Watter GOD dien jy — jou God?
Die
tydvak waarin ons leef bevind mense hulle in verskeie geesteswêrelde. So onstaan die vraag: Watter God dien jy,
jou God?
In Amerika sê almal: Ek glo in God. Maar watter God sou hulle bedoel? Op TV en in rolprente is gedurig uitroepe na god. Watter god sou hulle so na roep?
Die Amerikaners se “ek glo in God”
hoor mens ook in ander wêreldele, soos in Suid-Afrika self.
In TV-programme gaan dit nie oor die
God van die Bybel nie, maar skielik is alles “spirit”.
“Ek glo in God” het soos ‘n skildderdoek geword waarop mense
enige beeld af-ets van wie hulle dink
God is. Eintlik, omdat dit hulle eie
skepping van God is, is dit niks minder nie as ‘n afgod wat hulle aanbid.
Ons skaal God af na ‘n hanteerbare
idioom. Hy mag nie wees wie Hy werklik
is nie, hy moet afgeskaal word na waar Hy in my soort raamwerk inpas, ‘n
raamwerk waar Hy vir my meer hanteerbaar is.
Dis darem te veel gevra dat ek by Sy (helige) raamwerk inpas.
Hierdie veralgemening van God kan die
grootste sonde van die Kerk in ons tyd wees.
Volgens die Bybelse Ensiklopedie is
God in die Ou Testament genoem Adonai, El, Elohim, El-Eljoon, El-Sjaddai, JAHWE
en Kedoosj Jisrael of Heilige van Israel.
In die Nuwe Testament word Hy ook genoem Theos en Kurios.
Maar dit is bloot name, soos GOD,
HERE, Drieënige God, ensomeer.
Wie is jy, Magriet, Johannes? Dit is bloot julle name, maar wie is julle?
Ons sê maklik ons ken iemand, dan
bedoel ons maar eintlik dat ons bloot weet wie hulle is. Om iemand te ken, is
iets anders as om die naam of name te ken.
So vertel ons soms ‘n storie oor
iemand wat nie die waarheid is nie, want ons het bloot ‘n persepsie van die
persoon. Ons ken nie werklik die
persoon nie.
So het ons ‘n verkeerde
persepsies oor ‘n magdom dinge en mense, bloot omdat ons nie ons self vergewis
van die werklikhede en feite nie.
Ons het ‘n perspsie oor God, maar ons
ken nie die God van die Bybel nie want ons bestudeer nooit die Bybel nie.
Wat is ons persepsie van God? Wie is Hy vir jou? Is Hy wie Hy werklik moet wees, of is Hy vir jou ‘n selfgeskepte
beeld wat jou pas?
Dalk is Hy vir jou die God van jou
rykdom en jou gesondheid. Is God jou bankoutomaat, dat Hy maar jou dienswillige
dienskneg is en jou sal gee wat jy ook al wil hê en wanneer jy dit wil hê?
Ons wanpersepsie oor God is vanweë wie
ons wil hê Hy moet wees. Calvyn het
gesê: Die mens se gedagtes is soos’n fabriek wat gedurigdeur vals skeppings oor
God vervaardig.
Ons gebruik koeie vir melk, skape vir
wol en God vir al ons ander begeertes. Geen wonder dat Paulus spesifiek eis dat
ons gedagtes vernuwe moet word nie!
Hang Christus vir jou nog aan ‘n
kruishout? Of is hy die verrese
Christus wat jy moet navolg?
Sê jy ook jy is ‘n Christen? Dien jy Hom? Eerbiedig jy Hom? Is God
in aksie in jou lewe?
Wat van die Wederkoms? Is dit ‘n stukkie Bybelskiedenis wat jy
iewers langs die pad van gehoor het, of is dit inderdaad vir jou ‘n toekomstige
werklikheid waarna jy met rykhalsende verlange uitsien?
Verwag jy Hom elke
dag? En wat van in die nag wanner jy
sewe ure slaap en nie eers van jou eie bestaan bewus is nie?
Veral na 11 September se
terroriste-aanvalle op Amerika, het baniere oral vertroon “God Bless
America.” Watter God het hulle van
gepraat, want, twee porno-winkels het
ook baniere in hulle vensters gehad wat gelees het "“God Bless
America."
