Brand jou hut
dalk?
DIE
enigste oorlewende van ‘n skeepsramp het op ‘n klein en verlate eiland
uitgespoel.
Hy het ernstig gebid dat die Here hom
moet red en elke dag het hy die horison dopgehou vir ‘n moontlike verbygaande
skip, maar daar was niks.
Uitgeput het hy uiteindelik vir hom ‘n
hut gebou. Kos was skaars. Hy het
stadigaan bymekaar gemaak wat hy kon.
Wie weet hoe lank hy daar sou moes bly.
Een dag toe hy weer na kos gaan soek
het, het hy by sy terugkeer gesien dat sy hut aan die brand is. Hy kon die brand nie blus nie. Alles wat hy bymekaar het, is vernietig.
Nodeloos om te sê die man was
moedeloos. “God, hoe kon U dit aan my
doen,” het hy geskreeu.
Ure later het die dreunende motore van
‘n skip hom wakker gemaak. Die
bemanning het hom kom red.
“Hoe het julle geweet ek was hier,”
wou hy van die bemanning weet.
“O’ ons het jou rooksein gesien,” het
hulle geantwoord.
Dis maklik om mismoedig te word. Maar as Christen is ons veronderstel om
altyd bo die omstandighede te lewe en nooit onder die
omstandighede nie. Ons moet God so goed
leer ken dat ons sal besef dat wat ook al gebeur, God het ‘n plan daarmee, al
word mens soos Josef ook onder in ‘n put gegooi.
God is aan die werk in ons lewens,
selfs te midde van pyn en lyding.
Onthou, volgende keer wanneer jou hut
tot op die grond afbrand, dan is dit dalk bloot ‘n rooksein wat roep na God se
Genade.
Vir al die negatiewe dinge wat in ons
lewens gebeur, het God ‘n positiewe antwoord.
·
Wanneer
jy sê iets is onmoontlik, dan sê God : Alle dinge is moontlik (Lk. 18:27)
·
Wanner
jy moeg is, bied God jou rus aan (Matt. 11:28-30)
·
Wanneer
jy meen niemand het jou lief nie, sê God Hy is beslis lief vir jou. (Jh. 3:16).
·
Wanneer
jy meen jy kan nie meer voortgaan nie, dan sê God Sy Genade is vir jou genoeg.
(11 Kor. 12:9).
·
Wanneer
jy meen jy weet nie meer herwaarts of derwaarts nie, dan sê Hy, hy sal vir jou
die rigting aandui. (Spr. 3:5-6).
·
Wanneer
jy sê jy kan dit nie doen nie, dan sê God jy kan wel. (Phil. 4:13).
·
Jy
sê dis nie die moeite werd nie, maar God sê dit is. (Rom. 8:28).
·
Jy
meen jy kan nie kop bo water hou nie, maar God sê Hy sal in al jou nood
voorsien. (Phil. 4:19).
·
Jy
is vol van vrees, maar God sê Hy het jou nie ‘n gees van vrees gegee nie. (11
Tim. 1:7).
·
Jy
sê jy het nie geloof nie, maar God sê Hy het aan ons elkeen ‘n mate van geloof
gegee. (Rom. 12:3).
·
Wanneer
jy meen jy is nie skerp genoeg nie, sê God Hy het aan jou wysheid gegee. (1
Kor. 1:30).
·
Wanneer
jy meen dat jy eensaam is, sê God Hy sal jou nooit verlaat nie. (Heb. 13:5).
Soms moet ‘n mens se hut
(dalk ‘n afgod in jou lewe) afbrand, sodat jy weer die genade van God kan
smaak.