas,
staan egter vandag
verslae diè petalje
en toekyk, terwyl voëls
sover as Messina, die Kruger Wildtuin en die Soutpansberg
onrustig rondvlieg --
Dis dan weer slaaptyd en hul het dan grootskaals
'n skrale drie-uur vroeër eers die nuwe dag
aangedurf? Hoe wonderlike
heelal is dit nie? Hoeveel van ons
sal wèèr diè ondervinding, diè dag
van sonsverduistering, met gesonde
postuur kan beleef, vòòr die hiernamaals?
Deon Viljoen
Junie 2002
Riktameter I
Teenoorgesteldes
winter
gryskou winter
groeneblare verdwyn
helderblomme na niks gekwyn
wonderlike, plesierige wêreld
kaalgestroopte bome nou vaal
kleurlose ou lewe
koorsig, bibber
winter
somer
lewendige
somersblaar in volle
blom met geurige soetreukkleur-
ontploffing in geel, blou en pimpelpers
spontaneglimlaggesiggies
verhelder ons elke
heerlike dag
sommer --
Mei 2002
Deon Viljoen
Ons huisie
Trots, toring die Hottentots-Holland-
se berge, oor ons huisie, op die strand
Roesbruin gevlekte rotse versier,
die onaangeraakte strand
Tesame met die oranjeskyn van wolke hier,
op horisonsrand,
bring diè pragtige deel van ons land,
lafenis, vir enige moë verstand
Soggens en saans,
stap ek kaalvoet in die sand,
voor ons trots, ons,
huisie, op Suidweskaapse strand
April 2002
Deon Viljoen
Haikoe II
Wegbreek
sonskyn glinster speels,
op rustige blesbokspruit
salig verewig
Mei 2002
Deon Viljoen
Weer en weer
Half onrustig, maak die voëls hul,
gereed, vir hul voorwinter vlug
Snak hul ook maar, 'n onhoorbare sug
Herfs het hom teen ons sin, aan ons onthul
Met die verandering van die seisoen,
is ek en jy egter, geforseer,
om die koue hier, half doelloos, te trotseer
Die ysige wind, moet ons maar met soen,
verwarmer en warm kombers, trotseer
Kleurvolle bloeisels, kondig trots, die lente aan
Half versteek, deur donderweerswolk, tregter die maan
Met stortreën, is die somer weer,
hier in volle glorie. Stuks-stuks,
verskyn die voëls weer,
na 'n lange reis weer, teruggekeer
Bou gretig, weer 'n nuwe nes, fluks
So sal ons nes die voëls, jaar
na jaar, maar elke keer
weer en weer, die seisoene moet trotseer
Met liefde is dit egter maklik, lekker styf, teen mekaar
Maart 2002
Deon Viljoen
Haikoe I
Geskend
grasvlakte daagliks
deur plakkerrook besoedel
natuurskoon verdoem
Mei 2002
Deon Viljoen
Selfs jy!
Ewe geduldig, grou hy nog 'n gaatjie,
langs 'n ander gewillige maatjie
'n Miertjie
Kleine Godgeskape, diertjie
Rustig, knetter die vuurtjie
Stadig verdwyn die hout, bietjie vir bietjie
'n Hele hoop hout,
nou net 'n smeulende kooltjie
Half onrustig, op 'n takkie
Pik-pik, 'n voëltjie, aan 'n nabye saadjie
Roep eentonig,
na sy maatjie
Aanloklik, vloei die bergstroompie
Half hulpeloos, dryf, 'n blaartjie,
ongedweë, oppad na 'n nabye,
watervalletjie
Stadig teen die hemelsblou, agtergrond,
beweeg die spierwit, wolkie
Kort-kort, verander hy in 'n ander vormpie
Teken heeltyd, vir ons, 'n ander prentjie
Dit is alles deur 'n almagtige God geskape!
Van miertjie, vuurtjie, blaartjie, tot stroompie
Selfs jou, nietige, ou lewetjie! Ja, selfs jy!
Behoort aan Hom! Waardeer, dit net 'n bietjie!
