Clemment
Occupation :
Senior Computer Consultant
1961
Married
Graduated from high school 1980
Reading, hiking, strolling through parks and enjoys mother natures wonders.
Oldest son of a coalminer and lived in many places. Joined the army after high school and lived in
places such as Pretoria, Cape Town, Bloemfotein, Durban,Oudtshoorn. Got interested in computers
and worked in Pretoria and Sandton. Joined an International company and started traveling the world
with my wife and 3 children. I lived and worked in the following places: New York City, Chicago,
Los Angeles, Dallas, Bratislava (Slovakia), Milan (Italy), Mexico City (Mexico). Therefore, I love to
see and meet and learn about people and their cultures. Currently, I am in Italy, again.
Dit is lente in die Alpe
Jong gras wapper en voëltjies huppel in die wind.
Ver vreugde klanke en klingelende klokkies,
mooi, die stem van 'n gelukkige kind.
'n Wolk se skadu seil Suid oor die vlakte
teen die steiltes op, oor wit pieke, weg van die son.
Dit is lente in die Alpe,
Tuis,
o tuis,
gaan Winter kom.
Beesklok en wagterstem, raas angstig langs die spoor,
Nog steeds klingel die voëltjies en saam lag nog kinders, almal in 'n koor.
Bergpiek beur en keer en gryp na die wolk, jaend na sy skadu beur hy tog vort
Weg van die son.
Dit is lente in die Alpe,
'n Moeder roep,
die wagter ook,
die kinders moet nou huis toe kom.
Gedagtes dwaal sluimerend, soos die bries in nuwe lente blare.
Stilte veg met die klingel boor deur die koor, en verlange ruis in my are.
Ritselend in die takke skrop die voëls, die wind roer my hare.
Wolkie vat my saam! seil my weg oor die pieke, suidwaarts, doen dit nou!
Dit is lente in die Alpe,
Suid,
gaan Winter kom,
en dan die kou.
Belofte in die wind
Haar rug gekeer op nou, staar sy oor die see
Gedagtes kyk na nêrens, en hare waai verweer.
Soos die seemeeu doelloos hang, beurend teen die wind
Buig haar skouers na die see om die dwarrels af te weer.
Die sand waai meer en meer, yskoue sny deur vel en been
Die kraffie in haar hand, hou sy terug en sak ineen.
Die meeu skree na sy maat, wat dartel in die wind
Vir 'n rusplek in 'n rots om 'n mossel uit te vind.
op Mosselbaai se punt in son en sand en toe nog kind,
daar het hul 'n lied gesing en mekaar se leed en lief gevind
Daar het hy en sy beloof, eendag oor die see te groet,
Een sal rusplek vir hul liefde vind
Op mosselbaai te punt,
waai nou hul eerste
Belofte in die wind.
Saggies ween sy nog, donker trane spat en rol
in haar hand is Haar liefde, net grys spore van die bond.
Grys oorblyfsels dartel soos tolbosse, weg in die wind.