·
Is jou mandjie leeg?
Jy gooi die net aan die
verkeerde kant van die skuit uit!
IS
jou mandjie leeg? Is die mandjies in
jou gemeente leeg? Wil jy graag al die
mandjies vol sien? Dit is baie maklik,
gehoorsaam net die opdrag : Gee julle
vir hulle iets om te eet!
Twaalf dissipels het 5 000 man en hul
vroue en kinders met twee visse en vyf brode gevoed.
As die dissipels hul kop geskud het en
gesê het, hoe op dees aarde voed mens so baie mense met so ‘n bietjie kos, dan
sou daar niks gebeur het nie.
Toe die dissipels egter in die geloof
vorentoe beweeg en buk om die eerste van die visse en brode uit te deel, toe het God se vermenigvuldigende krag in werking getree.
Toe is van die vleeslike vlak na die
geestelike vlak beweeg! En die geheim
van die Lewe, tot ‘n ware Godvrugtige Lewe, die geestelike vlak. Dit is daar waar ons God se raadsplan vir
ons lewens leer ken.
Herders kry nie lammers nie, skape kry
lammers. Herders se taak is om die
skape op te pas en so te voed dat hulle selfs twee- en drielinge kan
voortbring!
Dit is dus nie die herder van die
gemeente se taak om die siele in te bring nie, maar die skape.
Jy werk te hard. Jy is te moeg om geestelike werk te
doen. Jesus en die dissipels was
ook. Hulle was juis na ‘n “verlate”
plek op pad om te gaan rus.
Die skare mense het daarvan uitgevind
en hulle voorgespring en ingewag.
Nogtans het Hy hulle ontvang, die
Koninkryk van God aan hulle verkondig en die siekes gesond gemaak.
Toe sê die dissipels aan Jesus : Stuur die skare weg sodat hulle vir hulle
voedsel kan gaan kry.
Terwyl Jesus met die skare besig was,
het die dissipels eenkant gesit en rus.
Dit is tog waarvoor hulle juis na dié verlate plek gekom het. Hulle het hulle mandjies leeg geëet.
Hulle wou van die skare ontslae raak
en vra dat Jesus die skare moet wegstuur, maar skielik gebeur die onverwagte,
‘n opdrag : Gee julle vir hulle iets om te eet!
Die dissipels was reg met ‘n
verskoning : Maar ons het nie meer as twee visse en vyf brode nie.
En, om hulle verder uit die opdrag los
te wikkel, voeg hulle by : Tensy ons vir hulle iets gaan koop. Dit sê hulle wel wetende dat dit onmoontlik
vir hulle sou wees om vir meer as 10 000 mense kos te gaan koop.
Dan die opdrag : Orde! Almal moet in groepe van 50 en 100 sit. Toe word die seën uitgespreek, daarna is die
kos uitgedeel en almal is gevoed.
Reg deur die Skrif gebruik God altyd
die min om die baie mee te doen. En Hy
sien om na die getroues, Hy maak hulle mandjies weer netjies vol.
As jy vandag kind van God is, dan kom
die opdrag ook aan jou : Gee jy vir hulle iets om te eet!
Los maar die verskonings van moeg
wees, van nie het om te gee nie, van nie genoeg kennis oor die Woord het nie,
nie geleerd is nie, nie ‘n slag met mense het nie. Los dit!
Jy is dan veronderstel om die groot
gebod van Liefde na te kom.
Jesus verwyt jou nie, watter
verskonings jy ook al sou hê. Hy gee
jou bloot die opdrag : Gee jy vir hulle
iets om te eet!
God belowe Hy voorsien aan ons in elke
behoefte. Hy gee altyd in oorvloed:
·
Sy
bloed wat aan die Kruis van Golgotha gestort het, is genoeg om die ganse
mensdom te red;
·
Aan
mens, plant en dier gee hy saad in oorvloed om te kan voortplant;
·
Ons
het selfs meer bloed in ons liggame as wat ons benodig en daarom kan ons bloed
skenk.
Ons kan ons
nooit doodwerk nie, daarvoor het ons meer as genoeg reserwekrag. God hou by Sy beloftes en gee aan ons alles
en baie, baie meer — solank ons gehoorsaam is aan die opdrag :
Gee julle vir hulle iets om te eet.
Jy hoef geen
belydenis te doen en te sê HERE ek is jammer, ek het U gefaal nie. God is te groot en te positief
daarvoor. Hy weet jou mandjie is
leeg. Hy sê vir jou hoe om dit weer vol
te kry : Gaan gee jy vir hulle iets om te eet!
Kyk na die
skrikwekkende statistiek oor verkragting, moord, ens. Daardie slagoffers het jou nodig.
Kom ons kyk weg
van die misdaadtoneel na ons eie toneel:
·
Ons
spandeer meer aan drank as aan behuising;
·
Meer
aan tabak as aan die Evangelie;
·
Meer
aan Lotto-kaartjies as aan die Evangelie;
·
Meer
op perdewedrenne as aan volkswelsyn;
·
Meer
tyd voor die TV en Internet as aan die armes.
Hou op om die net aan
die kansel-kant van die skuit uit te gooi.
Vaar uit na die diep waters en gooi die net aan die anderkant uit. Deur die net altyd aan die kansel-kant van
die skuit uit te gooi, sal julle niks vang nie.
Eseg. 3:18 “As Ek aan die goddelose sê : Jy sal sekerlik sterwe en jy (kind van God)
waarsku nie die goddelose nie, en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose
weg te waarsku nie, dan sal die goddelose deur sy ongeregtigheid sterwe, maar,
sy bloed sal van jou hand geeis word”
Daarby sê ‘n regverdige
God : “Maar, as jy die goddelose
waarsku, en hy hom nie van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy
ongeregtigheid sterwe, maar jy het jou siel gered.
Vaar dus uit na die diep
waters en gooi die net aan die anderkant van die skuit uit en die nette sal tot
barstens toe vol wees. Dit is vir
seker!