Daar is soms twis oor presies wanneer Christus geboore sou gewees het,
maar wat maak dit saak, solank ons dit gedenk.
Ons moet net nie die
fout maak om 'n Kers-fees daarvan te maak nie, maar wel 'n Christus-fees!
Die baba wat bykans 2
000 jaar gelede in 'n stal in Bethlehem gebore is, was geen gewone baba nie. Hy
was die onverganklike God! Wonderwerke was deel van sy lewensbestaan. Sy dood
was die grootste wonder ooit.
Sy ggeboorte het 'n
koning laat steier. Dit het die wyse manne inspireer om oor 'n ver afstand te
reis. Dit het ongewone verskynsels in die hemele veroorsaak, en die
Skrif-geleerdes omgekrap.
Hy hhet die nederiges geseën en groot blydskap aan hulle besorg.
Hy het gedoen wat Hy gesê het: "Geen mens kan my lewe van my wegneem nie.
Ek lê dit vryelik af."
En sso was dit. Niemand
kon Hom doodmaak nie en niemand het Hom doodgemaak nie. Hy het self sy lewe
afgelê, soveel so dat toe die Hoofman oor 'n Honderd dit sien gebeur, het hy
hom boeglam geskrik en gesê:
&quoot;Waarlik, dit is
die Seun van God!"
Die baba wat in die krip
gebore is en op die kruis gesterf het, was beslis geen gewone man nie.
Vir die medici is Hy die Groot Geneesheer.
Vir die botaniër die
Roos van Saron.
Vir die astroloog, die
Helder Morester.
Vir die juwelier, die
Pêrel met die Groot Prys.
Vir die geoloog, die
Rots van die Eeue.
Vir die opvoedkundige,
die Lig van verstandelike ontwikkeling.
Viir die vistermanne,
die Visser van Mense,
Vir die seeman, die
Kompas van die Lewe.
Vir die Bakker, die
Brood van die Lewe.
Vir die dorstige, die Water van Lewe.
Vir die eensame, die
Getroue Vriend.
Vir die wat gebroke van
hart is, die Heler van die Gebroke Harte.
Hy iis die Alpha en die
Omega. Sy geboorte het hoop aan 'n
verlore wêreld gebring. Sy dood het Lewe gebring; Sy opstanding die bewys van
die Ewige Lewe.
Sy WWederkoms gaan reg en geregtigheid laat geskied en die
onreg verdelg.
Nee,, Hy was, en is
beslis geen gewone man nie. Hy is die Seun van die Lewende God! Ken jy hom?
Dis Hy wat die gebroke harte heel:
Wantt so sê die Hoë en
Verhewene wat in Ewigheid woon – Heilig is Sy naam: Ek woon in die hoogte en in
die heilige plek, maar Ek woon ook by die verbryselde en nederige van gees. –
(waarom?) Om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe
die hart van die verbryseldes. – Jes. 57:15.
Ja, Hy wil ook jou gees
laat herlewe en jou gebroke hart heel.