·
Het jy ook gestruikel en geval?
Jesus heel die gebroke
harte!
Geen
volgeling van Jesus Christus moet dink dat dit vir hom of vir haar onmoontlik is
om te struikel en te val nie, selfs so ver dat hulle Christus verloën.
1 Kor. 10:12 waarsku: “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas
dat hy nie val nie.”
Petrus had ‘n geleentheid wat nie een
van ons ooit kan hê nie, hy het sy aan sy met Jesus gewandel. As iemand soos Petrus tot ‘n val kon kom,
want dan van ons?
Baie Christene het deur die jare
gestruikel. Ander het selfs geval. Sommige gaan darem nog kerk toe, maar is
basies geestelik dood. Hulle het
gestruikel en het berou getoon en om vergifnis gevra, maar kan nie hulself
vergewe nie.
Ander meen daar is nie vergifnis vir
‘n Christen wat gestruikel en geval het nie.
‘n Spieëlbeeld van die lewe van Petrus
gee ons die volgende insigte:
Petrus het gevloek en gesweer dat hy Christus nie ken
nie. Dit het hy gedoen nadat:
·
Hy
magtiglik deur God gebruik was;
·
Hy
wonderwerke, tekens en wonder aanskou het;
·
Sy
naam in die Boek van die Lewe geskrywe was;
·
Hy
siekes gesondgemaak en demone uitgedryf het;
·
Hy
die Evangelie verkondig en siele vir die Koninkryk ingewin het.
Petrus is in ‘n strik gelei deur twee vroue en ‘n groep
ongereddes:
·
Meeste
mans se swakheid en val is deur vroue veroorsaak;
·
Baie
mans het die HERE verloën omdat hulle nie situasie in hul eie huisgesinne kon
hanteer nie;
·
Koning
Dawid het geval en ellende oor miljoene
mense gebring, dog hy het ook herstel;
·
Baie
jong Christene struikel en val omdat hulle toegee aan die eise van ongereddes.
Sommige mense dink Petrus het gesink toe hy (in eie krag) op
die water na Jesus probeer loop het:
·
Hy
het bloot begin om te sink en toe na Jesus uitgeroep en toe na die boot
teruggeloop;
·
Hy
het meer as die ander dissipels gedoen want hulle het nie eers probeer om op
die water te loop nie;
·
Hy
het ‘n nuwe begin gemaak, homself opgerig en weer probeer;
·
Hy
het die aanbreek van ‘n nuwe geestelike dag aanskou na ‘n lang donker nag.
Petrus het ‘n spesiale uitnodiging ontvang, alhoewel hy:
·
Gevloek,
gesweer en ontken het dat hy Jesus ken;
·
Hy
Jesus drie maal verloën het, en drie maal bely het;
·
Hy
Jesus drie maal in die openbaar verloën en drie maal in die openbaar bely het;
·
Sy
les geleer het deur ‘n lang donker nag deur te gaan;
·
Die opdrag gegee was om die HERE se skape te
laat wei.
Petrus het besef Jesus het steeds vertroue in hom, toe het
hy:
·
Homself
opgerig en bewys gelewer dat hy ‘n klippie kon wees;
·
Hy
het homself vergewe, nadat Christus hom vergewe het;
·
Hy
het nie homself aanhou verwyt oor wat gebeur het nie;
·
Hy
het die verlede vergeet en hom uitgestrek na wat voor is;
·
Is
daarna magtiglik deur God gebruik om duisende ander te help.
Veronderstel Petrus sou vandag in Kleinmond gelewe het, dan
sou mense:
·
Nie
weer vertroue in Petrus gehad het nie;
·
Petrus
sou nie toegelaat word om weer te preek nie;
·
Hy
sou beskinder gewees het;
·
Die
media sou hulle in sy val verlustig het;
·
Sy
kerk sou hom as predikant geskors het;
·
Baie
sou altyd die voorval in herinnering roep;
·
Hulle
sou sê hy het toegelaat dat ‘n vrou hom tot ‘n val gebring het;
·
Sommige
sou hom uit die gemeenskap weggewens het.
Maar God het steeds vertroue in Petrus gehad. Deur Petrus se bediening:
·
Word
3 000 siele op een dag gered;
·
‘n
Verlamde man spring op en loop;
·
Die
Heilige Gees word uitgestort;
·
Selfs
gewone mense kon sien dat God met Petrus wandel.
Petrus is deur die godsdiens-leiers
opponeer. Hulle:
·
Het
hom misverstaan omdat hy nie altyd ortodoks was nie;
·
Het
hom bestempel as onkundig en ongeleerd;
·
Het
hom vele kere aangekla en verhoor;
·
Hom
gewaarsku om nie teen hulle tradisies te gaan nie;
·
Hom
selfs gesensor, gegesel en in tronke opgesluit.
Alhoewel Petrus hierdie dinge moes verduur, het:
·
Is
hy met die krag van God gesalf tot
diensbaarheid en om ander na Christus te lei;
·
Mense
het die strate vol gestaan met siek mense sonder Petrus hulle kon bearbei en
genees;
·
Mense
het besef al val Petrus se skaduwee net hom hulle genees hulle;
·
Die
tekens wat gevolg het, het almal laat besef dat God Petrus vergewe het.
Soos wat Petrus onder die krag van God deur die strate
beweeg het:
·
Was
die krag van God aanwesig om die mense te genees;
·
Daar
was nie eers geleentheid vir mense om oor siektes en pyne te praat nie of te
verduidelik nie;
·
Die
mense was so veelvuldig in getalle dat Petrus nie eers vir almal die hande kon
oplê nie.
Christene wat die HERE
Jesus in ons tyd verloën het, het baie maal probeer om na die weë van God terug
te keer, maar ons wou hulle nie vergewe nie.
Die rede waarom sulke mense graag weer by die HERE wil uitkom, is omdat
die Gees van God hulle dring om dit te doen, omdat God hulle vergewe het, omdat
God steeds vertroue in hulle het, maar ons het nie.
Wanneer ons na die lewe
van Petrus kyk, dan besef ons, as ons berou het en bely, God ons graag terug in
die kudde wil hê en ons boonop graag ook magtiglik wil gebruik.
En aan diegene wat
diesulke nie wil vergewe en wil terugneem in die kudde nie, spreek Galate 6: 1
boekdele wanneer hy sê: “Broeders, as
‘n mens ewenwel deur die een of ander misdaad oorval word, moet julle wat
geestelik is, so een reg help met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op
jouself let, dat jy nie ook versoek
word nie.”
En dan die opdrag in
strofé 7: “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus, want as
iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself, maar laat
elkeen sy werk op die proef stel; en dan sal hy grond van roem hê alleen wat
homself betref en nie wat die ander een betref nie.”
En, na alles, is dit vir
ons ook moontlik om daagliks geestelik saam met Jesus te wandel.
Onthou, God wil van die
klippies rotse maak!
En jy gevallene, staan op, God wag vir jou! Hy sê vir jou soos Hy ook vir Jeshua in Sag.
3: 1,3,4 gesê het: “Ek wil jou
oortredinge vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek!