·
Egskeidings ruk SA aan flarde
Red ons Huwelike so!
DIE huwelik en die gesinslewe is die pilare van ‘n
volk. Verkrummel hierdie pilare, kom ‘n
volk tot ‘n val.
Egskeidings
het Suid-Afrika reeds aan flarde geruk.
Twee uit elke drie huwelike einding in die skeihof.
Baie soek na
oplossings om ‘n einde te maak aan die geskeidings want hoe kan iemand in die
huwelik trou aan mekaar beloof “totdat die dood ons skei,” en dan hulle woord verbreek?
Hulle belowe
nie net trou aanmekaar nie, maar ook teenoor God, want elke huwelik bestaan uit
drie persone: Die man, die vrou en God
self.
Die huwelike
is ‘n ewige verbond. Geen mens durf dit
verbeek nie. Nogtans is egskeidings ‘n
alledaagse gebeurtenis.
Die Bybel
leer dat die volk ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis. Inderdaad!
Ten eerste
besef die huwelikspare nie waaroor die huwelik werklik gaan nie, dat hulle nie
net wedergeborenes moet wees nie, maar dat die Bybel ‘n lamp vir hulle voet
is. Sonder ‘n lamp struikel ‘n mens en
val.
In Gen.
2:23-24 sê God dat die man sy ouerhuis sal verlaat en sy vrou sal aankleef “en hulle sal een vlees wees.”
Die man is
die hoof van sy vrou. 1 Kor. 11:3-4. Christus is die hoof van die man en die
man is die hoof oor die vrou.
Mans moet
hulle vroue liefhê. Efes. 5:25.
Hulle moet
hulle vroue eer. 1 Pet. 3:7.
Hulle moet
beheer oor die gesinslewe uitvoer. 1 Tim. 3,12.
Mans is die
hoof van die gesinslewe. Hulle moet
volle verantwoordelikheid vir hulle gesinne neem, ook wat die besluitneming
betref.
Dit beteken
nie dat vroue geen seggenskap in die huwelik het nie, maar eerder dat hulle
onder die sekuriteit van die man se gesag beskerm word.
Dit is
interessant om daarop te let dat mans beveel word om hulle vroue lief te hê.
Dit is ‘n
opofferende liefde wat vergelyk word met Christus se liefde vir die Kerk. Omdat dit ‘n opdrag is, moet dit vir die man
moontlik wees om sy vrou te wil liehê.
As alle mans
hierdie opdrag van God ter harte neem dan sal dit so ‘n rewolusie ontketen dat
dit die einde van egskeidings sal beteken.
En die vrou
dan, watter rol moet sy vertolk?
As ‘n man
effektief sy rol as hoof van die gesinslewe moet vertolk, dat is dit
noodsaaklik dat die vrou moet weet wat haar rol in die gesinslewe is.
‘n Man sonder
‘n vrou is nie ‘n waardige man nie. Hy
word eers ‘n volwaardige man die dag wanneer hy in die huwelik tree. Hulle eenheid word bevestig deurdat hulle
kinders voortbring.
Vroue moet
hulle aan hulle mans se gesag onderwerp. Efes. 5:22-24. As Eva haar aan Adam se
gesag onderwerp het, sou hulle nie in die moeilikheid beland het nie.
Wanneer mens
na die struktuur van die Liggaam van Christus kyk, dan is dit goed om te besef
dat die huwelik basies ‘n miniatuur patroon van God se orde is.
Ons sien dat
die Hemal ons tuiste is (Joh. 14:2) en dat God ons Vader is (Matt. 6:6).
Jesus is ons
“ouer” broer (Heb. 2:12) en ons word deur die wedergeboorte in die Familie van
God ingebore )Jon. 3:3). Verder sien
ons dat die gesinslewe die patroon van God openbaar. Efes. 3:14,15.
Die skokkende
werklikheid wat deur min van ons erken word, is dat die ganse wêreld nie
antwoorde op een van sy grootste probleme het nie — die inmekaar storting van die gesinslewe.
Dit is nie
toevallig nie. Dit is ‘n skepping van
die satan self want ook hy weet dat die gesinslewe die werklike hart van enige
volk is.
Dit is dus
noodsaaklik dat die kerk hierdie ontsettende aanslag moet aanspreek en moet
toesien dat die gesinne gesonde lering kry, want uiteindelik sal nie net die
gesinslewe tot niet gaan nie, maar ook die Kerk.
Wat is die
rol van vaders?
Abraham is
ons groot voorbeeld in Gen. 18:17-19.
