Die Geheim van die Ster van Bethlehem
En kyk, die ster
wat hulle in die ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly
staan bo-oor die plek waar die kindjie was.
En
hulle het in die stal ingegaan en die kindjie by maria, sy moeder, gevind en
neergeval en hom hulde bewys. Daarop maak
hulle hul skatte oop en bring vir hom geskenke: goud, wierook en mirre.
Die
wyse manne uit die ooste en die ster wat hulle met die geboorte van Christus na
Betlehem gelei het, word geeneen in die Bybel by name genoem nie.
Die woord gee
ook nêrens vir ons ‘n aanduiding van wie hierdie manne, of watter ster, dit kon gewees het nie.
Skrif-studente
het in die verre verlede reeds afgelei dat die drie wyse manne uit die ooste,
eintlik drie konings was — Melchior, koning van Nubië en Arabië, koning
Balthasar van Ethiopië en koning Caspar van Tarsus.
Oorblyfselfs van
hierdie drie konings is eeue gelede uit die ooste weswaarts gebring vir bewaring
in Christelike geboue, eers in Konstantinopel en later in Keulen.
Maar
die wonderlike lig wat die wyse manne uit die ooste gevolg het, bly steeds
onbekend en ‘n groot geheim. Dit is vandag slegs as die ster van Betlehem
bekend. Meer daarvan weet niemand nie.
Sterrekundiges
en ander geleerdes soek steeds na ‘n antwoord op die vraag wat hierdie lig
werklik was. Daar is al gemeen dat wat die wyse manne werklik gesien het, dalk
‘n komeet was, miskien ‘n nuwe ster, ‘n meteoor, die planeet venus of dalk ‘n
konjunksie van planete.
Dit
was tradisioneel dat die drie konings
van Ur of van Babilon af na Judea gekom het. Sou manne uit die ooste,
waar die aller-grootste aandag aan die
sterrekunde bestee word, ‘n fout begaan het deur ‘n komeet, of ‘n konjunksie
van planete, ‘n nuwe ster, of ‘n bekende ster,
aan te gesien het vir wat vandag
as die ster van Betlehem bekend staan?
Dit
is redelik om aan te neem dat hierdie
wyse manne se ster iets heel buitengewoons moes gewees het.
Een
groep sterrekundiges het aangevoer dat die ster van Betlehem niks anders as ‘n konjunksie van die planete Mars, Saturnus en Jupiter was
nie, omdat een van die weinige konjunksies van hierdie drie planete al om die
agt honderd jaar plaasvind en daar omstreeks
die jaar 6 voor Christus, so ‘n konjunksie was.
Daar
is buitendien mense wat bereken dat die jaar 6 voor Christus eintlik die jaar
was waarin Christus gebore is. Daar is beslis ‘n fout begaan deur die begin van
die Christelike jaartelling vas te stel op die jaar 755 van die Romeinse
kalender.
Werner
Keller, skrywer van die gesaghebbende werk, “The Bible as History”, plaas die skuld vir hierdie fout vierkantig op die skouers van die Skithiese monnik, Dionisius Exiguus.
Laasgenoemde het
gedurende sy verblyf in rome in die
jaar 533 opdrag gekry om die begin van die Christelike jaartelling vas te stel.
Maar hy het vergeet om ‘n jaar “nul” tussen
1 voor Christus en 1 na Christus in te voeg.
Hy
het ook vergeet van die vier jaar wat
die romeinse keiser Augustus onder sy eie naam, Octavianus, geregeer het.
Hoewel Keller bereken het dat Christus vroeër
gebore is, word dit algemeen aanvaar dat die geboorte in die romeinse jaartal
750 plaasgevind het—of dalk in die jaar 4 voor Christus volgens die Christelike
jaartelling, wat vasgestel is voordat
Dionisius se fout algemeen bekend was.
Maar
selfs al is Christus in die jaar 6 voor
Christus gebore, is daar nog steeds geen rede waarom die ster van Betlehem aan
die konjunksie van die drie genoemde planete
gekoppel moet word nie.
Twee
of meer planete is tog nooit om so na
aan mekaar dat dit iemand wat met die blote oog daarna kyk, kan bedrieg nie.
Mens moet ook onthou dat die eerste teleskope eers in die 16e eeu gebruik is.
Die
konjunksie-teorie het deur sommige geleerdes geloofwaardigheid gekry omdat dit toegeskryf is aan Johannes Kepler, die
17e eeuse Duitser wat die grondslag gelê het vir die moderne sterrekunde.
Nêrens
in Kepler se werke kan egter bevestiging verkry word vir hierdie aanname dat
hy vir die teorie verantwoordelik was nie. Kepler het wel te
kenne gegee dat die ster van Betlehem ‘n nuut ontdekte ster kon gewees het.
Maar
met alle eerbied teenoor Kepler, is hierdie moontlikheid hoogs onwaarskynlik.
Enige ster van die eerste grootte sou
tog ook sigbaar gewees het vir die sterrekundiges van koning herodus.