Met die baniere het Amerikaners
skynbaar bedoel, die God wat aan die kant van Amerika is. Dalk ook dat dit die God is wat in demokrasie
belangstel? Die God van die
kapitaliste? Die God wat die aandelebeurs moet laat styg?
Na 11 September was God oral in
Amerika weer terug. Mens sien Hom op
baniere, op TV en in die koerante en tydskrifte: God Bless America, oor en oor
en oor. Maar Christus is nie
terugverwelkom nie.
Statistiek wys dat meer mense het ewe
skielik begin kerk toe gaan, maar daar was nie nuwe wedergeboortes nie. Twee maande later verdwyn die mense weer uit
die kerke en die baniere word afgehaal.
Ander sê hulle wil God ken as ‘n God
van tolleransie. So ‘n God sal nooit
iemand laat hel toe gaan nie, sê hulle. Dis hulle persepsie want dit pas hulle
beeld van God. Die waarheid is dat daar
beslis ‘n ewige verdoemenis op die ongereddes wag.
Die lys van die soorte God wat mense
aanbid, is veel-veel langer. Ja, elkeen
aanbid ‘n eiesoortige God wat hy of sy vir hulself skep. In werklikheid aanbid hulle ‘n afgod.
Vir die een is God ‘n Baptis, vir die
ander is hy ‘n Gereformeerde. Nee, sê ‘n volgende een, God is Presbiteriaan. Anglikaans sê ander. Inderdaad, in die
laaste dae sal hulle sê hier is die Christus, nee, daar is die Christus.
En mense draf van kerke na kerk van
gemeente na gemeente want hier is Christus, nee daar is Hy.
Humoristies word voorgehou dat die
eerste kerkskeuring gekom het toe die twee blinde manne van die Bybel mekaar
ontmoet het. Die een het getuig hoe Christus aan hom gesê het “jy sien” en toe
sien hy, maar die ander man het sy kop geskud en gesê: “Ek is jammer vriend, as
Hy nie in die sand gespoeg het en modder aan jou oë gesmeer het wat jy in die
Bad van Gilead moes gaan was nie, dan kon dit nie dieselfde Christus gewees het
nie.”
So skep ons elkeen vir homself sy eie
klein wêreldjie waarin hy die mees tevrede voel.
Maar wie is God?
Hy is die God wat in Jes. 57:14 sê “Hy
is die Hoë en die Verhewene wat in die ewigheid woon. Sy naam is Heilig. Hy
woon in die hoogte en in die heilige plek, maar, Hy woon ook by die vebryselde
en nederige van gees. (Hoekom?). Om te laat herlewe die gees van die nderiges
en laat herlewe die hart van die verbryseldes.”
Dit is die God wat in
Esegiël 3 vers 18 sê: “As Ek aan die godlose sê: Jy sal sekerlik sterwe en jy
(voeg jou naam hier in) waarsku nie die goddelose nie, en spreek nie om
die goddelose vir sy godlose weg te
waarsku nie, dan sal die godlose deur
sy ongeregtigheid sterwe, maar… sy
bloed sal van jou hand geeis word.”
Maar God is regverdig en
Hy voeg by: “Maar… as jy (voeg jou naam hier in) die godlose waarsku, en hy hom
nie van sy godlose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe,
maar jy het jou siel gered.”
Dis hoe regverdig die Vader is!
Dit is of eenkant toe of anderkant toe. Die Bybel maak
geen plek vir kompromieë nie. Vir huigelaars en geveinsdes is daar nie plek in
hierdie arena nie.
Dit is die God wat in Openbaring 3:15 sê: “Ek ken jou werke (voeg jou naam hier in)
dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou,
omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal ek jou uit my mond uitspuug.”
Gaan doen nou die volgende Bybelstudies sodat jy die
God van die Hemel en die aarde kan leer ken:
·
Bestudeer die
sewe briewe aan die sewe gemeentes in Openbaring 2 en 3 en kyk by watter
gemeente jy inpas.
·
Slaan dan die
strofés na oor God se wraak en ook al die strofés oor Sy liefde.
Staan dan op en word verlig, want jou lig kom en die heerlikheid van die Here sal oor jou loop! – Jes. 60:1.