Wat sê Die Bybel, Wie is EK?
DIE Bybel doen telkens ‘n beroep op ‘n
mens om nederig te wees. Baie Christene het ‘n verkeerde persepsie hieroor en
meen dat as hulle hulself verkleineer, hulle nederig is.
So verstaan hulle dat wanneer die Skrif sê ons moet
die HERE “vrees” dit beteken dat hulle vir GOD bang moet wees. Vervang egter
die woord “vrees” met die woord “respekteer” en eensklaps is hulle persepsie
omgekeer.
Die sonde van ons tyd is wanpersepsies.
Dit veroorsaak ‘n binding in ‘n mens se gees. Dit veroorsaak dat ons onder
omstandighede lewe in plaas van bo die omstandighede. Kom ons kyk
nou wat sê GOD, wie is ek!
·
Ek is GOD se
kind want, ek is wedergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit
onverganklike, (hoe?) deur die Lewende Woord van God wat tot in ewigheid bly (1
Pet. 1:23);
·
Ek is ‘n nuwe
skepsel, omdat ek nou in Christus is (11 Kor. 5:17);
·
Ek is verlos van
die mag van die duisternis en ek is oorgebring na die Koninkryk van die
Seun van Sy Liefde (Kol.1:13);
·
Ek is losgekoop
deur Christus van die vloek van die Wet (Gal.3:13);
·
Ek is deur GOD
uitverkies nog voor die grondlegging van die wêreld (Efes. 1:4);
·
Ek is verlos
deur Jesus se bloed (Efes. 1:7);
·
Ek is ‘n geroepe
Heilige (Rom. 1:7);
·
Ek deel in Sy
erfenis (Kol. 1:12);
·
Ek is
triomfantelik (Openb. 21:7);
·
Ek is dood vir
die sonde (Rom. 6:2);
·
Ek is ‘n
uitverkorene (Kol. 3:12);
·
Ek is bevestig
tot die einde toe (1 Kor. 1:8);
·
Ek is deur die
Waarheid vrygemaak (Joh. 8: 31-33);
·
Ek is besny met
‘n besnydenis wat nie met die hande verrig is nie (Kol. 2:11; Det: 10:16; Filp.
3:3; Rom: 2:28-29);
·
Ek is met
Christus gekruisig (Gal. 2:20);
·
Ek is gered deur
die bloed van Jesus (1:14);
·
Ek lewe saam met
Christus (Efes. 2:5);
·
Ek is saam met
Jesus opgewek (Rom. 2:12);
·
Ek is ‘n getroue
navolger van Jesus Christus (Efes. 5:1);
·
Ek is die Lig
van die wêreld (Matt. 1:14);
·
Ek is die sout
van die aarde (Mat. 5:13);
·
Ek het ‘n
heilige roeping (2 Tim. 1:9);
·
Ek is meer as ‘n
oorwinnaar (Rom. 8:37);
·
Ek is gewortel
en opgebou in Hom en bestig in die geloof (Kol. 2:7);
·
Ek weet al my
behoeftes is vervul (Phil. 4:19);
·
Ek het lewe en
oorvloed (Joh. 10:10);
·
Ek is tot alles
in staat deur Christus wat my die krag gee (Fil. 4:13);
·
Ek jaag na die
doel om die prys te verkry (Fil. 3:14);
Mens hoor baie dat Christene sê: Onder
die omstandighede gaan dit so en so. Ons is egter nie veronderstel om onder
die omstandighede te lewe nie, maar
juis bo die omstandighede, op oorwinningsgrond!
In
11 Kor. 2:14 lees ons: Maar dank GOD, want Hy laat ons altyd triomfeer in
Christus. Boonop laat Hy die geur van Sy kennis oral deur ons versprei.
Die “Amplified”-vertaling sê: … Hy lei ons om altyd te triomfeer!
Ons moet net bereid wees om ons te laat lei.
Om nederlae te aanvaar, is om GOD se
beste vir ons te verbeur. Te veel Christene lewe vandag as Verbondsvolk met
veel minder as wat GOD se regte en voorregte vir hulle inhou.
