In die naam van God — Dink!
Demosthenes,
die groot Atheense patriot, het, toe dit geblyk het dat sy landgenote te
verward en verdeeld was om die Masedoniese aanslag teen te staan, luidkeels
uitgeroep: “In die naam van God, ek smeek julle: Dink!
Vir ‘n geruime tyd daarna het die
Athene, Demosthenes bespot. Dit was te begrype want Masedonieë was nogal ver en daar was baie tyd.
Hulle kon nie dink dat hulle oormore
sou moes boedel oorgee nie.
So is dit met ons Christene vandag.
Ons is te traag om te dink. Ons kon lankal besef het ons gaan uitlewer word,
keer op keer. Dink!
‘n Mens sonder beginsels, is ‘n
beginsellose mens. ‘n Volk sonder beginsels, is ‘n onbeskaafde volk.
As ‘n Christenvolk sy beginsel vergeet,
oorboord begin gooi, dan verval hy in barbarisme.
As ‘n volk gesonde beginsels verwerp,
word hy ‘n dweepsieke volk.
Die denkende Christen moes 30 jaar
gelede sy gesonde beginsels op twee fronte verdedig het. Vandag het hy weer
geleentheid om dit te doen:
Die eerste is teen die verwaarlosing van alle beginsels
wat ly tot sosiale en persoonlike
agteruitgang.
Die ander is die aanname van vals
beginsels wat die wêreld in anargie dompel.
Die gevaar op die oomblik is dat ‘n
groot deel van ons volk vergeet het dat ons Christen- en politieke beginsels
ooit bestaan.
Die gevaar wat ons internasionaal
bedreig, is dat die Weste, asook ander revolusionêre fanatici. ons begin
voorstel en aanvaar as deel van internasionale Kommunisme. Ander aanvaar ons nou
as bekeerd tot die liberalisme onder die dekmantel van die sogenaamde
demokrasie.
As dit eers posgevat het, sal dit
bitter moeilik gaan om die wêreld se persepsie oor ons te verander.
Ons moet dus onsself verdedig deur
vernuwing van ons bewuste ware geestelike, morele, politieke en ekonomiese
beginsels. Ons moet dit ook onverwyld in elke sektor van ons volks-, gemeenskaps- en gesinslewe
toepas.
Dit is die Christen se identiteit in Christus wat uitgeleef moet
word. Maar as die Christen nie langer met
sy eie identiteit bekend is nie, het ook hy net ‘n klinkende simbaal geword.
En dadelik hoor ons iemand sê: Maar
die Kommunisme is dood!
Waar en wanneer het dit gebeur? En as
dit gebeur het, waar is die graf?
Sommige joernaliste en politieke
kenners beweer dat Kommunisme dood is, maar dis ‘n infame leuen.
Diesulkes moet maar weet dat 1,25
biljoen mense steeds onder Kommunistiese dwingelandy lewe.
Niemand moet dus weer sê dat die Kommunisme dood is nie,
nie voordat dit ‘n gesertifiseerbare dood is nie. Dit lyk ook nie of die
doodsklok gou gaan lui nie. Dalk lui dit nooit.
Die Christene is gered om ‘n verskil te maak, maar gebeur
dit? Is ons werklik anders? Ons behoort te wees! Die Lig het geen gemeenskap met die
duisternis nie. Die Lig moet die duisternis
verdryf deur die Koninkryk van God uit te bou.
Mens moet in gedagte hou dat daar vele vreemde bedmaats onder die linkses in Rusland, Sjina en elders is, asook onder die linkse intellektuele liberales in die Weste. Hierdie mense glo onwrikbaar dat Kommunisme – ook bekend as “Ware Sosialisme” of “1917 Sosialisme” – gekaap was deur Stalinisme en Maoisme, en dat dit nooit ‘n werklike kans op sukses gegee was nie.
Hierdie mense – aangedryf deur ‘n sogenaamde godsdienstige verbintenis tot sosiale kollektivisme – glo dat Kommunisme nog nie waarlik gebore is nie, wat nog te sê van vernietig is. Hulle werk steeds in die rigting van ‘n ware Kommunistiese renaissance.
Dit glo hulle omdat hulle nog nooit soos ek en jy met die Waarheid kennis gemaak het nie. Hoekom nie? Omdat ek en jy hulle nie die Waarheid aanbied nie?
Tydens die 50e herdenking van Leon Trotsky, voorste Kommunis en stigter van die Rooi Leër, se dood in 1990, het sy kleinkind Estevon Volkov, gesê, hy weier om te aanvaar dat Kommunisme ‘n verlore saak is. Volkov is een van net ‘n paar wat die Russiese dodekampe oorleef het.
“Trotskyisme glo dat ‘n wêreldwye Kommunistiese stelsel steeds die wêreld kan verander.
“Kommunisme het haas bestaan, net Stalinisme het bestaan. Kommunisme kan dus nie dood wees nie. Soos enige revolusionêre familie, is ons ook erg uitmekaar verskeur.
“Hoe dit ook al sy, Stalinisme is aan die verdwyn. Nou het ons net kapitalistiese imperialisme om te beveg en nie langer ons mede-Kommuniste nie,” het Volkov gesê.
En ‘n sogenaamde “vrye wêreld” staan
skaamteloos en toekyk – ‘n hopelose spul huigelaars en geveinsdes.
Hoe lank nog voordat ons onsself
bymekaar gaan maak, ons ware identiteit in Christus gaan aanneem en dit
uitleef?