Gee Julle vir hulle iets

om te eet

 

Kom, word deel van God se

vermenigvuldende Krag

 

 

Gered om te Dien

 

ONS is nie gered om Hemel toe te gaan nie. Ons is gered om te dien. Lukas 17 verse 7 tot 10 lees: En wie is daar van julle wat n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld af, vir hom sal s� Kom dadelik hier aan tafel?

Sal hy nie eerder vir hom s�nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat � ge�t het; en daarna kan jy eet en drink?

Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.

So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, s�dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.

Hierdie plig waarvan hy praat, l�in die volgende opgesluit: Dat ons die Vader se insettinge en verordeninge moet onderhou, en dat ons Sy Koninkryk bou deur siele vir Hom in te samel.

Herders leraars kry nie lammers nie. Die Herders moet die skape so voed dat die skape kan lam, ja, sommer twee- en drielinge, binne seisoen en buite seisoen, tydig en ontydig.

Ons staan onder verpligting. Ons het geen keuse nie. Al kom ons moeg na ons dagtaak by die huis aan, moet ons onsself omgord en eers die Meester bedien. Eers dan kan ons gaan sit en eet en ontspan.

Ons is verder onder verpligting want, die Here s�in Esegi� 3 vers 18: As Ek aan die godlose s� Jy sal sekerlik sterwe en jy kind van die Vader waarsku nie die goddelose nie, en spreek nie om die goddelose vir sy godlose weg te waarsku nie, dan sal die godlose deur sy ongeregtigheid sterwe, maar sy bloed sal van jou hand geeis word. Hoe verskriklik tog!

Maar God is regverdig en Hy voeg by: Maar as jy die godlose waarsku, en hy hom nie van sy godlose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe, maar jy het jou siel gered.

Dis hoe regverdig die Vader is!

Dit is of eenkant toe of anderkant toe. Die Bybel maak geen plek vir kompromie�nie. Vir huigelaars en geveinsdes is daar nie plek in hierdie arena nie.

Tot nog toe het ons altyd die net aan die een kant, die van die preekstoel, uitgegooi en hierdie hele lange nag niks gevang nie.

Daar was na die predikant opgesien as die een wat die gemeente moet bou. Daar was verwag dat hy man-alleen die strate en pleine moes bewandel en siele moes inbring.

As ons as gereddes, as vistermanne, nou uitvaar na die diepkant die wye w�eld in en die net aan die anderkant van die skuit uitgooi, gaan ons nette en nogmaals nette vol vis uittrek, want dan vervul ons die Vader se opdrag, Sy strategie, en nie ons plannetjies nie.

U het nie n graad of diploma in teologie nodig om u plig te kan nakom nie. Die Vader het ges� Voed My skape. Hy het nie ges� Voed my kameelperde nie. Hy s�ook: Selfs n Kind sal die Blye Boodskap verstaan.

Die Heilsboodskap en die verlossing se werkinge l�in eenvoud en Gees.

In Lukas 9 vanaf verse 10 tot 17, lees ons dat Jesus Christus na n verlate plek sou gaan sodat daar n slag gerus kon word. n Skare mense vind egter daarvan uit en sorg dat hulle Jesus en die dissipels inwag.

Ai, en met deernis kry Hy die skare jammer en Hy ontvang hulle, Hy verkondig die Koninkryk van die Vader aan hulle en Hy maak die siekes gesond.

Skielik gebeur die totaal onverwagte. Jesus kom agter dat die skare honger is en hy gee opdrag aan die dissipels: Gee julle vir hulle iets om te eet!

Die verskoning was byderhand: Maar ons het nie meer as twee brode en vyf vissies nie.

Hulle regverdig hul saak verder deur by te voeg: Tensy ons vir hulle iets gaan koop.

Dit s�hulle, welwetende dit sou n nog groter onmoontlikheid gewees het om kos vir sowat tien duisend mense te gaan koop het.

Maar, terwyl die dissipels op die menslike vlak beweeg, beweeg Jesus op die geestelike vlak: Opdrag word gegee dat die mense almal ordelik in groepe sal sit, dat daar administrasie en dissipline sal wees, dat n werksprogram saamgestel word en dat daar eendragtigheid en spanwerk sal wees.

Die se� word uitgespreek en 12-man voed vyf duisend mans, hul vroue en kinders. Na raming is minstens tien duisend mense is gevoed.

Maar, as die12 dissipels net daar in ongeloof bly staan het en ges�het: Maar dis tog onmoontlik, ons voel soos arme drommels, hoe op aarde kan ons hierdie massa mense met hierdie paar broodjies en vissies voed?

Waarom het hulle dan positief gereageer en die kos begin uitdeel? Eenvoudig. Hulle het hulle fout besef en van die menslike vlak na die geestelike vlak beweeg.

Dit is ook ons probleem. Ons verstand is in die pad. Ons probeer die geestelike dinge met ons verstand beredeneer, en dis onmoontlik. Die verhaal leer ons juis dat met die min waaroor ons dalk beskik, ons ook menigtes kan voed. Is dit nie wonderlik nie!

Die dissipels het die eerste tre�gestap na die eerste ry mense. Dit was n stap in die geloof.

Toe hulle afbuig om die eerstes te begin bedien, het die Almagtige Vader se Almag en wonderbare vermenigvuldende krag in werking getree. En almal is gevoed. En boonop het 12 mandjies brokstukke oorgebly.

Nou is die opdrag ook aan ons: Gee julle vir hulle iets om te eet!

Dis nie n versoek nie. Dis n opdrag.

En ons moet dit noodwendig uitvoer!

In die verlede het ons telkens die net aan die verkeerde kant van die skuit uitgegooi. Ons het besef die massas is honger, en dan het ons iets vir hulle gaan koop. Ons het spesiale dienste gere� en evangeliste ingevoer. Ons was bereid om geld te gee solank ons net nie self betrokke hoef te raak nie.

Die Vader veroordeel ons nie hieroor nie. Al wat Hy s�is, hy hou by Sy oorspronklike opdrag: Gee JULLE vir hulle iets om te eet!

In Mattheus 6 verse 25 tot 34, s�die Vader: Daarom s�ek vir julle: Moenie julle kwel; oor julle lewe wat julle sal eet of wat julle sal drink nie. Is die lewe nie meer as voedsel en die liggaam meer as klere nie?

Kyk na die vo�s van die Hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed hul Hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?

En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei. Hulle arbeid nie en hulle spin nie. Ek s�vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.

As die Vader die gras van die veld, wat vandag daar is en more in n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle kleingelowiges?

Daarom moet julle jul nie kwel nie en s� Wat sal ons eet, of wat sal ons drink of wat sal ons aantrek nie?

Want na al hierdie dinge soek die heidene, want julle Hemelse Vader w�t, dat julle hierdie dinge nodig het.

Maar, soek eers die Koninkryk van God die Vader en Sy geregtigheid, en, al hierdie dinge sal vir julle gegee word.

Kwel julle dus nie oor more nie, want more sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad.

Ons is oneerlik. Ons s ons is Christene, kinders van die Vader, maar ons vertrou Hom nie. Ons glo Hom nie. Ons neem Hom nie op Sy Woord nie. Maar ons verwag dat Hy gedurigdeur vir ons moet instaan, mens wil byna s� regstaan.

En net daar mis ons weer die doel want Jesus s�self: As julle My voor die mense bely, (eers) dan sal Ek julle by My Vader bely. Skitterend!

Die Bybel leer verder dat ons alleen kan ontvang wanneer ons gee. Dit is ook die ongeskrewe wet van ons dag, ons kan niks bekom sonder dat ons gee nie.

Daarom, kom ons gee vir hulle iets om te eet, en die Vader s� Hy sal in alles vir ons voorsien. En, Hy sal nie net in ons behoeftes voorsien nie, hy gee inderdaad aan ons in oorvloed!

Die Vader gee altyd in oorvloed. Die bloed wat aan die Kruis gestort was, is meer as genoeg om die hele mensdom te red.

Wanneer ons na voortplantingsaad by mens, dier, vis, planteryk en vo� kyk, dan vind ons daar is miljoene meer saad as wat nodig is vir voortplanting.

In ons eie liggaam het ons ook n oorvloed aan bloed. Dit is waarom ons so maklik bloed kan skenk.

Ons kan onsself nooit dood werk nie, daarvoor het ons meer as genoeg reserwekrag.

Die Vader gee aan ons alles en baie, baie meer, solank ons die opdrag uitvoer: Gee julle vir hulle iets om te eet!

Ons hoef nie belydenis te doen en te s�Vader ek is jammer ek staan hier met n le�mandjie nie. Die Vader veroordeel ons ook nie. Al wat Hy by herhaling s� is: Gee julle vir hulle iets om te eet.

Los al jou praatjies: Gee vir hulle iets om te eet!

Hierdie boek word geskryf as n handleiding om u te help om die opdrag uit te voer: Gee julle vir hulle iets om te eet!

U word uitgedaag: Op grond waarvan kan ons verklaar dat ons Christene is, as die Vader nooit aktief in ons lewens sigbaar is nie?

In Rusland, toe daar nog openlike vervolging van Christene was, het Russiese soldate een aand n vrou langs die pad voorgekeer. Hulle wou weet waarheen sy op pad was. Sy het geantwoord: My oudste broer is dood en ons gaan vanaand Sy Testament lees.

Sy was reg. Dit is inderdaad n Testament. Ons mag eendag te sterwe kom, maar ons testamente sal lewendig wees en van krag wees en mense sal elke woord daarin moet eerbiedig.

Ons laat ook testamente na, net soos wat Jesus vir ons n Testament nagelaat het. n Testament is n lewende woord en word in die hoogste hof assulks aanvaar.

En, net soos ons testamente, het Jesus se Testament ook vele beloftes in van wat ons alles ge�f het, tesame natuurlik met voorwaardes, soos bv: :Wanneer julle bid, verg�f as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die Hemel is, ook julle jul oortredinge mag vergewe, maar, as julle ni�vergewe nie, sal julle Vader wat in die Hemel is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

Gaan lees gerus weer die bekende Onse Vader en let op na die verse net daarna waarin verduidelik word dat mens die Onse Vader duisend keer kan bid sonder dat dit enigsins verhoor sal word, as jy nie jou skuldenaars vergewe het nie. Dan mors ons ons tyd. Dan bid ons teen die plafon vas.

As ons in sulke toestande by die Nagmaaltafel aansit, dan drink ons n oordeel oor onsself!

Daar is egter n ander baie belangrike aspek om op te let: Al s�n testament dat ons sekere goed ge�f het, en al vertel ons vir al ons vriende van wat ons ge�f het, sal ons niks besit, as ons dit nie letterlik gaan opeis nie.

Dieselfde met die beloftes in Jesus se Testament. Ons kan daardie salwing van die Heilige Gees, daardie krag, daardie gawes, net ontvang as ons dit gaan opeis. Dis vir ons almal as kinders van die Vader gegee, maar ons moet dit in ontvangs gaan neem.

Markus 16:17 lees dat sekere tekens ons sal volg wanneer ons glo! Om die manifestasie van die betrokke tekens te kan beleef, moet ons glo! Ons erf dus hierdie betrokke tekens en die voorwaarde is (bloot) dat ons sal glo!

En wanneer ons glo, dan sal ons in nuwe tale spreek, dan sal ons duiwels uitdryf, dat sal ons die hande op die siekes l�en hulle sal genees, dan sal geen onheil ons skade kan berokken nie, ens.

Die Vader s�Hy is n waarmaker van Sy Woord. Waarom neem ons Hom dan nie op Sy Woord nie?

Weet u hoekom nie? Want ons het self lank nie meer n woord van eer nie! Ons weet nie meer wat n woord van eer is nie. Ons besef nie dat iemand se woord van eer presies dieselfde is as om n geskrewe kontrak te onderteken nie. Ons belowe nou n ding en more verander ons sommer weer ons storie.

En dit terwyl die Bybel leer: Jy moet (ten alle koste) jou woord gestand doen en jy mag nie later s dat jy jou misgis het nie! Pred. 5:3-5.

Verootmoedig uself in grootse nederigheid voor die aangesig van die Vader. Keer terug na Sy we�

Wees versigtig: Daar is n verskil daarin om nederig te wees en om jouself te verkleineer. Om jouself te verkleineer is n sonde.

Daar staan male sonder tal: Vrees die Here! En nou is daar mense wat in vrees en bewing voor die Vader lewe, en dit terwyl Hy ons nie n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar n gees van krag en liefde en selfbeheersing. (11 Tim. 1:7). Verander die woord vrees na respekteer en u sal die korrekte persepsie h�

Hy belowe: As jy jou sonde bely, dan is Ek getrou en regverdig om jou sonde te vergewe en (boonop) jou van alle ongeregtigheid te reinig! Wanneer? Nou, dadelik, nog voordat u verder lees

Die Lydingsdoop

 

Voordat ons verder kan gaan, moet ons eers die sonde van ons tyd, wanpersepsies, aanspreek. Ons kyk hier weer na die menslike vlak en die geestelike vlak.

Die menslike vlak s� Verset, weerstand, veg, ja, selfs oorlog. Die geestelike vlak bied egter n heel ander prentjie.

Die Bybel leer dat niemand die Christendom enige skade kan berokken nie. Die Christendom kan net homself skade berokken deur verkeerd op tree op aanvalle teen hom.

Dit is Skriftuurlik dat die Christendom die gesag wat oor hom gestel is, sal erken en hom sal onderwerp aan daardie gesag.

Die Liggaam se lojaliteit aan Christus word juis gekenmerk aan sy Skriftuurlike gehoorsaamheid om byvoorbeeld die gesag van die Staat te erken en hom as Liggaam aan daardie gesag te onderwerp, al sou daardie Staat selfs Kommunisties van aard wees!

Kortom, dit gaan hier om een van die mees miskende dope van Die Bybel, die lydingsdoop.

Onder die tussenhoof "Pligte van Christelike Diensknegte" in 1 Petrus 2:18, staan: "Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed doen en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is."

Vers 19: "Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete, leed verdra, deur onregverdig te ly."

Vers 20: "Want watter roem is daar wanneer julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly dit is genade by God."

Vers 21: "Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle Sy voetstappe kan navolg."

Vers 20 s�duidelik dat dit 'n sonde is om nie die Owerheid se gesag te erken nie. En al sou die Owerheid verkeerd wees, en die Christen as gevolg daarvan skade ly, dan moet die Christen dit nogtans aanvaar en ly.

Die Christendom word juis gesuiwer deur middel van die lydingsdoop. Om die lydingsdoop deur te gaan is 'n roeping(!) want, s�die Skrif: "Hiertoe is julle geroep!

Vanaf vers 21 lees ons dat Christus ook onregverdig gely het. Ons lees te meer nog dat Christus selfs (boonop) sonder sonde was. Ons wat dan sonde doen, hoeveel te meer moet ons nie die roeping van die lydingsdoop waardig wees nie? Die lydings-doop bewerk ware verlossing, bevryding.

In Suid-Afrika bevind ons onsself in 'n demokrasie waar vryheid van spraak deel van die Grondwet uitmaak. Dit is dus heeltemal binne orde om op Christelike toon, diplomaties en taktvol aan die Owerheid te s�dat ons met hom verskil en waarom.

As die Owerheid egter voet by stuk hou en nogtans "ongewenste" wetgewing en optredes deurvoer, dan is ons geroep(!) om dit te aanvaar, al maak dit ook hoe seer. Die Liggaam, ook genoem die Kerk, mag dus die Staat tereg wys, vermaan, maar hy durf nie die Staat teengaan nie.

Hierdie besondere roeping, die lydingsdoop, is 'n voorbeeld wat Christus aan Sy Liggaam nagelaat het en God verwag van ons om Christus se voetstappe na te volg.

Het die grootste se� in die w�eld die verlossing en versoening bewerk deur Jesus Christus dan nie gekom juis vanwe�die grootste onregverdige lyding nie?

Christus het selfs 'n verraaier in Sy midde gehad. Hy het geweet wie die verraaier is, maar Hy het die man nooit gekonfronteer nie.

Inteendeel, Christus het die verraaier geignoreer, en Sy aandag by Sy eie missie om die wil van Sy Vader te volbring bepaal, en geslaag!

Hy is sonder verset, sonder wraak, sonder teenstem, deur die lydingsdoop. En, wat 'n fantastiese oorwinning was dit nie! Die beker is nie by hom verby nie. Hy moes dit ledig.

Die Christendom het ook 'n missie om die wil van die Vader te volbring. Dis waar ons aandag hoort.

Lees maar die drie boeke van Johannes en sien self waar skiet ons te kort. Ons het nog nie eers die Liefde onder mekaar volbring nie.

Die Christen, of dan die Liggaam, het sekere roepinge om op aarde te vervul: Die uitdra van die Evangelie van Jesus Christus en dit wat daarmee saamgaan soos byvoorbeeld barmhartigheidswerk, liefde, die dra van mekaar se laste, bid vir mekaar, ens., en ten tweede om die suiweringsproses, die lydingsdoop, deur te gaan, want, wanneer Christus kom, kom hy om Sy Bruid te haal, 'n Bruid wat sonder vlek of rimpel sal (moet) wees.

Wanneer die Here s� Ter wille van My naam sal julle vervolg word, dan is dit nie 'n waarskuwing nie, maar 'n belofte!

Dieselfde geld wanneer die Here s� In die w�eld sal julle verdrukking h� maar hou goeie moed, Ek het die w�eld oorwin.

Die geestelike lewe, die lewe in Christus, is beslis die interessantste wat enigeen ooit kan beleef.

Hoor wat s�die Here in Openbaring 8 -11: En sal God nie Sy uitverkorenes wreek wat dag en nag na Hom roep nie?

Natuurlik! Let op hoe duidelik die Skrif dit stel wanneer die Staat, of watter gesag ook al, onregverdig teenoor die gelowiges optree.

Dit is dan wanneer God aan die Staat, of watter gesag ook al vyandig teenoor die Liggaam van Christus staan, s� "Vir sovele soos julle dit aan die geringste van My doen, doen julle dit aan My." Matt. 25:45.

En aan die een wat die lyding deurloop, s�die Here: Onthou, aan My kom die wraak toe. Ek sal vergeld."

Verder s�die Here: "Bid vir julle gesag sodat julle in vrede kan lewe." Hoop vurige kole op sy hoof op. Rom: 12:20.

Wanneer die Christen te na gekom word, of vervolg word, durf hy dit nooit in 'n negatiewe lig sien nie, maar eerder as 'n besondere se�, 'n toets van Bo, en ons moet sekermaak dat ons die toets slaag.

Dit is seker die vernaamste wyse waarop die Here sy Liggaam hier op aarde suiwer.

Titus 3:1-2 lees: "Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk; om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys."

'n Verdere interessantheid vind ons in Gen. 15:13 "Daarop s�God vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word, vier honderd jaar lank."

Dis God self wat so besluit het, al klink dit ook hoe verskriklik. Sou ons 400 jaar se verdrukking kon deurstaan, boonop deur diensbaar te wees en deur toe te laat dat ons verdruk word deur 'n vreemde owerheid?

Maar vers 14 is 'n juweel, wanneer die Here s� "Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie die volk diensbaar moet wees...."

Die een oomblik stel die Here 'n vyandige Volk oor Sy eie Volk aan, aan wie Sy Volk noodgedwonge diensbaar moet wees, maar die volgende oomblik s�die Here aan die vyandige volk: Pasop hoe julle My Volk behandel, want Ek sal daardie nasie wat Ek oor My Volk aangestel het, oordeel!

Kan u nou verstaan dat God deurentyd in beheer van sake is?

Daarom, niemand kan die kind van God, God se Volk, enige skade berokken nie. Die Christen kan net homself skade berokken deur met die verkeerde reaksie te kom op die aanvalle of verdrukking teen hom. Verstaan u nou wat dit beteken om die ander wang te draai?

In Rigters 6:1 s�God aan Gideon: Maar, toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die o�van die Here, het die Here die kinders van Israel OORGEGEE in die hand van die Midianiete sewe jaar lank!

Sewe jaar lank! Dis mos nie nodig om langer vrae te vra nie. Ons eie situasie moet vir ons mos nou meer duidelik wees as ooit te vore.

Dit lei geen twyfel nie. Die Christen moet hom onderwerp aan die Owerheid wat oor hom aangestel is.

So, loof die Here, bid vir die owerheid, dien die Here. Alles is nog lank nie verlore nie. Dit lyk maar net so.

