Huwelik, die
pilare van enige volk, verbrokkel teen ‘n tempo van twee uit elke drie
huwelike. Christene se huwelike
verbrokkel teen dieselfde tempo as die van ongelowiges.
Die Barna Navorsingsgroep van Amerika
het nou egter deur middel van ‘n peiling vasgestel dat huwelikspare wat saam
bid toon ‘n egskeidingsyfer van slegs een uit elke duisend huwelike.
Hierdie statistiek van gelowig egpare
wat nie net tydens etes nie, maar gereeld saam gebedswake hou, demonstreer die
krag van gebed.
As ‘n volk se huwelike en gesinslewens
verbrokkel, stort ‘n volk ineen. In
Suid-Afrika verbrokkel huwelike al sedert die sewentiger jare teen ‘n tempo van
een uit elke drie. Dié syfer het later
verhoog na twee uit elke drie en nog later na een uit elke twee. En nog is het
einde niet!
Pred. 4: 9-10 bemoedig ons met die
woorde: “Twee is beter as een, want hulle het ‘n goeie beloning vir hul
moeitevolle arbeid, want, as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die
een wat val sonder dat daar ‘n tweede is om hom op te tel.”
Pred. 4: 12 “En as iemand die een aanval, kan altwee hom teenstand bied; en
‘n driedubbele lyn, word nie gou verbreek nie.”
By driedubbel word bedoel, jy en jou
maat en God. ‘n Tou wat driedubbeld
gevleg is, breek inderdaad nie maklik nie.
So word ons aangemoedig om saam te
bid. Die seëninge wat hierop volg sal
vele kere vermenigvuldig wanneer ‘n egpaar met mekaar ‘n verbond sluit om
gebedsvennote te word.
Ons is veronderstel om mekaar te
seën. Wat ‘n wonderlike belewenis sal
dit nie wees as man en vrou mekaar in gebed seën nie!
Wanneer egpare saam bid dan is daar
nie plek vir onvergewensgesindheid en kwade gevoelens nie. Dan verander ‘n egpaar se fileo (menslike
liefde) na agapé (Goddelike liefde) vir mekaar.
Om saam te bid verdiep nie net die
verhouding tussen man en vrou nie, maar ook hulle verhouding met God. Dan gaan Jak. 4:8 in vervulling dat wanneer
julle tot God nader, dan nader Hy tot julle.
So leer ‘n egpaar die hart van God
ken. So ontvang hulle wysheid,
antwoorde en
vele seën.
Natuurlik vervang die saambid nie ook
jou persoonlike gebedslewe nie. Die
twee is en bly aanvullend tot mekaar.
‘n Egpaar moet egter nie gedwing voel
om saam te bid nie. Om saam te bid moet
wees omdat elkeen ‘n beter verhouding met God verlang.
Egpare bid nie saam nie omdat hulle
nooit hul ouers sien saambid het nie, of omdat hulle nog nooit daaraan gedink
het om saam te bid nie, of omdat hulle meen hulle het nie die tyd daarvoor
nie. Dalk het niemand dit nog ooit vir
hulle voorgestel nie.
As jou huwelik egter vir jou belangrik
is, as jou maat vir jou belangrik is, as jou kinders en julle almal se welsyn
en gesondheid vir jou belangrik is, as God vir jou belangrik is, begin dan
vandag nog saambid.
Met die wegspring kan dit dalk vreemd
en wankelrig voel. Hou egter aan
daarmee, dit sal al hoe beter en vreugdevoller verloop. Die behoefte om saam te bid sal
toeneem.
Soms sal julle ‘n halfuur saambid,
ander kere vir ure aanneem. Tree in vir
verlore siele in die familie. Onthou,
julle is gered omdat iemand vir julle ingetree het.
Maak julle harte oop voor God, bid oor
alles wat julle lewens affekteer. Bid
vir mekaar, vir julle kinders en maak die naam van die HERE groot.
Besluit wat julle van die HERE
verlang. Bid in die geloof. Weier om te twyfel, want Jak. 1:6-8 sê dat
as jy twyfel moet jy nie verwag om iets van die HERE te ontvang nie.
Vra God vir dit wat julle nodig
het. Matt. 7: 7-8 sê Hy sal beslis
antwoord.
Dalk sê maar Matt. 6:8 sê, die HERE
weet wat ek gaan vra nog voordat ek bid, so waarom nog die moeite maak om te
bid?
As jy merk dat jou kind nuwe
skoolskoene moet kry, moet dit dan nie koop voordat die kind self agterkom sy
skoene is kapot en hy jou om nuwe skoene kom vra nie. Voordat hy jou vir nuwe skoene gaan vra, weet jy al geruime tyd hy
gaan die een ander tyd vir nuwe skoene kom vra.
As jy wag, totdat die kind self
agterkom dat hy nuwe skoene moet kry en jy koop dit dan eers vir hom, dan sal
hy ook waardering daarvoor hê en beter na sy skoene kyk.
Glo dat julle ontvang want in mark.
11:23-24 sê die HERE hy sal beslis antwoord.
Hy is en bly ‘n waarmaker van sy Woord.
Julle kan hom deur en deur vertrou.
Lees Skrif waar Hy sy beloftes
bevestig. Onthou, die Nuwe Testament is
Sy testament wat Hy vir ons nagelaat het en daarom noem hy ons ook Sy
erfgename. Sy Testament het net soveel krag soos wat julle testament het
wanneer julle te sterwe kom.
Niemand kan aan julle testament
verander nie. Almal kan daaroor stryd
en twis as hulle wil, maar hulle sal dit nie kan verander nie.
Gee aan God lofprysinge soos in Fil.
4:6. Bid altyd in die naam van Jesus
Christus soos in Joh. 16: 23-24. Ja,
dit is sy Wil dat julle blydskap volkome moet wees!
Stem saam in die gebed soos verlang in
Matt. 18: 18-20.
Kyk in Deut. 32:30 wat gebeur wanneer
twee in gebed saamstem: Een persoon kan
‘n duisend van die vyand verslaan, en twee nie 2 000 nie, maar 10 000. Twee mense kan dus 10 000 keer meer uitrig
as een mens. Dit is hoe God se
vermenigvuldende krag werk!
Matt. 18 sê ons moet soos kinders voor
Sy aangesig wees. Hoekom? Omdat ‘n kind alles glo wat sy Vader vir hom
sê. ‘n Kind twyfel nie. Matt. 18: 4 sê: “Elkeen wat hom verneder (nie verkleineer nie) soos hierdie
kindjie, hy en sy is die grootste in die Koninkryk van die Hemele.
Verenigde gebed het die tronkdeure in
Hand. 4:31 laat oopswaai en die plek was geskud en almal is met die Heilige
Gees vervul.
Ja, nooi later ander egpare ook by
geleentheid oor om saam met julle te bid.
Ons as wedergeborenes is God se volk.
Dis vir ons, sy Bruid, wat Christus kom haal met sy Wederkoms.
Die opdrag is: Dra mekaar se laste en bid vir
mekaar! Seën mekaar!