Om
te triomfeer is ons geboortereg. Jes. 54:17 lees: Elke wapen wat teen jou
gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die
gereg, sal jy weerlê. (Hoekom?) Want dit is die erfdeel van die knegte van die
Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.
Waarom sou enigeen van ons ‘n
nederlaag aanvaar wanneer triomf ons
legitieme reg is?
Die Skrif sê GOD laat ons altyd, en nie net soms nie,
triomfeer. Dit beteken dit is nie GOD se Wil dat ons ooit ‘n nederlaag moet ly
nie.
Natuurlik is daar Christene wat nie
altyd triomfeer nie, maar dis hul eie skuld as hulle ‘n nederlaag aanvaar. As
ons onder druk toegee, dan is dit nie GOD se skuld nie.
Om altyd te kan triomfeer, beteken dat ons moet vasstaan in die geloof,
moet weier om te twyfel, moet weier om ‘n nederlaag te aanvaar. Dit beteken dat
ons tot volle wasdom in Christus moet groei.
·
Psalm
78:8-9,41 lees: dat ons nie koppig en wederstrewig moet word en ‘n onvaste hart
en ontroue gees teenoor God moet openbaar nie. Want dit het die kinders van Efraim gedoen en toe hulle die nederlaag aanvaar het deurdat hul gewapende boogskutters omgespring het op
die dag van oorlog. En vers 41 sê: …
hulle het GOD versoek en die Heilige van Israel gekrenk!
Dis
tog nie wat ek en u wil doen nie. GOD wou hê dat hulle moes triomfeer maar
hulle het teenspoed aanvaar. As ons weier om op te gee, dan sal ons beslis
triomfeer!
Psalm
27:13-14 lees: Wat sou tog gebeur het as ek nie geglo het dat ek die goedheid
van die Here sal sien in die land van die lewendes nie, en, Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart
sterk wees! Ja, wag op die Here!
Dit beteken die goedheid van GOD
is die manifestasie van die teenwoor-digheid van GOD.
Psalm
41:12 lees: Hieraan weet ek dat U ‘n welbehae in my het: dat my vyand oor my
nie juig nie (triomfeer nie).
Daar
is geen wyse waarop die satan, ons kan verslaan nie, beslis nie wanneer ons in
GOD se guns wandel nie!
Psalm 5:13 lees: Want U seën die
regverdige, o Here, U omring hom met welbehae soos met ‘n skild!
Ons
durf dus nie nederlae aanvaar nie. Ons slagspreuk moet wees: Nooit gee ek op
nie! Onthou, om altyd te triomfeer, is
ons erfenis.
Let op hoe Paulus vir die Liggaam van
Christus, dit sluit u en ek in, gebid
het wat betref ons erfenis:
Kol. 1:9-14 … en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om
deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig!
Bekwaam
gemaak beteken deur aan ons volmag te gegee het, of ons te gemagtig het, om
aan ons gesag te gegee het.
Vers 13 lees: Hy het ons verlos uit
die mag van die duisternis en oorgebring na die Koninkryk van die Seun van
Sy liefde.
Kol.
2:15 lees: …. Nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee het, en hulle in die
openbaar ten toon gestel het en daardeur ook oor hulle getriomfeer het!
Ons
is dus as Sy kinders almal bemagtig, die gesag gegee, om te triomfeer.
Dit is ons erfenis. Dit is ons reg. Ons triomfeer oor alle omstandighede. Ons
is meer as oorwinnaars!
Ons
kan geen nederlaag ly as ons ‘n openbaring het van die verlossingswerk wat
Jesus Christus op Golgotha vir ons bewerk het nie. Golgotha is GOD se
meesterstuk.
Niemand het Jesus vermoor nie want aan
niemand is so ‘n voorreg ooit gegee nie. Nee, Hy blaas self Sy asem uit en Hy
gee self Sy gees oor in die hand van die Vader.