Maart 2002
Deon Viljoen
Haikoe III
Herfs
roesbruin blaar fladder
'n boom nou heeltemal kaal
eensaam en alleen
Mei 2002
Deon Viljoen
Skemer
Gryswit vlieswolkies..
verskyn
Oranje vuurbol,
probeer sy hitte behou,
teen die oranje, ligpers en babablou,
horison
Babablou ….
verdwyn
Verkleur na liggrys,
bring stadig,
die grou
Vergeefs probeer hy, kwynende krag, vermom
Lewe gewende,
lig verdwyn
Die swartnag is weer koning,
vir nou
Die maan skyn onheilspellend,
tot sy vyand, weer kom
Kleurvolle, vreugdevolle lewe,
kwyn
Verkleur na grys, gitswart, lewensgeluk,
verbrou
Vergeefs, met kwynende krag, beangs,
vir die slotsom
Eens groot, amper majestieus,
nou klein
So maklik, eens die pad,
wat slegs vernou
So aaklig nou, die toekoms,
sonder Hom
Gryswit wolkies ….
verskyn
Oranje vuurbol,
probeer skyn, vir jou
Lê genade ook vir jou,
op die horison ?
Deon Viljoen
Tanka XV
blaarloos kaalgestroop
die bome op onse blaar-
bestrooide sypad
in die groue kou vándág
en ook lánk na ons oudag
Junie 2002
Deon Viljoen
Stadsjapies
Die vuurtjie knetter opgewonde
Lekker stories onder die bosveldmaan
Kleinboet dra gretig nog droë houtjies aan
Kleinsus kyk verwonderd,
diè onbekende petalje aan
Selfvoldaan, tjank ou jakkals, vir die maan
Kleinsus hang angstig,
Pappa, maar sèlf onseker, se hals aan
Onder 'n uitspansel, so magtig.
Ons stadsjapies, so wonderlik saam,
Almal maar skrikkerig vir die onbekende nag
Wanneer kan ons weer, so lekker uitstappie, verwag?
Die vuurtjie knetter steeds opgewonde
Maar môre moet ons maar weer, na die gejaag terugkeer
Hopelik doen ons dit, volgende jaar, nog 'n keer
Jan 2002
Deon Viljoen
Tanka XXV
Arend
grasieuse voël
swewend oor die vlakte heen
soekende na prooi
selfvoldaan swierig gluur hy
oor sy jagveld sonder keer
Deon Viljoen
Junie 2002
Uit die niks
Leë takke, wys weer lewe
Blommeprag,
om die vaal landskap, op te lewe
Sade, kom uit niks,
tevoorskyn
Nuwe lewe, verskyn stuks-stuks, uit die niks
Majestieuse reënwolke
tergelykertyd gewaardeer,
deur menigte volke
Almal prys Hom
Sonder Hom, het ons amper…
in die droogte, omgekom!
Maart 2002
Deon Viljoen
So lekker saam
'n kindergediggie
Ou mossie,
muisvoël,
en vink,
leef so lekker,
saam.
Kan jy dink ?
Selfs houtkapper,
Ou Oom duif,
is daar,
om sorge,
weg te,
wuif.
Tant Mossie,
ou skelm muisvoël,
bad dapper.
Ek's seker ek en jy,
kan ook so lekker,
saam karjakker !
Deon Viljoen
Winter
Dis weer winter
Waar's die groen
Die sonnigheid, van gister
Alles dood
Weereens, in die nood
Van liefde, 'n hongersnood
Is dit dan hoe dit hoort
Liefde, van 'n ander soort
Net uit 'n ander oord
Somer, dan met eens weer winter
Verby, die sonnigheid van gister
Is ons dan dood, die geluk van gister
Een oomblik nog 'n gelag
Dan ondermyn ons mekaar se gesag
Winter, geen somer, wat kan ons verwag
Is alles dan in gedrang
Is dit wat jy verlang
Nee, liefde, dis al van belang
Verby die winter
Bring terug die liefde van gister
Net somer, verby die winter
Deon Viljoen
Donderweerswolk
Eensame skitterende ster,
teen 'n donkergrys nag alleen
So ver
Ligjare ver
Skielik word sy lig deur,
'n magtige donderweerswolk, versper
Sy eensame lig,
Vir vanaand verby,
vir jou en my
Net so vinnig verdwyn, ons ou eensame lewetjie
Met 'n magtige donderweerswolk,
soos die eensame sterretjie
Eens skitterende gesin,
teen 'n donker mag
Miskien hoort ons weer, oor alles, te besin?