Volgens mattheus was die verhaal wat die wyse manne gebring het, heeltemal nuut
vir die hof van koning herodus gewees.
Mattheus
beskryf nie presies wat die besoekers uit die ooste aan herodus gesê het nie,
maar die nuus moes die koning ontstel het, want hy het sy koninklike mag in
Judea gebruik om te beveel dat alle seuntjies
van twee jaar en onder, doodgemaak moes word.
Nuwe
nova moes net so sigbaar gewees het as die moontlike konjunksie van planete.
Nova is ‘n ster wat ontplof sodat hy skielik baie helderder is as wat hy
oorspronklik was.
So
‘n nova kon verantwoordelik gewees het vir die Ster van Betlehem. Dit kon
helder genoeg gebly het vir die wyse manne gedurende hulle reis na Betlehem
voordat dit verdwyn het. Maar mens kan
tereg vra of dit dan nie vir die sterrekundiges van koning herodus ook sigbaar sou gewees het nie?
‘n
Eienaardige voetnota oor die verband wat sommige moderne sterrekundiges sien
tussen die reis van die wyse manne uit die ooste en die konjunksie van planete in die jaar 6 voor Christus,
word aangetref in die boek “Astrology — its History and Influence” deur Ellen Mc’Cafferty.
Daarin sê die
skrywe dat daar voor die jaar 6 voor
Christus, mistieke betekenis geheg is aan die sonderlinge konjunksies van die
planete Mars, Saturnus en Jupiter.
Een
van haar bewyse vir hierdie stelling is snywerk in ‘n antieke Egiptiese tempel
wat dateer uit sowat twee duisend jaar
voor die Christelike jaartelling.
In hierdie
snywerk is onder meer ‘n toneel van twee visse—wat vandag nog steeds die
simbool van Pices is—met bokant die visse
drie sterre in die vorm van ‘n driehoek. Dit lyk of hierdie snywerk die
begin van die geheim van daardie tyd uitbeeld.
Mc’cafferty suggereer
ook dat die verhaal van die wyse
manne uit die ooste in mattheus ‘n sinnebeeldige voorstelling kan wees waarin die
een of ander misterie van die ou tyd geopenbaar word.
Dit
is so dat baie van die letterkunde uit daardie en vroeëre tye geskryf is in die
vorm van sulke sinnebeeldige
voorstellings en gelykenisse, waarin die betekenis verswyg word in sinspelinge wat net verstaanbaar is vir
diegene wat bekend is met die geheime
ordes en kultusse.
Die
bestaan van sulke geheime ordes was nodig
in ‘n tyd van outokratiese regeerders en verowerde volke. Tog kan dit
wees dat die wyse manne uit die ooste ‘n duidelike en ondubbelsinnige taal gepraat
het wat betref feite.
Dat
daar in die verlede sterrekundige verskynsels was waarvoor die teenswoordige
groot sterrekundiges en ander geleerdes
geen verklaring het nie, word duidelik erken deur dr Imanuel Velikovsky, skrywer van
die boek “Worlds in Collision”, ‘n navorsingswerk oor ou legendes.
Prof. Dinsmore
Alter, van die Griffith Observatorium
in Los Angeles, sê: “sover dit die sterrekundiges aangaan, kan elke woord van
die verhaal van die wyse manne en die ster van Betlehem waar wees.”
Een
van sy kollegas, dr Robert Richardson van die Palomar Observatorium op Pasedena
sê: “ dalk is dit beter dat sommige vrae onbeantwoord bly. Die verhaal het weens sy skoonheid en eenvoud reeds twee duisend jaar bly staan.
Derduisende
pelgrims stroom jaarliks met Kerstyd na die heuwel-dorpie Betlehem in Israel.
Almal is gretig om die geboorteplek van Jesus Christus te besigtig.
Maar
vir almal is daar gewoonlik ‘n tikkie teleurstelling, want, soos een van die
inwoners -- hulle is meestal moslems
— dit stel: “daar is min mense wat
langer as 10 minute vertoef voordat hulle weer op pad terug is na Jerusalem.”
Die
rede vir hierdie kort verblyf is omdat daar hoegenaamd geen sekerheid
bestaan dat dit wel die plek is nie.
Alles
berus op oorlewering. Die besoeker voel nie die gewyde atmosfeer van die
heiligdom aan, soos wat dit in die Bybel weerspieël word nie. Daar knaag ‘n
ewige vertwyfeling aan ‘n mens.
Wanneer
mens langs die see van Galilea gaan wandel, met ‘n boot oor die see reis, of
langs die Jordaan-rivier sit, dan weet mens immers, ja, dit is die presiese
plek van Christus gewandel het. Dit geld ook vir talle ander plekke in Israel.
Wanneer
mens by Christus se graf kom, dan
sê die mense wat in beheer daarvan is, dat dit deur oorlewering sy graf
is. Maar wanneer mens binne die graf op
jou hurke gaan sit, dan kom die trane in jou oë want jou hele wese
sê vir jou, inderdaad, hier het hy gelê.
