Deon Viljoen

 

 

Tanka XXIV

Weggesteek

 

onse aarde so

klein alleen teen 'n magdom

heelal vol sterre

weggesteek soos 'n naaldjie

in God's magtige hooimied

 

Deon Viljoen

Junie 2002

 

 

 

Hoeveel van ons

4 Desember 2002

 

Vandag

vind daar 'n wonderlike

verskynsel hier digby die Limpopo plaas

 

Elders gaan die mensdom ongeërg

met hul daaglikse

lewe voort. Diè uitverkore groepie mense, strategies geplaas,

 

staan egter vandag

verslae diè petalje

en toekyk, terwyl voëls

 

sover as Messina, die Kruger Wildtuin en die Soutpansberg

onrustig rondvlieg --

Dis dan weer slaaptyd en hul het dan grootskaals

 

'n skrale drie-uur vroeër eers die nuwe dag

aangedurf? Hoe wonderlike

heelal is dit nie? Hoeveel van ons

 

sal wèèr diè ondervinding, diè dag

van sonsverduistering, met gesonde

postuur kan beleef, vòòr die hiernamaals?

 

Deon Viljoen

Junie 2002

 

 

Riktameter I

Teenoorgesteldes

 

winter

gryskou winter

groeneblare verdwyn

helderblomme na niks gekwyn

wonderlike, plesierige wêreld

kaalgestroopte bome nou vaal

kleurlose ou lewe

koorsig, bibber

winter

 

somer

lewendige

somersblaar in volle

blom met geurige soetreukkleur-

ontploffing in geel, blou en pimpelpers

spontaneglimlaggesiggies

verhelder ons elke

heerlike dag

sommer --

 

Mei 2002

Deon Viljoen

 

Ons huisie

 

Trots, toring die Hottentots-Holland-

se berge, oor ons huisie, op die strand

Roesbruin gevlekte rotse versier,

die onaangeraakte strand

 

Tesame met die oranjeskyn van wolke hier,

op horisonsrand,

bring diè pragtige deel van ons land,

lafenis, vir enige moë verstand

 

Soggens en saans,

stap ek kaalvoet in die sand,

voor ons trots, ons,

huisie, op Suidweskaapse strand

 

April 2002

Deon Viljoen

 

 

Haikoe II

Wegbreek

 

sonskyn glinster speels,

op rustige blesbokspruit

salig verewig

 

Mei 2002

Deon Viljoen

 

 

Weer en weer

 

 

Half onrustig, maak die voëls hul,

gereed, vir hul voorwinter vlug

Snak hul ook maar, 'n onhoorbare sug

Herfs het hom teen ons sin, aan ons onthul

 

Met die verandering van die seisoen,

is ek en jy egter, geforseer,

om die koue hier, half doelloos, te trotseer

Die ysige wind, moet ons maar met soen,

 

verwarmer en warm kombers, trotseer

Kleurvolle bloeisels, kondig trots, die lente aan

Half versteek, deur donderweerswolk, tregter die maan

Met stortreën, is die somer weer,

 

hier in volle glorie. Stuks-stuks,

verskyn die voëls weer,

na 'n lange reis weer, teruggekeer

Bou gretig, weer 'n nuwe nes, fluks

 

So sal ons nes die voëls, jaar

na jaar, maar elke keer

weer en weer, die seisoene moet trotseer

Met liefde is dit egter maklik, lekker styf, teen mekaar

 

Maart 2002

Deon Viljoen

 

 

Haikoe I

Geskend

 

grasvlakte daagliks

deur plakkerrook besoedel

natuurskoon verdoem

 

Mei 2002

Deon Viljoen

 

 

Selfs jy!

 

 

Ewe geduldig, grou hy nog 'n gaatjie,

langs 'n ander gewillige maatjie

'n Miertjie

Kleine Godgeskape, diertjie

 

Rustig, knetter die vuurtjie

Stadig verdwyn die hout, bietjie vir bietjie

'n Hele hoop hout,

nou net 'n smeulende kooltjie

 

Half onrustig, op 'n takkie

Pik-pik, 'n voëltjie, aan 'n nabye saadjie

Roep eentonig,

na sy maatjie

 

Aanloklik, vloei die bergstroompie

Half hulpeloos, dryf, 'n blaartjie,

ongedweë, oppad na 'n nabye,

watervalletjie

 

Stadig teen die hemelsblou, agtergrond,

beweeg die spierwit, wolkie

Kort-kort, verander hy in 'n ander vormpie

Teken heeltyd, vir ons, 'n ander prentjie

 

Dit is alles deur 'n almagtige God geskape!

Van miertjie, vuurtjie, blaartjie, tot stroompie

Selfs jou, nietige, ou lewetjie! Ja, selfs jy!