Gaan ons soos die ster verdwyn?
Eens skitterende, stralende lig…
aan die kwyn
'n Lewe sonder voorspoed,
kan ons tog sekerlik, verhoed
voor ons mekaar, verewig verloor, vergoed
Okt 2001
Deon Viljoen
Die storm
Bome wieg onwillekeurig, heen en weer.
Diè mag, kan hulle nie keer.
Onheilspellende donkerwolke,
huisves die oorverdowende,
donderweer
Blare en takke waai hulpeloos,
heen en weer.
Sombere uitsig, so deinserig,
word telkens, deur weerligstrale verlig,
weer en weer
Swaar reën, sonder keer,
bring die verwoestende haelstorm, weer.
Amper onwerklike gekletter en gedruis,
laat jou ore suis.
Die een vlaag na die ander, weer en weer.
Skielik is alles verby.
Niemand kon dit vermy.
Karige sonstrale, verskyn sukkel-sukkel, weer.
Bring weer die rustigheid,
tot volgende keer
Deon Viljoen
Die Vuur
Van bruin,
na grys,
na swart
Ewige smart ?
Van swart,
na blou
Word dit nou,
warm, vir my en jou ?
Afhanklik,
Verganklik,
Hoe's jy dan so, onafhanklik ?
Stompe staan saam
Stadig, statig,
verdwyn ons saam
Vuur knetter
More gaan die voëltjies,
ook weer kwetter
Van bruin, na grys,
na swart, verward
Ewige smart ?
Deon Viljoen
Dis sy woning
'n kindergediggie
Dik gevreet.
Sy groot maag,
kan ons,
skaars,
meet.
Luilekker,
uitgestrek.
Hy gaap en rek.
Is jy ook bang vir hom,
soos ek ?
Ek het so,
spesmaas…
vir hom, is jy en ek,
maar net,
Klaas !
Die hele,
Wêreld is syne,
die koning..
Ons mag nooit sê,
dis ons woning.
Deon Viljoen
Drup, drup…
Voëltjies ploeter,
gesellig rond,
in die saad.
Van hul maats,
verwag hul,
geen verraad.
Helderpienk,
perskebloeisels.
Waarom dan vir ons,
die onnodige,
aaklige,
aanhangsels ?
Ywerige
nuwe lenteblare.
Hoekom,
dan vir ons,
altyd net,
maerjare ?
Drup, drup,
glinster,
so trots na,
eerste somerreën.
Hoekom's ons dan,
so moeilik, een ?
Deon Viljoen
Die blommetjie
Beeldskone blommetjie
Kroonblaartjies so teer
Stammetjie in beheer
Met blaartjies, tog ook maar teer
Heeltemal afhanklik van ons
Kroonblaartjies, wat heeltyd gons
Wonder ook seker maar soms
Wanneer is die liefde, weer aan die koms
Stammetjie in beheer
Wat wil jy ons leer
Hoekom kry ons tog so seer
Amper daagliks, weer en weer
Net blaartjies
Wat is ons tog meer
Rusie daagliks, weer en weer
Help ons tog, o liewe Heer
Beeldskone blommetjie
Benodig darem seker
Al is dit net 'n bietjie
Liefde, ek glo U, kan dit verseker
Kroonblaartjies
Pronk dan heeltyd so netjies
Skryf ons daagliks, hul lewenstaaltjies
Entjies, vir entjies
So ook, die stammetjie, se blaartjies
Al te seker, sal eerder verkies
Om net een keer te kan kies
Om te wees, soos al die ander, blommetjies
Deon Viljoen
Die Son
Die mag van duisende,
miljoene,
waterstofbomme
Gloeiende massa,
ontploffende..
Miljoen keer,
die aarde,
se volume.
Elke sekonde,
tienduisende,
vuurfonteine,
vuurspuwende,
magtige gastonge.
God se lewegewende,
geskenk van lig,
en ewige hitte,
net aan jou,
tot aan jou einde.
Deon Viljoen
Een van biljoene
Gering, onbeduidend
Ons ou aardetjie,
'n kleine kolletjie,
teen 'n magtige heelal,
sonder ent.
Derde word ons getel.
Een van nege,
'n planeetjie,
in ons asemrowende,
maar klein..
sonnestelseltjie.
