“Ek noem julle vriende…”
“Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie … nee,
Ek noem julle vriende … “ Joh. 15:15.
Die HERE praat met ‘n
mens op vele maniere. Een daarvan is deur menslike vriendskap. GOD bring mense
bymekaar, laat word hulle vriende, op so ‘n wyse, dat die vriendskap kragtig
werk om ons te red van die verwarring en ellende waarin ons onsself van tyd tot
tyd bevind en ons te bou tot rots pilare in Sy Koninkryk, ook onder ons volk..
Aristoteles wat 300 voor Christus
gelewe het, word nie eintlik as ‘n Christen-filosoof beskou nie, maar sy drie
elemente oor vriendskap straal die mooi gesindheid van Christus uit.
Eerstens het hy gesê, vriende is mense
wie se geselskap ons geniet. Een van die dinge wat ‘n ware vriendskap tot
gevolg het is om mekaar te laat glimlag
wanneer hulle van mekaar hoor of mekaar besoek bring.
Die ervaring tussen ware getroue
vriende is altyd vrolik. Hulle kan die verskrikking van die lewe vir mekaar
verander in geleenthede van soveel opregte erns, maar ook uitbundige
vrolikheid.
{Ecclesiasticus 6:14 (From the Book of
the Wise Ones) : A faithful friend is a sturdy shelter. He that has found one,
has found a treasure}.
Die dissipels kon sekerlik dieselfde
van die HERE Jesus Christus sê: Of hy nou iets met hulle gedeel het, saam langs
die See van Galilea gaan stap het, gelag het by ‘n eetmaal, wyn geskink het by
‘n bruilof, gehuil het by ‘n vriend se graf, selfs wanneer Hy hulle vermaan het
– sy blote teenwoordigheid kon die gewone teleurstellings en die bitter van die
lewe transformeer na ware lewenskrag, oomblikke van bruisende varsheid, nuwe
insig, nuwe visie en ook nuwe insig oor die werklikheid van die Ewige Lewe.
Soms wil mens net by daardie iemand
besonders wees. Nie by enigiemand nie, daardie besonderse vriend wat jy weet
wat nooit uitpraat nie omdat hy of sy lojaal aan jou is, graag wil luister
wanneer jy praat. Al klink jou gepraat soms ook na die versinsels van
verdwaalde gedagtes.
So is GOD ook ons Vriend. Soms wil ons
net alleen in ons binnekamer, in die woud, langs die strand, iewers, alleen met
Hom wees. Daar is sake wat jy op Sy uitnodiging eenvoudig moet uitpraat.
Tweedens het Asristoteles gesê:
Vriende is mense wat mekaar help. Paulus beklemtoon dit in ‘n brief aan die Korinthe: In elke
moeilikheid bemoedig Hy ons.
Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde
bemoediging waarmee GOD ons bemoedig. (2 Kor. 1-4)
Soms gaan mens deur ‘n dal van doodskaduwee.
Ons weet GOD is steeds by ons. Die volgende oomblik stuur Hy ‘n vriend om ons
te help. Inderdaad is dit GOD wat help. Hy gebruik die vriend. Alhoewel ons
altyd baie dankbaar is vir die vriend, moet ons onthou dat onse GOD ‘n jaloerse
GOD is en dat Hy AL die eer wil hê.
Derdens het Aristoteles gesê: Vriende
is mense met wie ons ‘n visie deel, soos ‘n Dawid en ‘n Jonathan, een van hart
en siel. (1 Sam. 18:1-5)
Ons is nou omring deur moeilikhede en
gevare. Nou stry ons saam vir dit wat die hoogste waarde het. Geen
omstandigheid kan vriende se dunk van mekaar verander nie.
Kyk weer na Joh. 15:15: Ek noem
julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie
wat sy heer doen nie. Nee,
Ek noem julle vriende, omdat Ek
alles wat Ek van
my Vader gehoor het, met
julle gedeel het.”
Vriende se lewens verskil in baie opsigte. Dit word
respekteer. Maar ware vriende word saamgebind deur die visie van GOD se
heerskappy, GOD se geregtigheid, GOD se vrede, GOD se Koninkryk, GOD se wil vir
ons VOLK en ons toekoms, en geen omstandighede van tyd of afstand kan vriende
skei van die gemeenskaplike visie wat ons in Christus Jesus deel nie!
En wat sal die mense eendag van
vriende sê? ‘n Prediker sê een keer tydens ‘n begrafnisdiens: Die oorledene
was ‘n wonderlike vader, ‘n liefdevolle eggenoot, ‘n reuse bate vir die
samelewing…
Toe stamp die ma aan haar seun en sê: Gaan
kyk vir my in die kis en maak seker dis jou pa van wie hy praat.
Maar, oor ware vriende sal die mense
praat soos vandag oor Dawid en Jonathan.
Oor ons visie vir die Volk se
herlewing en verlossing het ons Sy belofte in Jeremia 32: 27: Kyk, Ek is die
HERE, die GOD van alle vlees; sou enige
ding vir My té wonderbaar wees?