…. en grootste van alles

is die Liefde!


Niks onder die volke van die wêreld sal regkom sonder liefde nie. Ons is haastig om onsself as Christene te verklaar, maar ons dade teenoor mekaar getuig nie daarvan nie.

Plaas ons die fokus in die Skrif op die liefde, dan sien ons duidelik waar ons grootste probleem lê.



Dit is duidelik dat die liefde, (agapé – Goddelike liefde) die oplossing vir al die probleme van die wêreld en die mensdom is. Dit is ook die Groot Gebod wat Christus kort voor Sy vertrek aan ons nagelaat het.

Menslike liefde (fileo) is ontoereikend, daarom faal dit telkens. Die skeihowe sit elke week vol, reg oor die land. Menslike liefde (fileo) en seksuele liefde (eros) faal.

Die meeste redes vir die egskeiding word aangevoer as: Die huwelik het onherstelbaar verbrokkel. Al die huwelike wat verniel word en die arme onskuldige kinders wat daaronder ly, kan genees en herstel wanneer Goddelike liefde in ons huise en lewens toegelaat word.

Dit is waar Petrus ook die fout begaan het. Drie keer vra die HERE hom: Het jy My lief en elke keer sê hy ja, maar Petrus het van menslike liefde gepraat terwyl Jesus van Goddelike liefde gepraat het.

Daarna verraai Petrus die HERE drie keer, maar sy diepe berou het tot vergifnis gelei en later beskou God hom as ‘n rots in die Koninkryk.

Ons dag en tyd vra ook om diepe berou. Moenie oor die volgende persoon bekommer nie, begin die saak in jou eie lewe en huis regstel. Dit is waar die herlewing sal begin, by jou en jou huisgesin!

Ons wil altyd hê die HERE moet ons gebede beantwoord, vir ons deure oopmaak, komaan, begin deur eers jou eie huis se deur vir Jesus oop te maak!





Hosted by www.Geocities.ws

1