IN Joh. 10:10 sê Jesus Christus Ek het gekom dat julle Lewe en
Oorvloed kan hê!
Dit is Sy Wil dat ons nie net sal bestaan
nie, maar dat ons die lewe moet geniet, dat ons die volheid, die oorvloed
daarvan, deelagtig sal word.
Spreuke 28:20 lees: ‘n
Betroubare man is ryk aan seëninge.
Romeine 15:13 verklaar: En
mag die GOD van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur
die geloof, dat julle Oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van
die Heilige Gees!
2 Korinthiërs 9:8 lees: En
GOD het mag om alle genade Oorvloedig oor julle te laat wees, sodat
julle altyd in alle opsigte volop kan hê, en Oorvloedig kan wees (Hoekom?)
tot elke goeie werk!
Dit is tog duidelik dat GOD
wil dat ons Oorvloed sal hê. Waarom sou ons nie Sy Woord aanvaar en Hom
vertrou nie?
Paulus
sê aan die Phillipense in 4:17-18 Nie
dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat Oorvloedig word op
julle rekening. Maar ek het alles ontvang, en ek het Oorvloed. Ek het
dit volop.
In
Paulus se geval het dit oor finansies gegaan. Dit is GOD se Wil dat ook ons Oorvloed
sal hê dan sodat ook ons sal kan sê: Ek het volop! GOD wil aan ons
voorsien sodat ook ons meer as genoeg sal hê.
Een van
die wyses waarop ons die Oorvloed bekom, lees ons van in Lukas 6:8 Gee
en vir julle sal gegee word. ‘n goeie maat wat ingedruk en geskud en
oorlopend is, sal hulle in julle skoot gee, want, met dieselfde maat wat
julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
En dan 1 Thessaloniesense 3:12
En mag die HERE julle ryk en Oorvloedig maak in Liefde vir
mekaar en vir almal …
Reg deur die Woord van die
HERE vind ons dat GOD se heel beste vir ons, is dat ons Oorvloed sal hê,
dat ons in Oorvloed sal lewe, in niks sal kortkom nie, en, Hy het selfs
voorsiening daarvoor gemaak dat ons Oorvloed sal hê. Hoe weet ons dit?
2
Petrus 1:3 Immers, Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat tot
die lewe en Godsvrug dien. Hoe? Deur die Kennis van Hom wat ons
geroep het deur Sy heerlikheid en deug, Ons moet die geskenk dus net
ontvang, presies soos wat ons ons wegeboorte ontvang het, in die geloof in
ontvangs neem.
En dan ook strofé 4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare
beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van
die Goddelike natuur, nadat julle die verdorwendheid ontvlug het wat
deur begeerlikheid in die wêreld is. Ontvang dit!
Dit is wat vir ons in die Nuwe Testament
nagelaat is, wat ons geërf het, alles dit wat ons nodig het om in Oorvloed te
kan lewe. Hoe weet ons dit?
1 Korinthiërs 2:9 Wat die oog nie sien nie en die oor nie
gehoor het en in die hart van ‘n mens opgekom het nie, wat GOD berei het vir
diegene wat Hom liefhet. Ja, dit
wat ons nog nie in ons wildste drome kon sien nie, is reeds vir ons berei.
Die tergende vraag natuurlik is: dat
as GOD dan al hierdie dinge reeds vir ons berei het, waarom is dit dat meeste
Christene nie hierdie lewe en oorvloed belewe nie.
Sommige sê ja, hulle is wel geseënd
maar beslis nie tot in die mate wat Die Bybel hier uitstippel nie. As dit dus
so is soos wat dit hier staan, dan is daar beslis heelwat meer wat die HERE wil
hê dat ons moet besit.
Daarom moet daar redes voor wees as
ons nie hierdie Oorvloed in ons lewens het nie. Daar is moontlik drie,
dalk meer, redes hiervoor:
·
‘n Gebrek
aan Kennis Hosea 4:6 My volk gaan ten gronde weens ‘n
gebrek aan kennis. Mens kan dus nie iets hê of geniet as jy geen kennis
daaroor dra nie. So sal mens ook nie weet van die bestaan daarvan nie.
·
Die
versuim om die Wet van die Geloof korrek toe te pas.
Jakobus 4:2-3 …julle
het nie omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle
verkeerd bid.
Geloof en gebed is studies op hul eie en mens moet
noodgedwonge ‘n studie daarvan maak.
·
Geen
openbaring of ‘n gebrek aan begrip vir
die Vrees van die HERE.
Spreuke 19:23 Die
vrees (eerbied - ontsag) van die HERE is tot die lewe; en versadig bring ‘n
mens die nag deur, sonder om deur onheil besoek te word.
Vrees (eerbied) teenoor GOD is tot die lewe. Watter
lewe? Dit is die lewe waarvan Jesus, Paulus en Petrus gepraat het, die lewe in Oorvloed.
Wat beteken die vrees (eerbied) van die HERE nog? … om te haat wat slegs
is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat Ek.
– Spreuke 8:13.
As ons nie in die vrees (eerbied –
gesag) van die HERE wandel nie, dan gebeur die volgende:
Spreuke 1:28 Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie, hulle
sal My soek maar My nie nie. Hoekom nie? Omdat hulle die kennis gehaat
en die vrees van die HERE nie verkies het nie, vanm My raad nie wou weet nie,
al My teregwysings verag het.
Ons moet desperaat wees om die volheid, die Oorvloed
van Christus in ons lewens te wil ervaar. Ons moet in heilige ontsag en eerbied
(vrees) teenoor Hom lewe.
Oral in Suid-Afrika begin mense in
bidstondes bymekaar kom. Bybelstudiegroepe ontstaan in toenemende maat.
Huiskerke kom oral tot stand. Ons mense is besig om in die Oorvloed in
te beweeg, sodat hulle daaruit die Koningkryk van GOD kan uitbou.
Soos met die groot herlewing van 1859
en verder, kan ons nou ook begin verwag dat GOD op glorieryke wyse Homself
onder Sy kinders gaan manifesteer.
Sorg dat u deel word van die Oorvloed!