Die prentjie word verder ingekleur wanneer God ons verbied om te vergeld. God s�dat Hy 'n jaloerse God is en dat die wraak Hom (alleen) toekom.

Met ander woorde, terwyl ons wraak wil neem met allerlei verset en optredes, staan God terug, want ons probeer doen wat God s�sy eksklusiewe reg is. Die Christen moet sy verstand afskakel sodat hy kan hoor wat die Gees van God aan hom wil s�

Wanneer die Here s�dat Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit 'n opdrag wat eenvoudig uitgevoer moet(!) word, al is dit ook hoe moeilik. As daar nie vrede in die land is nie, dan is dit heelwaarskynlik omdat die Liggaam nie vir die regering bid nie.

Die Here is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: "Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil."

Die nuwe vertaling lees: "Die Here kan 'n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in 'n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil! Skitterend!

So, kom maar gerus u plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar hulle is in beheer.

Luister wat s�Psalm 149 oor Lofgesang en Oorlogswaard:

 

Halleluja! Sing tot eer van die Here n nuwe lied,

Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

Laat Israel hom verheug in sy Maker;

Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!

Laat hulle Sy naam loof in koordans,

Hom psalm sing met tamboeryn en siter.

Want die Here het n welbehae in Sy volk;

Hy versier die ootmoediges met heil.

Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;

Laat hulle jubel op hul bedde.

Lofverheffinge van God is in hulle keel,

en n tweesnydende swaard in hulle hand;

Hoekom?

om wraak te oefen onder die heidene,

strafgerigte onder die volke;

om hulle konings met kettings te bind

en hulle edeles met ysterboeie;

om n vonnis wat opgeskrywe is,

aan hulle te voltrek.

n Eer is dit vir Sy gunsgenote!

Halleluja!

Dus, nie deur krag of geweld nie, maar deur lofprysinge aan die God van ons heil. Lofprysinge is n tweesnydende swaard: Terwyl ons God loof, oefen ons ook wraak uit onder die heidene, strafgerigte onder die volke, om hulle konings in kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie Waarom? Om n vonnis te voltrek wat reeds opgeskrywe is!

Dit moet onthou word: Terwyl die Liggaam van Christus onregverdig ly, is die hoeksteen van God se heerskappy op aarde, juis Sy onbeperkte en onverskrokke geregtigheid.

Die morele wet is so onveranderlik soos die natuurlike wette: Wat die mens saai sal hy maai. Gal. 6:7.

Net soos die Wet op swaartekrag nie verbreek kan word nie, net so kan die wette, verordeninge en insettinge van God, ook nie verbreek word nie. Die een wat hier oortree, bring 'n oordeel oor homself. Onthou Sy waarskuwing: Dis vreeslik om te val in die hande van die Lewende God!

Dit beteken, ons moet ook uiters versigtig wees hoe ons teenoor mekaar optree.

Ons dink altyd verootmoediging gaan oor ons sondes teenoor die Here, maar om dit te bely is nie genoeg nie. Ons moet ook ons misdade wat ons teen mekaar gepleeg het, bely. Kyk na die volgende: 1 Petrus 3: 8-9.

Wees almal eensgesind, medelydend, VOL Broederliefde, en ontferming,

vriendelik. Vergeld geen kwaad vir kwaad of skelwoord met skelwoorde nie...... maar INTEENDEEL.... Se� mekaar!

Waarom? Want hiertoe is julle G E R O E P!!!

Hoekom? OM SE� TE KAN BE�WE!

Ons mis ons ROEPING. Ons is GEROEP om mekaar te SE�. Omdat ons, ons roeping mis, daarom is ons nie eensgesind nie, nie medelydend nie, nie VOL Broederliefde nie, ontferm ons, ons nie oor mekaar nie, is ons nie vriendelik nie. Bid ons nie vir mekaar nie, dra ons nie mekaar se laste nie.

Inderdaad is ons gedurig besig om in een of ander vorm kwaad met kwaad te vergeld, en maak ons, ons skuldig daaraan om skelwoord met skelwoorde te vergeld.

Ons MIS ons ROEPING. Dis 'n SONDE. Dit vra om diepe verootmoediging teenoor God, maar groter nog, teenoor MEKAAR!

Ons kan nie se� be�we nie, want ons se� nie mekaar nie. Wanneer het een van ons ooit 'n ander gese�? Ons doen dit nie.

Ons beroof onsself van se�inge. Ons beroof mekaar van eensgesindheid, van medelye, van ontferming, van volle broederliefde, van vriendelikheid. Ons is slagoffers van ons eie optrede.

Daarom, verootmoediging teenoor God moet geskied, maar ons moet ook ons saak met mekaar regmaak en dit reghou.

Ons mis ons ROEPING!

Ons mag nooit as kinders van die Here in konflik teenoor mekaar staan. Die Liggaam en die Staat, die Christen en sy gesag, mag ook nooit in konflik teenoor mekaar staan nie.

Die Christen vergeet so maklik, maar dit is noodsaaklik dat die Liggaam, bewus bly van die Vader se regverdigheid en geregtigheid, want so verseker 'n mens dat jy nooit in die versoeking kom om self te wil vergeld nie.

Ons moet versigtig wees dat ons nie ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis nie.

In plaas van vergelding, moet die Christen eerder bid: "Vader, vergewe hulle want hulle weet (tog) nie wat hulle doen nie." Dan gryp God in!

Vir die Christene om teen die Staat op te tree, is dieselfde as om die Staat by die Satan aan te kla. Daar sal nie 'n verhoor wees nie.

As die Christen God se hand in beweging wil sien kom, begin dan onder andere bid vir die Owerhede.

Ons moet God meer gehoorsaam wees as die mens. God s�aan die een wat Sy kind mishandel: Vir sovele soos wat hulle dit aan die geringste van My doen, doen hulle dit aan My, en onthou, My kom die wraak toe, Ek sal vergelde s�die Here.

Twyfel u nog? Rom. 13: vanaf vers 1 lees:

"Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel.

" sodat hy wat hom teen die mag van God versit, die instelling van God weerstaan; en diegene wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.

"want die Owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte......."

As mens jou dus verset teen die owerhede wat oor jou aangestel is, dan sondig jy teen die Here, want die Here is in beheer van daardie owerheid.

Laat ons dus voortgaan om die Here te behaag deur alles wat ons s�en doen, Hom te verheerlik. Kom ons onderhou weer Sy insettinge, Sy verordeninge. Kom ons verbly die hart van die Here.

Ons sal onsself nie net voor God moet verootmoedig nie, maar ons sal ook moet terugkeer na ons eerste liefde:

"Jy moet die Here jou God liefh�met jou hele hart, en met jou hele siel en met jou hele verstand en uit jou hele krag, en jou naaste (mekaar) soos jouself".

Die liefde wat onder ons moet heers, is net nie langer daar nie. Ons eerste liefde het verflou. Ons het kragteloos geword, soos sout wat laf geword het.

Die strafgerig is egter nie daar om ons te vernietig nie, maar juis om ons terug te kry op die plek waar ons hoort.

Met menslike liefde sal ons nie kan slaag nie. Petrus kon ook nie.

Toe Christus Goddelike (Agape) liefde bedoel het, het Petrus menslike (fileo) liefde verstaan. Daarom dat hy so maklik ges�het: Ja Here U weet ek het U lief.

Toe die toets kom, moes hy in trane na die gekraai van die haan luister.

Daar is diegene wat redeneer dat ons nie geroep is om te ly nie, maar om te oorwin. Feit is dat ons in Christus Jesus reeds oorwin het. Deur onreg te ly is deel van die oorwinning.

En as die regerende gesag ons sou verbied om die Bybel te lees en die Vader te aanbid, dan moet ons die Vader meer gehoorsaam wees as die mens. Dan gaan ons voort om die Bybel te lees en die Vader te aanbid, en, as ons as gevolg daarvan deur die regerende gesag gestraf sou word, dan is dit bloot deel van die lydingsdoop.

Mag hierdie skrywe 'n ewewig, 'n korrekte persepsie, 'n nuwe visie, nuwe moed, 'n nuwe ywer, in die midde van ons mense plaas.

Laat die Liefde heers!

 

Toerusting van God aan Sy Medewerkers

 

Ons is nie gered om Hemel toe te gaan nie, ons is gered om die Koninkryk van God te bou. Daar is diegene wat beweer dat hierdie taak uitsluitlik aan die herders van gemeentes opgedra is. Nee, elkeen van ons is geroep tot diensbaarheid.

Daarom is daar ook aan elkeen van ons toerusting gegee om die taak mee te verrig. Predikante is niks meer as voltydse ouderlinge nie.

Daar staan ook nie geskryf dat ons geboue moet oprig, dit Liggaame moet noem en dan daar binne moet bidure hou waarin ons bid en smeek: Here, stuur die siele in, nie.

Die opdrag is elke keer dat daar uitgegaan moet word om die siele in te bring, uit te vaar na die diep kant van die lewe toe en nette der nette vol in te bring.

"Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die Woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het." (Markus 16:20)

"Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle." (Johannes 20:21)

Die Bybel leer dat die Vader die wedergeborene as 'n werkende vennoot in Sy planne en werke beskou. God en Abraham tesame het 'n groot "nasie" (Israel) geskep. God en Moses het saamgespan om vir ons die Tien Gebooie te gee wat die grondslag van alle siviele en sedelike wette vandag is. Dit is deur God en Moses tot stand gebring.

Jesus self was 'n vennoot van die Vader in die werk van verlossing. Hy s� "Het u nie geweet dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?" (Lukas 2:49).

Paulus, die ywerige en bekwame sendeling, versoek alle Christene om te onthou dat ons gered is om te dien. "Wees nie traag in die ywer nie, wees vurig van gees, dien die Here." (Romeine 12:11).

Ons kan ware kinders van God wees, maar die vraag is of ons ons lewens in totaliteit aan Hom oorgegee het. Is ons nog in beheer van sekere sektore van ons lewe, of is God Heer en Meester van ons ganse bestaan? Hy s�Hy is n jaloerse God. Hy wil volle beheer h� Hoe gouer dit gebeur, hoe gouer begin ons floreer.

Die rede hoekom ons nie by die sterwe in Christus uitkom en waarom ons nie groei en floreer nie, is omdat ons nie self die Bybel bestudeer nie. Ons gaan eerder ten gronde weens n gebrek aan kennis. So sit ons dan ook keer op keer onwaardig by die Nagmaaltafel aan en kan nie begryp waarom ons sake nie floreer nie.

As ons die Vader aktief dien, dan kan ons ook verwag om die Vader aktief in ons lewens te sien, dan kan ons God se se�inge verwag, dan kan ons oorvloed verwag.

Wanneer ons onsself aan God oorgee, begin ons 'n sake vennootskap met God. Ons word ons "medewerkers van God". 'n Vennootskap met God is 'n saak waarin God die kapitaal voorsien en ons die arbeid. Hy voorsien die wysheid, die mag en die middele (finansies, ens.) en ons verskaf die diensbaarheid.

Daardie vennootskap word ook weerspie� in ons huwelike. n Huwelik is n drieledige Verbond tussen man, vrou en God. n Verbond is n kontrak, dit mag nie verbreek word nie en God s�self dat, wat Hy saamgevoeg het mag geen mens skei nie. Wat op die aarde gebind is, is ook in die Hemel gebind. Die huwelik is n Goddelike instelling.

So is ons wedergeboorte n Goddelike instelling. Ons moet weier dat enigiets of enigiemand daardie verhouding, daardie Verbond, tussen ons en ons Skepper, ons Vader, verbreek.

God wil Homself betuig en Hy het ons uitverkies as 'n kanaal deur wie Hy Sy mag en besluite kan betuig.

Ons is geroepe diensknegte en getuies medewerkers God wil nie Sy werk voltooi sonder om die mens te gebruik nie.

"Ek sal jou die sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee, en wat jy ook op die aarde mag ontbind sal in die Hemel ontbonde wees." (Mattheus 16:19). God is die enigste Eienaar van Sy saak. Hy besit die planeet Aarde (Psalms 24:1; 50:10), ook al die rykdomme (Hagai 2:8); Hy besit u en my lewens (sien Romeine 14:8); God, in Sy goedertierenheid het elke mens ryklik bedeel met sekere gawes, talente en moontlikhede. Die dinge moet nie selfsugtig of tot ons eie voordeel aangewend word nie, maar tot verheerliking van God en die vestiging van Sy Koninkryk.

"Doen alles tot verheerliking van God." (1 Korinthi�s 10:31).

"Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in jul liggaam en in jul gees wat aan God behoort." (1 Korinthi�s 6:19-20). Ons is rentmeesters van die gawes wat God ons gegee het.

Ons is rentmeesters van ons tyd. "Koop die tyd uit omdat die dae boos is." (Efesi�s 5:16) Moenie u tyd verkwis nie. Ons is rentmeesters van ons talente. Jesus het 'n harde oordeel uitgespreek oor die man wat uit vrees sy talent begrawe het. Lees aandagtig Mattheus 25:28-30.

Ons is rentmeesters van ons geld. Geld is 'n gawe van God en moet tot Sy eer gebruik word. Lees 1 Timotheus 6:10.

Ons is ook rentmeesters van die Evangelie. Die roeping om die grootste nuus op Aarde te verkondig, is aan die verlostes gegee.

"Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom." (Handelinge 1:8).

Die Heilige Gees is die Gees van God. God woon en leef in die gelowige. "Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is, God bly in hom en hy in God." (1 Johannes 4:13-17). Die Heilige Gees is Krag. Hy is die Krag van God in die lewe van elke gelowige.

Die doping in die Heilige Gees is die werking van die Heilige Gees in die gelowige se hart soos op die dag van Pinkster, m.a.w. bekragtiging tot diens.

N�ens in die Woord van God is daar 'n bevel dat Hy Sy magtige se�ing op Pinksterdag be�ndig het nie, maar die belofte lees steeds: "Want die belofte kom julle toe en jul kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep." (Handelinge 2:39)

Voor die dag van Pinkster het die dissipels uit vrees vir die owerhede gevlug. Na Pinkster het hulle die troon van die Romeinse Ryk geskud. (Handelinge 17:6).

Maar hulle het hierdie se� nie vir hulself gehou nie. Hulle het uitgegaan en gespreek en duisende het hulle bekeer. Hulle het geleef en gesterf tot verheerliking van die Evangelie en het die hele w�eld geskud.

God verlang manne en vroue vandag wat gevul is met die Heilige Gees om soortgelyke werke te doen.

 

DOPING EN VOLHEID VAN DIE HEILIGE GEES

 

By die bekering is elke gelowige onmiddellik 'n kandidaat vir die Gawe van die Heilige Gees en elke gelowige benodig die volheid van die Heilige Gees om die werk van Jesus Christus te doen. "Nie deur krag of deur geweld nie nie met bomme, missiele en oorlogvoering nie maar deur My Gees." (Sagaria 4:6).

 

2. Die Gawe van die Heilige Gees word gegee deur God se geregtigheid en nie terwille van 'n gelowige se geregtigheid of bekwaamheid nie. Dit is 'n "gawe" en nie 'n "kenteken van meriete" nie.

Sou gelowiges God nader vir hierdie Gawe op grond van hulle eie geregtigheid of heiligheid, dan opponeer hulle gewetens hulle geloof en hulle gewetens s� "Jy is nie goed genoeg nie."

 

3. Die werk van "die prediking van die Gees deur die geloof" (Galasi�s 3:5) word skynbaar nie aan elke prediker gegee nie. Filippus het na Samaria gegaan en Jesus Christus en die Koninkryk van God verkondig. Groot getalle is gered en genees maar niemand het die Gawe van die Heilige Gees ontvang nie. (Handelinge 8:5-12)

 

4. Petrus en Johannes het daarheen gegaan en vir hulle gebid. Toe hulle hande op hulle gel�het, het die Heilige Gees op hulle gekom. Maar hierdie bediening is nie beperk tot predikers nie. Kyk na Ananias. (Handelinge 9:10-17)

 

5. Hierdie hele bediening berus op 'n helder en ferm oortuiging dat God die Heilige Gees aan gelowiges gee uit genade as 'n "gawe" en nie aan 'n paar uitverkorenes wat moontlik as "waardig" beskou word nie.

 

6. "Geloof wat ontvang" is altyd aktief. Dit wag nooit nie, maar is beslis en neem in besit. Om te wag en om God te smeek vir die "gawe" is 'n teken van ongeloof. Ons is erfgename. Ons het die gawes ge�f. Erfgoed word n mens se eiendom deur dit op te eis.

 

7. Na Pinkster is niemand onderrig om te wag of te smeek vir die Heilige Gees nie. Hulle is geleer "om die Heilige Gees te ontvang deur die woord van geloof en ook deur handoplegging". (Handelinge 8:14-17; 9:17; 10:44-48; 19:6 en Galasi�s 3:2-5)

 

8. Die Apostels het die spreek in ander tale as 'n teken van die ontvangs van die Heilige Gees aanvaar. Wanneer u die Heilige Gees ontvang, ontvang u saam daarmee n Hemelse taal spreek dit net!

 

9. Jesus s� "As iemand dors het (dit is begeer) laat hom kom (glo en vra) en drink (dit is aktiewe geloof) van die lewende water (die Heilige Gees)". (Johannes 7:37).

Die grootste herlewing in die geskiedenis, wag op ons en as u gereed en voorbereid is, sal die Here ons gebruik om die duisende soekende siele na God en verlossing te bring.

 

DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES

 

Die bediening en gawes van die Heilige Gees wat die Liggaam verwaarloos en meesal verloor het, is die Here Jesus nou besig om te herstel. Hy is besig om Sy wysheid en Sy mag en Sy gesag oor Sy eiendom te herstel.

Ons, elke Geesvervulde gelowige, het een of meer gawes en bedieninge. Alle gelowiges word geroep om Hom te dien en het die vermo�gekry om die werk te doen. Niemand is uitgesluit nie. Of u dit weet of nie u is toegerus deur die Heilige Gees om sekere pligte te vervul.

U is geroep, uitverkies en bonatuurlike mag en gesag gegee om daardie gawes en bedieninge te gebruik. Met Sy wysheid en Sy sterkte kan u groot dinge doen. U kan die "groter dinge" doen soos die Here Jesus belowe het. Christus het met groter meer, bedoel. Ja, ons sal meer dinge doen as wat Hy gedoen het. Is dit nie wonderlik nie. Elke gawe is 'n teken dat die Here deur 'n mens, met behulp van sy medewerking, werk. Onthou, ons is tot alles in staat deur Christus wat ons die krag daartoe gee!

Daar is nege bonatuurlike gawes van die Gees, wat die Here aan die mens gee en wat Hy uitdeel soos Hy wil (1 Korinthi�s 12).

Hulle kan in drie groepe verdeel word:

 

        Drie gawes van openbaring ('n woord van wysheid, 'n woord van kennis en onderskeiding van die geeste (1 Korinthi�s 12: 8-10).

        Drie gawes van Krag (die gawe van geloof, die gawes van genesing en die werkinge van wonders, verse 9-10)

        Drie gawes van ge�spireerde uitinge (verskeidenheid van tale, die uitleg van tale en die gawe van profesie, vers 10).

 

Hierdie is verskillende gawes, maar dit is dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Hy gee gewoonlik een of meer aan elkeen wat met die Gees vervul is (Romeine 12: 6-8), met ander woorde een of meer gawes kom in die Geesvervulde gelowige se lewe tot openbaring.

Hoe weet mens dat jy byvoorbeeld die gawe van gesondmaking het? Maklik. Begin net vir siekes bid. Elkeen van ons het gawes ge�f. Die Here sal die gawes wat ons het bevestig.

Hierdie nege gawes word gegee om eer en heerlikheid aan die Gewer te bring, en om in die behoeftes van die mens te voorsien. Hulle word gegee as tekens en wonders om die gelowiges en ongelowiges te oortuig dat die Here in hul midde werk.

Ons Here Jesus werk dus saam met en deur mense. As Hy Sy gawes aan Sy medewerkers toebedeel, dan gee Hy hulle mag en gesag om die tekens en wonderwerke te doen om sodoende die sondige w�eld te bemoedig en te oortuig.

