Toe sien ek jou
my lief
met al jou prag en
ek weet dadelik
jy is my als
In 'n kwessie van tydjies
het ek my droom gevind
jou hand in myne
en ons kind
het my hart verbly
Jy is my als
Jy sal dit bly
Moet nooit vergeet
my lief...
Ek rus op geluk se hart
Ek berei nou die pad....
...Eendag sal ons weer saam stap
Hand aan hand
Gevul met vrede
Onthou altyd...jy is my als.
Vertel vir kleinding ek sal
elke m�re groet
met 'n straal
uit die son se snoet
En as jy verlang
en die trane wil val
Kyk na bo
En onthou....Jy is my als vir altyd!
Dankie jy het my droom bewaarheid
Copyright � Sanet Fourie 2001
All Rights Reserved