·
Gebed is
prioriteit Nommer Een want
Die HERE kan die koning se
gedagtes verander!
In
Rigters 6:1 sê God aan Gideon: Maar, toe die kinders van Israel gedoen het wat
verkeerd was in die oë van die Here, het die HERE die kinders van Israel
OORGEGEE in die hand van die Midianiete – sewe jaar lank!
Sewe jaar lank! Dis mos
nie nodig om langer vrae te vra nie. Ons eie situasie moet vir ons mos nou meer
duidelik wees as ooit te vore.
Dit lei geen twyfel nie
dan die Skrif verwag dat die Christen hom moet onderwerp aan die Owerheid wat
oor hom aangestel is.
So, loof die HERE, bid
vir die owerheid, dien die HERE. Alles is nog lank nie verlore nie. Dit lyk
maar net so.
Die prentjie word verder
ingekleur wanneer God ons verbied om te vergeld. God sê dat Hy 'n jaloerse God
is en dat die wraak Hom (alleen) toekom.
Met ander woorde, terwyl
ons wraak wil neem met allerlei verset en optredes, staan God terug, want ons
probeer doen wat God sê Sy eksklusiewe reg is. Die Christen moet sy verstand
afskakel sodat hy kan hoor wat die Gees van God aan hom wil sê.
Wanneer die HERE sê dat
Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit 'n opdrag wat eenvoudig
uitgevoer moet(!) word, al is dit ook hoe moeilik. As daar nie vrede in die
land is nie, dan is dit heelwaarskynlik omdat die Liggaam nie vir die regering
bid nie.
Die HERE is in beheer
van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: "Die koning (staatspresident)
se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy
wil."
·
Die nuwe
vertaling lees: "Die HERE kan 'n koning se gedagtes net so maklik
beheer soos water in 'n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!"
Skitterend!
So, kom maar gerus u plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle
dink maar hulle is in beheer.
Luister wat sê Psalm 149
oor "Lofgesang en Oorlogswaard":
Halleluja! Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied,
Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
Laat Israel hom verheug in sy Maker;
Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!
Laat hulle Sy naam loof in koordans,
Hom psalm sing met tamboeryn en siter.
Want die Here het ‘n welbehae in Sy volk;
Hy versier die ootmoediges met heil.
Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;
Laat hulle jubel op hul bedde.
Lofverheffinge van God is in hulle keel,
en ‘n tweesnydende swaard in hulle hand;
Hoekom?
Om (sodoende) wraak te oefen onder die heidene,
strafgerigte onder die volke;
om hulle konings met kettings te bind
en hulle edeles met ysterboeie;
om ‘n vonnis wat opgeskrywe is,
aan hulle te voltrek.
‘n Eer is dit vir Sy gunsgenote!
Halleluja!
Dat die HERE opsoek is
na voorbidders maar hulle selde vind, word weerspieël in die pyn van Sy uitroep
deur Jesaja:
Hy het gesien dat daar niemand was nie
en Hom verbaas dat niemand tussenby tree nie,”
En sy teleurgestelde protes deur Esegiël:
Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur
kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land… maar Ek het niemand gevind nie.