Ons stap die pad van die Romeinse Ryk
Soos die magtige Romeinse Ryk deur innerlike verrotting verkrummel het, bewerk Suid-Afrikaners nou ook hul eie ondergang deur die ondermynende invloed van perverse immoraliteit aan te hang.
Te laat het die Romeine ontdek dat hulle onoorwinlike gepantserde magte nie teen die kanker in die hart van die Ryk opgewasse was nie.
Die appel was van binne verrot omdat hulle vermoënde mans – die politieke leiers, die godsdiensleiers, die gemeenskapsleiers, die sakelui en selfs die regsopset – self die slagoffers van wellus geword het.
Edward Gibbon, die beroemde historikus, het die volgende rede vir die val van die Romeinse Ryk aangehaal in sy boek “The Rise and Fall of the Roman Empire”:
‘n Snelle toename in egskeidings;
‘n Intense gejag na plesier;
Die beklemtoning van vermaaklikhede, terwyl die innerlike sedelike verbrokkeling die eintlike vyand van die mens is;
Die agteruitgang van die Christen Godsdiens, terwyl die geloof slegs vorm geword het.
Mens kan net sowel die boek verdoop na “The Rise and Fall of the Afrikanerdom.”
Dit is onlogies om miljoene rand aan die polisie, intelligensiedienste en die weermag te bestee terwyl ons self die vyand is wat ons land se lewenskrag van binne ondergrawe.
Sonder visie word ‘n volk losbandig. Of ons dit wil erken of nie, of is ‘n nasie sonder ‘n visie. Ons het geen hoë ideale nie. Volwassenes is die oorsaak weens hul materialistiese uitkyk, van die traak-my-nie-agtige houding by ons jeug.
Moet ons eers ons Bybels verloor voordat ons gaan wakker word?
Ons het self toegelaat dat die vrugbare verrotte grond geskep is waar die giftige en dodelike saad van die permissiewe gemeenskap ontkiem het en nou welig groei.
Ons gebrek aan ‘n verhewe doelstelling en stoere patriotisme het die deure oopgegooi vir die vyand en nou is ons, ons eie grootse vyand.
‘n Dramatiese terugkeer na die Bybel, sal ons huislike lewe versterk, die angswekkende misdaadstatistiek omkeer, meer doen as enige enkele faktor om rasse-verhoudings te verbeter, geslagsverkeer in die regte perspektief stel, doelgerigtheid aan ons jongmense bied en aan ons mense weer visie gee.
Ons is besig om die pad van die Romeinse Ryk te loop. Diegene van ons wat dit besef, moet iets daaraan doen?
Inderdaad pleeg Suid-Afrikaners selfmoord — inderdaad het hulle hul eie grootste vyand geword. Die moraliteitsvlak in die land neem skrikwekkende afmetings aan.
Ons, die eens Christen-land wat bekend gestaan het as die enigste bastion teen die Kommunisme in Afrika, versmoor in sy eie perverse seksuele modderslyk. Hiervoor het ons net onsself te blameer.
Erger as enige ander bedreiging, is die rampspoed van ‘n nasie wat nou sy eie grootste vyand geword het.
As die Almagtige God nie die land met ‘n reeks strafgerigte gaan tref nie, sal God Sodom en Gomorra moet verskoon.
Dis ‘n harde stelling om te maak, maar ons is nou presies waar Sodom en Gomorra destyds was – in ‘n stadium waar veral Blankes hulle aan perverse welluste oorgee wat die gees en die siel van die mens, maar ook die nasie, vernietig..
Die feite is so skrikwekkend dat Inspekteur Dawie Louw van KwaZulu-Natal ‘n dringende oproep oor die radio gedoen het dat alleen die terugkeer van “dissipline en liefde” na ouerhuise, die situasie kan red. ‘n Geestelike herlewing is noodsaakliker as ooit!