As die Geesvervulde gelowige een of meer van hierdie gawes van die Gees openbaar, dan openbaar hulle bonatuurlike kennis of bonatuurlike uitinge. Hulle WEET dinge wat die natuurlike mens nie weet nie; hulle DOEN dinge wat die natuurlike mens nie kan doen nie; hulle S�dinge wat die natuurlike mens nie kan s�nie. Die onderskeid l�tussen die vleeslike en die geestelike vlak.

Elke gawe is Jesus Christus in aksie en is 'n manifestasie van Sy mag en wysheid. Die werkinge van die gawes voorsien in die mens se behoeftes. Dit dien tot die mens se saligheid, doping, genesing en verlossing van die bose. Dit is die pad van heiligmaking.

Hierdie groot en magtige gawes is die wapens waarmee die Vader Sy soldate toerus. As ons in Sy we�wandel en onsself aan die Heilige Gees oorgee om die gawes te manifesteer is daar geen rede om bose magte, demone, te vrees nie. Die hoofdoel van die gawes is om die werke van Satan af te breek en om die koninkryk van God uit te brei.

Ons het deurentyd hierdie twee magte en kragte wat teenoor mekaar staan. Die Satan met sy gevalle engele en demoniese magte sal tot aan die einde van dae voortgaan soos n brullende leeu om te verslind wie hy ook al kan.

Om aan God se kan te staan, beteken om die volle wapenrusting aan te trek, dit is, die lering wat ons in hierdie skrywe aan u deurgee.

Vir diegene wat die gawes openbaar, word die bonatuurlike "natuurlik". Die onmoontlike word "moontlik". Ons verwag die onverwagte. Ons s�en doen dinge soos die Here Jesus sou s�en doen. Wat ons die werkinge van die gawes noem, is in werklikheid die manifestasie van die Here Jesus Self, wat in ons woon en deur ons werk. Daarom is genesings en wonders vandag moontlik daarom is hulle noodsaaklik om die w�eld te oortuig dat Jesus nog lewe.

Die Here beveel ons: "Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit." (Mattheus 10:8).

DIE HEILIGE GEES AS GODDELIKE PERSOON

 

Skriftuurplase oor die Gees as 'n Goddelike Persoon:

 

Johannes 16: 1-5 So is Hy openbaar deur Christus

Handelinge 5: 1-11 So is Hy erken deur die Apostels

1 Korinthi�s 12: 4-11 So word Hy gesien in die mededeling van die gawes

Mattheus 28:19 Gelyk aan die Vader en die Seun in die doop-bediening

2 Korinthi�s 13:14 Gelyk aan die Vader en die Seun in die se�

 

Skriftuurplase oor die Gees as 'n Goddelike Persoon:

 

Johannes 16: 8-11 Hy oortuig

Johannes 3:5 Hy verkwik die siel

2 Thes. 2:13 Hy maak heilig

Hebre�s 3:7 Hy roep

1 Johannes 2:20 Hy salf

Jud. 20 Hy help in gebed

Romeine 8:26 Hy help in ons swakhede

Handelinge 9:31 Hy troos

Johannes 16:13 Hy lei in alle waarheid

Johannes 16:14 Hy verheerlik Christus

Efesi�s 4:30 Bedroef die Gees nie

Handelinge 7:51 Weerstaan die Gees nie

1 Korinthi�s 12:11 Sy soewereiniteit

 

 

DIE HEILIGE GEES AS TROOSTER

 

Skriftuurplase oor die Gees as Trooster

 

Lukas 12: 1-12 Troos in tyd van beproewing

Handelinge 7: 54-60 Lei in die sterwensuur

Handelinge 13:44-52 Gee blydskap in diens

Romeine 5:5 Stort Goddelike Liefde uit

Romeine 8: 1-28 In die lewe en Gebed

Romeine 15: 5-25 Werksaam in die Christelike lewe

Johannes 14: 13-26 Belowe en verduidelik

Johannes 14:16-17 Belofte as 'n blywende Teenwoordigheid

Handelinge 9:31 Troos die Gemeente

Handelinge 11:24 Vul, gee geloof en vrugbaarheid

 

 

DIE HEILIGE GEES AS LEERMEESTER EN GIDS

 

Skriftuurplase oor die Gees as Leermeester en Gids

 

Jes. 11: 1-5 Soos in die lewe van Christus gesien

Johannes 14: 13-26 Karakter

1 Korinthi�s 2: 9-14 Die wat Hy beskerm

Lukas 2:25-32 Leiding na Christus toe

Lukas 4: 1-13 Lei na die plekke van toetsing

Eseg. 27: 1-14 Openbaar die geestelike nood

 

Skriftuurplase oor die Gees as leraar en Gids

 

Johannes 14:26 Hy lei

Johannes 16:13 Hy lei in die hele waarheid

Johannes 16:14 Hy openbaar dinge van Christus

Romeine 8:14 Leiding bewys van kindskap

Galasi�s 5:18 Leiding en geestelike vryheid

 

GETUIES

 

Julle sal My getuies wees tot aan die uiterste van die aarde (Handelinge 1:8). En Christus s�as ons Hom voor die mense bely, dan bely Hy ons voor die Vader. Getuig, bely ons nie, kan ons geestelike lewe ook nie beweeg of groei nie en beroof ons onsself van ryke se�inge.

Om te getuig, is die voorreg van elke wedergebore gelowige, maar baie gelowiges word koud of onverskillig deur die koue ontvangs van hul getuienis.

Hierdie boodskap van verlossing is vir beide siel en liggaam bedoel en God wat ons verordineer het om getuies te wees, het belowe om Sy Woord aan ons te vervul en te bevestig. (Hebre�s 2:3-4).

"Hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid verontagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedieninge van die Heilige Gees volgens Sy wil?"

"Hy het vir hulle ges� Gaan die w�eld in en verkondig die Evangelie en maak siekes gesond." Daar is sommige wat vir God wil werk, maar wat vrees dat Hy nie Sy beloftes sal vervul nie. Ai!

Dit is net omdat u nie in die geloof uitgestap het nie, omdat u nie n vaste vertroue in die Woord van God het nie. Sy Woord is onfeilbaar. Hy het ges�ons is die instrument en die uitbou en onderhou van Sy Koninkryk word deur Sy krag en genade bewerk. Die onus is op Hom, nie op u nie. Al wat ons moet doen is om te gaan vertel.

Daar is diegene wat nie Christene wil word nie omdat hulle bang is om hul by 'n verlore saak te voeg. Weens die sondes van sogenaamde Christene (iemand noem hulle papier Christene) wil sommiges nie graag bekend staan as kinders van God nie. Dit is egter geen verlore saak nie. Dit is die enigste saak wat die moeite werd is om by aan te sluit.

Toe Adam, ons voorvader, in die Tuin van Eden in sonde geval het deur te eet van die BOOM van kennis van GOED EN KWAAD, het hy die geestelike DOOD op homself gehaal.

Hierdie geestelike Dood het die mens sy vryheid laat verloor en hom, God se skepsel, onder die wrede heerskappy van Satan en van sonde en siekte geplaas.

Daarom het die geestelike Dood ons natuur bederf. Die enigste manier om Geestelike lewe terug te kry en die mens te herstel in die Koninkryk van God, is om hom 'n nuwe natuur te gee.

Die mens het 'n nuwe geboorte nodig, die lewe van God, wat die Heilige Gees alleen kan gee.

Na sy val het die mens volhard om teen God te rebelleer en om valse gode te aanbid. Die resultaat was dat hy godsdienste gekry het wat hom skynbaar bevredig het, maar wat hom nie terug in die plan van God kon kry nie.

God het nogtans die gevalle mens lief genoeg gehad om voorsiening te maak vir sy terugkeer in Sy familie, daarom het Hy Sy Seun Jesus Christus gestuur.

Jesus Christus het in die arena van w�eld se godsdienste gestap as Uitdager. As die Seun van God het Hy hulle uitgedaag.

Die Hemelse uitdaging staan nog. Baie godsdienste, illusies en dwalinge, het die w�eld se belangstelling gewek, maar kon nooit werklik bevredig nie.

So lank as wat God se Woord vasstaan, sal daardie uitdaging bly staan. Ander godsdienste was reeds oud en verbygaande toe Jesus in die w�eld as 'n hulpelose babatjie gebore is. Selfs die godsdiens wat reiniging van sondes deur vuur voorgestaan het, dit is die aanbidding van die son, die vuurgod, kon die natuur aan die mens nie verander nie.

Die stemme van die stigters van vele anti-Christiese godsdienste is nog nooit weer van anderkant die graf gehoor nie. Hulle dood het 'n volslae einde aan hulle lewens gebring.

Die Seun van God, beklee met glorieryke Heiligheid, Goddelike geregtigheid, Hemelse reinheid, het in hierdie bose w�eld gekom en die Ewige Lewe, die opstanding uit die dode, gemeenskap met God, kom aankondig. Jesus Christus het ons waarlik vrygemaak van sonde en siekte. Halleluja!

Jesus Christus het nie in die w�eld gekom om apologie vir Sy bestaan aan te teken nie, of om 'n woonplek te vra nie; Hy het as die vervulling van die belofte gekom.

"Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt." (Genesis 3:15)

Die lewe van Jesus Christus word in elke gelowige gebore wanneer hy die wedergeboorte ontvang, deur die bloed wat op Golgota gestort was. Deur die wedergeboorte word hierdie mens nou 'n werktuig in die hand van God, 'n Getuie van God se Genade en Liefde.

"Soos Hy is, is ons ook in hierdie w�eld." (1 Johannes 4:17)

In ons dag is daar baie mense wat nie ware gelowiges is nie, maar slegs nominale Christene, papier Christene, wat die hele week hulle eie gang gaan, maar op Sondae dan probeer om die Tien Gebooie te gehoorsaam.

Hierdie mens probeer deur 'n uiterlike vorm van vroomheid God te dien, maar sy godsdiens is tevergeefs. Jesus Christus ontbreek in sy lewe.

Jesus Christus het nie gekom om goeie sedes te bewerkstellig nie, maar onsterflikheid aan die mens te skenk. Hy belowe: "Ek sal hom opwek op die laaste dag, Ek sal hom die Ewige Lewe gee. Die dode in Christus sal eerste opstaan."

Geen ander godsdiens behalwe die Christelike Godsdiens, belowe en verseker die Ewige Lewe nie. Wie kon ooit die ewige lewe belowe voordat Jesus Christus gekom het? Watter sterfling kon? Dit was net die Seun van God self, uit die Hemel, met die kennis van onsterflikheid en die Ewige Lewe wat kon waag om so 'n klimaks vir die mens voor te hou.

Want in Hom was LEWE, en die Lewe was die lig van die mense. Hy het ook ges� "Hy wat leef en in My glo, sal nooit sterf nie."

Vandag is Jesus Christus die mens se enigste hoop. Geen duiwelse mag op aarde kan die mag weerstaan wat Jesus Christus as 'n erfenis aan die weergeborene nagelaat het nie.

Baie Christene wil vandag die duiwel om verskoning vra omdat hulle Christene is. Ons het ons vertroue in God en ook in die Woord van God verloor!

Die saligheid bestaan dus daarin dat God die sondige mens tot 'n nuwe mens herskape, alleen maar daarin dat God die w�eld liefhet (Johannes 3:16). God se hele verlossingsplan is reeds voor die grondlegging van die w�eld vasgestel. En aan elke verloste mens gee God deur Jesus Christus mag (gesag) om die duiwel te weerstaan.

Jesus Christus het die sonde-vraagstuk opgelos deur Homself as ons Bloed-offer op Golgota te offer.

Nou word u as vrygekoopte geroep om te getuig aangaande di�heerlike feit, dat daar deur die gestorte Bloed vergifnis van sondes is, en dat deur Sy wonde daar genesing vir ons liggame gekom het.

Toe Jesus uit die graf opgestaan het, het hy in Sy opstandingskrag te voorskyn gekom. Hy wat bo alle owerheid en mag en krag is en wat alle dinge onder Sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee het. Hy gee aan u hierdie mag, hierdie gesag, om die werke van die duiwel te verbreek.

Staan op in die Geloof! Gaan en verkondig die werke van God! Hy sal dit bevestig waar die voorwaardes nagekom word. Die Here wil en sal Sy Woord bevestig.

Hy s�in Jesaja 50: 2-3: "Is my hand werklik te kort om te verlos of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur My dreiging maak Ek die see droog... Ek beklee die hemel met swartheid."

Ons is dus geroep om getuies van die Evangelie te wees, waarin die mag van Jesus Christus en die Volle Raad van die Godheid uiteengesit word.

Neem die bonatuurlike uit ons godsdiens en u kry 'n godsdiens so dood soos die heidense godsdienste.

Neem die Evangelie van Jesus Christus uit hierdie w�eld en ons sal spoedig 'n volk van kannibale, seksuele kranksinniges en moordenaars wees.

Die mense veroordeel wonderwerke en genesings, en verwater so die Christen se getuienis: Hulle leef sogenaamd in 'n tyd waar wonderwerke ge�ndig het.

Prys die Here, ek ondervind meer en meer elke dag, die bevestiging van die Woord van God; die waarheid dat Hy Sy Woord gestuur het om te genees, word elke keer bevestig.

Die Here sal altyd 'n getuienis eer. Kyk na Henog. Hy het met God gewandel en is deur God weggeneem om by Hom te wees.

En daar is Elia wat 450 heidense priesters uitgedaag en oorwin het. En Dani� wat geweier het om voor mense te buig wat sy getuienis sou beskadig het. God het die bekke van die leeus gesluit sodat sy getuienis nog indrukwekkender kon wees.

Alhoewel ons geroep is om die lydingsdoop te deurloop, mag ons nie die mens of n gesag gehoorsaam wat vereis dat ons God se insettinge moet oortree nie.

Op Golgota is daar voorsiening vir Goddelike genesing gemaak. Watter soort Evangelie sou ons sonder die Groot Geneesheer, Jesus Christus, gehad het? Ons getuienis behoort in die eerste plek so te wees dat Christus deur ons lewens te voorskyn kom, sodat die getuienis van ons wedergeboorte mense tot sonde oortuiging sal bring.

In die tweede plek moet ons nie bang wees om die beloftes van God in ons bediening te gebruik nie. Die Bybel verklaar onomwonde dat ons deur die gestorte bloed van Christus, verlossing van sonde het en dat ons deur Sy wonde genees is.

Hy belowe ook dat as ons hande op die siekes l� hulle gesond sal word. Hy het dit belowe, nie u nie. Hy s�Hy is n waarmaker van Sy Woord. Waarom sou u dan twyfel.

In Jakobus 1:6-7 s�die Here dat iemand wat twyfel moenie dink dat iets, van die Here kan ontvang nie. Ja, nie eers iets nie.

Dus, weier om te twyfel. Twyfel is nie van die Hemel nie. Die duiwel saai twyfel. Verdryf hom van u af in die kragtige naam van Jesus Christus, staan vas, en weier om te twyfel.

Toe Jesus Christus op Golgota gesterf het, het Hy elke sondaar verseker dat hy 'n geleentheid gebied word om 'n kind van God te word.

John Lake het die opstanding van Christus so beskryf: Een dag het Dawid op die berg gesit en sy skape opgepas, toe Sy gees hom weggevoer het na die ruimtes van God. Hy sien die toekomstige gebeure en roep uit: "U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggeoer, U het geskenke onder die mense geneem, ja ook wederstrewiges om daar te woon, o, Here God." (Psalms 68:19).

En toe met 'n triomfantelike geroep s�hy: "Hef op julle hoofde, o poorte, ja verhef julle ewige deure dat die Ere-Koning kan ingaan." (Psalms 24:7)

Toe Christus daardie handskoen in die arena gewerp het, het 'n oorlog tussen twee koninkryke ontstaan. Dit was 'n stryd tussen lig en duisternis in die Hemel en op die aarde. Jesus Christus het aan die hele w�eld getoon dat Hy waarlik die Oorwinnaar is.

Die mre van Sy opstanding het Hy as Held, Oorwinnaar oor Satan, dood en hel, sonde en siekte, opgestaan.

Daar is mense wat twis oor wie Christus sou doodgemaak het. Die waarheid is dat niemand Hom doodgemaak het nie. Golgotha is God se meesterstuk. Jesus Christus het self besluit op watter oomblik Hy sou sterf, Sy laaste asem sou uitblaas.

Die Hoofman oor Honderd wat in daardie stadium nog reg voor die kruis gestaan het, het homself boeglam geskrik toe hy sien wat gebeur dat hierdie man aan die kruis nie urelank soos ander aan die kruis gaan hang en natuurlik gaan sterf nie.

Die Hoofman oor Honderd word ook die eerste mens na die kruisiging om openlik te bely: Waarlik, dit was die Seun van God!

O, kind van God, u het 'n getuienis. Satan sou u graag daarvan wou beroof. Staan op, roep dit uit. Staan op, en laat u lig skyn want die Lig het gekom en die heerlikheid van die Here gaan oor u op! Want kyk die duisternis kom, maar die Here sal oor u skyn en Sy heerlikheid sal oor u gesien word.

Daar staan geskrywe dat terwille van Sy naam, u vervolg sal word. Ons herhaal, dit is n belofte, nie n waarskuwing nie. U het uit die koningkryk van die Satan oorgestap na die Koningkryk van God. U het daardie oomblik n vyand van die Satan en Sy Koningkryk geword. Hy besef ook dat as u gaan begin getuig, u verdere en groter skade aan sy koningkryk gaan doen.

Sy grootste verweer is om bindinge in u gees te bring sodat u nie kan getuig nie, sodat u getuienis nie sy koningkryk verdere skade kan berokken nie.

Daarom het die lied Voorwaarts Christen-stryders, voorwaarts om te stry.. asook die lied Staan op, staan op vir Jesus, o helde van die Kruis! sulke geweldige impak. As dit ooi vir u voel u is iewers besig om n ronde te verloor, sing dan luidkeels hierdie liedere want inderdaad is ons in n stryd gewikkel, maar met die groot verskil, dat dit uit en uit n oorwinnaars-stryd is. Ons weet reeds dat ons gewen het.

God het getuies dwarsdeur die eeue benodig. Daar is die bekende geval van Jona. God het hom beveel om in Ninev�die Evangelie te verkondig, maar hy het na die see gevlug. God het vir hom ges� "Maak jou klaar, gaan na die groot stad Ninev�en preek vir hulle want hul boosheid het voor my aangesig opgestyg."

In Sy groot liefde en genade wou God deur Sy getuie die stad waarsku, maar treurig om te s� Jona het weggevlug. Op die see het 'n sterk wind opgekom en die skip het water geskep. Die lot is toe gewerp om te bepaal wie vir die storm verantwoordelik was en die lot het op Jona geval.

Die bevelvoerder het bevel gegee dat die bemanning hom in die see moes gooi en 'n groot vis het Jona ingesluk. Jona het uit die ingewande van die vis tot sy God gebid: "Ek is weggestoot uit U o� tog sal ek weer U heilige tempel aanskou... toe my siel in my versmag het, het ek aan die Here gedink... Ek sal aan U offer met 'n stem van lof. Wat ek beloof het sal ek betaal. Die heil behoort aan die Here."

Daarna het die vis Jona op die strand uitgespuug. Daarna het hy aan Ninev�se inwoners gaan s�dat die stad binne 40 dae verwoes sou word. Maar die koning en die inwoners het berou gehad en God het die stad gespaar.

Ja, hierdie ontsettende werklikheid kan in ons dag ook plaasvind. As ons soos Ninev�span style="mso-spacerun: yes"> se inwoners ook onsself verootmoedig en in gees en in waarheid na God terugkeer, dan kan die profesie van ons tyd ook deur die here omgekeer word.

Dan kan ons die Satan en sy demone se uitdaging weerstaan, want ons is met die Heilige Gees gevul en het krag van omhoog ontvang.

Omdat Jesus in ons plek gesterf het, het God wettiglik gelas dat geen sonde of siekte ooit oor ons sal heers nie. Maar God benodig die getuienis van Sy volgelinge om andere van Sy groot program van liefde vir die mensdom te vertel.

Die groot waarheid oor die kwessie van getuig, word deur miljoene Christene reg oor die w�eld bevestig, en dit is: Hoe meer u getuig, u sterker word u geestelike.

Sal u nou die uitdaging aanvaar? Sal u uit 'n slawerny van sonde en siekte en van ongeloof en twyfel uitstap?

Sal u die uitdaging aanvaar en in die arena in die Naam van Jesus Christus instap om die magte van die hel en die duiwel op vlug te jaag?

Sal u as held, opstaan vir Jesus?