God het geen geheim daarvan gemaak waarom Hy Abraham verkies het
nie. Die Bybel sê dit was omdat Abraham
bereid was om sy kinders die weë van God te leer. Genesis 18 leer dat gesinslewe die basis van elke groot volk
vorm.
Vaders moet
aan die gesin die Woord van God leer.
Deut. 4:9-10.
Die Woord van
God moet die basis vorm van bespreking
en leefwyse. Deut. 6:6-9.
Onthou, daar
was geen Sondagskool in die vroeë Kerk nie.
Ongelukkig is dit vandag so dat ouers die rol van Christen-opvoeding aan
die dagskole en Sondagskole oorgelaat word.
Die Woord van
die Here word nie langer by die huise – soos dit hoort – by die huisaltaar
gelees en bespreek nie. Daar vind geen
lering by die huis plaas nie. Vaders
faal jammerlik in hulle rol as hoë priester van hulle gesinslewens. Die gesin bid nie meer saam nie.
Ons moet die
Woord van God in ons harte “weglê” en in die harte van ons kinders. Deut.
11:18-21.
Dawid wat aan
Salomo lering gee, is ‘n voorbeeld van ‘n vader se verpligting. Spreuke 4:1-4.
Die Nuwe
Testament herbeklemtoon die beginsels van die Ou Testament. Efes. 6:4.
Die vroeë
Kerk het godsdienbeoefening tuis gehad.
Hand. 2:46; 5:42.
Die Bybel
leer duidelik dat dit die verantwoordelikheid en plig van vaders is om as
geestelike leiers in hul huishoudings op te tree.
Vandag is dit
dit nie so nie. As daar dalk nog iets
geesteliks in ‘n huis is, dan is dit moeders wat daardie rol probeer
vertolk. Die mans versaak hulle opdrag,
verantwoorde-likheid en verpligtinge.
Dit is nie te
laat nie. Ons kan ons huwelike
red. Skakel saans die TV af. Vat boeke, lees bespreek, onderrig. Besef jou werklike rol as vader in die huis.
Wees ‘n man, bely teenoor God, jou kinders en jou vrou
dat jy hulle geestelike heil versaak het.
Hulle sal jou eer as held.
Studeer saam, bid saam. Jou
gesin se geestelike heil is belangriker as die kos en klere wat jy huis toe
bring.
Christen-boekwinkels het
talryke boeke en handleidings. Skool
jouself in die Woord van God.
Dit is God se wil dat jy
die hoë priester in jou huis moet wees.
God se volgorde is: Hyself, dat die Engele, dan die man, dan die
vrou, die kinders, die diereryk, die
groente- en vrugteryk en dan die mineraleryk.
‘n Laer orde mag nie oor
‘n hoër orde heers nie, nogtans is daar die gevaar van rebellie. Ex.
4:24-25. Hier was Moses se lewe in
gevaar juis omdat sy vrou nie wou hê dat hulle seun besny word nie. Dit was rebellie teen haar man en teen God.
Solank as wat die vrou
haar onderwerp aan haar man is sy onder die beskerming van sy gesag.
Kyk in 1 Tim. 2:9 na
vroue se kleredrag. Vroue moet ‘n
aanwins wees en weet wanneer om te praat. 1 Tim. 3:11.
Die ideale vrou is
betroubaar (Spreuke 31:11), skeppend (13-14), let op haar tong (26), gee om vir haar gesin (27) en sy ontvang
eerbied van haar gesin (28,29).
As moeder baar sy kinders en gee aan hulle leiding (1 Tim.
5:14), sy bring die kinders na Jesus
(Mark. 10:13-16), dra ‘n sterk geloof
oor (11 Tim. 1:5; 3:15).
Let daarop dat die leiding wat sy gee, is deur haar man se
gesag aan haar gedelegeer.
En die kinders?
Hulle moet hulle ouers
eer (Deut. 5:16 en Efes. 6:2), hulle
moet gehoorsaam wees (Efes. 6:1), hulle
moet die Here dien terwyl hulle jonk is (Pred. 12:1) en die jongmanne moet
sober en verantwoordelik wees (Tit. 2:6-8).
Mans, hê julle vroue
lief. Sy is nie uit ‘n been in kop
gemaak sodat haar moet domineer nie, ook nie uit ‘n been in jou voet sodat sy
jou slaaf moet wees nie, maar juis uit jou ribbebeen, naby jou hart, sodat haar
lief sal hê en bemin, met deernis behandel.