Word verander —
deur die Vernuwing van julle Gemoed!
AS
iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel;
die ou dinge het verby-gegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 2 Kor. 5:17.
En daarby die opdrag: Word vernuwe in julle gemoed! Rom. 12:2.
Maar hoe, word ‘n mens vernuwe in jou
gemoed? Hoe verander jy van inbors?
Eenvoudig – deur jou te reinig en op
te bou deur middel van die Woord,
Die
Bybel – wat ‘n lamp is vir jou voet!
Mediteer op die Woord, maak dit deel van jou hele menswees.
En so doen mens dit. Bely ondermeer die volgende strofés elke
dag:
Een ding weet ek (skryf jou naam hier in) ek vergeet die
dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die
prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus! Fil. 3:14.
Ek (skryf jou naam hier in) is tot
alles in staat deur Christus wat my die krag gee. Fil. 4:13.
Immers, Sy Goddelike krag het my
(skryf jou naam hier in) alles geskenk
wat tot die lewe en Godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat my geroep het deur Sy
heerlikheid en deug, waardeur Hy my die grootste en kosbaarste beloftes geskenk
het, sodat ek daardeur ‘n deelgenoot kan word van die Goddelike natuur, nadat ek die
verdorwendheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. 2Pet. 1:3-4.
Vir my (skryf jou naam hier in) is die
Koninkryk van God geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees. Rom. 14:17.
Ek (skryf jou naam hier in) bid tot
die Vader in Jesus se naam en ek ontvang sodat my blydskap volkome kan
wees. Joh. 16:23-24.
Ek (skryf jou naam hier in) weier om
te twyfel, want dan kan nie eers iets van die Here ontvang as ek twyfel
nie. Jak. 1:7.
Geseënd is die God en Vader van onse
Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid aan my (skryf jou naam hier
in) die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop (hoop soos in “future
fact” en nie “I wish” nie) deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
sodat ek ‘n onverganklike en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die
Hemele bewaar is vir my, wat in die krag van God bewaar word deur die geloof
tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. Pet. 1:3-5.
As ek (skryf jou naam hier in) my sondes bely, is Hy getrou en
regverdig om my die sondes te vergewe en my van alle ongeregtigheid te
reinig. Joh. 1:9.
Geseënd is die God en Vader van onse
Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle
vertroosting, wat vir my (skryf jou naam hier in) troos in al my verdrukking,
sodat ek diegene wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die
vertroosting waarmee ekself deur God getroos word. 2Kor. 3-4.
Ek (skryf jou naam hier in) het my
vyande lief; ek seën diegene wat my vervloek, ek doen goed aan diegene wat my
haat, en ek bid vir diegene wat my beledig en vervolg. Matt. 5:44.
In al hierdie dinge is ek (skryf jou
naam hier in) meer as ‘n oorwinnaar deur Hom wat my liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe
of Engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of
diepte of enige ander skepsel my sal kan skei van die liefde van God wat daar
in Jesus Christus, my Here is nie. Rom.
8:37-39.
In Hom lewe ek (skryf jou naam hier
in) , beweeg ek, is ek. Hand. 17:28.
As ek (skryf jou naam hier in) vir
hierdie berg (probleme) sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in my
hart twyfel nie, maar glo dat wat ek sê sal gebeur – sal ek verkry net wat ek
sê. Mark. 11:23.
As ek (skryf jou naam hier in) op die
Here wag, kry ek nuwe krag; ek vaar op
met vleuels soos die arende; ek
hardloop en word nie moeg nie, ek wandel en word nie mat nie. Jes. 40:31.
Ek (skryf jou naam hier in) werp my
sorg op die Here, en Hy sal my onderhou;
Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. Ps. 55:23.
Ek (skryf jou naam hier in) het die
Here gesoek, en Hy het my geantwoord en uit al my vrees gered. Ps. 34:5.
Wanneer ek (skryf jou naam hier in)
bid, vergeef ek as ek iets teen iemand het.
Mark. 11:25.
Vrede laat Ek vir jou (skryf jou naam
hier in) na, My vrede gee Ek aan jou.
Laat jou hart nie ontsteld word en bang wees nie. Joh. 14:27.
Die dinge wat by die mens onmoontlik
is, is by God moontlik. Luk. 18:27.
Gee opnuut in die binneste van my ‘n
vaste gees. Ps. 51:12.
Ek (skryf jou naam hier in) gaan na
Hom toe wanneer ek vermoeid en belas is, en Hy sal vir my rus gee. Matt. 11:28.
Ek (skryf jou naam hier in) vertrou op
die Here met my hele hart en steun nie op my eie insig nie.
Hy het gekom dat ek (skryf jou naam
hier in) lewe en oorvloed kan hê. Spr.
3:5; Joh. 10:10.
Ek (skryf jou naam hier in) bely my
misdade aan ander en bid vir ander, sodat ek gesond kan word. Die vurige gebed van die regverdige het
groot krag. Jak. 5:16.
As God vir my (skryf jou naam hier in)
is, wie kan teen my wees. Rom. 8:31.
Die Koninkryk van God is binne-in my
(skryf jou naam hier in) Luk. 17:21.
God het my (skryf jou naam hier in)
nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en
selfbeheersing. 2 Tim. 1:7.
God sal my (skryf jou naam hier in)
lei deur Sy raad en my daarna in heerlikheid opneem. Ps. 73:24.
Ek (skryf jou naam hier in) neem die
volle wapenrusting van God op, sodat ek weerstand kan bied in die dag van
onheil, nadat ek alles volbring het, staande kan bly. Efes. 6:13.
God is vir my (skryf jou naam hier in)
‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Ps. 46:2.
Ek (skryf jou naam hier in) gee ag op
die Woord en sal die goeie vind, en omdat ek op die Here vertrou, is ek
gelukkig. Spr. 16:20.
En aan Hom wat mag het om te doen ver
bo alles wat ek (skryf jou naam hier in) bid of dink, volgens die krag wat
in my werk. Efes. 3:20.
Ek (skryf jou naam hier in) bid en vir
my sal gegee word, ek soek en ek sal vind, ek klop en vir my sal oopgemaak
word. Matt. 7:7.
Wees maar net stil tot God, my siel,
want van Hom is my (skryf jou naam hier in) se verwagting. Ps. 62:6.
Ek (skryf jou naam hier in) is sterk
en vol moed, nie bevrees of verskrik nie, want die Here my God is met my, oral
waar ek heengaan. Jos. 1:9.
En ten slotte: Ek (skryf jou naam hier in) dink nie aan die
vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, God gaan iets nuuts maak; nou sal dit
uitspruit, sal ek dit nie merk nie?
Kyk, God maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. Jes. 43: 19-19.