Glo, in die Naam van Jesus Christus dat u 'n heerser oor die Satan en sy demone is. Glo dat u vry is omdat Christus het u vrygemaak het.

Verban die demone van onheil en siekte in u eie lewe, in die lewe van u gesin, van u familie, ja, verban hierdie onheile uit die Liggaam van Jesus Christus.

Aanvaar die uitdaging en word soldaat in God se Weermag.

Hou die Bloedbevlekte Banier van die Oorwinnaar van Golgota op.

Kom uit die duisternis in die lig in.

Trek die hele wapenrusting van God aan!

Mense het baie verskonings waarom hulle nie sogenaamd kan getuig nie. Die Skrif trek egter n finale streep deur alle verskonings.

Eseg. 3:18-19 lees: As Ek aan die Goddelose s� Jy sal sekerlik sterwe en jy (Christen gelowige) waarsku hom nie en spreek nie om die Goddelose vir sy Goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die Goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar, sy bloed sal Ek van jou hand eis!

Maar as jy die Goddelose waarsku, en hy hom nie van sy Goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy, jy het jou siel gered!

Getuig, getuig, getuig, waarsku die Goddelose en red jou eie siel! Wees soos Paulus wat in Romeine 1 vers 16 s� Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Daardie redding beteken vrymaking, veiligheid en genesing.

Paulus s� vir elkeen wat glo. Wat beteken dit in die praktyk? Eenvoudig die volgende: Petrus kom by die man by die poort en s�aan die verlamde staan op en loop. As die man nie probeer opstaan het nie sou hy nooit geloop het nie.

Die blinde man moes die speeksel-modder wat Jesus aan sy o�gesmeer het op n sekere plek gaan was. Hy het dit gedoen en gesien. As hy begin twyfel het en ges�het: nee wat, dis sommer twak. Waar het mens nou gehoor iemand smeer speeksel-modder aan jou o� Dan sou hy nie begin sien het nie. As hy sy o�op n ander plek gaan was en as die plek waarheen hy ges�was om te gaan (ongehoorsaamheid) dan sou hy ook nie gesien het nie.

Geloof vra dus gehoorsaamheid en handeling. Nadat Jesus die brode en die vissies aan die dissipels gegee het om uit te deel, het die dissipels tot by die voorste ry mense moes stap en dit begin uitdeel. Veronderstel hulle sou net daar bly staan het en ges�het: Nou hoe op aarde kan ons vyf duisend man, hul vroue en hul kinders met die bietjie kos voed? Dan sou daar niks gebeur het nie.

Geloof vra daardie vaste vertroue, daardie gehoorsaamheid om te stap na die eerste ry mense en te begin uitdeel, en toe kom God se vermenigvuldende krag in werking en nie is almal gevoed nie, daar bly toe nog brokstukke ook oor.

Toe u n nuwe motor gekoop het, het die verkoopsman aan u n bossie sleutels van die motor oorhandig. U het nie gevra of dit wel die betrokke motor se sleutels was nie, u het in die geloof die verkoopsman se woord aanvaar, soveel-so dat u selfs die sleutel in die aansitter gedruk en gedraai het en vir geen oomblik gewonder het of die motor aan die gang sou kom nie.

U gaan sit elke Sondag op n stoel in die kerkdiens, sonder om eers die stoel deur te kyk of dit nie dalk sal meegee wanneer u daarop gaan sit nie. So moet ons geloofslewe ook wees, n totale aanvaarding, n totale vertroue.

Die verhaal word vertel van die man wat vir n omstander gevra het of die omstander glo dat hy n kruiwa oor n kabel oor die Niagra-waterval kon stoot. Die omstander het ges�nee, sy glo hy sal dit kan doen nie.

Die man het die kruiwa toe tot by die oorkant oor die kabel gestoot en weer terug, waarna hy weer vra of die vrou glo hy kan dit doen. Sy het ja geantwoord. Die man s�toe: Nou maar klim dan in die kruiwa dat ek dit weer doen, en sy wou nie. Die een oomblik het sy geglo en die volgende oomblik gewantrou.

Wanneer u dus getuig, getuig u van die onfeilbare Almagtige God. Plaas u volle vetroue in Hom. Hy is die waarmaker van Sy Woord. Glo dit. Verkondig dit. Getuig!

 

DEMONE

 

Nie alleen is die gawes van die Gees vandag in werking nie, maar deur die vervulling met die Heilige Gees het ons die mag ontvang om duiwels en bose magte uit te dryf.

Eendag het Jesus en Sy dissipels oorgevaar na die land van die Gadar�ers, aan die oorkant van die meer van Galilea.

Toe Jesus aan wal stap, het 'n man vol duiwels Hom tegemoet gekom. Vir 'n lang tyd het hy sonder klere geloop en wou hy nie tuis bly nie, maar het in die begraafplaas gewoon. Toe hy Jesus sien, het hy met 'n groot stem uitgeroep en voor Hom neergeval en in 'n harde stem ges� "Jesus, Seun van die Allerhoogste God, wat wil U met my doen? Ek bid U, moet my nie straf nie."

Hy het dit ges� omdat Jesus die duiwels beveel het om uit hom uit te gaan. Hy is baie keer oorweldig deur die duiwels, en alhoewel hy 'n gevangene was, sy hande en voete met kettings vasgemaak, het hy nogtans die kettings gebreek en is dan deur die duiwels die woestyn ingejaag.

Jesus vra hom toe: "Wat is jou naam?" "My naam is Legio," antwoord hy, want baie duiwels het in hom ingevaar. Die duiwels het Jesus gesmeek om hulle nie in die Put te stuur en hulle voor hulle tyd te pynig nie.

'n Groot trop varke wat op die berg gewei het, was naby. Die duiwels het Jesus versoek om hulle in die varke te stuur, en Hy het dit gedoen. Dus het die duiwels uit die man gegaan en in die varke gevaar - die hele trop het in die meer ingestorm en het versuip.

Die herders wat die varke opgepas het, het gesien wat gebeur. Hulle het weggehardloop en die nuus op die dorp en die plase rondom versprei.

Die mense het toe uitgegaan om te sien wat gebeur het. Toe hulle by Jesus kom, vind hulle die man uit wie die duiwels uitgedryf was, gekleed en by sy volle verstand, en hy sit aan die voete van Jesus - en hulle was baie bevrees.

Die dissipels het gegaan en oral gepreek en die Here het saamgewerk deur tekens en wonders; 'n bewys dat Hy hulle prediking bevestig het.

Hoe het dit die dissipels en die gelowiges be�vloed?

'n Uittreksel uit Handelinge 7 lees so: "Stefanus, 'n man wat ryklik deur God gese� en vol krag was, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen."

HHHHhandelinge 8 vers 5: Filippus het afgekom in die stad van Samaria en Christus aan hulle verkondig. Die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen - want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword. En daar was groot blydskap in daardie stad.

As gevolg van hierdie demonstrasie van krag het baie manne en vroue gelowig geword en is gedoop. Simon, die towenaar het ook skynbaar gelowig geword Hy was so be�druk deur die groot tekens en wonders dat hy die Apostels geld aangebied het om dieselfde krag te kan demonstreer.

In Handelinge 16:16 skryf Lukas (wat n geneesheer was): "En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom 'n slavin met 'n waars�nde gees ons te� wat vir haar eienaars deur waars�ry groot wins gebring het (deur fortuinvertellery).

Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en ges� Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing. En dit het sy baie dae lank gedoen. Maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees ges� Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan - en hy het op daardie oomblik uitgegaan"

Die skrywer van hierdie boek het nie alleen self verskeie kere demone uit mense gedryf nie, maar hy was vele male teenwoordig waar demone uit mense gedryf is en waar demone selfs terug gepraat het en geweier het om mense se liggame te verlaat.

In een so n geval het demone ges�dat hulle honderd in getal was en dat hulle weier om die vrou se liggaam te verlaat want hulle was eerste daar.

Die skrywer, tesame met drie kollegas het voortgegaan en die demone een na die ander uit die vrou gedryf. Hulle het telkens in die vorm van skuimballe so groot soos gholfballe en ander so groot soos tennisballe uit haar mond gespat.

Na sowat twee ure het die vrou skielik haar arms in die lug gegooi en uitgeroep: Ek is vry, ek is vry! Haar gesig was egter vertrek van pyn en dit was duidelik dat dit die laaste demoon was wat so geskreeu het in n poging om ons om die bos te lei sodat hy kon agterbly.

Daar is in geen onduidelik taal aan die demoon ges�dat daar duidelik onderskei dat die vrou nie vry is nie en dat dit hy daardie laaste demoon was wat so lieg. In die naam van Jesus Christus is daardie laaste een toe ook uitgedryf.

Daarna het die vrou weer haar arms in die lug gegooi en weer uitgeroep: Ek is vry, dankie Jesus! Hierdie keer was haar gesig vol blydskap en trane van vreugde het oor haar wange geloop.

Verhale soos hierdie is so talryk dat dit later in n nuwe boek aangeteken sal word.

DUIWELBESETENHEID, -OBSESSIE, -ONDERDRUKKING

 

Jak. 4:7: "Weerstaan die duiwel en hy sal van julle weg-vlug."

Ons word beveel om die duiwel te weerstaan, nie met hom omgang te hou nie. Daar moet alleen elke keer teen hom opgetree word.

Die versoekinge wat soms deur ons verstand gaan, is nie net maar invloede of gedagtes nie; dit is ingewings wat direk van duiwels en bose geeste kom, wat deur die Satan gestuur is.

Kleintyd het ons ouers altyd ges� Die duiwel sit al weer op jou skouer. Hulle was nie ver verkeerd nie.

Demone is net so werklik as u en ek. Hulle is soldate in die le� van Satan. Hulle is dieselfde demone as die wat in Judas ingevaar het, en wat Petrus be�vloed het om te vloek en te sweer.

Daar is net een Satan maar baie demone, bose en onreine geeste. Psalms 34:8: "Die Engel van die Here trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit." God se dienende geeste trek 'n laer rondom Sy kinders om hulle uit te red as hulle Hom aanroep.

1 Petrus 5:8: "Wees nugter en waaksaam, want jul te�tander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle te�taan, standvastig in die geloof."

Die Satan het 'n groot skare van ontliggaamde geeste. (Mattheus 12: 43 - 45) Hulle gehoorsaam die bevele van Satan en beywer hulle om God se werk te verhinder en selfs te verwoes.

VERSKILLENDE STADIUMS VAN DEMONIESE AANVALLE

 

1.     DUIWELBESETENHEID

 

Hier neem die demoon of demone van 'n individu besit en maak woning in sy liggaam. Hulle kan selfs deur so 'n besete persoon spreek.

 

2. DUIWEL-OBSESSIE

 

Dit is 'n toestand waar 'n persoon deur bose geeste vervolg of bele� word. Dit is net een tree van besetenheid af en as dit nie weerstaan of bestraf word nie, sal besetenheid volg.

 

3. DUIWEL-ONDERDRUKKING

 

Dit is wanneer 'n persoon sonder rede, belas, moedeloos of bedruk voel. Dit mag van buite af kom of in die liggaam of siel wees. 'n Individu mag deur die duiwel onderdruk wees en tog nie besete wees nie.

 

Let egter daarop dat nie alle gevalle van bedruktheid, depressie en wat selfs grens aan besetenheid, kan aan demone se invloed toegeskryf word nie. Chemiese tekorte in mense se brein en of liggame toon dieselfde simptome.

Die tekorte word gou deur middel van bloedtoetse bepaal en die pasi�t genees terstond nadat mediese behandeling toegepas is.

Jesus het almal genees wat deur die duiwel onderdruk was.

God is Alomteenwoordig - die duiwel is nie. Bose geeste onder die bevel en leierskap van Satan maak oorlog teen God se kinders. Die duiwels is werklike persoonlikhede - gevalle engele - ontliggaamde geeste.

Daar was etlike jare gelede n strydpunt oor die vraag of n Christen n demoon kan h� Die vraag is beantwoord deur dit om te draai: Kan n demoon n Christen beeth�

Baie faal om hierdie bose geeste te herken, en beskou hulle as gedagtes om kwaad te doen, terwyl dit demone onder die leierskap van Satan is, wat met hulle praat en die voorstelle maak.

Die demone is net so werklik as enige persoon wat u kon genader het met dieselfde voorstel. Die demoon se voorstel sou u in u gees ervaar het, terwyl u die voorstel van n persoon deur u fisiese gehoor sal ervaar.

Die demoon het kennis wat ons nie het nie. Hy is bonatuurlik. Toe hy geval het, het hy nie sy persoonlikheid verloor nie. Hy het sy toestand van genade voor God verloor. Hy het sy heiligheid en reinheid verloor.

Ons het predikers gesien wat gehore in vervoering bring met hul sielkunde en welsprekendheid.

Dit is Satan se toestand ... bekwaamheid ... wysheid ... kennis ... krag, maar in opstand teen God.

Dit is waarom daar geskrywe staan dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die owerhede in die lug

 

Name wat aan Satan en sy demone in die Woord genoem word:

 

Die vader van leuens

Die aanklaer van die broeders

Die te�tander

Die w�eldheerser van die duisternis

Die prins van hierdie w�eld

Die prins van die magte in die lug

Die sondige een

Die versoeker

 

Hy verskyn op verskillende maniere. As 'n brullende leeu en as 'n engel van die lig. Daar is meer mense met demone as wat ons besef. Sommige mag selfs gelowiges wees, maar is nogtans onderhewig aan obsessie deur die duiwel. Demone kan alleenlik n invloed op Christene se lewens h�as daardie Christene nie die volle wapenrusting van God aan het nie.

Die Groot Gebod is een van LIEFDE. Wie die Liefde nie het nie, het n klinkende simbaal geword. Gelowiges wat in volle oorgawe Christus dien, word juis geken aan die Liefde wat hulle rondom hulle uitstraal. Hulle bid vir ander, hulle dra ander se laste, hulle se� oral waar hulle gaan en is tot se� vir almal.

Duisende van God se kinders is steeds onder die mag van die duiwel en dit is toe te skrywe aan gebrek aan onderrig en aan kennis van die onderwerp.

Baie is siek en geteister en andere het moedeloos langs die pad geval. Sommige het geen oorwinnende lewe nie, want hulle weet nie hoe om oorlog teen Satan en sy hordes te voer nie.

Hoe meer ons van demone en hul werking weet, hoe beter kan ons 'n geestelike oorlog voer. Soos 'n goeie soldaat moet ons, ons vyand deeglik ken.

        Bestudeer sy metode van benadering en bied makliker weerstand;

        Bestudeer hul aard van oorlogvoering en behaal n groter oorwinning;

        Bestudeer wapens wat hulle gebruik en leef oorwinnende lewe.

 

Demone verskyn as engele van die lig en be�vloed hulle slagoffers op so 'n wyse om te probeer om God se Raadsbesluite omver te werp.

Hierdie demoniese boodskappers lewer verslag aan hulle leier, Satan. Demone praat, dink en hoor. Hul leier is gedurigdeur besig met strategie en beplanning om die Koningkryk van God tot n val te bring.

Demone het mag om die mens te be�vloed en sy geheime agter te kom. Hierdie bose geeste is meer intelligent as die mens, want hulle is wesens van 'n ho� orde as die mens. Demone het nie 'n sigbare liggaam nie, nogtans glo ons dat dit vir hulle moontlik is om sigbaar te wees.

As u 'n geesvervulde, wedergebore gelowige is, is u in die plan van God en daarom is u 'n vyand van Satan en onderworpe aan 'n aanval van hom. As u n kwasi Christen-lewe voer, is u egter blootgestel aan demoniese bedrywighede.

As u 'n sondaar is, is u nie alleen aan 'n aanval blootgestel nie, maar ook aan duiwelbesetenheid; die bose geeste trek in u liggaam in en beheer u o� lippe en handelswyse. As dit gebeur, is u hulpeloos.

Christene mag op verskillende wyses aangeval word. Die bose geeste mag die gelowige neerslagtig en bedruk maak deur sy gees of sy liggaam te teister. As die gelowige nie gedurig in gemeenskap met God verkeer nie, kan 'n demoon hom voordoen soos n Engel van die Lig, en onverwags 'n voorstel maak, wat u van die middelpunt van die wil van God weglei.

Dit is ook heeltemal te begrype waarom hulle soms soos Engele van die Lig wandel want as hulle in hul vorm na ons toe sou kom, sal ons hulle mos dadelik kan uitken.

As u nie versigtig in noue voeling met die Gees wandel nie, kan 'n veroordelende gees u onderwerp en oorwin deur 'n staat van bedruktheid en veroordeelheid op u af te pers.

Ons dink ons stryd is teen die duiwel, maar dit is groepe demone onder Satan se bevel soos in Markus 5: "Legio". Net soos een le� oorlog voer teen 'n ander in die natuurlike, so is dit in die geestelike.

Daar is een W�eldheerser, maar baie bose geeste. In Efesi�s 6:12 word ons gewaarsku teen die aard van hul oorlogvoering. Weer word ons beveel om die duiwel te weerstaan. (Jakobus 4:7)

'n Le� wat sy vyand en sy bewegings nie ken nie, is inderdaad dwaas en gedoem tot 'n nederlaag.

Die volgende gegewens word gewoonlik bekom:

 

        Die aard van oorlogvoering wat hy mag gebruik.

        Die aanvalsmetode.

        Hoe om die vyand se le� en toerusting dadelik te herken.

 

Tog weier baie mense vandag om die duiwel en sy magte te bespreek. Ons behoort die bedrywighede van bose magte te monitor om so hulle wyses van optrede te wete kom.

Die koninkryk van duisternis besit:

 

Kranksinnige demone, geweldadige demone, selfmoord-demone, stom demone, blinde demone, siekte-demone, onreine en martelende demone, drank-demone, godsdienstige-demone en baie ander.

Sommige is demone wat die mens se liggaam beset. Ander is obsessie-demone. Sommige is demone wat die mens se geestestoestand onderdruk.

Wellus- en Martelende Demone:

 

Baie misdade waar mense vermink word, is niks anders as gevalle van duiwelbesetenheid nie. 'n Wellus- of martelende gees neem besit van 'n man. Later word 'n vermoorde vrou gevind, naak en wreed vermink. Ons s�dit is die werk van 'n seks-maniak. Nee, dit is 'n geval van duiwelbesetenheid.

Hoe word 'n mens so onrein?

 

As 'n individu gedurig oor seks dink, en baie tydskrifte oor die onderwerp lees of dit in die teater of op videos, selfs die TV sien, word sy gedagtes daarmee besoedel en sy o�vol begeerlikheid om misdadig op te tree.

Hierdie soort mens het 'n onreine gees. 'n Moorddadige en martelende demoon kan maklik volle besit van mense neem en veroorsaak dat hulle gruwelike misdade pleeg in 'n poging om die welluste en onreinhede, wat van hulle besit geneem het, te bevredig.

Die probleem van ons tyd is dat die regspleging nie erkenning aan die werking van demoniese magte in mense se lewens wil gee nie. Ons weet van n student in Kriminologie wat n proefskrif oor hierdie onderwerp wou inhandig in n poging om die regspleging te begin beinvloed om aandag aan hierdie aspek te gee, maar die proefskrif is geweier.

 

Drank-demone

 

Die god van Bachus, noem sommige dit. Slegs God se genade kan 'n persoon van 'n dranksugtige demoon verlos. Volslae alkoholiste wat tot bekering gekom en van daardie demoon verlos geraak het, het agterna vertel hoe hulle telkens wou ophou drink, maar dit nooit kon regkry nie want n groter mag as hulself wou die heel tyd net alkohol verbruik. Selfs had hulle nooit die krag om nee te kon s�nie. Ander s hulle was uit en uit n slagoffer van omstandighede, van n groter mag as hulself.

Die dranksugtige demoon maak gebruik van u mense se aptyt. Hy stel voor dat mense 'n drankie of twee moet neem. Later word die drankdors van die demoon so erg dat die slagoffer in die tronk beland omdat hy sy vrou, kind of geliefde vermoor het, of n ander misdaad gepleeg het.

Sulke mense mag verskoning vir hulself maak deur te s�hulle weet nie wat gebeur het nie en uitroep uit: "Waarom het ek dit gedoen?" Die antwoord is: Demone. U mag s�dat dit nooit met u sal gebeur nie, maar as u nie die Gees van Christus in u hart het nie, is u vatbaar vir duiwelbesetenheid!

