Die LETTER en die GEES


1 Kor. 2:14


Maar die natuurlike mens


neem die dinge van die Gees nie aan nie;


want dit is vir hom dwaasheid,


en hy kan nie verstaan nie (hoekom nie?)


omdat dit geestelik beoordeel word!


En strofés 12 en 13:


Ons (die geestelike mens)


het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie


maar die Gees wat uit God is (hoekom?)


sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.


13:

Daarvan spreek ons ook,


nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie


maar dié wat die Heilige Gees leer (hoekom?)


sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk !


1 Kor. 3 se subtitel, lees:



In vers een sê Paulus aan sekere Christene dan ook:


…ek kon nie met julle spreek soos met geestelike mense nie,

maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.

Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spyse nie (hoekom nie?)

want julle was nog nie daartoe instaat nie (en wat meetr is…)

julle is nou nog nie daartoe instaat nie (hoekom nie?)

omdat julle nog vleeslik is….. !!!


2 Kor. 10 vers 12:

Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk (met wie?)

met sommige van die wat hulself aanbeveel nie. Maar omdat hulle

hul met hulleself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.


Vergelyk ook 1Kor. 15: 44 - 46.


En 1Kor. 14 strofé 37 …”As iemand meen dat hy ‘n profeet is

of ‘n geestelike mens, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe,

‘n bevel van die Here is. (Dit is dus duidelik dat alleen iemand

wat ‘n profeet of geestelik is, sal die brief kan verstaan).


1 Pet. 2:5 …. En laat julle ook soos lewende stene opbou, tot (‘n wat?)

‘n geestelike huis (volk), ‘n heilige priesterdom (hoekom?)


om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.


Spreuke 18:21

Dood en Lewe is in die mag van die tong ; en elkeen wat die graag gebruik

sal die vrug daarvan eet.

Met ander woorde: Of ons spreek Dood, of ons spreek Lewe. Die gees is Lewe,

die Letter is Dood. God is positief, ons durf nie negatief wees nie. Ons Lewe

bo omstandighede en nie daaronder nie.


En verder


Die Here sê hy is geen aannemer van die persoon nie. Dus, ons is almal gelyk

voor Hom. Daarom, dit wat die Here vir ander gedoen het of doen, doen Hy ook

vir ons. Dis tog ongetwyfel so. Daarom, as Hy vir Kores dit gedoen het, dan

doen hy dit my en jou ook:


Lees nou Jes. 44 : 2 tot 8 en


Eis dit in die naam van Jesus Christus op vir jouself !

Glo dit. Neem dit aan. Sê vir Hom baie dankie daarvoor.

Hy is ‘n “jaloerse God”. Hy wil al die eer hê.


Om ‘n geestelike mens te word moet mens die wedergeboorte deurgaan. Die wedergeboorte word in die DRIE VRAE van Ewige Belang, behandel.

DRIE VRAEVan EWIGE belang



  1. Wat moet ek doen om gered te word?


  1. As ek gered is, wat dan?


  1. As ek ongered bly,

WAT DAN?




Wat moet ek doen om gered te word?


  1. Ek moet besef dat ek ‘n sondaar is.


“ALMAL het gesondig, en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.” – Rom. 3:23.

“As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself.” – (1 Joh. 1:8,1; Kon. 8:46; Jer. 17:9-10).


  1. Ek moet besef dat die loon van die sonde die dood is. (Rom. 6:23).

“Hulle sal straf ondergaan, ‘n EWIGE VERDERF….” – (11 Thes. 1:9.

“Hy wat in die vlees saai, sal…. VERDERF MAAI….” – (Gal. 6:8).



  1. Ek moet besef dat ek magteloos is om myself te red.


“UIT DIE WERKE VAN DIE WET sal GEEN VLEES voor GOD GEREG-VERDIG word nie….” – (Rom. 3:20).

“NIEMAND kan ooit ‘n BROEDER LOSKOOP nie, hy kan aan GOD SY LOSPRYS NIE GEE NIE….” – (Ps. 49:8,9; Jak. 2:10).


  1. Ek moet besef dat Jesus Christus die enigste Verlosser is.


“Ek is DIE WEG, die WAARHEID en die LEWE: Niemand kom na die Vader BEHALWE deur MY nie….” – (Joh. 14:6).