Ons ganse bestaan word bedreig:
Die Internet wat meesal in Blanke wonings aanwesig is, het ‘n nuwe vernietigende verslawing gebring met meer as 100 miljoen webtuistes oor seks, kinderseks, bestialiteit, homoseksualisme en lesbianisme in die vorm van foto’s, boeke en lewendige film materiaal;
Die TV saai in toenemende maat rolprente en programme met vloektaal en vulgêre seks uit;
‘n Komper-hersteldiens in een van ons groot stede vertel dat selfs sommige predikante wie se kompers herstel moet word, propvol pornografiese materiaal is;
Seksuele afwykings kom al hoe meer onder kerkleiers voor, met die Roomse kerk aan die spits;
Blanke egpare gee hulle aan die vieslikste dade oor tydens groepseks en orgies;
Onwettige bordele en prostitusie word dalk gewettig, maar vier intussen hoogty;
Van die 290 aborsie-klinieke in die land is net 88 in werking, meesal weens ‘n gebrek aan toerusting en andersyds omdat verpleegpersoneel weier om aborsies uit te voer. Hulle optrede kan dalk binnekort as ‘n kriminele oortreding beskou word, word gesê;
Twee uit elke drie huwelike eindig in die skeihof. Soms styg die statistiek na 1 uit elke twee huwelike;
Honderde duisende kinders word halfwees groot en ongebalanseerd;
Satansaanbidding en demonologie is aan die orde van die dag, met nuwe sektes wat steeds die land binnekom;
Daar is ‘n toename in dwelm- en drankmisbruik tesame met die euwels wat daaruit voortvloei. Dwelmslawe het sowat R8 000 per week nodig en steel of roof die geld;
Skokkende feite het aan die lig gekom dat Vigs in al hoe meer gegoede blanke gesinne posvat. Die verwagte sterftes weens Vigs is al byna genoeg om die land lam te lê;
Die media wat veronderstel is om op Christelike grondslag te fungeer, is ewe skuldig met relevante artikels en veral advertensie wat geplaas word;
Die kerke se stem is stil. Daar twis hulle nog oor nagmaalbekers en of vroue in kerklike ampte aangestel mag word al dan nie, en
Misdaad rondom veral moord, verkragting en seksuele misdrywe wek toenemende kommer.
Regdenkende mense staan verbaas en is besorg oor die vloedgolf van permissiwiteit, pornografie en perverse immoraliteit wat oor die land spoel. Dis of die hekke van die hel oopgeswaai het en ‘n stroom dodelike gif uitgespuug het wat alles voor hom wegvee.
Inspekteur Louw se oproep kom nadat kinders van so jonk as 11 jaar in dronk- en bedwelmende toestande uit nagklubs in Natal gepluk is. Meeste van hierdie kinders kom uit gegoede huise “waar die ouers die kinders vol geld stop en nie ‘n flenter omgee wat die kinders met hul lewens aanvang nie.”
Om weerstand te bied is noodsaaklik. Skaars minder skuldig as diegene wat die stygende gety van immoraliteit bevorder, is diegene wat passief toekyk en nie hul stem verhef nie.
Daar word elke Sondag sowat 8 000 preke in Christen kerke gelewer en nog sowat 4 000 boodskappe by weeklikse bidure, maar mens hoor nie die Kerk nie. Waar is die Kerk wat hierdie dinge moet aanpreek, wat leiding en rigting moet gee?
Sowat 3,7 miljoen Blankes alleen, het in 2000 se sensus gesê dat hulle Christene is wat aan Christen-kerke behoort. Waar is hierdie Christene?
Uit alle groeperinge in die land het net meer as 34 miljoen gesê dat hulle Christene is wat aan Christen-kerke behoort. Waar is die 34 miljoen Christene? Besef hulle nie hulle is Christene sodat hulle ‘n verskil aan ‘n land, volk en ‘n gemeenskap moet maak nie?
Besef hulle nie God hou hulle verantwoordelik vir die situasie nie?
Dit is nodig dat die profetiese stem gehoor word: As die behoudendes nie die goddelose gaan waarsku en by God gaan intree oor hierdie alles-vernietigende toestand nie, sal God die goddeloses uitdelg, maar hulle bloed van die goddeloses sal van die behoudendes geeis word. Eseg. 3: 18-21.
Inspekteur Louw sê die polisie gaan genadeloos begin toeslaan en selfs die ouers van kinders gaan van nou af vervolg word.
Nogtans kan die polisie nie oral wees nie. Sonde het ‘n manier om sy eie weg te baan.
Die ruggraatlose, kleurlose, passiewe indiwidue staan algemeen bekend as die “Swygende Minderheid” en vorm die brug waaroor die stroom van verdorwendheid voortbeweeg om die lewens van die opkomende geslag te ondergrawe en tot ondergang te lei.
