·      Sektes onstaan soos paddastoele

Predikante,  lidmate  wend  hulle na  afgestorwenes  se  geeste

 

Sektebewegings stroom Suid-Afrika binne.  Ingeligte waarnemers skryf dit toe aan die steeds groter wordende geestelike verval in die land.  ’n Ernstige vakuum het ontstaan en die bestaande Christen instansies in die land verkeer in blykbare onvermoë om die situasie om te keer.

          So erg is dit dat ‘n predikant van ‘n Pinksterkerk onlangs in sy preek gesê het dat hy oortuig is ons lewe nou in die tyd van die groot afval, m.a.w., ons moet maar aanvaar dat hierdie ‘n onomkeerbare tendens is.

          Intussen stroom sektebewegings die land binne.  Die Internet is instrumenteel hierin.  In Suid-Afrikaners se soeke na God en Waarheid, kom hulle via die Internet in verbinding met verskeie dwaalleëre.  Kort voor lank daag die oorse besoekers hier op, tesame met hulle ‘n oorvloed van gepubliseerde materiaal.

          Die sektes vind veral onder Suid-Afrikaanse Blankes ‘n vrugbare teelaarde.  Intussen sluit kerke van hulle gemeentes en smelt gemeentes saam.  Feitlik deur die bank is die kerke in ‘n geldelike verknorsing.

          Een van die jongste nuwe neigings is ‘n sogenaamde soeke na ‘n historiese Christus en intellektueles wat ‘n nuwe sogenaamnde, kerkhervorming aanblaas.  Skielik had Christus nie ‘n maagdelike geboorte nie, daar is nou ook nie meer ‘n Hemel en ‘n hel nie, ons en God is nou sommer alles deel van ‘n kosmos.

          Die ander is dat lidmate van gevestigde kerke hulle wend na die oproep van geeste van afgestorwenes.  Besoeke aan waarsêers neem toe, ook besoeke aan toordokters, en meesal omdat almal opsoek is na antwoorde.  Dit blyk dat die stem van die breë kerk stil geword het.  Ook hy het nie die antwoorde nie. 

Mens kan dit toeskryf saan ’n geestelike bankrotskap, en in meeste gevalle omdat mense nooit die Gees van God gehad het nie, omdat hulle nooit wedergebore is nie. 

Soos iemand dit tereg uitgedruk het :  “Ek het nou ontdek dat ek nog al die jare ‘n papier Christen was.  Ek het God nooit geken nie.  Van wedergeboorte hoor mens nie meer in die kerke nie.”

‘n Ander het tydens berading gesê :  “Mens hoor nie meer die bekende Hallelujah-lied, Blye Versekering nie.”

 

Blye versekering, Jesus is myn,

o, watter vreugde, heerlike en rein!

Wedergebore, rein deur Sy bloed,

smaak ek Sy vrede in my gemoed.

 

Die Bybel waarsku ernstig teen die oproep van afgestorwenes se geeste :

 

·        Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie.  Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie.  Ek, is die Here julle God. Lev. 19:31.

·        En as ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waars‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder My volk uit.  Lev. 20:6.

 

Daar is vele meer strofés oor hierdie onderwerp.  Feit is dat dit juis oor sulke geestelike owerspel is wat God destyds ‘n Skeibrief aan Sy volk gegee het. Jer. 3:8.

Ingevolge die Wet kon die volk (vrou) nie weer in die huwelik tree sonder dat die man (God) gesterf het nie.  En daarom sterf  Christus aan die Kruis van Golgotha sodat ons weer met God versoen kan word.

Dit beteken dat alleen deur middel van die wedergeboorte, kan iemand met God versoen word, dit is deur Jesus Christus as Saligmaker en Verlosser aan te neem. Alles Sy gestorte bloed aan die Kruis van Golgotha kan ons sondes wegneem.

Waarom sou “Christene” nou die geeste van afgestorwenes oproep?  Eenvoudig, omdat hulle die Gees van God nie het nie.

As hulle die Gees van God het, sal hulle die Heilige Gees raadpleeg.

Suid-Afrika het traumaties verander.  Niks is meer soos dit vantevore was nie.  Nou dat elke mens vir hom- en haarself self die mas moet opkom, is baie skielik ankerloos, rigtingloos.  ‘n Nuwe soeke na lig, lewe en waarheid het ontstaan.

Omdat mense God nie waarlik geken het nie, soek hulle nou hulle heil in afgodediens,  die oproep van geeste, by toordokters, by elke denkbare sekte.  Intussen het mense in totale bandeloosheid verval.  Vrees het die oorhand gekry.

Daar is talle oproepe dat ons mense na God moet terugkeer. Dit word nie net as oplossing voorgehou nie, dit is inderdaad die enigste oplossing.

Die probleem is egter dat mense nie na God kan terugkeer nie want hulle was nog nooit by God gewees nie.  Allerlei dwaalleringe is deur die jare aan hulle voorgehou as die sogenaamde  Christen-pad.

Die mense wat daardie strukture en krukke ontwerp het, is nou self in die wildernis en kan nie langer hulle volgelinge lei nie.  Die een blinde het inderdaad die ander blinde gelei.

Diegene wat die Lig en Lewe en Waarheid het, staan onder Goddelike verpligting om  die ware Evangelie van Jesus Christus nou uit te dra soos nooit tevore nie. 

          ‘n Mens sonder beginsels, is ‘n beginsellose mens. ‘n Nasie sonder beginsels, is ‘n onbeskaafde nasie.

          As ‘n nasie sy beginsel vergeet, oorboord begin gooi, dan verval hy in barbarisme.

          As ‘n nasie gesonde beginsels verwerp, word hy ‘n dweepsieke.

          Ons moet nou op twee maniere optree :

Die eerste is  teen die verwaarlosing van alle beginsels wat ly tot  sosiale en persoonlike agteruitgang.

          Die ander is teen die aanname van vals beginsels wat die wêreld in anargie dompel.

          Die gevaar op die oomblik is dat ‘n groot deel van ons mense vergeet het dat ons Christen- en politieke beginsels ooit bestaan.

          Ons moet dus onsself verdedig deur vernuwing van ons bewuste ware geestelike, morele, politieke en ekonomiese beginsels. Ons moet dit ook onverwyld in elke sektor van ons  gemeenskaps- en gesinslewe toepas.

         

 

Hosted by www.Geocities.ws

1