  1. Ek moet berou hê oor my sondaarskap en dit voor God bely.


“Kom dan tot INKEER en BEKEER julle….” – (Hand. 4:12; 25:18)

“As ons, ons sondes BELY…. Hy is getrou en regverdig om ons sondes te vergewe en ons van al ons ongeregtighede te REINIG.” – (Joh. 1:9).


  1. Ek moet Christus deur die Geloof aanneem as my persoonlike Verlosser.


“Almal wat Hom AANGENEEM het…. Het hy mag gegee om kinders van God te word….” – (Joh. 1:12; Joh. 3:16,30; Hand. 13:38,39; Rom. 10: 9,10).



AS EK GERED IS, WAT DAN?.


  1. Dan is ek ‘n Nuwe Skepsel.


“As iemand in Christus is, is hy ‘n NUWE SKEPSEL…. Ou dinge het verby gegaan…. Het alles NUUT GEWORD.” – (1Kor. 5:17).


  1. Dan het ek die Ewige Lewe.


“Hy wat in die Seun glo, het die EWIGE LEWE….” – (Joh. 3:36; 6:47; 1 Joh. 5:12)


  1. Dan het ek Sekerheid van my Verlossing en my Ewige Behoud.


“Die GEES self GETUIG saam met ons gees dat ONS KINDERS VAN GOD IS.” – (Rom. 8:8).

“Ek gee hulle die Ewige Lewe en hulle sal NOOIT VERLORE GAAN tot in Ewigheid nie….” – (Joh. 10:29; Filip. 1:6; Joh. 5:10-13; Jes. 43:1 – 8.


  1. Dan moet my Geestelike Lewe Altyddeur groei.


“Julle moet TOENEEM in die GENADE en KENNIS van onse Here ….” – (11 Pet. 3:18).

“Word met die GEES VERVUL.” – (Efes. 5: 18b).

“Jaag die HEILIGMAKING na….” (Heb. 12: 14; 1 Pet. 1:15-16.


Hiervoor is GEREELDE GEMEENSKAP met die HEILIGES, DAAGLIKSE

BYBELSTUDIE en INNIGE GEBEDSGEMEENSKAP MET GOD,

onontbeerlik.


  1. Dan moet ek God en my Naaste Dien.


Deur my GEDRAG -- (1Kor. 6: 19,20; Filip. 2:15).

Deur my gawes – (1Pet. 4: 10; Tit. 2:14; Tit. 3: 8; Efes. 2: 10;

Jak. 2:20).

Deur my GETUIENIS – (Hand. 2: 4, 11; Eseg. 3: 17,18).

Want ek is gered om VRUG TE DRA (Joh. 15: 16) om te VERKONDIG (1 Pet. 2: 9), om TE GETUIG (Hand. 1: 8).


  1. Dan moet ek My Ganse Lewe God Verheerlik.


(1 Kor. 6: 20; 1 Kor. 10: 31 ; Kol. 3: 23.




AS EK ONGERED BLY, WAT DAN?



  1. Dan is ek nog in sonde.


“As julle nie glo nie…. Sal julle in julle sonde sterwe.” – (Joh. 8: 24; 1 Kor. 15: 17).


  1. Dan sal ek die Ewige Lewe nooit sien nie.


“Maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die Lewe nie sien nie en die toorn van God bly op Hom.” -- (Joh. 3:36; Hebr. 10:26-31.


  1. Dan leef ek voort in ‘n bange onsekerheid, ‘n knaende onrus en ‘n verskriklike verwagting.


“Geen vrede sê my God, vir die goddelose nie…. Maar ‘n verskriklike

verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teenstanders sal verteer.

– (Jes. 57:21; Heb. 10:27).


  1. Dan sal ek geestelike nooit groei nie en is my siel geleidelik besig om te verhard en te sterwe.


“Daarop het Nabal se hart in sy binneste gesterwe en hy was soos ‘n klip. – (1 Sam. 25:37; Rom. 6: 23).


  1. Dan beteken ek vir God en my naaste niks; ek is onvrugbaar en maak onvrugbaar.


“Kap hom uit, waarvoor maak jy die grond onvrugbaar?” – Luk. 13:7; Joh. 15: 2 en 6).


  1. Dan is my ganse lewe tot oneer van God en ek verwerp sy plan vir my lewe.


“Ek wou…. Maar julle wou nie.” – (Matt. 23: 36; Jes. 65: 2).












Hosted by www.Geocities.ws

1