Hoërskool Fotografiese Kompetisie.

 

By gevoeg is een van ons leerlinge Anika Roos van die Hoërskool se fotos waarmee sy deelneem.

                    

Marthie Bredenkamp

Ondervoorsitter

0825567101

Kompetisie.

 

Magalies Foto Fun Club het besluit om ons jonger lede meer bewus te maak van klubfotografie en het met ‘n Hoërskool kompetisie begin.

 

Daar is 3 afdelings om aan deel te neem en leerlinge kan 3 foto’s per afdeling inskryf of hulle kan aan al die afdelings deelneem. Koste per afdeling is R20.00

 

Kleur afdeling  -               Eerste, tweede en derde plek.

Swart en wit afdeling -   Eerste, tweede en derde plekk.

Selfoon afdeling  -          Eerste, tweede en derde plek.

 

Graad 8 tot 12 leerlinge mag deelneem aan die kompetisie.

 

14 September 2007 sluit die kompetisie

  8 Oktober 2007 is die beoordeling.

18 Oktober 2007 is die prysuitdeling.

 

Ons borge is, onder andere

Digital World Kolonnade – CAV Amplifier waarde  R2000.00.  

Canon en Radio Lens Pretoria – Canon A540 Digitale camera waarde R2200.00.

Floran Foto in die Wonderboom Value Mart - Kamera rugsak waarde R1000.00.

Vortex Cleaning Service - lugtyd waarde R180.00,

Swallows Inn  Gastehuis in Magaliesburg - ‘n naweek.

Ludwig van Pretoria,  

Rietmark van Pretoria - 3 maande bekendstelling in hulle blaadjiie,

Marthie Bredenkamp van Magalies Foto Fun Club - flash disk 2gb.

Jive drukkers van Zambezi Rylaan Pretoria.

Mellennium School of Photography  - 6 Fotografiese Kurses pakket.

 

Enige jong fotograwe in Pretoria wat wil deelneem kan die

Voorsitter: - Cathy Jonker 012 548 5138  of sel: 073 157 1184

Onder Voorsitter - Marthie Bredenkamp Sel: 082 556 7101 of 012 543 0860 skakel as daar enige vrae rondom die kompetisie is.

 

Die vorm om mee deel te neem is ook op ons webblad beskikbaar: http://www.magaliesfotofunclub.co.nr/.

Fotos kan gestuur word na [email protected] met inskrywingsvorm en bewys van betaling.

 

Magalies Foto Fun Club het begin in 2004

20 November 2003 was die eerste byeenkoms van die klub by Peet Mostert se huis waar ‘n groep van 15 opgewonde  fotograwe teenwoordig was. Die aand het Magalies Foto Fun Club sy naam gekry en ‘n komitee is gekies.  

 

Die klub het op 15 Jan 2004 by die Restuarant Torbali Braam Pretorius Straat bymekaar gekom. Die begin van baie leervolle aande, eenmaal ‘n maand het begin op 22 Januarie 2004 met 15 lede en gaste.

 

Maart 2004  het die klub sy logo gekry wat Elske Barnard ontwerp het.

 

Julie 2004 het Q-Photo ons eerste boekie die “Magalies Pix” in kleur vir ons begin druk wat hulle nou nog vir ons elke maand borg.

 

Julie 2004 het Magalies Foto Fun Club lid geword van die PSSA. – “Photographic Society of S A”.

 

Maart 2005 het die klub getrek na die “Wesleyan Church”, toe die Torbali restaurant verkoop is.

Peet Mostert was eerste Voorsitter en nou het ons vir Cathy Jonker as Voorsitster. 

 

Ons het baie wonderlik mense by die klub wat al gekom en gegaan het en hulle fotografiese merk gelos het in die geskiedenis van MFFC.

 

 MFFC is nog in sy babaskoene as jy kyk hoe oud die ander klubs in Pretoria is en ons het nou al die kerf van 30 lede behaal.  Baie van ons lede werk in digitaal maar ons het nog ons skyfies en film lede wat ook deel neem.

 

            

MFFC High School Competition 2007 entry form
Hosted by www.Geocities.ws

1