Ons handelswyse van vandag, bepaal die toekomstige toestande. As daar nie nou dadelik opgetree word nie, gaan die mense van hierdie land hulself vernietig. Dit sal die land se ondergang beteken.
Daadwerklike optrede kan hopelik nog doeltreffend wees. Dit is nodig dat mense teen hulself beskerm word. Dit is waarom daar onder die ou bedeling ‘n sensuurliggaam en streng wetgewing was, wat voortdurend deur die liberales afgeskiet is.
Dit is onnodig dat ons in Lantern in diepe besonderhede ingaan oor die werklike toestand. Dit kan ‘n mens bevuil. Die naakte feite is egter walglik en skreeu letterlik ten hemele.
Ironies: Waarom sou ons met al hoe strenger wetgewing kom om padongelukke te voorkom, maar ons laat toe dat die volk in ‘n perverse seksuele modderslyk versmoor?
Lantern se beleid is die publisering van opbouende en leersame artikels, maar hy sal homself skuldig maak aan passiwiteit as hy nie ook die profetiese stem laat hoor oor bedreigings van buite sowel as van binne ons eie geledere nie.
Die feit is, ons het die oorlog teen die norme verloor. Die sogenaamde “nuwe moraliteit” is ‘n voldonge feit in Suid-Afrika.
Dit het uitgekristalliseer tot ‘n ontsettende en tragiese werklikheid reg deur die land.
Sogenaamde menseregte, in plaas van die insettinge van die Almagtige God, sê daar bestaan geen absolute norme vir sedelike gedrag nie, elke persoon het die reg om te besluit wat sy of haar gedragspatroon moet wees ten einde geluk volkome te verseker met die mins moontlike voorbedagte nadeel vir die ewenaaste.
Die eindresultaat van so ‘n benadering of dan belydenis, is presies voorspelbaar. Algemene aanvaarde gedragspatrone, gebaseer op Christen-etiese beginsels deur die eeue gehandhaaf, stort nou ineen en die sedelike spierkrag en karaktervastheid van die Suid-Afrikaners is besig om te verkrummel.
Die ontstellende feite van aborsies, geslagsiektes, dwelmverslawing, ens., bevestig die waarheid hiervan. TV-rolprente oor geweld speel ‘n kardiale rol in die geweldsmisdaad in die land.
Die kernwaarheid is nie dat Suid-Afrikaners as sulks so versleg het nie, maar die handelswyse wat voorheen as verkeerd beskou is, ongeag deur hoe baie of hoe min te bedryf is, word nou as doodnormaal aanvaar!
Selfmoord is besig om ons uit te delg te midde van ‘n kwynende bestaande orde. Die vlak van die geestelik-sedelike terrein, het geen gesonde bruisende lewe meer nie.
Ouers wat nog graag hulle kinders in ‘n gemeenskap wil laat grootword waar hulle nie aan sulke ondermynende invloede blootgestel is nie, is aan die kwyn soos wat selfs die ouers hulle nou aan welluste oorgee.
Dank God daar is darem nog jongmense wie se helder en openhartige blik getuig van ‘n skoon sedelike lewe. Dit is hierdie jongmense wie se denkwyse gemobiliseer moet word om nie alleen ‘n magtige bolwerk te vorm teen die permissiewe aanslag en vernietiging nie, maar om ook as doeltreffende teenwig te dien.
Daardie jeug sal deur die herinnering aan die Waarheid en die Lig, weer die suiwere gesindhede moet opwek.
Die behoud van die gesonde, sterk Christen-morele kode is nie die taak van enkele kampvegters nie. Dit kan ook nie deur wetgewing verskans word of deur ‘n bykomende 200 000 polisiemanne aan bande gelê word nie, maar moet liewer bestendig word deur ‘n samelewing wat, bewus gemaak word van die toestand van rampspoed en tot optrede geaktiveer word.
As die bestryding van besoedeling die taak van elke regdenkende burger is, is die stryd teen die veel gevaarliker sedelike besoedeling des te meer u (die leser hiervan) se verantwoordelikheid.
