Carina Brink

 

 

OCCUPATION:

Inrolled nurse, working in a afterhours/emergency facillity.

DATE OF BIRTH:

1977-03-05

MARITAL STATES:

Married in 1999

EDUCATION:

Matriculated in 1995.

INTERESTS:

Poetry,painting and my familly.

PERSONAL STATEMENT:

I was born in East-Londen, Cape Province, South-Africa. We moved to Secunda, Mpumalanga, South-Africa when I was about six years old. Stayed until I matriculated. Moved to Pretoria, Gauteng, South-Africa to studY Nursing. Got married moved back to Secunda. I am one

of the luckiest woman alive to have two wonderfull men in my life, my husband and my little boy.I wrote my first poem when I was about 17 years old and from there I wrote about things inspiring me.

 

 

 

Sondans

 

 

 

Bondels frustrasie spoel klotsend deur my liggaam.

Vrae van gister,

wonders oor môre

ruk van sel na sel,

ontplof in my siel...

Vanoggend was daar geen huppelende sonstraal op my bed

geen soengroet van voëlsang

slegs trippels van reëndruppels

plosend in my ore...

vul my siel met kalm waters van bloue mere.

Die botsende gevoelens, emosies en oortuigings

veroorsaak 'n storm op my bloue mere,

na 'n woeste orkaan van die gryse oseane...

-dit veroorsaak dat 'n brein skipbreuk lei-

Geen trippels wat plons,

geen kalm waters...

slegs 'n begeerte na 'n nuwe sondans

'n huppel van veranderde omstandighede...

 

 

Sneeu

 

 

 

Polsend, kloppend

bedwelmde sonstrale na benede

ongetem,dwaalloos

Absorbeerende liggame,

ontvang verwerend.

Dae van reël-loos,

wel nie gevoelloos.

Foto's van nou

word geneem uit menige oë

om te onthou,

om te deel...

plek te soek in 'n toekoms,

toekoms van 'n enkeling oë

alleen foto's

Ritmes, klanke

ontvangend in deel uitmaak van foto's

foto's wat films word,

films wat drome word...

-om te onthou;

nooit te vergeet.

Die eie skop verwoed, rebeleerend,

wil nie onthou:

"want ek's bang om te vergeet"

bang foto's en films word weggevreet deur mis,

bang vir sneeu van alleen oud word,

bang vir die leë albums...

-die sneeu bedekte albums.

Hosted by www.Geocities.ws

1