‘n
Brief van Bemoediging ……
Aan:
Koningskinders
!
GEGROET
!
in
die naam van Hom wat mag het om te DOEN.....ver bo alles(!) wat
ons BID of DINK, .... volgens die Krag wat in ons is !!!
Efes. 3:20.
Heb.
11: 1-33. Dit
is die Bybel se Geloofsgalery ..... en ons is deel daarvan!
Keer
nou terug na verse 32 en 33:
“En
wat sal ek nog meer sê (oor al hierdie geloofs-dinamika)? Want die tyd
sal my ontbreek as ek (ook) van Gideon, Barak en Simeon en Jefta, Dawid en
Samuel en die profete sou verhaal ......”
Let
nou op na vers 34: “... wat deur die geloof:
·
koninkryke oorweldig het !
·
geregtigheid uitgeoefen het !
·
beloftes verkry het !
·
bekke van leeus toegestop het !
·
die krag van vuur uitgeblus het !
·
die skerpte van die swaard ontvlug het !
·
krag uit swakheid ontvang het !
·
dapper gewees het in die oorlog !
·
leërs van vreemdes op die vlug
gedryf het !”
Kyk
weer na die tweede laaste reel:
DAPPER gewees het in die oorlog !
DAPPER beteken: Vasberade, onverskrokke. Dit beteken ook:
onwankelbaar en onbuigsaam, beginselvas, dus, ook iemand wat geen kompromie
aangaan nie.
Het
ons geloof? Natuurlik het ons geloof? Ons het dit by die wedergeboorte ontvang.
Maar, Lewe ons deur die geloof....... ?
Om
te sê ons sal probeer om deur die geloof te lewe, is so goed as om vir
die satan te sê mens is nie toegewyd nie. By die eerste hekkie slaan jy neer.
Om
deur die geloof te kan lewe moet ons beslis (committed) wees, moet ons
deter-mineerd wees, moet ons dapper wees, moet ons weier om kompromieë aan te
gaan. Of ons vertrou God absoluut, of, anders lewe ons in twyfel, ons probeer
maar.....
Jak.
1:6-7 .... hy wat twyfel moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang
nie!
"We
are God's mighty men (and women) of valour." God se magtige manne (en
vroue) vol dapperheid, onverskrokkendheid. Ons weier om te twyfel. Ons
staan soos rotse, onwan-kelbaar. Ons vrees niks, want Hy het ons nie 'n gees
van vreesagtigheid gegee nie.
Let weer op wat staan reg aan die
begin geskrywe ... volgens die KRAG wat IN ons is.
Daar is geloofskrag in ons om ook die dinge te kan doen wat ons voorsate deur
die geloof gedoen het. ...volgens ..... dui daarop dat ons
daardie krag moet uitbou, soos 'n gewig-opteller sy krag ook uitbou. Hoe groter
sy krag, hoe groter die gewig wat hy kan baasraak.
Ons
moet dus deur Sy Woord en deur praktiese toepassing daarvan, ons
geloofskrag uitbou. Kyk hoe waar is die volgende:
GREAT people, are ordinary people, with
extraordinary amounts of determination! (geloof)
Om
nederig te wees is God se Wil. Om jouself te verkleineer, is nie nederigheid
nie en is sonde. In die oë van God is ons baie belangrik. Ons is Sy VOLK. Ons
is Sy eiendom. Ons is Sy Erfgename. Ons is Sy medewerkers. Ons het die geloof
van 'n mosterdsaadjie – ons (moet) groei tot 'n reuse Geloofsboom !
Onthou,
wanneer mens naby die deurbraak is, sal die druk altyd toeneem. Teenspoed lyk
maar soos teenspoed. Hoe harder die stryd hoe groter die oorwinning, want in
Christus Jesus IS ons meer as Oorwinnaars !!!
Probleme
wat oor die wêreld aan die kom is, moet maar kom. Ons is gereed daarvoor
!!!
Oorwinningsgroete!
Ns.
Lees
ook Psalm 149 en let veral op wat gebeur vanaf Vers 6: Lofverheffinge is ‘n
tweesnydende swaard. Aan die een kant verbly ons die hart van God, aan die
ander
kant
vernietig ons die vyand, wie en wat hy ook al mag wees !