 

Selfmoord-demone

 

Selfmoord-demone is die oorsaak dat baie mense hul eie lewens en baie-keer die lewens van andere neem. Baie slagoffers is morbiede mense wat deur demone tot die uiterstes van totale moedeloosheid gedryf word en in 'n tyd van beproewing sal die selfmoordgees hulle nader en voorstel dat dit nie die moeite werd is om so voort te gaan nie ... waarom dit nie alles be�ndig nie en van al jou probleme vry wees?

Die een voorstel na die ander dring sulke mense se gedagtew�eld binne, oorrompel uiteindelik die gedagtew�eld en spoor dan die siel aan tot 'n definitiewe stap van selfmoord.

Maar, weer n keer, nie elke keer is selfmoord-neigings te wyte aan die werking van demone nie. Soms is n chemiese wanbalans in die menslike liggaam die oorsaak daarvan.

Die probleem is elke keer dat mense wat in hierdie wurggreep vasgevang is, nie hulself kan help nie en in die meeste gevalle ook nie gehelp wil wees nie omdat hulle siek is.

En elke keer weet die omstanders van die toestand en doen self niks daaraan nie. Hulle gaan bespreek nie die toestand met die persoon se dokter nie, of in sielkundige raad in nie.

Ons weet van heelwat gevalle waar die omstanders soos gesinslede en familie wel opgetree het, die slagoffers is dan onder dwang na n inrigting geneem waar bloedtoetse en spesialis-behandeling toegepas is en die slagoffers wonderbaarlik herstel het.

Die slagoffers het later in onderhoude wat ons met hulle gevoer het, vertel dat hulle nooit wou doen wat hulle gedoen het nie, maar hulle was magteloos, sommige weens demone, ander weens n chemiese wanbalans.

Behalwe waar daar deur n gawe van onderskeiding van geeste bepaal kan word of demone die oorsaak is, moet alle sulke slagoffers liefs eers medies ondersoek word.

Daar is Christene wat beweer dat Christus in alle gevalle moet genees en dan siekes nie van dokters, apteke, hospitale of klinieke gebruik mag maak nie. Diesulkes maak hulself skuldig aan sektariese gebruike. Die rol van die mediese wetenskap mag nooit onderskat word nie. As dit nie vir die almag van God die Vader was nie, sou daar nie n mediese wetenskap gewees het nie. Daarom mag die rol wat God in die mediese wetenskap speel, nooit onderskat word nie.

Een van Suid-Afrika se bekendste torakchirurge s� Of genesing geskied vanwe�gebed, medisyne of chirurgie, in alle gevalle is dit Jesus Christus wat genees.

 

Godsdienstige-demone

 

Ons is nie van die spoor af nie. Godsdiens-demone is van 'n ho� rang as gewone duiwels. Hulle val die geestelikste mense aan.

Hulle is demone wat as Engele van die Lig hulself voordoen. Hulle sal die goeie aan die hand doen om die bose voort te bring. Eva wou soos God wees en Satan het haar mislei en voorgestel dat sy wyser sou wees as sy van die vrugte aan die boom eet.

Sommige mense kom in die Liggaam in en wil soms die hele diens oorneem, en glo dat hulle gese� word (so voel hulle). Hulle glo dit is die Heilige Gees wat hulle se�, maar dit is 'n godsdienstige demoon wat op hulle gemoedere inwerk en hulle daardeur bedrieg.

Ander staan op om te getuig en verkleineer elkeen wat nie glo en handel soos hulle nie. Dit is demoniese-obsessie. Dit is nie die Gees van God nie.

Van tyd tot tyd duik gevalle op waar sogenaamde Christene beweer dat hulle die een of ander diepe verborgendheid in die Bybel ontdek het. Hulle slaag daarin om heelwat ander van hul nuwe siening te oortuig wat veroorsaak dat gemeentes skeur en sektariese groeperinge tot stand kom.

Hoe kan hulle verlos word?

As een lid ly, ly die hele Liggaam. Gelowiges met die gees van onderskeiding moet besef dat demoniese magte aan die werk is en met geestelike oorlogvoering van die onheil ontslae raak. Sommige kere sal sulke demone nie wyk sonder vas en gebed nie.

In die meeste gevalle besef van die gemeentelede dat daar fout met iemand is, maar in plaas van tot geestelike oorlogvoering oor te gaan, begin hulle deur so iemand te bespreek en soms gaan dit oor na n goedkoop geskinder.

Dit is waarom die Woord van die Here ons dring om vir mekaar te bid, mekaar se laste te dra, mekaar te se� en mekaar lief te h� Dit is die hoofkenmerke van ware Christenskap.

Besef u dat Christene as broers nader aan mekaar is as ongeredde familie? Johannes 1 vers 12 lees: Aan almal wat Hom aangeneem het, het hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy naam glo wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees uit, die wil van die man nie, maar uit God gebore is.

Efesi�s 4:25 lees: Daarom, l�die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste hoekom? -- want ons is mekaar se lede.

Diegene wat van godsdiens-demone verlos word moet bely dat hulle hulself oopgestel het daarvoor. Dit kos selfvernedering om hierdie belydenis te maak en min mense is gewillig om dit te doen. 'n Groot oorwinning word behaal wanneer die duiwel se magte ontdek en geopenbaar word. Baie mense ontvang nooit verlossing as gevolg van hulle eie hoogmoed nie.

Daar is verskeie soort godsdiens-demone. Die satan het vandag baie leermeesters wat valse leerstellings verkondig en veroorsaak dat mense van die geloof wegdwaal en Christus verlo�. (2 Petrus 1:1-2)

Hierdie bose geeste beoog om mense die Maagdelike Geboorte, die Krag van Sy Bloed, Sy Wederkoms en die Drie-eenheid te laat ontken.

VOORBEELDE VAN DEMONIESE-OBSESSIE

 

In die Ou Testament het ons die klassieke voorbeeld van Saul. Hy is gesalf tot koning oor die volk van die Here. Hy het egter deur sy ongehoorsaamheid die guns van God verloor en in 1 Samuel 15 en 16 lees ons dat God 'n bose gees toegelaat het om Saul aan te val.

Lees weer: God het nie die bose gees gestuur nie. God het Sy hand van beskerming van Saul af weggetrek, en toe het die bose gees daarin kon slaag om Saul aan te val.

Nadat hy by die heks van Endor was het en Samuel se gees opgeroep is, het hy na die slagveld gegaan. Die selfmoord-demoon het van hom besit geneem en hy het sy hand aan sy eie lewe geslaan en gesterf.

 

Hoe het die demoon hom aangeval?

 

        Hy was God se keuse as koning

        Hy was egter ongehoorsaam

        'n Bose gees het van hom besit geneem

        Hy oortree deur die gees van Samuel te raadpleeg

        Hy pleeg selfmoord toe 'n selfmoord-demoon heeltemal van hom besit neem

 

Ook in die Nuwe Testament kry ons 'n voorbeeld van 'n man wat o�skynlik die Here gedien het en toe sy hand aan sy lewe geslaan het. Dit was Judas Iskariot.

 

        Hy het onder die dissipels van Jesus Christus getel

        Hy het ook die opdrag in Mattheus 10 ontvang om die Evangelie te gaan verkondig, siekes te genees, melaatses te reinig en bose geeste uit te dryf

        Tog lees ons in die Evangelies dat jaloesie en geldgierigheid van hom besit geneem het.

        Ons lees ook dat die Satan van hom besit geneem het

        Hy het probeer om sy verraad ongedaan te maak, maar dit was te laat

        Die selfmoord-demoon het hom beweeg om selfmoord te pleeg

 

In Efesi�s 4:27 lees: en gee geen plek aan die duiwel nie! Hierdie is nie vir sondaars geskryf nie, maar aan die gelowiges. Wat beteken dit? Dit beteken dat dit moontlik is vir gelowiges om plek aan die satan in hul lewens te gee, vandaar die tydige vermaning: Gee geen plek aan die duiwel nie!

 

DEMONIESE-ONDERDRUKKING

 

Die plan van die demone is om te veroorsaak dat God se kinders Hom onder laste, kwelling of bedruktheid moet dien. Met ander woorde, hulle moet deur demone gekwel word.

Die lewe in Christus Jesus is een van oorwinning, een van bo die omstandighede lewe en nie onder die omstandighede nie. As omstandighede ons onderkry, dan is daar fout.

Sommige is heeltemal tevrede met hulle lot en regverdig hierdie wanpersepsie deur te s�dat hulle n doring in die vlees het.

Gelowiges kan deur demone onderdruk word. Jesus het almal wat deur die duiwel onderdruk was, genees. Jesus het aan Sy dissipels mag gegee om bose geeste uit te dryf.

As n gees van twyfel, droefheid en verwarring intree, weerstaan daardie demone in die naam van Jesus Christus en hulle sal van jou af wegvlug. Glo dit, vertrou daarop, want die Lewende Woord van die Here s�dit.

Die meeste hedendaagse predikers preek slegs oor die liefde van God en rep geen woord oor Satan en sy bose geeste nie. Dikwels voer hulle allerhande teologiese en selfs filosofiese redes hiervoor aan, maar die feit bly dat die kind van God met 'n werklike vyand te doen het.

Sulke predikers weerhou hierdie noodsaaklike kennis van hulle mense en veroorsaak dat hulle gebind bly. Satan sal sorg dat hierdie kennis aangaande sy bose aktiwiteite nie versprei nie, want op hierdie wyse word verlossing van die gebonde mens weggehou.

Hy doen hom altyd voor as 'n Engel van die Lig om sodoende die Waarheid van verlossing af te water tot 'n kragtelose godsdiens.

 

RUSTELOSE-DEMONE

 

Hulle is altyd aktief, soekende na plesier, rusteloos, gee nooit 'n kans om te ontspan nie. Dit is die simptome van rustelose duiwels. Mens vind hulle veral by jongmense. Hoe ouers ookal met sulke jongmense probeer redeneer en hulle tereg wys, help alles net mooi niks.

Ouers moet begrip daarvoor toon dat kinders deur die ouers beskerm word. Kinders moet liefde kry en gereeld gese� word. Hulle moet aan die moederskoot in die we�en insetting van die Here grootgemaak word. Word dit nie gedoen nie, is hulle oop teikens vir aanvalle deur demone.

Weerstaan hulle in naam van Jesus Christus. Moet geen toegang aan hulle verleen nie!

 

'N GEES VAN DROEFGEESTIGHEID

 

Hierdie bose geeste wil die kinders van God ontmoedig. Hulle maak morbiede voorstelle tot hulle daarin slaag om u van u vreugde te ontneem. Hulle beskuldig u dat u teruggevalle is; nie heilig genoeg is nie; 'n tweegesig is. Onthou, die Bybel noem die satan, die vader van die leuen. Sy grootste strategie is seker om vir mense te lieg. Hulle gaan haal gedurig die spreekwoor-delike bobbejaan agter die bult.

Met al hierdie beskuldigings beoog hulle om van 'n mens besit te neem. Weier absoluut om hierdie bose geeste 'n plek in u gedagtes en lewe te gee.

 

OWERSPEL-DEMONE

 

Meeste egskeidings word deur satan veroorsaak. Hy maak van owerspel-demone gebruik om huwelike te verwoes. Deur huwelike te verwoes, beskerm hy sy eie koninkryk. Huwelike, die gesinslewe, is die pilare van n volk. Verkrummel daardie pilare, stort die ganse Volk ineen.

Ons hoor gereeld van huwelike wat probleme ondervind. Dan word daaroor geskinder, in plaas daarvan dat daar met grootse besorgdheid gevas en gebid word vir daardie huwelik.

Besef u hoeveel kindertjies gaan halfwees deur die lewe weens egskeidings? Waarom is u nie besorgd daaroor nie? Waarom re� gemeentes nie tye van vas en gebed vir sulke huwelike nie?

Ons is gou om die vinger na die skuldige te wys. Sommige het inligting dat die man die sondaar is, ander dat die vrou die sondaar is. Nee, duisend maal nee, die sondaar is die duiwel en demoniese magte. Dis hulle wat daardie gemeente, daardie huwelik binnegedring het en besig is om dit te vernietig. En ons, ons waag dit ook om praatjies daaroor te maak. Ons staan skuldig voor die Almagtige God want ons het nie die Liefde nie. As ons die Liefde gehad het, sou ons in trane en besorgdheid gaan vas en bid het.

'n Duiwelse mag neem van die man of vrou besit en veroorsaak dat hy/sy in plaas van liefde, haat vir die ander persoon voel. Dit eindig in 'n egskeidingshof waar die regter 'n egskeiding toelaat. Dit is duidelik deur die satan ingegee, want die Woord van God verklaar baie duidelik, "Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie." (Mattheus 19:6)

Ons het owerspel gepleeg. God het aan ons toe die skeibrief gegee en ons was van God afgesny. Maar God kom in Sy grootte Liefde en Genade en laat Christus aan die Kruis op Golgota sterf sodat ons weer met God versoen kan raak.

Het ons so min waardering vir daardie wonderlike Liefde van Hom vir ons, dat ons geen besorgdheid toon wanneer n huwelik in duie stort nie?

n Huwelik is n verbond tussen drie persone, die bruid, die bruidegom en God. Wat op die aarde gebind word is in die Hemel gebonde.

Baie huwelike beland op die rotse omdat die oorsake van die probleme nie in hul kinderdae gesoek gaan word nie. Daar is leemtes wat gevul moet word. Sommige grootmense is al 40 jaar oud en gedra hulle nog soos tieners.

n Man is nie n man omdat hy 35 jaar oud is nie. Hy is nie n man omdat jy getroud is nie. Dieselfde argument geld vir die vrou.

Wasdom se kenmerke is n gebalanseerde opvoeding, nie menseregte nie, maar die re�s en die wette van dissipline, liefde en moraliteit is kenmerke en n ware Liefde teenoor Jesus Christus.

Die wanaanpassings is soms so groot dat mense nie eers hulself liefhet nie, daarom kan hulle ook nie ander liefh�nie.

In al hierdie gevalle is mense se lewens oopgestel vir aanvalle deur n verskeidenheid van demone. Die huwelik is n Goddelike instelling. Satan weet dit en hy haat dit.

Sowat 21 000 Boere-kinders het onskuldig in die Engelse konsentrasiekampe in Suid-Afrika gesterf. Nog 6 000 vroue van die Boervolk het ook onskuldig omgekom. Vandag skeel daardie trauma in die volkslewe van die Boervolk ons min.

Maar vandag sterf nog meer vroue en kinders weens ons eie toedien. Sommige sterf geestelike, ander fisies.

Ons land is vol gebroke huise. Jesus Christus heel die gebroke harte, maar hy het Sy kinders nodig om die gebrokenes se las te dra, vir hulle te bid en hulle deur middel van berading te help om innerlike genesing te ervaar.

 

BEVOOROORDEELDE, KRITIESE-, BESKULDIGENDE-

EN MISLEIDENDE DEMONE

 

Satan het 'n le� van bose geeste wat verwarring, kritiek, twyfel en wantroue in die gemeente van Christus teweeg bring.

Wanneer 'n kritiese gees van 'n enkeling besit neem, kan die persoon 'n gemeente heeltemal skeur.

'n Gees van ongeloof mag die Liggaam binnekom en die geloof van die gemeente strem. Hulle het Petrus aangeval toe hy op die water na Jesus geloop het en het veroorsaak dat hy byna gesink het. Die dissipels weer is aan die voet van die Berg van Verheerliking aangeval.

Vandag tref ons baie min aktiewe geloof aan, omdat baie Christene onwetend toelaat dat 'n gees van ongeloof hulle geestelike lewe ondermyn.

Die ironie is dat daar mense is wat n onwrikbare geloof in twak soos bygelowe het. Dis verstommend om te verneem watter bygelowe hulle het.

Rugbyspanne draf op die veld met gelukbringers. Sommige spelers glo hulle moet eers die linker kous en dan die regter kous aantrek, die stewels allig omgekeerd. Of hulle moet noodwendig die een of ander hangertjie om hul nekke dra.

Daar is die wat glo hulle gaan ongelukkig wees as hulle n spie� breek. Ander stap nie onder deur n leer nie. Sommige glo dis geluk as n vo�tjie op hulle mis. Sommige hou duim vas vir mekaar, in plaas van gebed en geloof.

Ander glo as hulle n swart kat in die nag sien, gaan die ongeluk hulle ry. Sommige glo die syfer 13 is bring ongeluk, veral op n Vrydag. Hierdie dinge glo hulle onwrikbaar aan terwyl daar hoegenaamd geen waarheid in steek nie, maar die Bybel, die glo hulle nie.

Wat die syfer 13 betref, gaan sommige lugdienste so ver as dat daar nie n nommer 13-sitplek op hul vliegtuie is nie want passasiers wil nie daar sit nie. En van die nooduitgang word gewoonlik geplaas waar sitplek nommer 13 moet wees.

Die verhaal rondom die syfer 13 kom uit die dae toe Jesus op aarde was. Daar was 12 dissipels saam met Jesus. Hulle was 13 in totaal. Een van die 13 was n verraaier. Jesus word as gevolg van daardie verraad op n Vrydag ter dood veroordeel.

Ander vertel die verhaal so: Jesus, wat die onskuldigste van die 13 was, was eintlik nommer 13 en dis Hy, nommer 13, wat verraai is.

Die waarheid is dat niks hiervan waar is nie, maar, veronderstel dit was waar, dan is 13 vir alle gelowiges eintlik n gelukkige nommer want deur Nommer 13 se sterwe aan die Kruis het daar vir ons verlossing gekom!

Daar is mense wat die Sterre Voorspellings gereeld lees en toelaat dat dit hulle beinvloed. Ander speel verskeie kaartspelle om leiding te kry of die toekoms te kan bepaal, sommige besoek waarsegsters, ander speel glasie en roep geeste op, maar van die Bybel, die enigste Waarheid op hierdie sondige aarde, weet hulle niks. Hulle bestudeer nie die Skrifte nie, bid nie die Heilige Gees om leiding nie en inderdaad is dit soos wat die Skrif s� Sy volk gaan te gronde weens n gebrek aan kennis.

Wanneer hierdie geeste in 'n gemeente of n gemeenskap werksaam is, kom daar nog ander verleidende geeste en so kry ons vandag baie gelowiges wat onder valse leerstellings gebuk gaan.

Demone fluister gewoonlik vir hulle slagoffers dat daar niks met hulle verkeerd is nie; hulle moenie te radikaal of te streng in hulle sienswyse wees nie; mense sal aanstoot neem; preek liefde, net nie oor die hel of oor die duiwels nie. Hulle doen ook aan die hand dat u met mense wat ruim opvattings het, vriende moet wees - w�eldgesinde mense.

Inderdaad is dit so wat hulle selfs vir hulle leraars versamel om hul gehoor te streel.

 

ONEERLIKE DEMONE (Bedrog-geeste)

 

Dit word diefstal, bedrog, korrupsie en nog baie ander name genoem. Ons klassifiseer dit egter as oneerlike geeste. U mag dit "kleptomania" noem, maar dit is niks anders as demone nie. Male sonder tal verskyn mense in die howe en getuig dat dit nie hulle is wat die verkeerde daad gepleeg het nie. Hulle weet nie waarom hulle dit gedoen het nie. Ander herken agterna die demone en getuig dat hulle onder die invloed van demone was.

LEUEN-DUIWELS

 

Mense weet soms nie waarom hulle leuens vertel nie, maar doen dit nogtans makliker as om die waarheid te vertel. 'n Treffende boodskap sal hulle na die altaar laat gaan, om maar net weer daarna voort te gaan. Dit het al gebeur dat ons verstom staan oor iemand se leuens en vir onsself afvra: maar kom die man dan nie agter dat ons weet hy lieg nie?

Wat is dit? Dit is leuen-demone wat leuens aan hulle suggereer. Hulle gee toe aan die duiwel se voorstelle en voordat hulle dit besef, het hulle weer 'n leuen vertel. 'n Leuen-duiwel met 'n eie persoonlikheid het so 'n persoon versoek. Weerstaan die duiwel in die Naam van Jesus Christus en hy sal van u wegvlug.

Efesi�s 4 vanaf vers 22, lees: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet afl�wat deur die begeerlike (nog demone) van verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet in die gees van julle gemoed, en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

Daarom, l�die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede, en vers 28: Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom lieeer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan h�om te deel met die een wat gebrek het.