Behoort aan Hom! Waardeer, dit net 'n bietjie!

 

Maart 2002

Deon Viljoen

 

Haikoe III

Herfs

 

roesbruin blaar fladder

'n boom nou heeltemal kaal

eensaam en alleen

 

Mei 2002

Deon Viljoen

 

Skemer

 

 

Gryswit vlieswolkies..

verskyn

Oranje vuurbol,

probeer sy hitte behou,

teen die oranje, ligpers en babablou,

horison

 

Babablou ….

verdwyn

Verkleur na liggrys,

bring stadig,

die grou

Vergeefs probeer hy, kwynende krag, vermom

 

Lewe gewende,

lig verdwyn

Die swartnag is weer koning,

vir nou

Die maan skyn onheilspellend,

tot sy vyand, weer kom

 

Kleurvolle, vreugdevolle lewe,

kwyn

Verkleur na grys, gitswart, lewensgeluk,

verbrou

Vergeefs, met kwynende krag, beangs,

vir die slotsom

 

Eens groot, amper majestieus,

nou klein

So maklik, eens die pad,

wat slegs vernou

So aaklig nou, die toekoms,

sonder Hom

 

Gryswit wolkies ….

verskyn

Oranje vuurbol,

probeer skyn, vir jou

Lê genade ook vir jou,

op die horison ?

 

Deon Viljoen

 

 

Tanka XV

 

 

blaarloos kaalgestroop

die bome op onse blaar-

bestrooide sypad

in die groue kou vándág

en ook lánk na ons oudag

 

Junie 2002

Deon Viljoen

 

 

Stadsjapies

 

 

Die vuurtjie knetter opgewonde

Lekker stories onder die bosveldmaan

Kleinboet dra gretig nog droë houtjies aan

Kleinsus kyk verwonderd,

diè onbekende petalje aan

 

Selfvoldaan, tjank ou jakkals, vir die maan

Kleinsus hang angstig,

Pappa, maar sèlf onseker, se hals aan

Onder 'n uitspansel, so magtig.

Ons stadsjapies, so wonderlik saam,

 

Almal maar skrikkerig vir die onbekende nag

Wanneer kan ons weer, so lekker uitstappie, verwag?

Die vuurtjie knetter steeds opgewonde

Maar môre moet ons maar weer, na die gejaag terugkeer

Hopelik doen ons dit, volgende jaar, nog 'n keer

 

Jan 2002

Deon Viljoen

 

 

Tanka XXV

Arend

 

grasieuse voël

swewend oor die vlakte heen

soekende na prooi

selfvoldaan swierig gluur hy

oor sy jagveld sonder keer

 

Deon Viljoen

Junie 2002

 

 

 

Uit die niks

 

 

Leë takke, wys weer lewe

Blommeprag,

om die vaal landskap, op te lewe

 

Sade, kom uit niks,

tevoorskyn

Nuwe lewe, verskyn stuks-stuks, uit die niks

 

Majestieuse reënwolke

tergelykertyd gewaardeer,

deur menigte volke

 

Almal prys Hom

Sonder Hom, het ons amper…

in die droogte, omgekom!

 

Maart 2002

Deon Viljoen

 

 

So lekker saam

'n kindergediggie

 

 

Ou mossie,

muisvoël,

en vink,

leef so lekker,

saam.

Kan jy dink ?

 

Selfs houtkapper,

Ou Oom duif,

is daar,

om sorge,

weg te,

wuif.

 

Tant Mossie,

ou skelm muisvoël,

bad dapper.

Ek's seker ek en jy,

kan ook so lekker,

saam karjakker !

 

Deon Viljoen

 

 

Winter

 

 

Dis weer winter

Waar's die groen

Die sonnigheid, van gister

 

Alles dood

Weereens, in die nood

Van liefde, 'n hongersnood

 

Is dit dan hoe dit hoort

Liefde, van 'n ander soort

Net uit 'n ander oord

 

Somer, dan met eens weer winter

Verby, die sonnigheid van gister

Is ons dan dood, die geluk van gister

 

Een oomblik nog 'n gelag

Dan ondermyn ons mekaar se gesag

Winter, geen somer, wat kan ons verwag

 

Is alles dan in gedrang

Is dit wat jy verlang

Nee, liefde, dis al van belang

 

Verby die winter

Bring terug die liefde van gister

Net somer, verby die winter

 

Deon Viljoen

 

 

Donderweerswolk

 

 

Eensame skitterende ster,

teen 'n donkergrys nag alleen

So ver

 

Ligjare ver

Skielik word sy lig deur,

'n magtige donderweerswolk, versper

 

Sy eensame lig,

Vir vanaand verby,

vir jou en my

 

Net so vinnig verdwyn, ons ou eensame lewetjie

Met 'n magtige donderweerswolk,

soos die eensame sterretjie

 

Eens skitterende gesin,

teen 'n donker mag

Miskien hoort ons weer, oor alles, te besin?

