Jy is gered om die Koninkryk te bou

Die gawes van die Heilige Gees vir alle wedergeborenes beskore

 

Die gawes en bediening van die Heilige Gees wat deur die kerke verwaarloos word meesal verlore gegaan het, is die Here Jesus nou besig om te herstel. Hy is besig om Sy wysheid en Sy mag en Sy gesag oor Sy eiendom te herstel.

Die rede? Die laatoes moet ingebring en die Bruid moet gereed gemaak vir die asemrowende ontmoeting met die Bruidegom!

Ons, elke Geesvervulde gelowige, het een of meer gawes en bedieninge. Alle gelowiges word geroep om Hom te dien en is die vermo�gegee om die werk te doen. Niemand is uitgesluit nie. Of jy dit weet of nie jy is word toegerus deur die Heilige Gees om sekere pligte te vervul.

Jy is geroep, uitverkies en bonatuurlike mag en gesag gegee om daardie gawes en bedieninge te gebruik tot eer en verheerliking van Sy Naam en ter uitbreiding van Sy Koninkryk.

Met Sy wysheid en Sy sterkte kan jy groot dinge doen. Jy kan volgens Jesus Christus die "groter dinge" doen as wat die Here Jesus self gedoen het. Christus het met groter meer, bedoel. Ja, ons sal meer dinge doen as wat Hy gedoen het. Is dit nie wonderlik nie.

Elke gawe is 'n teken dat die Here deur jou en my, met behulp van Sy medewerking, werk. Onthou, ons is tot alles in staat deur Christus wat ons die krag daartoe gee!

Daar is nege bonatuurlike gawes van die Gees, wat die Here aan die mens gee en wat Hy uitdeel soos Hy wil (1 Korinthi�s 12).

Hulle kan in drie groepe verdeel word:

 

        Drie gawes van openbaring ('n woord van wysheid, 'n woord van kennis en onderskeiding van die geeste (1 Korinthi�s 12: 8-10).

        Drie gawes van Krag (die gawe van geloof, die gawes van genesing en die werkinge van wonders, verse 9-10)

        Drie gawes van ge�spireerde uitinge (verskeidenheid van tale, die uitleg van tale en die gawe van profesie, vers 10).

 

Hierdie is verskillende gawes, maar dit is dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Hy gee gewoonlik een of meer aan elkeen wat met die Gees vervul is (Romeine 12: 6-8), met ander woorde een of meer gawes kom in die Geesvervulde gelowige se lewe tot openbaring.

Hoe weet mens dat jy byvoorbeeld die gawe van gesondmaking het? Maklik. Begin net vir siekes bid. Elkeen van ons het gawes ge�f. Die Here sal die gawes wat ons het bevestig.

Hierdie nege gawes word gegee om eer en heerlikheid aan die Gewer te bring, en om in die behoeftes van die mens te voorsien. Hulle word gegee as tekens en wonders om die gelowiges en ongelowiges te oortuig dat die Here in hul midde werk.

Ons Here Jesus werk dus saam met en deur mense. As Hy Sy gawes aan Sy medewerkers toebedeel, dan gee Hy hulle mag en gesag om die tekens en wonderwerke te doen om sodoende die sondige w�eld te bemoedig en te oortuig.

As die Geesvervulde gelowige een of meer van hierdie gawes van die Gees openbaar, dan openbaar hulle wat ons noem bonatuurlike kennis of bonatuurlike uitinge. Dis egter nie bonatuurlik vir die ware kind van God nie, maar n normale Christelike lewenstyl.

Nogtans w�t dinge wat die natuurlike die ongelowige mens mens nie weet nie; hulle doen dinge wat die natuurlike mens nie kan doen nie; hulle s�en bedink dinge wat die natuurlike mens nie kan s�of bedink nie. Die onderskeid l�tussen die vleeslike en die geestelike vlak.

Elke gawe is Jesus Christus in aksie en is 'n manifestering van Sy mag en wysheid. Die werkinge van die gawes voorsien in die mens en die kerk van Christus se behoeftes. Dit dien tot die mens se saligheid, vervulling, genesing en verlossing van die bose. Dit is die pad van heiligmaking.