As mens n vriend het wat gereeld jou geld steel, dan sal jy beslis iewers vastrap, n streep trek en die vriendskap be�ndig. Waarom dan nie die satan op dieselfde wyse teenstaan nie?

 

VERDERE METODES VAN SATAN

 

Toe Dani� tot die Here gebid het, is die Engel van die Here, wat die antwoord van sy gebed gebring het, 21 dae verhinder deur Satan. Migael, die aartsengel moes kom help om die antwoord by Dani� te kry (Dani� 10).

Die prins van die koninkryk van Persi�was nie 'n aardse prins nie, maar 'n prins van Satan wat oor die regering van Persi�aangestel was. Satan stel dus 'n duiwel-prins oor elke regering aan.

S�die Skrif nie dat hy die prins en maghebber van die lig is nie? Soos die Engel van die Here 'n laer trek rondom die wat Hom vrees, so is die duiwel se bose geeste aangestel om verbrokkeling te veroorsaak en om u te be�vloed of te kwel. Baie keer gebruik hy u geliefdes in u huis om dit vir u so moeilik moontlik te maak.

Persone onder Satan se invloed moet begeer om bevry te word voordat hulle geestelik gehelp kan word. Hulle moet hulle toestand erken - dit sal 'n stap na verlossing en oorwinning wees. Weerstand teen bose magte is absoluut nodig vir 'n algehele bevryding.

Demone neem besit deur die gebied te neem wat u hulle toelaat. Hulle neem elke deel van u in besit deur u toestemming, of as u toegee aan hulle voorstelle. Die bose geeste wat mense bind met slegte gewoontes, moet weerstaan word.

Die rookgewoonte mag so van u besit neem dat u voel dat dit onmoontlik is om daarsonder te lewe, maar as u dit sou weggooi, weier om daarmee iets te doen te h�en die suggesties van Satan weerstaan as hy 'n lus daarvoor opwek, sal u die oorwinning behaal.

Bestraf die duiwelsmag, beveel hom in die Naam van Jesus om u te los en sy gewoonte saam met hom te neem.

Weerstaan die gewoonte - God sal die res doen.

God is nie alleenlik Almagtig nie, maar dit is Sy Wil dat u verlos word. As gelowige is u veronderstel om vry te wees. U is nie veronderstel om bindinge in u gees te h�nie.

Die Christen se oorlogvoering is geheel en al geestelik, dus moet ons die hele wapenrusting van God aantrek (Efesi�s 6: 11-17). Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen 'n ho� rang van gevalle engele, teen invloede en ingewinge van duiwels, wat volmag van satan het en teen die heersers van die duisternis, wat groot hordes van bose geeste onder sy toesig het.

Ons veg dus teen die w�eldheersers van die duisternis. Dit is hy en sy gevalle engele wat u gebede verhinder en morbiede gedagtes oor u bring.

Dit is waarom God die volle wapenrusting van ons verlang, naamlik: WAARHEID, die WOORD van GOD, GEREGTIGHEID, die EVANGELIE van VREDE, GELOOF en die HEILIGE GEES. Waarom moet ons die wapenrusting aantrek? Om die vurige pyle van die duiwel af te weer.

Deur Jesus Christus is daar verlossing. Jesus s� "In My Naam sal julle duiwels uitdryf." (Markus 16:17). Glo dit en doen dit!

Ons het die demone alreeds oorwin, omdat Jesus Christus hulle aan die kruis in die openbaar uitgeklee het en oor hulle getriomfeer het. (Kol. 2:15). Ons is dus nie diensknegte of slawe van satan nie, maar wel kinders van 'n lewende God; Koning-seuns wat gesag en mag ontvang het om deur die Heilige Gees daagliks die Bose te oorwin.

Ons is meer as oorwinnaars!

 

DIE UITDRYF VAN DEMONE

 

Ons moet Skriftuurlik handel om demone te kan uitdryf. In Markus 16:17 lees ons: "In My Naam sal hulle duiwels uitdryf." As ons verwag dat die duiwels moet vlug, moet dit in die Naam van Jesus geskied.

Jesus het altyd die duiwel aangespreek en bestraf, nie die individu nie. Paulus het dieselfde in Handelinge 16:18 gedoen, "En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees ges� Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan, en hy het dieselfde oomblik uitgegaan."

Toe Jesus die legioen duiwels in Markus 5:8 uitgedryf het, het Hy ges� "Onreine gees, gaan uit die man uit."

Met 'n ander geleentheid het Jesus in die sinagoge gegaan en toe begin die onreine gees in die man skreeu. Jesus het die onreine gees bestraf en ges� "Bly stil, en gaan uit hom uit." (Markus 1:25). Die Bybel bevat baie voorbeelde van uitdrywing.

Jesus het die duiwel in die seun aangespreek en bestraf: (Mattheus 17: 14-21; Lukas 9: 37-42; Markus 9:14 en 27).

Jesus het die duiwel aangespreek in Markus 9:25: "Toe Jesus sien dat 'n skare bymekaarstroom, het hy die onreine gees bestraf en ges� Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit terug nie."

Nie altyd egter is iemand doof (en daarom stom) vanwe�demone nie. Dit kan ook n liggaamlike gebrek wees.

Die skrywer was teenwoordig toe n meisie wat eens kon praat en hoor, skielik stom en doof geword het. Haar ouers het haar na n toordokter geneem toe sy een keer siek geword het. Die toordokter het sekere medisyne voorgeskryf en toe n doek om haar nek vasgebind wat sy nooit mog afhaal nie. Van daardie dag af was sy stom en doof. Ons beskik oor haar foto en getuienis.

Dokters by n kliniek kon nie begryp waarom sy stom en doof geword het nie. Haar ouers is later na n diens waar vir haar gebid is. Nog kon sy nie weer hoor of praat nie. Een van die predikante teenwoordig het skielik n knipmes uit sy sak te voorskyn gehaal en die doel om haar nek losgesny. Dit is duidelik bewys van die werking van demone.

n Vriend van die skrywer se een seuntjie het herhaaldelik ernstige koors gekry. Daar is telkens hande opgel�en gebid en die koors het gewyk, om maar net weer na n dag of twee terug te keer. Medikasie had dieselfde uitwerking.

Dit blyk later dat die ouers in die huis heelwat voorwerpe as aandenkings aangehou het wat deur toordokters getoor was. Toe die aandenkings alles stukkend geslaan en aan die brand gesteek was, en die vuur heeltemal uitgebrand het, het die koors vir eens en vir altyd van self gewyk.

"En Hy het Sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en kwaal te genees." (Mattheus 10:1).

Iemand wat duiwelbesete of met duiwel-obsessie of -onderdrukking gepla is, kan bevry word deur die gebed van gelowiges. "Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag." (Hebre�s 11:6)

Markus 9:22-23: "En dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons. En Jesus s�vir hom: Wat dit betref - as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo."

Die krag l�in die Woord van die Here, in die naam van Jesus Christus. Hierdie krag is 100 persent. Ons kan dit nie vermeerder deur n geraas of n geskreeu nie. Verder tree ons op omdat ons in hierdie Naam en in hierdie Krag glo.

S kom daar verlossing van die mag van die duiwel.

 

Onthou dus:

 

        Die noodsaaklikheid van verlossing moet ingesien word

        Glo God en Sy Woord

        Gebruik die gesag wat aan elke gelowige gegee word in die Naam van Jesus

        U staan op oorwinningsgrond

        Weerstaan u vyand te alle tye

        U is nie 'n dienskneg van satan nie

        U is nie 'n slaaf nie

        U is 'n Koningseun en n Koningsdogter

        U is 'n mede-erfgenaam van Jesus Christus

        Jesus Christus het ook aan u ges� "Ek gee jou mag oor AL die KRAG van die VYAND." (Lukas 10:19)

 

In n betrokke diens waar vir siekes gebid was, het n man gevra dat vir sy rugprobleem gebid moet word. Die man het vertel dat hy al verskeie kere vir sy rug laat bid het, maar dat dit vir n dag of twee gehelp het of glad nie gehelp het nie.

Die prediker het weens die gawe van die onderskeiding van geeste dadelik aan die man ges�sy rugprobleem l�nie by hom nie, maar by sy vrou.

Toe die prediker die demoon in die vrou aanspreek, het die demoon noem toe n naam. Dit blyk toe dat die naam die reeds afgestorwe moeder van die vrou met die demoon was. Die vrou vertel toe hoe dat haar moeder, telkens wanneer hulle as kinders op die plaas siek geword het, haar ma die hulp van n toordokter van n nabygele�plaas ingeroep het.

Nadat hierdie demoon uit die vrou gedryf was, was haar man se rug genees. Hierdie demoon was in die vrou aanwesig, maar hy het homself in haar man se rug manifesteer.

 

DIE KRAG VAN DIE BLOED

 

In Exodus 12 vanaf vers 1 lees ons: En die Here het met Moses en Aaron in Egipteland gespreek en ges� Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees. Spreek tot die hele vergadering van Israel en s� Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 'n lam neem volgens die familie, 'n lam vir 'n huisgesin.

Julle moet 'n lam h�sonder gebrek, 'n jaar oud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende van hierdie maand en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit een die aand slag.

En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel van die huise waar hulle dit eet.

En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet.

Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjie saam met die binnegoed.

En so moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan julle voete en jul staf in jul hand, baie haastig moet julle dit eet. 'n Pasga van die Here is dit.

Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die Here.

Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huis waarin julle is, as Ek die bloed sien sal Ek by julle verbygaan, en daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.

In geloof gaan 'n vader na die plek waar die lammers aangehou word. Hier vind hy 'n wit lam, maar met 'n swart vlek, en hy sit dit eenkant; hier 'n ander een, maar hy is te oud - nog en ander een, volmaak behalwe vir 'n gebreklike oor, en so gaan die gesoek voort, totdat 'n lam gevind word wat voldoen aan al die voorwaardes wat deur God gestel word.

En dan, as die son in die weste begin sak - gaan daardie vader terug na sy huis toe, hy weet dat hy in sy arms meer as 'n lam het - die lewe van 'n mens, want die lewe is nie in die lewendige lam nie, maar in die gestorte bloed.

Hier het ons 'n voorbeeld van mense wat in slawerny is, 'n uitverkore volk aan wie die Here eertyds 'n Belofte gegee het dat Hy hulle na 'n land sal bring wat van melk en heuning oorloop. God het hierdie Verbond met Abraham gesluit.

Hierdie kinders van die Belofte het onder mense gewoon wat afgode aanbid het, nogtans het hulle nooit 'n deel van die heidense nasie geword nie. Hulle het hul o�op die Belofte en op die Verbond wat die Here honderde jare tevore gemaak het, gehou.

Nadat die gestorte bloed aangestryk was, het elke lid van die huisgesin die huis binnegegaan en die deure gesluit. Die bloed het hul beskutting geword. Die bloed het die waarborg vir hulle lewens geword. Die bloed moes die vloek van die sonde - die dood - uitdelg.

Teen dagbreek die volgende oggend het die Egiptenare se krete van smart opgestyg, 'n weeklaag van treurendes, vanaf die paleis van die koning, die huis van die hoer, die bedelaar trouens van elke huis waar die bloed nie aangestryk was nie.

Die doodsengel het in die nag besoek afgel�en sy visitekaartjie daar gelaat, maar in die huise van die kinders van Israel was daar 'n kreet van gejubel, die klank van danksegging en lof. Die doodsengel het die bloed gesien en verby gegaan.

Die bloed aan die deurposte het skeiding gebring tussen:

 

        Israeliet en Egiptenaar

        Gehoorsame en Ongehoorsame

        Lewe en Dood

 

Die Pasgalam se vleis wat hulle ge�t het, het vir hulle 'n skeiding tussen siekte en gesondheid aangetoon.

Die vlees het vlees van hul vlees geword, been van hul been, en vir veertig jaar lank sou almal wat deel van God se volk uitgemaak het, volmaak gesond bly.

God het die toestand van die volk, wat slawe was, gesien en vir hulle 'n verlosser gestuur; Moses om hulle uit die slawerny uit te lei. Hy was waarlik 'n God-gegewe verlosser. Selfs die koning van Egipte moes erken dat God hom gestuur het. God het Moses se bediening met tekens en wonders bevestig.

Laat ons nou saam met die volk van God op hul groot Exodus gaan. Die bloed het vrygemaak, omdat hulle gehoorsaam aan die Woord van God was. Die vlees van die pasgalam sou krankhede van die volk van God weer.

Albei handelinge, die aanwending van die BLOED en die eet van die LAMMETJIE was in die geloof gedoen. Hierdie handelinge van GELOOF was die begin van hulle reis deur die woestyn, oor berge, deur die Rooi See, deur valleie tot groot oorwinnings oor hulle vyande. Manna, water en kwartels het in hulle lewensbehoeftes voorsien. Die eerste geloofstap het algehele bevryding gebring, verlossing en beskerming in elke opsig.

Honderde jare later was die kinders van Israel weer in slawerny, hierdie keer deur godsdienstige tradisie. Vir 400 jaar was die stem van die profeet stil. Die bloed van 'n dier kon nie langer vir die sondes van die mens versoening doen nie; vorm-godsdiens en tradisie was aan die orde van die dag. Die mens het nie meer in die heerlikheid van 'n geheiligde lewe gewandel nie. Hulle het 'n uiterlike vorm van vroomheid gehad, maar die inhoud het ontbreek.

Jesus Christus is deur God na die w�eld as die Verlosser gestuur. Hy het gekom om die slawerny van sonde en siekte te be�ndig. Vandag is Sy boodskap nog geldig. Petrus skryf: "Deur die gestorte Bloed is daar vergifnis van sondes, deur wie se wonde julle genees is."

Net soos die geofferde lam moes sterf en sy bloed aan die deurposte gestryk word, so moes ook die Paaslam van God, Jesus Christus sterf en Sy bloed het skeiding gemaak tussen:

die seuns van God en die seuns van satan; gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid; Lewe en dood.

Die bloed het nooit sy krag verloor nie. Jesus Christus is beide ons Verlosser en ons Ho�riester. Elkeen wat die bloed van Golgota aanvaar, aan hom het Hy die mag gegee om 'n seun van God te word.

In die geestelike sfeer is daar baie keer 'n parallel. Uit die natuurlike lewe kry ons die beeld van die natuurlike geboorte. Hierdie geboorte gaan gepaard met pyn en lyding en gegote bloed. Na die geboorte gee die ouers die baba 'n naam wat dan in die register van Geboortes en Sterfgevalle opgeteken word. Die ouers is verantwoordelik vir die opvoeding van hulle kinders, voedsel, kleding, mediese hulp en beskerming.

Die sondaar, wat 'n kneg en slaaf van satan is, moet die bloedoffer van Golgota ontvang en die bloed moet aan die deurposte van sy hart gestryk word om God as Vader te verkry (want almal wat Jesus aangeneem het, aan hulle het Hy die mag gegee om seuns van God te word.)

Aan hulle word 'n nuwe naam gegee, wat in die Lam se Boek van die Lewe geregistreer word. Die Vader sorg vir die voeding, kleding, onderhoud en genesing van Sy kind.

1 Johannes 1:7 lees: "Die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde."

Lukas 9 lees: "Jesus het die 12 dissipels bymekaar geroep en aan hulle mag en gesag gegee om duiwels uit te dryf en siektes te genees. Daarna het Hy hulle uitgestuur om die Koninkryk van God te verkondig en om die siekes te genees."

In Markus 16 tref Jesus voorbereidings om na Sy Vader terug te keer en preek Sy laaste boodskap op aarde. "En Hy het vir hulle ges� Gaan die hele w�eld in en verkondig die Evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop sal gered word, maar hy wat nie glo nie sal veroordeel word. En dan:

Vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem, en as hulle iets dodeliks drink sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande l�en hulle sal gesond word."

Nadat die Here Jesus met hulle gepraat het, is Hy na die Hemel opgeneem en sit Hy aan die regterhand van God.

Is Genesing vir Almal?

 

In die w�eld eis siekte en kwale die lewens van duisende vandag, ten spyte van groot mediese vordering, kennis en praktyk. Duisende Christene is siek en die prediker gee niks anders as simpatie en bejammering nie, maar verseker die slagoffer dat dit die wil van God moet wees; dat dit vir sy beswil is, of dat God die pasi�t 'n les van nederigheid wil leer, of dat hy daardeur nader aan God getrek moet word.

Die grootste struikelblok vir geloof van baie wat genesing soek, is die onsekerheid of dit die wil van God is om almal te genees. Byna almal weet dat God sommige genees, maar baie twyfel of die Bybel leer dat genesing vir almal bedoel is.

Dit is onmoontlik om deur geloof se�inge met oortuiging te eis as ons nie seker is of God dit aanbied nie, want die se�inge van God kan net ge�s word as ons weet dat dit Sy wil is. God verseker die sondaar van Sy reddende liefde in Johannes 3:16. "Want so lief het God die w�eld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h�" Net so kan en mag die kranke genesing vir homself toe�en.

Ja, dit is die Wil van die Here dat siele gered moet word en ja, dit is die Wil van die Here dat ons blydskap volkome moet wees, dat ons gelukkig en gesond is. Dit, is deel van die volle Evangelie.

Het dit tot u deurgedring presies wat in die vorige paragraaf staan? Daar staan: Dit is die Wil van die Here dat u blydskap volkome moet wees!

Johannes 16:24 lees: Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees!

Ja, daar is ware blydskap in n mens se hart deur net te weet dat jy weet dat dit die Vader se Wil is om ons gebede te beantwoord, omdat dit Sy Wil is dat ons blydskap volkome moet wees.

Albei uitnodigings kom na elke mens en elkeen wat dit maar net wil aanneem, "Sal gered word, sal lewe h� sal gesond word, sal hom oprig, almal genees en almal wat Hom aangeraak het, is genees".

Wie maak gesond, die een wat bid? Nee. Ek is die Here wat jou gesond maak. (Exodus 15:26).

Die Bybel verklaar dat Goddelike Genesing vir alle mense bedoel is.

Adam het deur sy ongehoorsaamheid die hele mens - liggaam en siel onder die mag van die Bose gebring.

Jesus Christus, "die tweede Adam", het vir die hele mensdom, liggaam en siel gesterf. Die woord "redding" beteken "genesing vir siel en liggaam", en word vir beide liggaam en siel gebruik. (Markus 5:23; 16:16; Lukas 8:36; Handelinge 2:21; 14:9; Efesi�s 2:8; Handelinge 4:12; Markus 5:34; Lukas 17:19; 18:42; Markus 6:56).

Ons twyfel nooit aan God se gewilligheid om die vuilste sondaar te red nie, want die Woord van God s� "Jesus Christus het gekom om te soek en te red wat verlore was." "Elkeen wat in Hom glo sal nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe h�" (Johannes 3:16) Dit beteken dat ALMAL GERED KAN WORD, as hulle net sal ontvang wat God voorsien het.

So ook s�die Skrif: "Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem en ons smarte het Hy gedra." (Jesaja 53:4; Mattheus 8:17)

Predikers moet lering gee asook praktiese uitoefening oor redding van die siel en genesing van die liggaam. (Mattheus 10:8; Markus 16:17-18; Lukas 10:9).

Predikers wat weier om vir siekes te bid, is onder die veroordeling van God. (Esegi� 34: 2-4).

As u verlang dat n gemeente moet tot bekering kom en genees en verlos word van vrees en demone en na 'n oorwinnende, Christelike lewe gelei word, dan moet u hulle onderrig in die hele waarheid. Verlossing het vir beide liggaam en siel gekom.

Hier is 'n paar onweerlegbare bewyse dat dit die wil van God is om ALMAL vandag te genees:

 

        God het nie en hy gaan nie verander nie. As God iemand in die verlede genees het, sal Hy vandag nog dieselfde doen. Jesus het in die verlede ALMAL wat na Hom toe gekom het, genees en Hy sal dieselfde vandag nog doen as ons dieselfde voorwaardes nakom. God is geen aannemer van die persoon nie. (Hebre�s 13:8; Jakobus 1:17).

 

        God se Woord bly onveranderd (Mattheus 5:18; Jeremia 31:36). God het nooit Sy Woord gewysig nie. Die loon van die sonde is nog steeds die dood en Jesus Christus is nog steeds die Lewe vir elkeen wat glo: "Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind en genesing vir hulle hele liggaam." (Spreuke 4:22) "Daar sal genesing onder Sy vleuels wees." (Maleagi 4:2) Die Woord van God maak dit duidelik dat die verlossing van liggaam en siel die wil van God is.

