Amandy
Sterrenag
In die swarte hemel nag
het ek lank gesit en wag
sterre het geknipoog en geglinster
die aandster het geblink en geskyn.
In die melkweg het ek sit en staar
en het die mooiste wonder toe gewaar
'n verskietende ster het getrek
en sy wit streep het sy vlug gemerk.
Die wonder van die nag
met sy ontsettende sterreprag.
"Was die donker dan nie daar,
hoe sou ons ooit die lig daarin gewaar?"
Amandy