 

Gaan ons soos die ster verdwyn?

Eens skitterende, stralende lig…

aan die kwyn

 

'n Lewe sonder voorspoed,

kan ons tog sekerlik, verhoed

voor ons mekaar, verewig verloor, vergoed

 

Okt 2001

Deon Viljoen

 

 

Die storm

 

 

Bome wieg onwillekeurig, heen en weer.

Diè mag, kan hulle nie keer.

Onheilspellende donkerwolke,

huisves die oorverdowende,

donderweer

 

Blare en takke waai hulpeloos,

heen en weer.

Sombere uitsig, so deinserig,

word telkens, deur weerligstrale verlig,

weer en weer

 

Swaar reën, sonder keer,

bring die verwoestende haelstorm, weer.

Amper onwerklike gekletter en gedruis,

laat jou ore suis.

Die een vlaag na die ander, weer en weer.

 

Skielik is alles verby.

Niemand kon dit vermy.

Karige sonstrale, verskyn sukkel-sukkel, weer.

Bring weer die rustigheid,

tot volgende keer

 

Deon Viljoen

 

 

Die Vuur

 

 

Van bruin,

na grys,

na swart

Ewige smart ?

 

Van swart,

na blou

Word dit nou,

warm, vir my en jou ?

 

Afhanklik,

Verganklik,

Hoe's jy dan so, onafhanklik ?

 

Stompe staan saam

Stadig, statig,

verdwyn ons saam

 

Vuur knetter

More gaan die voëltjies,

ook weer kwetter

 

Van bruin, na grys,

na swart, verward

Ewige smart ?

 

Deon Viljoen

 

 

Dis sy woning

'n kindergediggie

 

 

Dik gevreet.

Sy groot maag,

kan ons,

skaars,

meet.

 

Luilekker,

uitgestrek.

Hy gaap en rek.

Is jy ook bang vir hom,

soos ek ?

 

Ek het so,

spesmaas…

vir hom, is jy en ek,

maar net,

Klaas !

 

Die hele,

Wêreld is syne,

die koning..

Ons mag nooit sê,

dis ons woning.

 

Deon Viljoen

 

 

Drup, drup…

 

 

Voëltjies ploeter,

gesellig rond,

in die saad.

Van hul maats,

verwag hul,

geen verraad.

 

Helderpienk,

perskebloeisels.

Waarom dan vir ons,

die onnodige,

aaklige,

aanhangsels ?

 

Ywerige

nuwe lenteblare.

Hoekom,

dan vir ons,

altyd net,

maerjare ?

 

Drup, drup,

glinster,

so trots na,

eerste somerreën.

Hoekom's ons dan,

so moeilik, een ?

 

Deon Viljoen

 

 

Die blommetjie

 

 

Beeldskone blommetjie

Kroonblaartjies so teer

Stammetjie in beheer

Met blaartjies, tog ook maar teer

 

Heeltemal afhanklik van ons

Kroonblaartjies, wat heeltyd gons

Wonder ook seker maar soms

Wanneer is die liefde, weer aan die koms

 

Stammetjie in beheer

Wat wil jy ons leer

Hoekom kry ons tog so seer

Amper daagliks, weer en weer

 

Net blaartjies

Wat is ons tog meer

Rusie daagliks, weer en weer

Help ons tog, o liewe Heer

 

Beeldskone blommetjie

Benodig darem seker

Al is dit net 'n bietjie

Liefde, ek glo U, kan dit verseker

 

Kroonblaartjies

Pronk dan heeltyd so netjies

Skryf ons daagliks, hul lewenstaaltjies

Entjies, vir entjies

 

So ook, die stammetjie, se blaartjies

Al te seker, sal eerder verkies

Om net een keer te kan kies

Om te wees, soos al die ander, blommetjies

 

Deon Viljoen

 

 

Die Son

 

 

Die mag van duisende,

miljoene,

waterstofbomme

Gloeiende massa,

ontploffende..

Miljoen keer,

die aarde,

se volume.

Elke sekonde,

tienduisende,

vuurfonteine,

vuurspuwende,

magtige gastonge.

God se lewegewende,

geskenk van lig,

en ewige hitte,

net aan jou,

tot aan jou einde.

 

Deon Viljoen

 

 

Een van biljoene

 

 

Gering, onbeduidend

Ons ou aardetjie,

'n kleine kolletjie,

teen 'n magtige heelal,

sonder ent.