 

        Die beloftes van genesing in die Ou Testament "Ek is die Here wat jou gesond maak." (Exodus 15:26). "Ek sal siektes uit jou midde verwyder." (Exodus 23:25). "Wat al jou ongeregtigheid vergewe, en al jou krankhede genees." (Psalms 103:3). "Hy het Sy woord uitgestuur om hulle te genees." (Psalms 107:20). "... en jou genesing skielik uitspruit." (Jesaja 58:8). "Vir julle wat My Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan en daar sal genesing onder Sy vleuels wees." (Maleagi 4:2).

 

        Genesings in die Ou Testament: Elke ware profeet van God het die mag en geloof gehad om siekes te genees, die melaatse te reinig, die dooies op te wek. (2 Konings 5: 3-11; 1 Konings 17: 21-22).

Daar is baie vandag wat hulself profete noem maar wat nie die krag van God het nie. Reg deur die Ou Testament sien ons dat die tugtinge en siektes God se straf vir Israel se ongehoorsaamheid was.

Wanneer die volk belydenis gedoen het, het God dan hulle sonde vergewe asook hulle liggame genees. (Numeri 21: 1-9).

Toe die kinders van Israel aan God gehoorsaam was, is hulle onder die beskerming van die Almagtige God uit die slawerny van Egipte verlos en "was daar niemand wat struikel nie." (Psalm 105:37).

        Genesings en Wonders in die Nuwe Testament: Daar is 27 gevalle van genesings en wonders in die vier Evangelies. Lees dit aandagtig en bestudeer dit om in u prediking te gebruik. Jesus Christus was werklik die Groot Geneesheer.

        Die genesing van die seun van 'n koninklike beampte (Johannes 4: 46-54)

        'n Besetene vrygemaak (Markus 1: 23-28)

        Verlamde man by Betesda genees (Johannes 5: 1-9)

        Genesing van Petrus se skoonmoeder (Markus 1: 29-31)

        'n Melaatse genees (Markus 1: 40-45)

        'n Lam man genees (Mattheus 9: 2-8)

        'n Man met 'n verdorde hand genees (Mattheus 12 10-13)

        Hoofman se dienskneg genees (Mattheus 8: 5-13)

        Weduwee se seun uit die dood opgewek (Lukas 7: 11-17)

        'n Blinde de doofstomme genees (Mattheus 12:22)

        'n Vrou genees (Markus 5: 25-34)

        Twee duiwel-besetenes verlos (Markus 5: 1-20)

        Ja�us se dogtertjie uit die dode opgewek (Markus 5)

        Twee blinde mans genees (Mattheus 9: 27-31)

        n Doofstomme verlos (Mattheus 9: 32-33)

        'n Kananitiese vrou se dogter verlos (Mattheus 15: 21-28)

        'n Doofstomme genees (Markus 7: 31-37)

        Blinde genees (Markus 8: 22-26)

        Duiwelbesete seun verlos (Markus 9)

        Blinde genees (Johannes 9: 1-7)

        Duiwelbesete man verlos (Lukas 11:14)

        Vrou van lamheid genees (Lukas 13: 10-17)

        Man van water genees (Lukas 14: 1-6)

        Lazarus uit die dood opgewek (Johannes 11: 17-44)

        Tien melaatses genees (Lukas 17: 11-19)

        Malgus genees (Lukas 22: 49-51)

        Twee blinde mans genees (Mattheus 20: 29-34)

 

Die Evangelie van Markus is vol oor genesings. Bestudeer dit goed.

Die wil van God is geopenbaar in die doel waarvoor Hy Christus na die w�eld gestuur het. Daardie doel is:

 

        Om die werke van die duiwel te vernietig. (1 Johannes 3:8) Duiwels het mense doof, stom en kranksinnig gemaak. Jesus het die duiwels uitgedryf en Satan se werke vernietig.

        Die Gees van God het Jesus gesalf om vrylating te gee aan hulle wat gebind is. (Lukas 13:16)

        Om ons krankhede op Hom te neem en ons siektes te dra (Mattheus 8:17)

        Om die vloek van die wet te dra deur 'n vloek vir ons te word (Galasi�s 3: 13-14)

        God het Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf - om almal te genees wat deur die duiwel verdruk was. (Handelinge10:38)

        Jesus Christus het gekom om die wil van die Vader te doen. (Hebre�s 10:9). Dit kom duidelik na vore in Jesus se openbare bediening. Hy het almal genees. En dit was ook die Vader welgevallig. (Johannes 8:29)

        Jesus was met innige ontferming bewo�oor die siekes. "Hy het ALMAL gesond gemaak." (Mattheus 12:15) Hy het die duiwels met Sy woord uitgedryf. Bestudeer Mattheus 9: 35-36; 4: 23-24; 8:16; 14: 35-36; Lukas 5:19; 9:1. Jesus Christus is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. (Hebre�s 13:8)

        Jesus het aan Sy dissipels mag en gesag gegee om duiwels uit te dryf en siekes gesond te maak. (Mattheus 10: 1,7,8). Hy het twaalf dissipels uitgekies en daarna het hy weer sewentig dissipels afgesonder (Lukas 10: 17-18). Die laaste bevel van Jesus was: "Gaan die hele w�eld in ... na die ganse mensdom ... in My Naam sal hulle duiwels uit dryf ... op siekes sal hulle die hande l�en hulle sal gesond word." (Mattheus 28: 19-20; Markus 16: 15-18).

        Jesus Christus het belowe dat ons "groter (baie meer) werke" sal doen. "Wie in My glo, die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na My Vader gaan." (Johannes 14:12)

        Dieselfde Heilige Gees wat Jesus Christus vir Sy magtige werke gesalf het, is ook aan ons gegee. (Mattheus 12:28; Galasi�s 3: 13-14; Handelinge 2: 38-39; 2:4, 8, 17; 10: 44-48; 19:6). God het belowe om in die laaste dae van Sy Gees op alle vlees uit te stort, dus kan ons groot herlewings, baie wonders en genesings in hierdie "Laaste dae" verwag. Die Heilige Gees was nooit van die Liggaam onttrek nie en vandag nog sal Hy die nege gawes van gelowiges meedeel. (1 Korinthi�s 12: 7-11) Vier van hierdie "gawes" is vir die genesing van fisiese ligggame. Die gawe van "Geloof", die gawes van "Genesing", die "Werkinge van Kragte" en die "Onderskeiding van die geeste".

        Die Bediening van Genesing het na die opstanding van Jesus voortgegaan. "Hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die Woord bevestig deur tekens wat daarop gevolg het." (Markus 16:20) Petrus is erken op grond van tekens wat gevolg het. (Handelinge 3:6, 7; 9: 33-35; 9: 37-42; 5: 15-16) Paulus het ook erkenning ontvang deur tekens wat gevolg het. (Handelinge 14: 6-11; 16:16-18; 19: 11-12; 28: 8-Filippus is aanvaar deur tekens wat gevolg het. (Handelinge 8: 4-8, 13) Stefanus se werk is bevestig deur tekens wat gevolg het. (Handelinge 6:8) Vergelyk ook Ananias. (Handelinge 9:18) Oral waar die dissipels gepreek en siekes gesond gemaak en duiwels uitgedryf het, het mense Jesus Christus as Verlosser aangeneem.

        Siekte nie algemeen in die vroe�Liggaam nie. Paulus het die Korinthiese gemeente bestraf omdat hulle siek en swak was. Hy het nie ges�dat hulle siek was omdat God hul "geduld" of "geloof" op die proef gestel het nie. Paulus het ges� "Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie." Toe s�hy vir hulle waarom hulle siek was ... "julle onderskei nie die liggaam van Jesus nie." (1 Korinthi�s 11: 27-30) Jakobus skryf aan die gelowiges: "Is daar iemand siek onder julle?" Dit wil voorkom asof siekte nie algemeen onder God se kinders was nie. Jakobus het hulle nie gemaan om hulle siekte met geduld te dra nie, maar "bely mekaar jul misdade en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word." "Die gebed van die geloof sal die kranke red." (Jakobus 5: 14-16)

 

Mense genees as gevolg van gebed, deur middel van medisyne en ook deur operasies. Op welke wyse die genesing ookal plaasvind, bly dit Jesus Christus wat genees. Die kennis oor die snykunde en die medisyne is ook deur God ingegee. Alhoewel alle gelowige medici dit toegee, is daar ander wat gereeld die wetenskap en die Bybel wil skei.

Die Spreek in Vreemde Tale deur die Eeue

 

Die tekort aan krag in die gemeente is aan heelwat faktore toe te skryf. 'n Sekere Aartsbiskop beweer byvoorbeeld: "Dit is die oorsaak van homoseksualiteit in die 'House of Lords', die geweld tussen Katolieke en Protestante in Noord-Ierland en ons eie vorm van godsdienstige snobisme in baie lande."

Die nuusmedia publiseer nie berigte oor die groot "Vreemde" Tale-Herlewing, wat nou oor die hele aarde voorkom nie, nogtans het TIME onlangs breedvoerig en positief oor hierdie w�eldwye verskynsel berig. Reg oor die w�eld is daar 'n herlewing van die Heilige Gees en die Gawes.

Die profesie van die profeet Jo� (Jo� 2:28) "En daarna sal Ek van My Gees uitgiet op alle vlees, en jul seuns en jul dogters sal profeteer, jul oumense drome droom en jul jongelinge gesigte sien" word opnuut vervul. Jesus het in Handelinge 1:8 geprofeteer: "Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom."

Dit gebeur ook in sommige tradisionele Afrikaanse Liggaame. Onder die wat hierdie ondervinding gehad het, behalwe duisende "Pinkstermense", is Baptiste, Metodiste en baie ander lidmate van die tradisionele Kerke.

Ook in Amerika, het oor die 100 000 Rooms-Katolieke, insluitende oor die 600 Rooms-Katolieke priesters en nonne sowel as tienduisende Baptiste, Metodiste, Presbiteriane, Lutherane en Anglikane di�bonatuurlike ondervinding in die jongste tyd gehad. Dit gebeur deurentyd ook in Suid-Afrika.

God het nie die Pinkster-ondervinding aan 'n sekere gemeente toeges�nie. Hy wil elke gelowige toerus met krag vir diensbaarheid.

Sowat honderd jaar gelede het Horace Bushnell geskryf: "Wat het dan hierdie wonderwerke, hierdie vreemde tale, gawes van genesing en profesie geword? As hierdie dinge eens op 'n tyd werklikhede was, waarom is hulle nou afwesig? Is werklikhede dan alleen aanvaarbaar en moontlik as dit teruggevoer kan word na die gryse verlede?"

Dan gaan Bushnell voort en getuig van wonderwerke en vreemde tale as werklikhede in sy eie leeftyd. Tyd neig altyd om gebeurtenisse in die geskiedenis te laat vervaag, maar ons verstaan die huidige charismatiese herlewing beter as ons soortgelyke bonatuurlike openbaringe in die geskiedenis kan nagaan.

Die duiwel probeer natuurlik om hierdie werkinge na te maak, soos dit byvoorbeeld gesien kan word by skynbekerings, spriritistiese genesings en selfs sogenaamde wonderwerke.

Ons gaan kortliks vanuit die Kerkgeskiedenis aandui dat die Spreek in Vreemde Tale altyd in die Liggaam aangetref is.

 

Ireanaeus (130-202 n.C.) is skynbaar die eerste in die voor-Niceaanse tydperk om spesifiek die tale-verskynsel te noem. Hierdie Griekse biskop van Lyon het ges� "Op dieselfde manier hoor ons ook baie broers in die Liggaam wat profetiese gawes besit en wat deur die Gees in allerhande tale spreek en tot algemene voordeel die verborge dinge van die mens aan die lig bring en die geheimenisse van God verklaar, wat ook deur die apostel as "geestelik" bestempel word ..."

Die Latynse Kerkvader Tertullianus (160-220 n.C.) wat Marcion te�egaan het, s� "Laat Marcion dan ten opsigte van gawes sy god se profete tevoorskyn bring, wat nie deur menslike verstand nie, maar deur die Gees van God spreek en dinge voorspel wat nog moet gebeur, wat verborgenhede van die hart openbaar het; laat hom 'n psalm, 'n gesig of 'n gebed te voorskyn bring as iets wat deur die Gees gegee is, in 'n ekstase of wegvoering of wat voortkom uit 'n uitleg van tale aan hom ... By my kom al hierdie tekens sonder moeite voor en ook stem hulle ooreen met die re�s , die dispensasies en bevele van die Skepper."

Met sy ondersteuning van die Montaniste gaan Tertulianus miskien effens te ver en sou 'n gedeeltelike misbruik van die geestelike gawes, insluitende die spreek in vreemde tale, daaruit afgelei kon word, maar dat daar tog 'n aansienlike mate 'n skriftuurlike gebruik van die gawe van spreek in tale op daardie tydstip was, kan skaars betwyfel word.

Daar word ges�van St. Pachomius (292-346 n.C.), die Egiptiese stigter van die eerste monnike-klooster, die spreek in Grieks en Latyn, tale wat hy nooit aangeleer het nie, maar wat hy soms op bonatuurlike wyse gepraat het, baie geniet het. Hierdie gawe is aan hom gegee na afsondering en gebed.

Die geskiedenis van die Waldense in die 12e en 13e eeue openbaar nie net 'n toewyding aan Bybelstudie en 'n navolging van die heiligheid van die Nuwe Testament nie, maar bevestig ook dat genesings en spreek in vreemde tale van tyd tot tyd onder hulle voorgekom het.

Aangaande die Spaanse stigter van die Orde van die Dominikane, St. Dominicus (1170-1221 n.C.), word dit in hoofstuk twee van die tweede boek oor sy lewe vertel dat toe hy op pad was van Toulon na Parys en by Pierre d'Amont vernag het, hy saam met sy metgesel broeder Bertrand die nag in gebed deurgebring het in die Notre Dame-Kerk.

Die volgende mre toe hulle hul reis voortsit, ontmoet hulle 'n aantal Duitsers wat ook soos hul op reis was. Die reisgroepe sluit toe bymekaar aan en die Duitsers het groot agting vir hulle gehad.

Op die vierde dag s�St. Dominicus sugtende aan sy metgesel: "Broer, ek verwyt myself dat ek tydelike gawes van hierdie mense aanneem en ons nie besig hou met ewige dinge nie. As jy wil, laat ons kniel en God bid om ons hulle taal te leer want ons kan nie die Here Jesus aan hulle verkondig nie."

Hy het toe begin bid en tot groot verbasing van die Duitsers onmiddellik gespreek oor die Here Jesus. By hul aankoms in Orleans het die twee groepe geskei en het die Duitsers om hulle voorbidding gevra. Hierdie gebeurtenis het hom by 'n later geleentheid in die priester se lewe onder soortgelyke omstandighede herhaal.

Volgens die biografie oor die lewe van Vincent Ferrer (1350-1419 n.C.), 'n Spanjaard wat 'n Dominikaan geword het, was hy "begaafd met die gawe van tale, 'n beskouing wat onderskryf is deur Nicholas Clemangis, 'n geleerde van die Universiteit van Parys, wat hom hoor preek het."

Daar word verwys na die kleurvolle en uitstaande Jesu�e-sendeling, Franciscus Xavierius (1560-1552 n.C.), met die volgende woorde: "Toe die heilige man vir die eerste maal deurgedring het na die binnelandse provinsies van Indi� terwyl hy heeltemal onkundig was oor die tale van die bevolking, kon hy slegs die kinders toewy en die siekes bedien wat met tekens kon beduie wat hulle wou h� aldus F. Monsilla se geskrifte.

Terwyl hy egter ywerig in Travancore gewerk het, het God vir die eerste keer die gawe van tale deur hom laat werk, aldus 'n relaas van 'n jong Portugees met die naam Vaz, afkomstig van Coimbra, wat menige reise saam met hom onderneem het. Sonder om dit te geleer het en sonder 'n tolk het Xavierius die taal van die barbare gladweg gepraat wanneer hy hulle toegespreek het.

By Amanguchi, waar Sjinese handelaars in hul moedertaal wat aan hom onbekend was, handel gedryf het, het God weer die gawe van tale deur hom laat funksioneer.

Verdere bewyse van die sporadiese aard van die gawe word opgemerk in Xavierius se briewe waarin hy dikwels melding maak van sy probleme met die verskillende tale van die onderskeie stamme waaronder hy gewerk het.

Dit word aanvaar dat Louis Bertrand (1526-1581 n.C.) ook dieselfde gawe as Xavierius ontvang het. Daar word beweer dat hy vir sy werk onder die Indi�s toegerus was met die gawe van tale.

In sy eie dag het Johannes Calvyn (1509-1564 n.C.) in sy Kommentaar oor die Sendbriewe van die Apostel Paulus aan die Korinthi�s geskryf: "Daar is vandag groot teolo�wat vurig daarteen te velde trek.

Omdat dit seker is dat die Heilige Gees hier die gebruik van tale ge�r het met onsterflike lof, kan ons maklik verstaan wat die soort gees is wat daardie hervormers aanpor, wat soveel smaad as moontlik opwerp teen die beoefening daarvan."

Hierdie spesifieke kommentaar het betrekking op 1 Korinthi�s 14:5: "Ek wens dat julle almal in tale spreek..." Dit impliseer natuurlik nie dat Johannes Calvyn self ooit in tale gespreek het nie.

In sy boek The Scotts Worthies gee John Howie ons 'n intieme oorsig van die vroe�e Skotse hervormers. In sommige se bediening is die magtigste wonderwerke wat in die boek Handelinge opgeteken is, gedoen.

Hoewel John Welch, wat in 1570 gebore is aan die begin van sy lewe 'n dief en kwaaddoener was, word hy 'n prediker en preek elke dag, terwyl jy 'n derde deel van sy dag aan gebed gewy het.

Sy bediening in die Edinburgh-kasteel is net so verbasend as die van die Nuwe Testamentiese apostels. Van John Welch se aanbiddingslewe skryf Howie:

"'n Eerbare leraar wat 'n lid van Welch se gemeente was, het gerapporteer dat Welch een nag laat in sy tuin gewaak het. Vriende wat in sy huis op hom gewag het, was reeds vermoeid omdat hulle so lank moes wag.

Een van hulle het later 'n venster oopgemaak wat uitkyk oor die tuin en duidelik 'n eienaardige lig gesien wat Welch omstraal terwyl hy vreemde woorde van geestelike vreugde uitspreek."

Horace Bushnell lewer soos volg kommentaar: "Wie ookal daardie Christelike klassieke boek The Scotts Worthies gelees het, het 'n stroom van profesi� genesings, spesifieke antwoorde op gebed en onderskeiding van die geeste gevolg, wat in alle opsigte met die gawes en wonders van die Apostoliese tydperk ooreengestem het.

Hierdie boek van Howie is gepubliseer deur een van die grootste en konserwatiefste Christelike liggame in ons land. Is dit vir ons nodig om die wonderwerke en bonatuurlike gebeurtenisse so op 'n afstand te hou dat ons hulle nie kan of wil glo nie?"

In 1685 het Louis XIV van Frankryk die Edik van Nantes herroep. Duisende Hugenote het uit die land gevlug, terwyl duisende ander die brandstapels tegemoet moes gaan en op ander deur die koning se dragonades (stoktroepe) jag gemaak is.

Die gebergte van Cevenne in die suide van Frankryk het skuiling gebied vir hierdie vervolgde mense aan wie bonatuurlike geestelike gawes gegee was: tale en uitleg van tale, genesings, profesie en onderskeiding van geeste.

Die hele Europa het hulle o gehad op die "Klein Profete" of "Franse Profete" van die Cevenne. Marion doen soos volg verslag: "Die mense wat die inspirasie ontvang het, het onmiddellik alle bandeloosheid van enige aard en alle ligsinnigheid laat staan. Sommige wat 'n losbandige lewe gelei het, het opeens besadig en vroom geword en elkeen wat dikwels met hul gemeenskap in aanraking gekom het, het hul beter begin gedra en voorbeeldige lewens begin lei ... geminag deur die w�eld, vol naasteliefde en innerlike vrede en met 'n onversuurde blydskap in die hart."

Soos die Makkebe�s wat vir hul vaderland geveg het teen die gekombineerde le�s van Rome, was die Kamisarde met Psalm 68 as hul strydlied opgewasse vir Maarskalk Montreval. Hy is vervang deur Maarskalk Villors wat met diplomasie probeer bereik het wat wapens nie kon nie.