Onheilspellende kragte is tans in Suid-Afrika aktief om die volbringing van ons Godgegewe bestemming teen te werk. Die liberale geroep het veroorsaak dat ons nou in pas is met die res van die wêreld wat ook morele beperkings op literatuur, films, teater en vermaak oorboord gegooi het.
Ons is almal skuldig want ons het toegegee en ons eie Godsdiens-oortuigings en tradisies, wat van ons ‘n nasie van erns en voorspoed gemaak het, oorboord gegooi.
Dit is tyd dat die vroue van Suid-Afrika in opstand kom oor die wyse waarop die vroulike liggaam in die media, klubs, die TV en die Internet uitgebuit word deur gewetenlose geldmafia’s.
Skooldogters moet hulle by die protes van die vroue skaar. Studente aan ons universiteite en technikons moet ook by hierdie protes inval.
Mans sal as die beskermer van die vrou en as hoof van die huisgesin, hulle regmatige plek moet inneem om hul gesinne in Gees en in Waarheid te lei, die liefde en die dissipline terugplaas in hul huise.
Ouers sal moet terugkeer na die huisaltaar.
Alle Christene sal landswyd oral gebedswake moet begin of by bestaande gebedswake moet inskakel. Ons het ‘n Goddelike ingryping broodnodig.
Ons almal sal moet verootmoedig, na God en Sy weë moet terugkeer, of die verbysterende en aaklige gevolge moet dra.
Soos ‘n Jona van ouds bring Lantern die profesie van lewe en dood. As Ninevé hom nie bekeer het nie, het ook hy in vlamme opgegaan soos Sodom en Gomorra.
Maak u keuse nou!
En ons was so duidelik vooraf gewaarsku!
Ons het die oorlog teen die norme verloor
In 1975 waarsku die U.S. Congressional Record dat hy ‘n publikasie genaamd “The Naked Communist” bekom het wat strategiese beplanning bevat oor hoe om die Weste – Suid-Afrika inkluis – te verlam.
Die waarskuwing is destyds wyd in Suid-Afrika gepubliseer. Wanneer mens vandag na die waarskuwing kyk, dan is dit duidelik dat ons die oorlog teen die norme verloor het:
Vernietig alle sedelike norme deur die bevordering van pornografie en sedeloosheid in boeke, tydskrifte, rolprente, radio, TV en die vrye pers;
Doen weg met alle wette wat onsedelikheid veroordeel deur dit die benaming “sensuur” te gee en dit ‘n skending van die vryheid van die pers en die indiwidu te noem;
Verkry beheer oor die sleutelposisies in die radio, TV en rolprente;
Verkleineer die huisgesin as instelling. Moedig vrye liefde aan en vergemaklik egskeidings;
Beklemtoon die noodsaaklikheid om kinders weg van negatiewe invloed van hul ouers op te voed. Skrywe vooroordeel, geestelike belemmering, verstandelike vertraging by kinders aan die onderdrukkende invloed van hul ouers toe;
Beskou homoseksualiteit, ontaarding en vrye liefde as normaal, natuurlik en gesond;
Verkleineer kulturele standaarde deur alle vorme van kuns uitdrukkings te verlaag. Vervang goeie kultuurskatte in parke en openbare geboue met mismaakte, lompe en betekenislose vorms;
Infiltreer die kerke en vervang geopenbaarde godsdiens met sosiale godsdiens. Trek Die Bybel in twyfel en dring aan op intellektuele volwassenheid wat nie ‘n ”godsdienstige stut” nodig het nie;
Skakel gebed en enige ander godsdienstige beoefening by skole uit;
Dra sommige van die polisie se regte van arrestasie oor aan sosiale instansies. Beskou alle gedragsprobleme as sielkundige afwykings wat slegs deur psigiaters verstaan en behandel kan word;
Skep die indruk dat geweldpleging en oproer wettige aspekte van die land se tradisie is en dat studente en simpatieke instansies in opstand moet kom om ekonomiese, politieke en sosiale probleme met geweld op te los; en
Werp alle koloniale regerings omver voordat die bevolking vir selfregering gereed is.
Lees hierdie strategie maar ‘n paar keer deur en u sal die Suid-Afrikaanse situasie goed kan begryp. Lank voordat 1994 se verkiesing aangebreek het, was daar byvoorbeeld reeds groot druk deur insypelaars vanuit sommige media- en kunskringe dat die Wet op Publikasies en Openbare Vermaaklikheid omver gewerp moet word.
