·      Golgotha

God se Meesterstuk!

 

DIE vraag word allerweë gevra :  Wie het Christus doodgemaak, die Romeine of die Jode?

          Christus gee self die antwoord in Joh. 10:17-18 :  “Daarom het die Vader my lief, omdat Ek my lewe aflę om dit weer op te neem. 

          “Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lę dit af uit Myself.  Ek het mag om dit af te lę en Ek het mag om dit weer op te neem.  Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.”

          Niemand sou die voorreg hę om Christus dood te maak nie.

          Lukas 23:46 lees:  “En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesę :  “Vader, in U hande gee Ek my gees oor!  En toe Hy dit gesę het, blaas Hy sy laaste asem uit.”

          Mense het normaalweg 36 ure aan ‘n kruis gehang voordat hulle dood is.  Jesus het na ses ure besluit, Hy sterwe.

          So gaan 1 Kor. 15: 54-55 ook in vervulling :  “Die dood is verslind in die oorwinning.  Dood, waar is jou angel?  Doderyk, waar is jou oorwinning?”

          Die Hoofman oor ‘n Honderd staan daardie oomblik voor Christus.  Toe hy sien wat plaasvind bely hy :  “Waarlik, hierdie man is regverdig!”

          Saam hiermee word die waarheid oor die Ewige Lewe bevestig.  Hemel of hel, daar is beslis ‘n Ewige Lewe.  Oor waar mens die Ewigheid gaan deurbring is jou eie keuse.

          Paulus weet waar hy die Ewigheid gaan deurbring en sę in Rom. 8:38-39 :  “Wat ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of toekomstige dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel, my sal skei van die Liefde van God wat daar in Jesus Christus is nie!”

          As jy dit ook kan sę, loof ons die Here saam met jou.

          As jy dit nie kan sę nie, as jy nie daardie versekering het nie, dan moet jy dringend werk daarvan maak.  Dit is u lewe en u toekoms.

          Die Here sę in Joh. 1:9 :  As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig, om ons nie net al ons sondes te vergewe nie, maar ons ook van alle ongeregtigheid te reinig.

          En jy wat reeds hierdie kragtige versekering het,  bid saam met ons vir magtige herlewing.

          As jy hierdie boodskap reeds tot by hierdie punt gelees het, dan moet jy besef dit is die Heilige Gees wat jou gedring het om tot hier te lees.  Dan praat Hy met jou omdat hy jou lief het en dan verwag Hy reaksie van jou kant af!

                                     

Hosted by www.Geocities.ws

1