Wat het van jou Getuienis geword?
Julle sal my
getuies wees tot aan die uiterste van die aarde (Handelinge 1:8). En Christus
s�as ons Hom voor die mense bely, dan bely Hy ons voor die Vader. Getuig, bely
ons nie, kan ons geestelike lewe ook nie beweeg of groei nie en beroof ons
onsself van ryke se�inge.
Om
te getuig, is die voorreg van elke wedergebore gelowige, maar baie gelowiges
word koud of onverskillig deur die koue ontvangs van hul getuienis.
Hierdie
boodskap van verlossing is vir beide siel en liggaam bedoel en God wat ons
verordineer het om getuies te wees, het belowe om Sy Woord aan ons te vervul en
te bevestig. (Hebre�s 2:3-4).
"Hoe sal ons ontvlug as ons
so 'n groot saligheid verontagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig
is, aan ons bevestig is deur diegene wat dit gehoor het, terwyl God nog saam
getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedieninge van
die Heilige Gees volgens Sy wil?"
"Hy
het vir hulle ges� Gaan die w�eld in
en verkondig die Evangelie en maak siekes gesond." Daar is sommige wat vir God wil werk, maar
wat vrees dat Hy nie Sy beloftes sal vervul nie. Ai toggie!
Dit is net omdat u nie in die
geloof uitgestap het nie, omdat u nie n vaste vertroue in die Woord van God
het nie. Sy Woord is onfeilbaar. Hy het ges�ons is die instrument en die
uitbou en onderhou van Sy Koninkryk word deur Sy krag en genade bewerk. Die
onus is op Hom, nie op jou en my nie. Al wat ons moet doen is om te gaan
vertel.
God s�Hy is waarmaker van Sy
woord. Ons is nie die waarmaker
nie. Ons getuig en Hy, deur Sy Heilige
Gees, bevestig dit.
Daar is diegene wat nie
Christene wil word nie omdat hulle bang is om hul by 'n verlore saak te
voeg. Weens die sondes van sogenaamde
Christene (iemand noem hulle papier Christene) wil sommiges nie graag bekend
staan as kinders van God nie. Dit is
egter geen verlore saak nie. Dit is die
enigste saak wat die moeite werd is om by aan te sluit.
Hy is die enigste God wat jou
uitdaag en s� Toets My of Ek nie n
waarmaker van My Woord is nie!
Toe Adam, ons voorvader, in die
Tuin van Eden in sonde geval het deur te eet van die BOOM van kennis van GOED
EN KWAAD, het hy die geestelike DOOD op homself gehaal.
Hierdie
geestelike Dood het die mens sy vryheid laat verloor en hom, God se skepsel,
onder die wrede heerskappy van Satan en van sonde en siekte geplaas.
Daarom
het die geestelike Dood ons natuur bederf.
Die enigste manier om Geestelike lewe terug te kry en die mens te
herstel in die Koninkryk van God, is om hom 'n nuwe natuur te gee.
Die
mens het 'n nuwe geboorte nodig, die lewe van God, wat die Heilige Gees alleen
kan gee. Dit is waarom Christus aan Golgotha
gesterf het, sodat ek en jy weer met die Almagtige God versoen kan raak, sodat
ons weer n burger van God se Israel kan word.
Na
sy val het die mens volhard om teen God te rebelleer en om valse gode te
aanbid. Die resultaat was dat hy
godsdienste gekry het wat hom skynbaar bevredig het, maar wat hom nie terug in
die plan van God kon kry nie.
God
het nogtans die gevalle mens lief genoeg gehad om voorsiening te maak vir sy
terugkeer in Sy familie, daarom het Hy Sy Seun Jesus Christus gestuur.
Jesus
Christus het in die arena van w�eld se godsdienste gestap as Uitdager. As die
Seun van God het Hy hulle uitgedaag.
Die
Hemelse uitdaging staan nog. Baie
godsdienste, illusies en dwalinge, het die w�eld se belangstelling gewek, maar
kon niemand nooit werklik bevredig nie.
So
lank as wat God se Woord vasstaan, sal daardie uitdaging bly staan. Ander
godsdienste was reeds oud en verbygaande toe Jesus in die w�eld as 'n
hulpelose babatjie gebore is. Selfs die
godsdiens wat reiniging van sondes deur vuur voorgestaan het, dit is die
aanbidding van die son, die vuurgod, kon die natuur aan die mens nie verander
nie.
Die
stemme van die stigters van vele anti-Christiese godsdienste is nog nooit weer
van anderkant die graf gehoor nie. Hulle dood het 'n volslae einde aan hulle
lewens gebring.
Die
Seun van God, beklee met glorieryke Heiligheid, Goddelike geregtigheid, Hemelse
reinheid, het in hierdie bose w�eld gekom en die Ewige Lewe, die opstanding
uit die dode, gemeenskap met God, kom aankondig. Jesus Christus het ons waarlik
vrygemaak van sonde en siekte.
Halleluja!