Hoe gering, is dan ek ?
Het ek ooit 'n plek
Gee iemand ooit vir my om ?
Een van biljoene,
Alleen,
kleine mensie, ek.
Deon Viljoen
Geforseerd
Plakkerrook,
verberg die mooi.
Vaalgrys horison,
vir my, en jou ook.
Donker menigte,
Deurmekaar,
mengelmoes.
Die natuur, verwoes.
Wanneer dan,
ons dag ?
Geforseerd, sal ons maar,
verduur,
tot ons laaste uur.
Deon Viljoen
Groot, gespierd en sterk
Groot, gespierd en sterk,
My intelligensie en vindingrykheid,
my kenmerk.
Ander honde van my ras,
het al die mensdom verras,
met merkwaardige, bydrae, tot die menslike ras.
Van polisiehond tot skaaphond.
Van gidshond tot waghond
So word ons elkeen, vir die mens, afgerond.
Buitengewone karakter en vaardigheid.
Ek kan geleer word,
Vir omtrent enige, bekwaamheid.
My voorouers was wolve.
Sommige van hulle was maar wreed,
maar in my geval, is dit alles behalwe !
Al wat ek wil hê is respek,
dan beskerm ek julle en julle plek.
Vir 'n bietjie kos, water, altyd op my plek.
Al raak julle soms moedeloos vir my geblaf.
Al sê julle my soms sleg, agteraf.
Word ek as julle met my speel, nog steeds laf !
Groot, gespierd en sterk,
My intelligensie en vindingrykheid, my kenmerk
Onthou julle wou my hê, so ek doen maar net my werk !
Deon Viljoen
Katte
Elke dag bevuil hulle ons matte
Verniel hulle al ons skatte
Laat in die huis 'n onwelriekende geur
Wat heeltyd ons rustigheid versteur
Om elke hoekie
Om elke draaitjie
Benat hulle telkens weer
Die matte hetsy ons keer
Half onmoontlik om hulle blaas te beheer
Stap hulle rond asof hulle die huis regeer
Al veroorsaak hulle so baie hartseer
Kom daar kort-kort nog 'n kleintjie weer
Deon Viljoen
Die Voëltjie
Rustigheid
Veiligheid
Daaglikse saad
Vra maar net, dat jy hom, alleen laat
Gulsigheid
Versigtigheid
Lekker in die bondel…
saam met sy maat
Verfrissende bad,
hier in die stad
Behalwe vir die skelm kat,
Het hy al sy vrese, in die bos, gelaat
Rustigheid
Veiligheid
Daaglikse rus
Deur God aan die slaap, gesus
Tevredenheid
Altyd doenig, met sy eie besigheid
Ek weet nie! Miskien het ek dit mis!
Vir so lewe, het ek ook lus!
Maart 2002
Deon Viljoen
Bestaan dit alles?
O, hoe wonderlik!
Die wolkeprag
Alles so snoesig
So sag!
O, hoe verruklik!
Hy't, soveel, gesag!
Kyk na die kleur!
Alles word gekeur
Absolute rustigheid!
Kan ons mèèr, verwag?
Die hemelprag
…wonderlike, Hemelsheid!
Stres, selfs sonde!
Automaties, verswelg!
Wat hou ons gebonde?
Kan ons teen die sonde,
bestaan, dit alles, weerstaan?
Natuurlik! Hy oorheers! Ewige waan!
Hy het alles, gemaak!
Goddelikheid! In alles, volmaak!
O, hoe wonderlik!
Die prag, die Gesag, die Mag!
Deon & Nadia Viljoen
April 2002
'n Brose takkie
So maklik,
kan jy verstaan?
'n brose, takkie,
jóu, bestaan?
Waarmee?
Met wie, probeer,
jy jou, vergelyk?
Jou hèle bestaan!
Elke traan,
is deur
Hom,
geïnusieer!
Jy't, gèèn,
verweer!
Almal,
meesal…
betrokke,
by die èèn,
of ander,
mànie…
my mond proe sommer, na gal!
Jy mòèt,
vergaan!
Ongeag,
Hoeveel…
trane jy stort!
Jy's
van die baan!
April 2002
Deon Viljoen
>
var PUpage="76001070"; var PUprop="geocities";