Ons het dieselfde God!
Een van die grootste
matesis-wonderwerke in die węreld vind ons by Moses en die Israeliete in die
woestyn.
Ons beleef die verskil tussen vlees en gees, tussen geloof en ongeloof.
Sowat 3,5 miljoen mense moes 40 jaar lank gevoed word. Volgens ‘n militęre strateeg sou Moses, as
hy nie in die geloof gewandel het nie,
moes sorg vir:
·
1 500 ton
voedsel per dag
·
Twee goedere
treine van 1,6km in lengte sou die kos moes aanry
·
4 000 ton
brandhout per dag sou nodig wees om kos te kook
·
Verskeie goedere treine van 8km in lengte sou die
hout moes aanry
·
Hulle sou 20
miljoen liter water benodig het want daar was geen mere of riviere in die
woestyn nie
·
‘n Trein met
tenkwaens van 18.8km in lengte sou die water moes aanry
·
As hulle
dubbel-gelid deur die Rooi See sou beweeg, sou die tou 1 280km lank gewees het.
·
Die tog deur die
Rooi See sou 35 dae en nagte geduur het
·
Daar moes dus ‘n
breë opening van sowat 4.8km gewees het sodat die Israeliete 5 000 in gelid in
een nag kon deur beweeg
·
Elke keer wat
hulle gekamp het, het die kamp ‘n area van 1 200 vk km beslaan, ‘n area van 48km in die lengte en 40km wyd – so groot
soos die Groter Bloemfontein?
Hierdie lysie sou vir elke dag oor ‘n
tydperk van 40 jaar moes gegeld het.
Dink jy Moses het aan al hierdie dinge
gedink voordat hy vertrek het? Ek dink
nie so nie.
Hulle het ook geen materiaal gehad om sandale en klere van te maak
nie. Hulle sandale en klere het 40 jaar
lank gehou.
Die groter wonderwerk is dat die kinders se sandale saam met hulle
voete groter geword het.
Moses het God geglo. Hy het
geweet God sal na al hierdie dinge omsien.
Die verskil tussen om in die vlees en
in die gees te wandel, is enorm en onvergelykbaar, soos toe die vissies en
broodjies aan 5 000 man en hulle vroue en kinders uitgedeel was. Dit verbyster mens se verstand, maar om die
dinge van God te verstaan skakel mens juis jou verstand af.
Ons het presies dieselfde God vandag
as wat die Israeliete destyds gehad het.
God het nie verander nie en sal nooit verander nie.
Ons probleme lyk vir ons soms so
oneindig groot, maar dink dan daaraan wat God kan doen!
Skep moed, ons het dieselfde God.
Ons moenie God by ons planne en
strategieë inskakel nie. Kom ons skakel
by Sy plan in want dan onderneem Hy in alles.
Die pad vorentoe is een van geloof,
waarheid en gees!