Jesus
Christus het nie in die w�eld gekom om apologie vir Sy bestaan aan te teken
nie, of om 'n woonplek te vra nie; Hy
het as die vervulling van die belofte gekom.
"Hy
sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt." (Genesis 3:15)
Die
lewe van Jesus Christus word in elke gelowige gebore wanneer hy die
wedergeboorte ontvang, deur die bloed wat op Golgotha gestort was. Deur die wedergeboorte word hierdie mens nou
'n werktuig in die hand van God, 'n Getuie van God se Genade en Liefde.
"Soos
Hy is, is ons ook in hierdie w�eld."
(1 Johannes 4:17)
In
ons dag is daar baie mense wat nie ware gelowiges is nie, maar slegs nominale
Christene, papier Christene, wat die hele week hulle eie gang gaan, maar op
Sondae probeer om die Tien Gebooie te
gehoorsaam.
Hierdie
mens probeer deur 'n uiterlike vorm van vroomheid God te dien, maar sy
godsdiens is tevergeefs. Jesus Christus
ontbreek in sy lewe..
Jesus
Christus het nie gekom om goeie sedes te bewerkstellig nie, maar onsterflikheid
aan die mens te skenk. Hy belowe: "Ek sal hom opwek op die laaste dag, Ek
sal hom die Ewige Lewe gee. Die dode in
Christus sal eerste opstaan."
Geen
ander godsdiens behalwe die Christelike Godsdiens, belowe en verseker die Ewige
Lewe nie. Wie kon ooit die ewige lewe
belowe voordat Jesus Christus gekom het?
Watter sterfling kon? Dit was
net die Seun van God self, uit die Hemel, met die kennis van onsterflikheid en
die Ewige Lewe wat kon waag om so 'n klimaks vir die mens voor te hou.
Want
in Hom was LEWE, en die Lewe was die lig van die mense. Hy het ook ges� "Hy wat leef en in My glo, sal nooit sterf nie."
Vandag
is Jesus Christus die mens se enigste hoop. Geen duiwelse mag op aarde kan die
mag weerstaan wat Jesus Christus as 'n erfenis aan die weergeborene nagelaat
het nie.
Baie
Christene wil vandag die duiwel om verskoning vra omdat hulle Christene
is. Ons het ons vertroue in God en ook
in die Woord van God verloor! Ons het
ons ware persepsie verloor, dit is, ons
is op in Christus op oorwinningsgrond, ons het reeds oorwin!
Die
saligheid bestaan dus daarin dat God die sondige mens tot 'n nuwe mens
herskape, alleen maar daarin dat God die w�eld liefhet (Johannes 3:16). God se
hele verlossingsplan is reeds voor die grondlegging van die w�eld
vasgestel. En aan elke verloste mens
gee God deur Jesus Christus mag (gesag) om die duiwel te weerstaan.
Jesus
Christus het die sonde-vraagstuk opgelos deur Homself as ons Bloed-offer op
Golgotha te offer.
Nou
word ky as vrygekoopte geroep om te getuig aangaande di�heerlike feit, dat
daar deur Sy gestorte Bloed vergifnis van sondes is, en dat deur Sy wonde daar
genesing vir ons liggame gekom het.
Toe
Jesus uit die graf opgestaan het, het hy in Sy opstandingskrag te voorskyn
gekom. Hy wat bo alle owerheid en mag
en krag is en wat alle dinge onder Sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle
dinge aan die gemeente gegee het. Hy
gee aan u hierdie mag, hierdie gesag, om die werke van die duiwel te verbreek.
Staan
op in die Geloof! Gaan en verkondig die werke van God! Hy sal dit bevestig waar die voorwaardes
nagekom word. Die Here wil en sal Sy Woord bevestig.
Hy
s�in Jesaja 50: 2-3: "Is my hand werklik te kort om te verlos of is daar
in my geen krag om uit te red nie? Kyk,
deur My dreiging maak Ek die see droog... Ek beklee die Hemel met
swartheid."
Ons
is dus geroep om getuies van die Evangelie te wees, waarin die mag van Jesus
Christus en die Volle Raad van die Godheid uiteengesit word.
Neem
die bonatuurlike die Geesvervulde lewe uit ons godsdiens en u kry 'n
godsdiens so dood soos die heidense godsdienste.
Neem
die Evangelie van Jesus Christus uit hierdie w�eld en ons sal spoedig 'n volk
van kannibale, seksuele kranksinniges en moordenaars wees, mense wat skielik
Bybelse waarhede ontken soos Sy maagdelike geboorte, ens.
Die
mense veroordeel wonderwerke en genesings, en verwater so die Christen se
getuienis: Hulle leef sogenaamd in 'n
tyd waar wonderwerke ge�ndig het.
Prys
die Here, ek ondervind meer en meer elke dag, die bevestiging van die Woord van
God; die waarheid dat Hy Sy Woord
gestuur het om te genees, word elke keer bevestig.
Die
Here sal altyd 'n getuienis eer. Kyk na
Henog. Hy het met God gewandel en is
deur God weggeneem om by Hom te wees.