Die waarskuwing van 1975 het net mooi niks gehelp nie. Mag God gee dat die waarskuwing wat Lantern nou rig, wel vrugte afwerp!
Ons Volk se afval het in vroeg begin.
Ons aanvaar vandag dat die Afrikaner Boerevolk in ‘n dilemma sit vanweë sy geestelike dwalinge. Die dilemma word deur sommige gesien as ‘n strafgerig wat oor die Volk gekom het.
Min besef dat die skrif al in Oktober 1974, aan die muur was toe “belydende lidmate” ondermeer gesê het hulle glo nie eens dat Jesus Christus uit die dode opgestaan het nie.
Destyds het dr Jan Karel Coetzee ‘n besondere steekproef onder belydende lidmate van die NG Kerk in die Transvaal gedoen. Hy het sy doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal.
Alhoewel die proefskrif skokkende feite bevat het, was dit bloot toevallig dat die steekproef net onder NG-lidmate gedoen was.
Die dwalinge onder die Volk het destyds al sulke ernstige afmetings begin aanneem, dat dit hoogs te betwyfel is of die steekproef enigsins anders onder belydende lidmate van ander kerkgenootskappe sou gelees het.
In daardie stadium het die egskeidingsyfer onder ons Volk gewissel tussen 1 uit 3 en 2 uit 3 huwelike wat op die rotse geloop het. Vandag het ons ‘n negatiewe bevolkingsgroei.
Dr Coetzee het 6 000 vraelyste uitgestuur wat elk 122 vrae bevat het. Sy bevindinge was gegrond op 1 700 vraelyste wat hy terugontvang het.
Die statistiek van die steekproef was soos volg:
Meer as 40% het nie geglo in die betroubaarheid van al die Bybelse beginsels nie;
Die betroubaarheid van die Skrifbeskrywings: Oor die Skeppingsverhaal, het 19% dit bevraagteken; ten opsigte van Adam en Eva en die sondeval, het selfs ‘n groter aantal getwyfel, 23,8;
Die wonders van die Bybel: 26,9 persent het getwyfel oor die wonders van die Ou Testament. Meer het die wonders van die Nuwe Testament aanvaar;
Glo lidmate aan die groot dogmatiese waarhede van die Skrif? Alhoewel die NG Kerk die persoonlike bestaan van die Duiwel erken, het 23,8% gesê hulle glo nie aan sy bestaan nie;
14,4% twyfel oor die opstanding van die dooies en die ewige lewe;
3,8% het gesê daar is nie so iets soos die opstanding van die dooies en die ewige lewe nie;
31,7% het gesê hulle glo nie soos die NG Kerk dat die Ou- en die Nuwe Testamente gelykwaardig is in die verkondiging van die heilsboodskap nie;
6,0% van die belydende lidmate het getwyfel of God alles alles geskape het;
3,5% het getwyfel of God hoegenaamd bestaan;
13,9% het getwyfel of alles deur God se Wil geskied;
23,3% (46,2% onder studente en skoliere) het aan Jesus se Godheid getwyfel;
14,0% het oor Jesus se maagdelike geboorte getwyfel;
12,7% glo nie dat Jesus op die water geloop het nie;
6,9% het getwyfel of Jesus uit die dood opgestaan het;
12,9 was nie oortuig van Jesus se Wederkoms nie;
28,0% het oor die erfsonde getwyfel;
12,0% het getwyfel of Jesus Christus die mens se enigste Verlosser is;
6,2% het getwyfel of God in en deur Jesus Christus die mens van sonde verlos;
70.0% het gesê hulle glo ‘n Jood kan gered word deur net aan God te glo.
As mens deesdae na belydende lidmate se argumente en redenasies rondom die Bybel luister, kan mens verseker wees dat ‘n nuwe steekproef, nog skokkender resultate sal oplewer, want, intussen het die kerke begin leegloop en is baie gemeentes gedwing om met ander saam te smelt.
In 1994 het ‘n engel aan ‘n polisieman in SA verskyn met ‘n boodskap van die Here af dat die Volk moet verootmoedig en homself bekeer. Al wat koerant is het die aangrypende verhaal gepubliseer.
