IN 2 Konings 5:1-27 vind ons die verhaal van Naaman. Naaman was ‘n
groot en vername man. Hy was:
<·
geëer deur sy
meester,
<·
geseën deur die
Vader, en
<·
beskou as ‘n man
vol dapperheid
` Een ding het egter teen
hom getel. Hy was melaats en melaatsheid is:
<·
‘n soort sonde,
<·
dit is vuil,
afstootlik, grusaam,
<·
dit skei mense
en ly tot skeiding tussen gelowiges en die Vader, en
<·
dit veroorsaak
‘n skeiding in die gemeenskap.
Daar is baie mense vandag wat as “goed”
bestempel word, terwyl hulle eintlik nog sondaars is. Hulle is:
·
getroue kerkgangers,
·
betaal hul tiendes getrou,
·
doen baie vir die minderbevoorregtes,
·
hulle is goed, maar nie goed genoeg nie, en
·
hulle is vol geregtigheid, maar kort God se geregtigheid.
Die meisietjie wat gevange geneem was,
het persoonlike berading gedoen. Sy:
·
kon gesê het “ek kan niks doen nie. Ek is ‘n gevangene”,
·
kon gesê het “ek
wens ek kan vir Jesus werk”,
·
kon gewonder het waarom sy nie ‘n roeping van die Vader
ontvang het nie,
·
kon gesê het dat sy in verkeerde geselskap is,
·
kon gemeen het dat sy die verkeerde werk het,
·
kon gemeen het dat sy ‘n mislukking is weens haar
omstandighede, en
·
nogtans het sy teenoor haar vyande getuig.
En dan vra mens jouself af: waar beweeg
ek en wat doen ek in die omstandighede waarin ek myself bevind, want:
·
Is ons bereid om vir ‘n vyand te bind,
·
vir ‘n vyand die hande op te lê,
·
gehoorsaam te wees aan Jesus se opdrag om die Evangelie
uit te dra,
·
te getuig in die omstandighede waarin ons, ons daagliks
bevind, en
·
te getuig ten spyte van kerkverband en kultuurgrense?
Die meisietjie het haar taak getrou
volvoer, Sy het:
·
veroorsaak dat ‘n hoofstuk in ‘n Bybelboek geskryf is,
·
sy het geweier om ontmoedig te word deur haar
omstandighede,
·
sy het haar plig gedoen, alhoewel niemand toegekyk het
nie,
·
sy het geweier om haarself te bejammer,
·
sy het geglo haar getuienis of taak sou beloon word,
·
sy het nie besef haar getuienis sou die ore van ‘n koning
bereik nie,
·
sy het bewys dat ‘n mens se getuienis resultate oplewer,
en
·
sy het geglo en ook gesien dat die Vader se Woord nie
leeg terugkeer nie.
Naaman was die enigste melaatse wat in
die land genees is:
·
maar, dit was nie die Vader se skuld dat ander nie ook
vertel was nie,
·
die Vader se Wil was en is vandag nog, dat elke gelowige
die meisietjie se voorbeeld sal navolg,
·
ander het dus nie hul lig laat skyn nie,
·
sommige het toegelaat dat omstandighede hul geestelike
lewe oorheers,
·
baie meer mense kon genees gewees het, as meer gelowiges
getuig het oor die Vader se wonderwerkende krag, en
·
vir sommiges was gesê dat siekte seëninge is.
Ongeneestelike metodes is gebruik om
genesing te bewerkstellig. Die koning van Sirië:
·
het ‘n amptelike brief aan die koning van Israel gestuur,
·
hy wou God aan tradisie vasbind,
·
hy het geld gestuur om Naaman se genesing te koop,
·
hy het boonop die verkeerde man gestuur,
·
hy het nie geweet dat die Geestelike dinge deur die Gees
bewerkstellig word nie,
·
Sy hart was nie reg teenoor God nie (Handelinge 8:21), en
·
hy was in ‘n dal van bitterheid en in die bande van
ongeregtigheid (Handelinge 8:23).
Naaman wou met alle mag sy genesing
bekom:
·
hy het gedink Elisa sal sy hande op sy kop lê en hom
genees,
·
hy het gedink hy kon vir sy genesing betaal,
·
hy wou sy genesing deur geregtigheid verdien, en
·
hy het gemeen sy naam en stand in die lewe verdien ‘n
spesiale diens.
Naaman was baie teleurgesteld en word
toe krities. Hy:
·
openbaar ‘n
kritiese gees,
·
dat hy nie die aangename man is wat so baie mense gedink
het hy is nie,
·
hy het gemeen dat hy mishandel was, dat daar teen hom
gediskrimineer is,
·
hy het heelwaarskynlik ook gemeen Elisa se optrede het
hom van kosbare werkstyd beroof, en
·
Naaman was gewoond daaraan om voorkeur te geniet want sy
tyd was kosbaar.
Naaman sou heelwaarskynlik voor sy tyd
gesterf het, as hy nie betyds geleer het:
·
dat God nie altyd op die grondslag van tradisie werk nie,
·
dat God bereid was om Hom op ‘n besondere manier te
genees, en
·
dat hy eers sy hart met God moes regkry.