 

Derde word ons getel.

Een van nege,

'n planeetjie,

in ons asemrowende,

maar klein..

sonnestelseltjie.

 

Hoe gering, is dan ek ?

Het ek ooit 'n plek

Gee iemand ooit vir my om ?

Een van biljoene,

Alleen,

kleine mensie, ek.

 

Deon Viljoen

 

 

Geforseerd

 

 

Plakkerrook,

verberg die mooi.

Vaalgrys horison,

vir my, en jou ook.

 

Donker menigte,

Deurmekaar,

mengelmoes.

Die natuur, verwoes.

 

Wanneer dan,

ons dag ?

Geforseerd, sal ons maar,

verduur,

tot ons laaste uur.

Deon Viljoen

 

 

Groot, gespierd en sterk

 

 

Groot, gespierd en sterk,

My intelligensie en vindingrykheid,

my kenmerk.

 

Ander honde van my ras,

het al die mensdom verras,

met merkwaardige, bydrae, tot die menslike ras.

 

Van polisiehond tot skaaphond.

Van gidshond tot waghond

So word ons elkeen, vir die mens, afgerond.

 

Buitengewone karakter en vaardigheid.

Ek kan geleer word,

Vir omtrent enige, bekwaamheid.

 

My voorouers was wolve.

Sommige van hulle was maar wreed,

maar in my geval, is dit alles behalwe !

 

Al wat ek wil hê is respek,

dan beskerm ek julle en julle plek.

Vir 'n bietjie kos, water, altyd op my plek.

 

Al raak julle soms moedeloos vir my geblaf.

Al sê julle my soms sleg, agteraf.

Word ek as julle met my speel, nog steeds laf !

 

Groot, gespierd en sterk,

My intelligensie en vindingrykheid, my kenmerk

Onthou julle wou my hê, so ek doen maar net my werk !

 

Deon Viljoen

 

 

Katte

 

 

Elke dag bevuil hulle ons matte

Verniel hulle al ons skatte

Laat in die huis 'n onwelriekende geur

Wat heeltyd ons rustigheid versteur

 

Om elke hoekie

Om elke draaitjie

Benat hulle telkens weer

Die matte hetsy ons keer

 

Half onmoontlik om hulle blaas te beheer

Stap hulle rond asof hulle die huis regeer

Al veroorsaak hulle so baie hartseer

Kom daar kort-kort nog 'n kleintjie weer

 

Deon Viljoen

 

 

Die Voëltjie

 

 

Rustigheid

Veiligheid

Daaglikse saad

Vra maar net, dat jy hom, alleen laat

 

Gulsigheid

Versigtigheid

Lekker in die bondel…

saam met sy maat

 

Verfrissende bad,

hier in die stad

Behalwe vir die skelm kat,

Het hy al sy vrese, in die bos, gelaat

 

Rustigheid

Veiligheid

Daaglikse rus

Deur God aan die slaap, gesus

 

Tevredenheid

Altyd doenig, met sy eie besigheid

Ek weet nie! Miskien het ek dit mis!

Vir so lewe, het ek ook lus!

 

Maart 2002

Deon Viljoen

 

 

Bestaan dit alles?

 

 

O, hoe wonderlik!

Die wolkeprag

Alles so snoesig

So sag!

 

O, hoe verruklik!

Hy't, soveel, gesag!

Kyk na die kleur!

Alles word gekeur

 

Absolute rustigheid!

Kan ons mèèr, verwag?

Die hemelprag

…wonderlike, Hemelsheid!

 

Stres, selfs sonde!

Automaties, verswelg!

Wat hou ons gebonde?

Kan ons teen die sonde,

 

bestaan, dit alles, weerstaan?

Natuurlik! Hy oorheers! Ewige waan!

Hy het alles, gemaak!

Goddelikheid! In alles, volmaak!

 

O, hoe wonderlik!

Die prag, die Gesag, die Mag!

 

Deon & Nadia Viljoen

April 2002

 

 

'n Brose takkie

 

 

So maklik,

kan jy verstaan?

'n brose, takkie,

jóu, bestaan?

Waarmee?

Met wie, probeer,

jy jou, vergelyk?

 

Jou hèle bestaan!

Elke traan,

is deur

Hom,

geïnusieer!

Jy't, gèèn,

verweer!

 

Almal,

meesal…

betrokke,

by die èèn,

of ander,

mànie…

my mond proe sommer, na gal!

 

Jy mòèt,

vergaan!

Ongeag,

Hoeveel…

trane jy stort!

Jy's

van die baan!

 

April 2002

Deon Viljoen

 

Hosted by www.Geocities.ws

1