Soos in die geval van Ninevé is die boodskap dus wyd gepubliseer. In Ninevé se geval het die Volk geluister en is hulle en hullw stad gered.
In SA is intussen enkele pogings in die land aangewend om die Volk in beweging te kry, op hulle knieë, maar met teleurstellend min welslae.
Intussen moet ons daagliks luister na nuwe planne, nuwe idees, nuwe praatjies – na alles behalwe die enigste ware antwoord: Verootmoediging en bekering.
‘n Algehele terugkeer van die Volk na die weë van God, weg van die dwalinge af, is en bly die eerste en die vernaamste stap na die algehele herstel van nie net die Afrikaner Boerevolk, maar die ganse Suid-Afrika.
Daar is nie ‘n ander pad nie!
In 1975 skryf ‘n onbekende tiener die volgende gedig wat nog te meer op vandag betrekking het”
Whose Delinquency?
(Composed by a Teenager)
We read in the papers,
We hear on the air,
Of killings and stealings and crime everywhere;
We sigh, and we say as we notice the trend;
This young generation – where will it end!
But can we be sure that it’s their fault alone,
That may-be, a part of it isn’t our own?
Too much money to spend,
Too much idle time,
Too much movies of passion and crime,
Too many books not fit to be read,
Too much evil,
In what they hear, said;
Too many children encouraged to roam,
By too many parents who won’t stay home.
Kid’s don’t make the movies,
They don’t write the books,
That paint a gay picture of lusting and crooks;
They don’t make the liquor,
They don’t make the laws,
And they don’t buy the cars
They don’t make the drugs that addle the brain,
It’s all done by older folks, greedy for gain;
And in how many cases
We find that it’s true,
That label “Delinquent” fits older folks too!
Ons is weliswaar nie die enigste op die pad van rampspoed nie.
Onlangs is berig dat Brittanje, die land met sy Viktoriaanse waardes, nou die leier in Europa is op die gebied van egskeidings, aldus ‘n verslag deur die Sentrum vir Beleidstudies.
Brittanje is ook los voor wat sy kinders betref. Meer as 25% van Britse kinders word by enkelouers groot. In die res van Europa word gemiddeld 14% van die kinders by ‘n enkelouer groot.
Tot sy koningshuis is in skande gedompel is weens egskeidings, owerspel en huwelikskonflikte.
Die gesinslewe, die pilare van die Britse volk, het gevaarlik weggekalwe. Van hierdie eens roemryke volk het min oorgebly.
Die navorser van die dokument, Jill Kirby, sê: “Voordat ons nie bereid is om te erken dat die gesinslewe en die huwelikslewe in Brittanje bedreig word nie, is daar geen hoop dat sal ons die situasie omgekeer kry nie, of om die lewens van die slagoffers, die kinders, te verbeter nie.”
Haar oproep sal heelwaarskynlik op dowe ore val. Die middel-linkse regering van Tony Blair, het belastingsubsidie vir getroude pare geskrap en prominente poste in die regering vir homoseksuele aangebied.
Wanneer ‘n volk se huwelik- en gesinslewens tot niet gaan, gaan die volk tot niet want die gesinslewe is die pilare waarop ‘n volk staan. Brittanje is oorspoel deur vreemdes en Islam het intussen ‘n sterk vastrapplek daar verkry, veral in die eiendomsmark wat sakegeboue betref.
Viktoriaanse waardes was nie genoeg nie. In Suid-Afrika en ‘n land soos Amerika gaan dit nie veel beter nie.
Eers is televisie vir die verval blameer, maar vandag is die Internet ‘n groter euwel met 62.3-miljoen webblaaie oor seks, 20-miljoen oor pornografie, 3.27-miljoen oor lesbianisme, 22.5-miljoen oor homoseksualisme en etlike honderde duisende oor verdierliking.
Inderdaad het die gees van Sodom en Gomorra die wêreld ingeneem!
Ons belewe ons ook in ‘n tyd van oorloë en gerugte van oorloë. Begryp ons dan nie dat ons vir God en onsself in die bres moet tree nie?
Soos in die geval van Ninevé kan die situasie omgekeer word as ons, ons bekeer en God se insettinge onderhou!
Dit is verder ook ons plig, ons roeping, om hierdie boodskap uit te dra!
Doen dit nou!