Volharding
bring Oorwinning mee
IN die tyd waarin jy leef, is dit noodsaaklik vir Christene
om gefokus te bly. Iemand wat sy oë van
die pad afhaal, kan verdwaal of die pad byster raak.
Aan die einde
van hierdie pad moet ook jy kan sê: “Ek
het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof
behou (11 Tim. 4:7).
Iemand wat
aan ‘n wedloop deelneem is in meer as een opsig gefokus:
·
Hy weier om te twyfel
·
Hy weier dat enigiets sy aandag aftrek
·
Hy is en bly gedetermineerd
·
Hy weier om enige kompromieë aan te gaan
·
Hy is en bly gedissiplineerd
·
Hy wil ten alle koste wen
Onthou, mens
wen nie die silwer-medalje nie, die waarheid is dat jy die goue-medalje verloor
het!
Laat jy dan
ook elke las aflê en die sonde wat jy so maklik omring, en met volharding loop,
die wedloop wat voor jy lê (Heb. 12:1).
Die wedloop
is nie meer so lank nie. Jy is reeds in
die pylvak. Trek die volle wapenrusting
aan en staan vas (Efes. 6:13-14).
Vergeet die
dinge wat agter is. Strek jou uit na
wat voor is en jaag na die doel om die prys te kry. Onthou, dit is ‘n hoë roeping van God in Christus Jesus (Fil.
3:14).
Jy het ook
ander pryse in die lewe nagejaag, soos jou suksesvolle loopbaan, jou vrou, man,
kinders, huis, motor. Jy het daarna
gejaag totdat jy dit verkry het, of, jy is in sommige opsigte nog besig om dit
na te jaag.
Maar in die
wedloop om die groot prys van die Ewige Lewe het jy by tye nie gefokus gebly
nie. Daar is vergifnis, genade, bely en
vergeet wat agter is. Byt die stang
(die Woord) met mening vas en bly gefokus.
Dalk is daar
nog ander pryse wat jy nastreef. Gaan
voort daarmee. Al weet jy die Wederkoms
van Christus gaan more plaasvind, plant vandag nog ‘n boom. As dit geldelike uitkoms is wat jy nastreef,
volhard, bly gefokus.
Hou aan om te
klop en daar sal vir jou oopgemaak word.
As jy ophou klop maak niemand oop nie. Bly gefokus, gedetermineerd,
weier om te twyfel, bly gedissiplineerd, hardloop om te wen.
Wandel
volgens dieselfde reël as in dit wat jy reeds bereik het, maar sorg ook, dat jy
eensgesind met ander wandel, want jy hardloop beslis nie alleen nie (Fil.
3:16).
Elke dag is
jy nader aan die manifestering van die einddoel. Die probleme en moeilikhede wat jy ondervind is maar deel van die
hindernis-wedloop.
In Christus
leef ons BO die omstandighede, jy gaan bo-oor die hekkies. Jy leef nie ONDER die omstandighede nie.
Al jou
antwoorde is dalk nader as wat jy besef.
Volharding bring oorwinning mee.
Waak, staan
(vas) in die geloof, wees manlik, wees sterk (1 Kor. 16:13). Ja, staan jou man, want jy staan nie alleen
nie. Jy is tot alles in staat deur
Christus wat jou die krag daartoe gee.
Jy het mag ontvang oor al die krag van die vyand (Luk. 10:19).
Jy word
uitgedaag om anders te wees, om ‘n Goddelike spesie te wees wat nie opgee nie,
om aan te hou totdat die deurbraak daar is.
Maar onthou, dit is net gefokusde mense wat sien hoe hul drome
werklikhede word.
God is magtig
om jou op te bou en jou ‘n erfdeel te gee onder al die heiliges. Onthou, as God se kind is jy heilig en Hy
bou jou op, maak jou sterk. Die voeding
daarvoor is in Sy Woord en in jou gemeenskap met Hom.
Hou die oë
gevestig op Jesus Christus want Hy, en niemand anders nie, is jou Leidsman en
die voleinder van jou geloof. Hierdie
is vir Hom ‘n vreugde en omdat dit al lank gelede vir Hom voorgehou was, het Hy
die kruis verdra (Heb. 12:2).
Behou die
geloof. Almal het ‘n mate van geloof
ontvang, maar dit baat jou niks as jy daardie geloof nie vrystel nie, nie in
aksie stel nie, nie beofen nie, want dit is hoe dit toeneem in gestalte.
Bly in
gemeenskap met die Heilige Gees. Op
daardie wyse kan jy die hart van God leer ken, wat Sy wil in jou lewe is. Behou ook die geestelike gemeenskap met die
heiliges. Bewaar die eensgesindheid,
bemoedig bemaar, dra mekaar, bid vir mekaar.
“Welgeluksalig
is die volk wie se God die Here is (Ps. 144:15) en welgeluksalig is hy wat die
God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die Here sy God (Ps. 146:5)!