Hierdie geestelike gewaarwording is afwesig by die
sogenaamde geboorteplek. Dit wil voorkom asof dit maar net ‘n plek is dat die
moslems aangegryp het met die oog op geldelike gewin.
Dit
is so dat die plek sterk verantwoord
aan die Bybelse verduideliking daarvan. Maar of dit so is al dan nie, dit bring
‘n mens in elk geval nader aan die
inhoud van die skrif.
En
dit is wat so baie belangrik van ‘n besoek aan Israel is, die feit dat dit vir ‘n mens nuwe betekenis aan die skrif gee. Daardie werklikheidsbesef
dat die dinge van die Bybel beslis alles ware gebeurtenisse was.
Die
kommersialisering van die geboorteplek
druis heeltemal in teen die etiek van
die gelowiges.
Maar
in die tuin van Getsemané, waar Christus
die laaste aand voor sy gevangenisneming in gebed verkeer het, is alles
rustig en stil, ‘n mooi gewyde atmosfeer en ‘n skrille kontras met die geboorteplek se karakter van ‘n moslem-basaar.
In
Getsemané staan nog van dieselfde
olybome wat in Christus se tyd daar
was. Daar is met besliste sekerheid vasgestel dat sommige van die olyfbome meer
as twee duisend jaar oud is.
Om
hierdie dinge te waardeer, moet ‘n mens waarlik ‘n skrifgelowige wees. Diegene
wat die plekke bloot
uit nuuskierigheid of uit ‘n sensasionele oogpunt besoek, sal teleurgesteld wees. Vir hulle is daar
niks.
As
‘n mens die absolute sekerheid gehad het dat dit wel die geboorteplek van ons
heiland was, sou die aanskouing daarvan seker ‘n heeltemal ander uitwerking op
‘n mens hê.
Die
meeste van die Bybelse plekke is egter
toegebou, en dit verminder die uitwerking
wat dit op die besoeker het. Daar is selfs geen sekerheid waar presies
die kruis op golgotha gestaan het nie. Mens weet darem dat jy beslis op
golgotha is.
Een
van die ander plekke waaroor geen
twyfel is nie, is die vallei van Getsemané. Hier word ‘n mens beetgepak met
‘n ontroering wat nie maklik aan ander
oorgedra kan word nie. Slegs ware
gelowiges wat reeds daar was, kan daarvan getuig.
Die
meeste gelowiges wat Israel al besoek
het, voel sterk oor die kommersialisering
van die heilige plekke. Dit wek ‘n steurende atmosfeer wat net nie daar
tuishoort nie.
Wanneer
mens Israel besoek is jy natuurlik ook
gedurigdeur bewus van die bedreiging dat vyandelikes die land
kan aanval terwyl mens daar toer.
Gewapende soldate in uniform is ‘n algemene gesig. Die gidse is egter op
alles bedag en hulle sorg dat hulle alle toeriste langs die mees veiligste weë
lei.
“Die
inwoners van Betlehem noem dit ‘n tien-minute-dorp. Dit neem die gemiddelde
besoeker net sowat 10 minute om alles te sien wat te siene is,” sê een van die
oudste inwoners Michel, wie se familie
al sowat 830 jaar in Betlehem woon. Hulle dryf handel met pelgrims en ander
toeriste.
Michel sê, al
waarna die mense kom kyk is die stal waar volgens oorlewering en die Heilige
Skrif, die baba Jesus, die Christus
gebore is.
Terug
in Jerusalem is die heilige graf, die
paadjie waarlangs die kruis gedra is, beter bekend as die via dolorosa, of, die
lydingsweg, en natuurlik ook die bekende klaagmuur.
Die
Michel-familie beheer die oosterse basaar, net soos hul vaders en voorvaders
voor hulle. Die Michel-familie het saam met die kruisvaders na die heilige land
gekom. Dit was in die 12e eeu, en sedertdien het hulle in Betlehem wortel
geskiet. Hulle voertaal is Arabies. Vir sake-doeleindes praat hulle ook Engels
en Frans.
Michel
se opvolger is sy seun Salim. Volgens Salim is Betlehem ‘n tradisie-vaste dorp
waar die ouers nog aan die stuur van sake staan en waar die permissiewe
gemeenskap van die weste feitlik onbekend is.
Dit
is natuurlik nie die geval in Tel Aviv wat ‘n moderne stad is en waar die
euwels van die westerse wêreld ook maar aan die orde van die dag is nie.
Salim sê hy
respekteer en eer sy ouers. Hy was ook nog nooit ongehoorsaam aan hulle nie.
Hy
vertel dat eens op ‘n tyd het die
Arabiere uit alle dele van die Midde-Ooste
ook na Betlehem gekom, maar dit
gebeur nie meer nie. More, Kersdag, sal baie pelgrims en toeriste Betlehem weer besoek. Dan beleef die
dorpie met sy 25 duisend inwoners weer sy jaarlikse glorie.
En
weer stap hulle effe teleurgesteld daar weg, want, was hulle nou by die
geboorteplek van Jesus Christus, of het hulle ‘n moslem-basaar besoek?