Naaman het eers sy genesing gekry:
·
toe hy besef dit baat nie om op sy eie werke en
geregtigheid te steun nie,
·
toe hy besef dat hy op God moet vertrou en nie op sy eie
goeie naam nie,
·
toe hy besef dat dit God se krag was wat die werk moes
doen en dat hy niks in eie krag kan vermag nie,
·
toe hy besef dat God hom nie om sy goeie werke,
reputasie, goeie naam of roem nie, en
·
toe hy besef dat kinderlike geloof hom sou deurdra.
Wanneer ons kyk na die maniere waarop mense in Bybelse
tye genees is, dan vind ons:
<·
dat 90% sonder
handoplegging genees is,
<·
dat 95% sonder
aanwending van olie genees is,
<·
dat hulle sonder
lang gebede genees is, en in die meeste gevalle onmiddellik,
<·
dat tradisie en
rituele verbreek is,
<·
dat genesing
gekom het op maniere wat die mense dit hoegenaamd nie verwag het nie, en
<·
die Gees van God
was nooit deur ‘n besondere metode of patroon gebind nie.
Soms moet meer as een gawe in werking
tree om genesing te bewerkstellig:
>·
‘n bediener van
die Woord het soms die gawe van wysheid nodig om die gawe van kennis te kan
toepas,
>·
die gawe van
geloof moet eers in werking wees voordat die gawe van gesondmaking in werking
kan tree,
>·
Petrus had die
gawe van onderskeiding in die geval van die towenaar Simon, wat genesing
verlang het,
>·
in Naaman se
geval het Elisa die woord of gawe van onderskeiding en wysheid openbaar, en
>·
Naaman kon ook
net genees word as hy gehoorsaam was.
Elisa was gehoorsaam aan die Stem van
God. Hy het geweet:
<·
Dat as Naaman
ses keer in die rivier sou doop, hy nie sou genees nie. Dit moes sewe keer
gedoen word,
<·
Dat as Naaman
sewe keer in ‘n ander rivier homself gaan doop het, hy ook nie sou genees nie,
<·
God se Wil is
nie die van die mens nie. Die mens wik, maar inderdaad, God beskik,
<·
volle
gehoorsaamheid was al wat Naaman kon genees, en
<·
Naaman se trots
moes eers in nederigheid omskep word voordat hy genees kon word.
God kyk in die mens se hart. God het
geweet:
>·
Dat hy wat God
is, nie die eer sou kry as Elisa sy hande op Naaman gelê het nie,
>·
Baie mense sal
sou ewe maklik na ‘n toordokter as na ‘n bedienaar van die Woord gaan,
>·
Naaman moes op
die genade van God, en nie die genade van die mens vertrou nie,
>·
God sal nooit
die eer wat Hom toekom met ‘n ander deel nie,
>·
Naaman wou
genees word soos dit met ander mense gebeur, en
>·
dit kos meestal
meer as net die vra om gebedsgenesing om genesing te verkry, en
>·
God is alwys.
Mense
wat Naaman se optrede openbaar, beweeg op die vleeslike in plaas van die
geestelike vlak:
>·
met die verstand
probeer hulle Goddelike genesing en God se wonderwerkende krag uitwerk,
>·
hulle sou
redeneer dat as water kan red en genees, dan kan ek dit in my eie kerk laat
doen,
>·
hulle wil
hulself leer hoe om die dinge van God te gebruik,
>·
hulle wil hul
eie kerk se norme en rituele handhaaf, eerder as die van die Vader,
>·
hulle beweer
hulle moet in olie, handoplegging, ens. Glo,
>·
hulle moet agter
genesingsdienste of ‘n genesingsdoekie aangaan, en
>·
hulle meen hulle
moet hul eie pad deurwerk op en eie
meriete staatmaak.
Hoe sal ons dan weet wat die Vader se
wil vir ons is?
Wel, dis eintlik maklik. Vertrou op die Vader vir die
antwoord en kort voor lank sal mens weet dat jy weet!
Soos ‘n skip wat ‘n hawe in ‘n donker nag moet
binnevaar, so sal al die liggies aankom en mens sal weet dat jy weet dat jy in
Sy wil is.
Ons eie denke moet ons uit die pad uitkry, ons sake
met die Vader en met ons naaste in orde kry en die Vader vertrou. Hy is en bly
‘n waarmaker van Sy Woord.
Naaman het sy volmaakte genesing ontvang toe hy ontdek
dat:
<·
hy eers soos ‘n
kind moet word,
<·
dat hy
gehoorsaam moet wees en wel in die betrokke rivier nie meer en nie minder nie
as sewe keer homself moes doop,
<·
toe hy insien
dat hy nie genesing kon koop nie, hy kon dit nie verdien nie, nie daarvoor werk
nie, hy kon dit ook nie op meriete bekom nie,
<·
toe hy insien
dat hy hulpeloos voor God staan,
<·
toe hy soos ‘n
kind die eenvoudige dinge begin glo en aanvaar,
<·
toe hy insien
dat God sy medewerkers gebruik om aan
ander opdragte te gee, en
<·
dat mens nie God
se weë met die verstand beredeneer nie.
Mense wat genesing vir hul gees en
liggaam verlang, moet besef dat:
<·
God is almagtig
en baie groter as ‘n genesingsdiens,
<·
God se hande
baie verder ryk as die van ‘n prediker,
<·
God kan duisend
mense net so maklik soos een mens genees, en
<·
Mense moenie wag
om elkeen afsonderlik voor gebid te word nie.