En
daar is Elia wat 450 heidense priesters uitgedaag en oorwin het. En Dani� wat
geweier het om voor mense te buig wat sy getuienis sou beskadig het. God het die bekke van die leeus gesluit
sodat sy getuienis nog indrukwekkender kon wees.
Alhoewel
ons geroep is om die lydingsdoop te deurloop, mag ons nie die mens of n gesag
gehoorsaam wat vereis dat ons God se insettinge moet oortree nie.
Op
Golgotha is daar voorsiening vir Goddelike genesing gemaak. Watter soort Evangelie sou ons sonder die
Groot Geneesheer, Jesus Christus, gehad het? Ons getuienis behoort in die
eerste plek so te wees dat Christus deur ons lewens te voorskyn kom, sodat die
getuienis van ons wedergeboorte mense tot sonde oortuiging sal bring.
In
die tweede plek moet ons nie bang wees om die beloftes van God in ons bediening
te gebruik nie. Die Bybel verklaar onomwonde dat ons deur die gestorte bloed
van Christus, verlossing van sonde het en dat ons deur Sy wonde genees is.
Hy
belowe ook dat as ons hande op die siekes l� hulle gesond sal word. Hy het dit belowe, nie jy en ek nie. Hy s
Hy is n waarmaker van Sy Woord. Waarom sou ons dan twyfel.
In
Jakobus 1:6-7 s�die Here dat iemand wat twyfel moenie dink dat iets, van
die Here kan ontvang nie. Ja, nie
eers iets nie.
Dus,
weier om te twyfel. Twyfel is nie van die Hemel nie. Die duiwel saai twyfel.
Verdryf hom uit jou lewe in die kragtige naam van Jesus Christus, staan vas, en
weier om te twyfel.
Toe
Jesus Christus op Golgotha gesterf het, het Hy elke sondaar verseker dat hy 'n
geleentheid gebied word om 'n kind van God te word.
John Lake het die opstanding van
Christus so beskryf: Een dag het Dawid
op die berg gesit en sy skape opgepas, toe Sy gees hom weggevoer het na die
ruimtes van God. Hy sien die
toekomstige gebeure en roep uit: "U het opgeklim na die hoogte, U het
gevangenes weggevoer, U het geskenke onder die mense geneem, ja ook
wederstrewiges om daar te woon, o, Here God." (Psalms 68:19).
En
toe met 'n triomfantelike geroep s�hy:
"Hef op julle hoofde, o poorte, ja verhef julle ewige deure dat die
Ere-Koning kan ingaan." (Psalms
24:7)
Toe
Christus daardie handskoen in die arena gewerp het, het 'n oorlog tussen twee
koninkryke ontstaan. Dit was 'n stryd
tussen lig en duisternis in die Hemel en op die aarde. Jesus Christus het aan die hele w�eld
getoon dat Hy waarlik die Oorwinnaar is.
Die
mre van Sy opstanding het Hy as Held, Oorwinnaar oor Satan, dood en hel, sonde
en siekte, opgestaan.
Ek
en jy is vandag Hy. Ons as
wedergeborenes het oorwin!
Mense
het baie verskonings waarom hulle nie sogenaamd kan getuig nie. Die Skrif trek
egter n finale streep deur alle verskonings.
Eseg.
3:18-19 lees: As Ek aan die Goddelose s� Jy sal sekerlik sterwe en jy
(Christen gelowige) waarsku hom nie en spreek nie om die Goddelose vir sy
Goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die
Goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar, sy bloed sal Ek van jou hand eis!
Maar
as jy die Goddelose waarsku, en hy hom nie van sy Goddelose weg bekeer nie, dan
sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy, jy het jou siel gered!
Getuig,
getuig, getuig, waarsku die Goddelose en red jou eie siel! Wees soos Paulus
wat in Romeine 1 vers 16 s� Want ek
skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is n krag van God
tot redding vir elkeen wat glo. Daardie redding beteken vrymaking, veiligheid
en genesing.
Paulus
s� vir elkeen wat glo. Wat beteken dit in die praktyk? Eenvoudig die
volgende: Petrus kom by die man by die poort en s�aan die verlamde staan op en loop. As die man nie
probeer opstaan het nie sou hy nooit geloop het nie.
Geloof
vra dus gehoorsaamheid en handeling. Nadat Jesus die brode en die vissies aan
die dissipels gegee het om uit te deel, het die dissipels tot by die voorste ry
mense moes stap en dit begin uitdeel. Veronderstel hulle sou net daar bly staan
het en ges�het: Nou hoe op aarde kan ons vyf duisend man, hul vroue en hul
kinders met die bietjie kos voed? Dan sou daar niks gebeur het nie.
Geloof
vra daardie vaste vertroue, daardie gehoorsaamheid om te stap na die eerste ry
mense en te begin uitdeel, en toe kom God se vermenigvuldende krag in werking
en nie is almal gevoed nie, daar bly toe nog brokstukke ook oor.