Daar is besluit om vryheid van gewete en godsdiens toe te laat. Profete het van die Cevenne na Engeland, Holland en Duitsland gegaan. Te Wetterau naby Frankfurt gelei deur 'n Wurtemburgse leraar, genaamd Gruber, is hulle genoem "die ge�spireerdes van Wetterau".

Onder die Katolieke-van-Jansen-gemeenskap van Parys is die gawes van genesing, tale, onderskeiding van geeste en profesie geopenbaar. In 1731 het die Jesu�e hulle begin vervolg. Die Janseniete het soos die Kamisarde geglo dat hul spraakorgane oorgeneem kon word deur 'n bonatuurlike krag.

Die Kwakers of Vriende, gelei deur George Fox (1624-1691) het aanspraak gemaak op die voortsetting van die oorspronklike gawes van die Gees in die apostoliese tydperk. Die eerste jare van hierdie beweging is gekenmerk deur die spreek in tale.

Die Shakers, 'n taamlik emosionele sekte, het in Engeland ontstaan in 1747 en na die V.S.A. gekom in 1774. 'n Soort van spreek in tale was prominent onder hulle en die stigter van die groep Moeder Ann Lee was die vaardigste met die beoefening van die gawe.

Sy was gedaag voor die geestelikes van die Kerk van Engeland waaronder taalkundiges van aansien was. Sy is aangekla van godslastering deur spreek in tale, maar hul moes toe uitvind dat sy nie eens kon lees of skryf nie.

Volgens die verslae van haar volgelinge het sy in tale gespreek wanneer die krag van God op haar geval het. Hierdie geestelikes het getuig dat sy tydens die ondersoek in 72 verskillende tale gespreek het en dit in die meeste gevalle meer meesterlik gedoen het as wat hulle ooit gehoor het. Hierna het hulle die aanklaers aangeraai om haar alleen te laat.

In 'n skets oor die lewe van John Wesley (1703-1791) skryf Majorie Bowen: "Dit wat John Wesley en sy volgelinge so be�druk en aangemoedig het en terselfdertyd sy tydgenote so geskok, ontstel en verbyster het, is geen geheim vir die hedendaagse sielkundige aan wie dit bekend staan as glossolalia of spreek in tale nie.

Hulle het geglo dat dit deur goddelike ingewing geskied. "En Paulus het hulle die hande opgel�... en hulle het met tale gespreek en geprofeteer" ... en dergelike verskynsels was teenwoordig in alle geestelike herlewings en vervolginge van die martelare.

Geen wonder dan dat John Wesley geweier het om te luister na die skeptimisme van Charles of na die teregwysings van sy opponente nie en aangegaan het om met belangstelling kennis te neem van die buitengewone effek wat dit gehad het op die wat na sy preke kom luister het."

In sy eie geskrifte ag John Wesley tale nie gering nie, maar verklaar dat spreek in tale saam met al die ander gawes van die Gees vir sy dag is en dat die enigste rede vir hul skaarsheid is dat Christene weer heidene geword het en in 'n dooie vorm verval het.

In die dagboek van Thomas Walsh, een van Wesley se beste predikers, by die datum 8 Maart 1750 staan opgeteken: "Vanmre het die Here my 'n taal gegee wat ek nie ken nie waarmee ek my siel na Hom kan verhef op 'n wonderlike wyse."

Tussen die jare 1829 en 1833 is 'n kwartaalblad oor profesie en teologie in Londen gepubliseer deur James Nisbet vir 'n beweging gesentreer om 'n Presbiteriaanse predikant, eerwaarde Edward Irving.

Nadat die Irvingiete uit hul kerke geban is, het hulle die Katolieke Apostelkerk gestig wat baie kenmerke van die huidige Pinksterbeweging gehad het.

Intussen is die broers James en George McDonald in 1830 te Saltcoats aan die weskus van Skotland gevul met die Heilige Gees en het hulle in tale begin spreek en geprofeteer.

Mary Campbell van Garelock het aangesluit by hierdie groeiende groep in Port Glasgow, Skotland, en elders wat 'n soortgelyke ondervinding deelagtig geword het.

The Morning Watch (4 000 bladsye in sewe volumes) verwys na die McDonalds, Mary Campbell en andere in Skotland met die woorde: "Hulle het 'n se� ontvang en hulle dank hulle God daarvoor; gee Hom al die eer; het geen nuwe leerstellings ingebring of nuwe vorm van aanbidding begin nie."

In Londen toe hy oor die gawes van die Gees geskryf het, het Irving geleer: "Die taal is die teken en manifestasie vir die ongelowige: vir die gelowige is dit 'n vorm van genade vir sy eie opbouing, sodat hy die hele Liggaam van gelowiges daarmee kan stig."

Later skryf hy weer: "Niemand kan s�dat hy wat in ons Kerk in tale spreek mal is nie, want hy spreek maar een of twee minute in 'n taal waarna hy dan vir die opbouing, vermaning en troos van almal in Engels begin profeteer.

Die een is die teken van die goddelike ingewing deur die krag van die Heilige Gees; die ander is dit wat die Gees aan die Liggaam wil gee vir die opbouing daarvan..."

Maar die Irvingiete het die dodelike fout begaan om 'n geslote kring te word en het nie die sending-gesindheid of uitreiking aan die dag gel�wat so kenmerkend van die Pinkster-beweging van die 20ste eeu is nie. Vandag is daar net 'n klein oorblyfsel van wat moontlik 'n sterk en blywende genootskap kan gewees het.

In 'n boek wat in 1876 deur Robert Boyd van Chicago geskryf is, vind ons die volgende ongewone beskrywing van 'n gedeelte van een van die Moodie- en Sankey-herlewings in Groot Brittanje: "Die volgende Sondagaand toe ek by die kamers van die Y.M.C.A. aankom vind ek die diens aan die brand.

Die jong manne was besig om in tale te spreek en te profeteer. Wat op aarde het dit beteken? Alleen maar dat Moodie hulle daardie namiddag toegespreek het."

Spreek in tale het ook voorgekom in die Russiese en Armeense herlewings. G.F. Atter skryf: "Dit sal baie mense verbaas om te weet dat Pinkster oor 'n honderd jaar gelede in Rusland voorgekom het en dat die Russe die boodskap sowat 80 jaar gelede na Armeni�geneem het.

Mense is gevul met die Gees. Profesie�is uitgegee deur onkundige boere wat 'n tyd voorspel het dat vrede van die aarde weggeneem sal word en dat die Armeni�s na 'n vreemde land sal vlug vir veiligheid.

'n Groot aantal Pinkstergesinde Armeni�s het in 1900 sonder om iets van Pinkster in ander lande te weet, begin vlug na Amerika. Teen 1912 het meeste van hulle reeds gevlug. Toe die Pinkster-herlewing in 1906 in Los Angeles uitbreek, het hulle dit herken as dieselfde ondervinding as die wat hulle in Armeni�ontvang het."

By geleentheid van 'n internasionale konferensie in Engeland in 1885 het mev. Michael Baxter vertel hoe sy vir 35 minute in, vir haar, die onbekende Duitse taal gespreek het. Een persoon wat dit goed verstaan het, het hom bekeer.

Hierdie weduwee van Michael Baxter, die stigter van die Christian Herald in Londen en New York, vertel verder: "Daarna het Hy my gelei om byna elke dag te preek, en soms twee keer per dag vir honderde mense. Toe ek egter 'n winkel besoek het, kon ek myself nie verstaanbaar maak nie en kon die mense ook nie verstaan nie."

Dr. F.B. Meyer het vertel van Baptiste-kerk in Estland, beide dorps- en stadskerke, waar tale en uitleg dikwels voorgekom het tydens sy besoeke. Hierdie was maar baie gewone mense totdat hulle opgehef is en in tale gespreek en dit verfynd en vloeiend uitgel�het.

In 'n merkwaardige herlewing in Noorwe�aan die einde van die vorige eeu is baie Noorwe�s gedoop in die Gees en het hulle in tale gespreek.

Nou hier in ons eie 20e eeu het selfs die herlewing in Wallis 'n aantal voorbeelde van spreek in tale opgelewer. Die Yorkshire Post van 27 Desember 1904 berig: "Nou kom die merkwaardigste kenmerk van die huidige herlewing. Hierdie jong Walliese mans en vroue wat amper niks of geen Wallies ken nie en wat sekerlik nie 'n gesprek kan voer in hul moedertaal nie, en wat kwansuis byna geen baat gevind het by die Walliese (taal) dienste nie, het nou onder die invloed van die herlewing vrywilliglik begin deelneem aan openbare gebed - maar die taal is feitlik deurgaans nie die gewone Engels nie, maar die onbekende Walliese Bybelse frases, en die eienaardige idiomatiese uitdrukkings wat verband hou met 'n Walliese gebed en wat hul nooit vantevore gebruik het nie en nie veronderstel was om te verstaan nie; di�vloei nou oor hul tonge met 'n gemak en bekwaamheid asof hul lank gewoond is om dit so te gebruik."

Die tradisionele Pinksterbeweging van die 20e eeu het 'n baie moeilike toetrede tot die Amerikaanse Protestantisme gehad - van absolute uitsluiting tot driftige brandstigting en skietery.

In die beginjare is honderde leiers van meestal Metodiste- en Baptistekerke onthef van hul kerklidmaatskap en voor die hof gedaag. Evangeliesasietente is uitmekaar gesny en verwoes, kerke met dinamiet opgeblaas, huise afgebrand en sommige gelowiges moes lang vonnisse in verbeteringsgestigte uitdien vir dit wat hulle geglo het.

Vele is fisies te lyf gegaan en een van die vroegste leiers in die beweging, John W. Buckalew, is sewe keer geskiet; die laaste keer noodlottig.

In 'n vroe�Pinksterdagboek is die volgende tipiese aantekening gevind: "30 Mei 1901, 12 uur middag. Net ons gewone middelweekse biduur afgesluit. God was met ons en het ons siele gese� en ons werklike se�ierende gebede in die Heilige Gees gegee. Die Here het ons van voedsel voorsien op Sy eie wonderbaarlike wyse. Prys die Here vir oorwinning en 'n gees van volharding. Ons is feitlik geen oomblik gewaarborg teen aanvalle en toetsings van die geloof nie, maar God gee ons genade om te oorwin."

Hierdie "gees van volharding" en "genade om te oorwin" is deur God gebruik om die geledere van die Pinksterbeweging te laat groei van 'n paar klein handjies vol by die oorgang van die eeu tot 'n korps van ongeveer 2 miljoen in die V.S.A. alleen op die huidige tydstip (1964).

Hoewel nie sonder foute nie en ten spyte van vroe�e oordrywings en menslike onoordeelkundigheid waarvoor hulle algemeen uitgemaak word nie, word hierdie beweging nie alleen op 'n wye front aanvaar nie, maar verteenwoordig dit die snelgroeienste segment van Protestantse Amerika.

Hulle erkende bedreiging is nou nie meer uitwerping nie, maar die gevaar van 'n innerlike status quo. Dit is interessant om kennis te neem, in die lig van hul geskiedenis, dat die eerste amptelike vergadering van leiers van die Pinkster groepe in die V.S.A. in 1962 plaasgevind het.

Die voorstel was afkomstig van die skakelbeampte van die "Assemblies of God". Hulle het gevind dat dit vir hulle "moontlik was om van mekaar te leer omtrent die Christelike geloof en lewe".

Die Godgegewe doel van die hedendaagse Pinksterbeweging is die evangelisasie van die hele w�eld. Spreek in tale mag hul bekendste merkteken wees, maar evangelisasie en 'n nuwe lewe in die Gees is hul blywende doel Die Pinksterbeweging het tot fenomenale afmetings gegroei.

Die geskiedenis van die Moderne Pinksterbeweging met die meegaande tale-verskynsel is maar eers in onlangse jare breedvoeriger beskryf.

Eerwaarde Donald Gee van Engeland, voorsitter van die W�eld-Pinksterkonferensie en eerwaarde David J. du Plessis het die konserwatiefste onlangse verhandelings oor die tale-verskynsel en die geestelike gawes geskrywe.

Raphel Gasson, 'n voormalige spiritistiese medium, beskryf in sy boek hoe al die gawes onder die spiritiste nagemaak word.

Die tale-verskynsel, wat nou 'n oplewing in alle historiese kerkgroepe met 'n groot verskeidenheid van tale toon, is vir die noukeurige waarnemer soos 'n aanhoudende en uitkringende golf.

Die tydksrif Trinity met 'n Anglikaanse agtergrond en die blaadjie Voice van die Full Gospel Businessmen's Fellowship International het beide na vore gekom om openlik en onbevooroordeeld verslag te doen oor hierdie nuwe herlewing wat met die aanvang van die vyftiger jare gestadig begin toeneem het en wat alreeds in 1963 vyfde op die lys van nuusbelangrikheid op kerklike gebied was.

In die tydskrif Christian Life verskyn daar dikwels artikels oor die herlewing van die tale-verskynsel.

Die tale-verskynsel en die gawes van die Heilige Gees vind vandag dwarsoor die w�eld 'n tuiste in tradisionele historiese kerke. Die Gees van God is besig om te toon dat Hy nie uitsonderings maak van kerke of individue nie.

Selfs die Rooms-Katolieke en die Grieks-Ortodokse kerke ontvang reeds hulle deel hoewel die getalle nog nie baie groot is nie. Hoewel hulle weinig of geen kontak het met die Pinkstergeledere nie, is die tale-verskynsel nie vreemd in die historiese kerke in Engeland, Duitsland, Holland en Frankryk nie.

Die heersende Pinksterherlewing in die historiese Kerke word deur dr. Otto Piper, emeritus-professor van die Princetonse Teologiese Kollege gesien as "die versterking van persoonlike inisiatief en beklemtoon dit wat spesifiek Christelik en die Christelike kerk of Liggaam is".

Verwysende na die vraag "waarom tale vandag?" s�dr. Piper: "In ons dag is die individu so van sy persoonlikheid ontdoen dat hy nou een of ander vorm van bevryding moet kry. In die verlede, toe daar nie 'n massa-maatskappy was soos vandag nie, was dit baie makliker vir die Heilige Gees om die individu te bereik."

Inheemse Pinkster-groepe waarvan sommige die naam Pinkster gebruik en ander dit verwerp maar nogtans met die tale-verskynsel in hul midde, word in groot getalle gevind in Latyns-Amerika, Afrika, Indonesi�en Japan en bes moontlik ook in ander gebiede.

Gedurende een van sy lesings tydens 'n reeks in 1962 aan die Princetonse Teologiese Kollege, het studente aan dr. John A. McKay gevra: "Watter dryfkrag maak die Pinkstermense so dinamies?"

Sy antwoord was: "Wat ons moet erken, is dat baie Christene wel in vreemde tale spreek en die gawe van tale besit. Dit kan nie weggeredeneer word dat baie mense dit het en dat dit hulle hele lewe verander nie. Dit kan 'n vrymakende uitwerking op 'n dinamiese Christelike godsdiens h� Daar is geen plek vir leerstelligheid hier nie."

By dieselfde geleentheid het dr. McKay die po�iese kommentaar van T.S. Elliot tot die studente se aandag gebring dat ons "f deur een vuur f deur 'n ander vuur verteer word", naamlik f deur die vuur van die vlees f deur die vuur van die Gees.

Die Gees van God is aan die beweeg vandag en die spreek in 'n onbekende taal onder die krag van die heilige Gees is 'n baie werklike aanduiding van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, ons individuele voorkeure of afkeure omtrent die manifestasie ten spyt.

Dit word nie oordryf as dit gekonstateer word dat absoluut niks soos die hedendaagse beweging van die Heilige Gees (die onlangse Pinksterherlewing en inheemse groepe oor die hele w�eld wat die tale-verskynsel ervaar) ooit tevore sedert Pinksterdag in die geskiedenis van die Christelike Kerk voorgekom het nie. Sy w�eldwye spontane�eit is waarlik iets om oor verwonderd te wees.

Hierdie huidige globale uitstorting van die Heilige Gees behoort vooruitgang te bring in sowel die getuienis as in leerstellings en teologie van die Kerk. Vandag se beweging van die Gees oor die troebele waters van ons donkerwordende w�eld is 'n uitdaging aan elke Christen in elke plaaslike Liggaam.

Hoe ontvang gelowiges die doping in die Heilige Gees? Daar is geen verskil tussen die Nuwe Testament en die testament wat ek en u eendag nalaat nie.

Die Nuwe Testament wat Jesus Christus ons nagelaat het, noem talryke dinge wat ons erf want ons is erfgename. Daar is natuurlik ook vele voorwaardes aan die erfporsie onderworpe.

Een van die dinge wat ons erf is die doping in die Heilige Gees. Net soos al die ander aangeleenthede in die erfporsie, moet ons bloot gaan en dit ontvang, net soos wat ons die wedergeboorte in ontvangs geneem het. Vandag getuig ons dat ons gered het vanwe�n geloofsaksie.

So is die ontvang van die doping in die Heilige Gees ook n geloofsaksie. Handelinge 2:3 lees: en hulle het begin spreek (nie iemand of iets nie, hulle het begin spreek) in ander tale, soos wat die Gees aan hulle gegee het om te spreek.

In gebed ontvang mens die heilige Gees se vervulling, jy glo dat jy dit ontvang en jy maak jou mond oop en begin spreek. Dit is hoe eenvoudig dit is.

Die skrywer se een kind was op vyfjarige ouderdom gered en het besluit om die doping in die Heilige gees op 12-jarige ouderdom te ontvang. Sy ander kind is op sesjarige ouderdom gered en het besluit om die doping van die Heilige gees op tienjarige ouderdom te ontvang.

Terwyl koerante en tydskrifte voortdurend berig van die verval onder die jeug w�eldwyd berig, is daar ook die goeie nuus van kinders wat vanaf ouderdom vyf wedergebore word en vroeg al die doping in die Heilige Gees ondergaan en toenemend groei in heiligmaking.

Dr Derek Prince van Amerika vertel hoe hy telkemale die Evangelie aan vreemdes verkondig het en hoe hy van tolke gebruik moes maak. By verskeie geleenthede het hy kon agterkom dat die tolke die boodskap nie korrek vertolk nie. Dan het hy eenvoudig voortgegaan om die boodskap in die betrokke volk se taal te bring sonder dat hy ooit n woord in daardie taal kon spreek.

Maar tale speel n geweldige rol in ons binnekamer gebedslewe. Die Bybel leer dat ons gees dan in direkte kontak met God se Heilige Gees is en veborgenhede tot God spreek. Hierdie is een plek waar die demoniese magte van die duisternis nie kan indring nie.

Gelowiges wat vantevore gekla het oor inmenging in hul gebedslewe van negatiewe gedagtes en vertwyfling, het nadat hulle die doping in die Heilige gees ontvang het en in n taal begin bid het. Getuig dat hulle geen las meer het van die vorige probleme nie.

Gelowiges wat s�dat hulle nie genoeg geloof het nie, gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis.

Hebr. 11:6 lees dat dit onmoontlik is om God te behaag sonder geloof (Rom. 14:23). En dit maak tog sin. As n kind nie in sy ouers glo nie, hoe kan hy hulle ooit behaag.

Die Here verlang wel dat ons n kinderlike geloof sal h� Dit maak sin want n kind glo alles wat sy vader aan hom vertel.

Die opdrag is dat ons moet glo. Efes. 2:8 lees dat (selfs) geloof n gawe van God is en dat u en ek deur geloof gered is. Maar, hoe verkry ons geloof?

Rom. 10:8-10 en 13, 14, 17:

        Geloof kom uit die gehoor

        Gehoor kom deur die Woord

        Bely

        Glo

        Ontvang en ervaar

 

Met die Wederkoms kom haal Christus Sy bruid wat sonder vlek of rimpel moet wees. Dit beteken dat ons nou n tyd van totale restourasie beleef. Oral is mense besig om terug te keer na die Here en Sy insettinge. Verootmoediging is aan die orde van die dag.

Mense kom weer in huise bymekaar vir Bybelstudie en lang ure van gebedswake. Ander kom in groepe in die vroe�oggendure bymekaar.

Inderdaad, nie deur krag of geweld nie, s�die Here, maar deur My Gees kom die herstel en die oorwinning!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hosted by www.Geocities.ws

1