‘n Brief van Bemoediging
“Maar weet dit dat daar in die laaste dae swaar tye sal
kom —
2 Tim. 3:1, skryf Paulus
aan Timotheus, en noem dan in die
daarop volgende strofés verskeie voorbeelde van hoe die swaar tye daar sal
uitsien.
Hierdie swaar tye gaan
gepaard met spanning wat in ons tyd in meeste gevalle aan uiterstes grens.
Hierdie spanning vernietig
gesinne, huwelike, gemeenskappe, en dwing van die grootste maatskappye in die
wêreld om spesiale maatreëls te tref om hul werknemers te beskerm en daarvoor
te laat behandel.
Die steeds toenemende
spanning van uiterstes raak meer mense se lewens as pandemies soos VIGS.
Hospitale en mediese spreekkamers loop oor van mense wat aan spanning-verwante siektes ly.
In sommige opsigte reeds, is
strofé 12 ook besig om in vervulling te gaan:
En almal wat ook Godvrugtig wil lewe, sal vervolg word!
Vervolging in watter vorm ook al,
bring sy eie soort spanning en meesal ook erge spanning. Spertye bring spanning. Perfeksionisme bring spanning. Om iemand geestelik te dra bring
spanning. Ondraaglike werksituasies
bring spanning.
In 2 Kor. 11:27-28 praat
Paulus oor spanning wat hy persoonlik beleef het en verwys hy onder meer na slapelose
nagte en daaglikse bekommernis.
Ons het almal al dae van druk en
uitsonderlike hoë druk beleef, maar Paulus gaan voort en vertel dat hy
vasgestaan het en GOD hom daarvan verlos het:
2 Tim. 3:11 lees: Watter vervolginge het ek nie al almal
verdra nie! En die HERE het my uit
almal verlos!
As Paulus kon vasgestaan het, dan
kan ons ook. Maar dit sal dieselfde
onwankelbare geloof van ons vereis as wat ons by Paulus sien — aldus
2 Tim. 4:7 lees: Ek het die Goeie Stryd gestry. . . .
Deurbrake kom nie altyd maklik
nie, maar wanneer mens aanhou vertrou, aanhou met klop, dan kom die deurbraak
wel die een of ander tyd.
Dit bring ook (onnodige)
spanning wanneer ons meen dat ons nie genoeg het nie. Ons vrees tekorte.
Ons gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis en
dit omdat ons nie moeite maak om ons Bybels te bestudeer nie.
As ons wel die kennis
opdoen, dan is die volgende aan uit Psalm 37:18-19, 25 baie betekenisvol:
Die HERE ken die dae van
die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly. Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte
tyd nie, en in die dae van hongersnood sal hulle versadig word. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar
nooit het ek die regverdige verlate gesien nie, of dat sy nageslag brood soek
nie.
Koning Dawid sou nie die
bogenoemde geskrywe het, as hy nie self getuie daarvan was nie.
GOD sal ons nie verlaat
nie. Hy sal Hom ook nie aan ons onttrek
nie. Sy Liefde, Genade en Guns, skenk
Hy aan ons.
Een keer
was Dawid onseker oor sy verhouding met GOD en toe vra hy in Psalm 8:5:
Wat is die mens dat U aan
hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
Dis ‘n vraag wat ons ook kan
vra: Wie is ons as nietige mens, as gras
van die veld, dat die Almagtige GOD aan
ons sou dink?
1 Petrus 5:7 lees: Werp al julle bekommernisse op Hom
(hoekom?) want Hy sorg vir julle!
Asook Psalm 55:23: Werp jou sorg op die HERE en Hy sal
jou onderhou; Hy sal nooit die
regverdige laat wankel nie.
En dat is daar Psalm 9:10: So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir
die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid.
En strofé 11: En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou,
omdat U diegene wat U soek, nie verlaat nie, o’ HERE!
GOD behoed en bewaar ons. Hy dra ons, wat die omstandighede ook al mag
wees. Al wat dit vra is dat ons dit sal
erken, bely en glo en Hom daarvoor eer
— in Gees en in Waarheid aanbid,
Sy Naam grootmaak!
Dan maak dit nie saak hoe
hoog die prys van wat ook al word nie,
GOD sal die inkomste voorsien.
Hy sal ons nooit verlaat nie.
Wat sê onse GOD vandag aan
ons? Eenvoudig: Moet julle nie bekommer nie. Ek die HERE GOD is in beheer!