Van water wat teen sand klots
Ontwaak in my die brandende begeerte
Na stil eilande
Onder die son
Onder die maan
Onder die rafel blare
Van palms
Wat buig
In die wind
Wat sagte klanke
In my ore
Aanwaai.