Maria – ‘n prinses uit die Huis van Dawid

 

Maria, is die Latynse vorm van Mariam en die Hebreuse vorm van Mirjam. Sy was die moeder van die Here Jesus. Die geboorte van die Here word taamlik breedvoerig  in Mattheus en Lukas verhaal, en Maria se plek daarby word duidelik aangewys.

          Volgens die geslagsregister in Lukas 3:23 en verder, was sy 'n prinses uit die Huis van Dawid en het in Naseret gewoon. (hand. 2:29-31). (prinse en prinsesse het nie noodwendig aanspraak op 'n troon nie).

          Na die Here Jesus se geboorte  hoor ons min van Maria.  By die Here se kruisdood is sy deur die Heiland  aan die sorg van Johannes, haar seun, toevertrou.

          Dan vind ons haar  by die apostels na die Hemelvaart, daarna hoor ons niks weer van haar nie, van haar dood weet ons niks.

          Maria se man Josef, was 'n timmerman en hy het waarskynlik vir Jesus in hierdie ambag opgelei. Josef was uit die huis (stam) van Dawid (matt. 1:20; lukas 2:4).

          Dit maak  egter ook nie saak  wat Josef se afkoms was nie, want hy was nie die  biologiese vader van  Jesus nie aangesien Maria deur die Heilige Gees bevrug was.

          Na die geboorte van Jesus  het die gesin in Naseret gewoon. Dit is ook waarom Jesus bekend was as "Jesus van Naseret" en ook genoem was "die Nassarener". Hy het tot sy 30e jaar hier gewoon.

          Naseret was gedurende die eerste eeue deur Jode bewoon. Eers sedert die dae van Konstantyn die Grote, het Christene hul intrek daar geneem.

          Naseret word vandag deur die Arabiere "En-Nacira" genoem. In Naseret word vandag verskeie plekke aangewys wat aan die  heilige familie herinner. Daar is bv 'n kerkgebou op die plek waar Maria gewoon het toe die Engel Gabriël aan haar verskyn het, ens.

          Sien ook skrifte soos:

          Ps. 110;  Matt. 22:41-45;  Markus 12:35-37;  Lukas 20: 41-44.

          Die Skrif wys herhaaldelik dat  die lyn van die beloofde vrouesaad oor Dawid gaan. Die profete voorspel die koms van  'n loot uit die Huis van Dawid (van 'n "2e Dawid"):  Jes: 9:1-6;  Jeremia 30:9;  Eseg. 34:19-31;  Eseg. 37: 24-25.

          Dawid was van die Orde van Melgisedek. Melgisedek word as 'n tipe Christus gesien. Abraham het byvoorbeeld tiendes aan Melgisedek betaal. Dan kom daar Dawid, dan die tweede Dawid (Jesus) en dan  word gepraat dat hierdie tweede Dawid (Jesus) as 'n vors, 'n koning, wat  oor ons  sal heers vir ewig.

          Die Jode wou  Jesus later nie aanvaar nie. Hulle wou hom dood hê. Toe die hof geen skuld in hom vind nie, het die Jode gesê: nou laat sy bloed dan oor ons en ons kinders kom. Hiermee het hulle 'n vloek oor hulself uitgespreek, 'n vloek wat hulle tot vandag toe nog ry.

          Dat  boeke en geskrifte verskyn om Maria, Josef en Jesus  uit die Jodedom uit te skryf, is alles deel van die strategie  van die Jode om hulle saak te regverdig.

          Let op dat van Jesus ook gepraat word as die Leeu van Judah.

         

 

                   

         

Hosted by www.Geocities.ws

1