Hierdie groot en magtige gawes is die wapens waarmee die Vader Sy medewerkers toerus. As ons in Sy we�wandel en onsself aan die Heilige Gees oorgee om die gawes te manifesteer is daar geen rede om bose magte, demone, te vrees nie. Die hoofdoel van die gawes is om die werke van Satan af te breek en om die koninkryk van God uit te brei.

Ons het deurentyd hierdie twee magte en kragte wat teenoor mekaar staan. Die Satan met sy gevalle engele en demoniese magte sal tot aan die einde van dae voortgaan soos n brullende leeu om te verslind wie hy ook al kan.

Om aan God se kant te staan, beteken om die volle wapenrusting aan te trek, dit is, die lering wat ons in hierdie skrywe aan u deurgee.

Vir diegene wat die gawes openbaar, word die bonatuurlike "natuurlik". Die onmoontlike word "moontlik". Ons verwag die onverwagte. Ons s�en doen dinge soos die Here Jesus sou s�en doen.

Wat ons die werkinge van die gawes noem, is in werklikheid die manifestasie van die Here Jesus Self, wat in ons woon en deur ons werk. Daarom is genesings en wonders vandag moontlik daarom is hulle noodsaaklik om die w�eld te oortuig dat Jesus nog lewe.

Die Here beveel ons: "Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit." (Mattheus 10:8).

HEILIGE GEES AS GODDELIKE PERSOON

 

Skriftuurplase oor die Gees as 'n Goddelike Persoon:

 

Johannes 16: 1-5 So is Hy openbaar deur Christus

Handelinge 5: 1-11 So is Hy erken deur die Apostels

1 Korinthi�s 12: 4-11 So word Hy gesien in die mededeling van die gawes

Mattheus 28:19 Gelyk aan die Vader en die Seun in die doop-bediening

2 Korinthi�s 13:14 Gelyk aan die Vader en die Seun in die se�

 

Skriftuurplase oor die Gees as 'n Goddelike Persoon:

 

Johannes 16: 8-11 Hy oortuig

Johannes 3:5 Hy verkwik die siel

2 Thes. 2:13 Hy maak heilig

Hebre�s 3:7 Hy roep

1 Johannes 2:20 Hy salf

Jud. 20 Hy help in gebed

Romeine 8:26 Hy help in ons swakhede

Handelinge 9:31 Hy troos

Johannes 16:13 Hy lei in alle waarheid

Johannes 16:14 Hy verheerlik Christus

Efesi�s 4:30 Bedroef die Gees nie

Handelinge 7:51 Weerstaan die Gees nie

1 Korinthi�s 12:11 Sy soewereiniteit

 

DIE HEILIGE GEES AS TROOSTER

 

Skriftuurplase oor die Gees as Trooster

 

Lukas 12: 1-12 Troos in tyd van beproewing

Handelinge 7: 54-60 Lei in die sterwensuur

Handelinge 13:44-52 Gee blydskap in diens

Romeine 5:5 Stort Goddelike Liefde uit

Romeine 8: 1-28 In die lewe en Gebed

Romeine 15: 5-25 Werksaam in die Christelike lewe

Johannes 14: 13-26 Belowe en verduidelik

Johannes 14:16-17 Belofte as 'n blywende Teenwoordigheid

Handelinge 9:31 Troos die Gemeente

Handelinge 11:24 Vul, gee geloof en vrugbaarheid

 

HEILIGE GEES AS LEERMEESTER EN GIDS

 

Skriftuurplase oor die Gees as Leermeester en Gids

 

Jes. 11: 1-5 Soos in die lewe van Christus gesien

Johannes 14: 13-26 Karakter

1 Korinthi�s 2: 9-14 Die wat Hy beskerm

Lukas 2:25-32 Leiding na Christus toe

Lukas 4: 1-13 Lei na die plekke van toetsing

Eseg. 27: 1-14 Openbaar die geestelike nood

 

Skriftuurplase oor die Gees as leraar en Gids

 

Johannes 14:26 Hy lei

Johannes 16:13 Hy lei in die hele waarheid

Johannes 16:14 Hy openbaar dinge van Christus

Romeine 8:14 Leiding bewys van kindskap

Galasi�s 5:18 Leiding en geestelike vryheid

 

 

Hosted by www.Geocities.ws

1