En die Hoofman oor Honderd skrik en
met verwondering sê hy: Waarlik, dit was die Seun van GOD. Hoekom? Want dit was
die eerste keer dat hy gesien het iemand besluit self wanneer om te sterf.
Ja, Christus het selfs die dood oorwin
en ons het dit ook reeds gedoen want geen Christen sterf nie, elkeen vertrek
bloot na ‘n nuwe, ewige, lewe. Ja, ons moet selfs ons persepsies oor die “dood”
verander.
Wanneer ons, ons persepsies reg het,
dan begin ons ook besef wat die verskil is tussen wasdom en onvolwassenheid.
Dan besef ons wat die verskil is tussen melk en vaste spys – Hebr. 5:12-14.
Rom. 8:20 lees: Want die skepping wag
met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Die
Grieks dui aan dat die woord kinders hier “volwasse” kinders bedoel.
Die Ou Testament is letter en
die Nuwe Testament is Gees. In 1 Kor. 3 vanaf vers 1, sê Paulus: Ek
kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met
vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
En verder: Ek het julle met melk
gevoed, nie met vaste spyse nie, want julle was nog nie daartoe instaat
nie, en julle is nou nog nie daartoe instaat nie (hoekom nie?) omdat
julle nog vleeslik is (hoekom is julle nog vleeslik?) omdat
daar onder julle nog jaloersheid, twis en tweedrag is.
In Heb. 5:12 sê Paulus: Want hoewel julle vanweë
die tyd reeds leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat mens julle die
eerste beginsels van die Woord van God moet leer, en julle het weer behoefte
aan melk en nie aan vaste spyse nie.
En verder: Want elkeen wat melk
gebruik, is onervare in die Woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is.
Maar vaste spyse is vir die volwassenes, vir die wat geestesvermoëns
besit (hoe verkry mens dit?) deur die gewoonte geoefen om goed
van kwaad te onderskei.
En verder: daarom moet ons nie bly by
die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid
voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie
werke en van die geloof in God.
Wat is dan die pad van die
volmaaktheid? Eenvoudig. Efes. 5:1: Wees navolgers van God, soos geliefde
volwasse kinders, wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het, en
Efes: 4:1 … wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle
nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde
verdra, en, ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band
van vrede.
Dit
verkry ons deur sensitief na die leiding van die Heilige Gees te luister, deur
die Woord in diepte te bestudeer.
Elkeen van ons, sê Efes. 4:7, is die genade
gegee volgens die mate van die gawe van Christus, daarom moet ons voortgaan
op die pad van volmaaktheid sodat ons ook
kan word apostels, profete, evangeliste en herders (hoekom?) om,
soos Efes. 4:12, die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing
van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van
die geloof en ons ook almal kom tot die kennis van die Seun van God, tot
‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.
Lees weer die voorafgaande paragraaf stadig deur. En dan lees jy verder
vanaf strofé 14: sodat ons nie meer kinders sou wees nie, wat soos die golwe
geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die
bedrieëry van die mense, deur sluheid en listigheid tot dwaling te bring…
Sommige
Christene kan so maklik ander oordeel aan sogenaamde sondes wat sigbaar is. Dit
veroorsaak ‘n binding in hulle gees en hulle kan nie geestelik groei nie.
Terloops: GOD sê Hy het die werk in elkeen van ons begin en Hy sal dit
voleindig. Ons durf dus nie tussenbeide tree nie.
Dieselfde Christen is dalk groter in
die skuld, want, terwyl die ander Christen se sigbare “sonde” dalk nie eers
sonde is nie, sit eersgenoemde met ‘n onsigbare sonde: ja, hy of sy is soos
Jak. 1:6-7 sê: hulle sondig deur te twyfel. En dan is daar die waarskuwing dat
iemand wat twyfel moenie dink dat hy iets van die Here kan ontvang nie.
As u skuld het aan so ‘n onsigbare
sonde soos twyfel, rig dan uself op, bely dit by die HERE, weier om langer te
twyfel, en groei voort na wasdom.