“Ek vertrou op die
Here” – regtig?
Sommige mense sê
maklik: “Ek bekommer my nie, ek vertrou op die Here.”
Dit klink pragtig, maar wanneer mens
dit analiseer, lyk die prentjie soms heeltemal anders as wat dit op die oor
klink.
Dit is soos mense wat vir geestelike
hulp vra, net omdat hulle nie geestelike hulp wil hê nie, maar darem hulle self
daaraan kan troos dat hulle wel vir hulp gevra het.
Dit gaan om die troos: “Eintlik het ek
darem ook vir hulp gevra, terwyl ek eintlik maar graag op my ou trant wil
voortgaan,” of “Ek vertrou die Here,
eintlik omdat ek te lui is om betrokke te raak.”
Die volgende vrae kan help om te
bepaal wat die realiteit is van die woorde: “Ek vertrou op die Here.”
·
Dien jy die
Here? Dien soos in Dien. Bemoedig, vertroos, die uitdra van die Woord, lei jy
mense na die Here toe, bid jy met erns, doen jy Bybelstudie, openbaar jy Liefde,
blydskap, getrouheid, goedheid, lankmoedigheid, vriendelikheid, sagmoedigheid,
selfbeheersing, vrede, ens.?
·
Wat sou jy maak
as u moet kies tussen jou mediese fonds en die beloftes van die Here?
·
As jy moet kies
tussen die diefwering, die alarmstelsel, en die Beskermengele van die Here?
·
As jy moet kies
tussen Voorsorgpolisse en die voorsiening van die Here?
·
As jy moet kies
tussen die beloftes wat jy die Here by die geboorte van jou kinders gemaak het,
of allerhande boeke en kursusse wat deur die wêreld aangebied word?
·
As jy moet kies
tussen motorversekering en die Here se Beskermengele?
Mens probeer nie met sulke vrae sê dat mense keuses moet maak nie. Maar
wanneer iemand ruiterlik en met daadkrag sê: “Ek bekommer my nie oor 'n
boodskap van onheil nie, want, "Ek vertrou die Here," – waarom neem
jy dan korttermyn- en lewensversekering uit?
Mens doen dit want dis tog voorsorg wat jy tref, nie waar nie? Luister
weer: Mens probeer nie sê dat mense nie pille en polisse mag hê nie. Eintlik
gaan dit oor onkonsekwentheid.
Mens kan mos nie heeldag byvoorbeeld by die huis lê en "die Here
vertrou" dat jy op daardie wyse elke maand 'n salaris gaan kry nie. Jy
moet iets prakties doen. Jy moet werk, en boonop baie probleme daar rondom
hanteer.
Ons lees elke dag in die koerante van mense wat se water en krag
afgesny word omdat hulle nie (kan) betaal nie. Ons lees elke dag van baie
moeilikhede en probleme in die land. Natuurlik kan die reën wegbly en water
gaan 'n probleem word. Natuurlik kan die stakings die krag ontwrig. Natuurlik
roof en steel mense, sommige reeds weens honger.
Ons weet almal daar is nie werk nie, dat byna 900 000 werksgeleent-hede
die afgelope vyf jaar in die slag gebly het. En vele gaan nog hulle werk
verloor.
Soos wat mens elke aand verseker dat die huis se deure gesluit is,
gereeld verseker dat ons motors se banddruk reg is, dat die verkoeler en die
battery water in het, die motor se olievlak reg is en die motors gereeld laat
versien, so moet ons noodwendig onsself aan al hoe meer verantwoorde-likhede
onderwerp. Omstandighede vereis dit.
Omstandighede speel 'n rol. Ons sorg egter dat die omstandighede ons
nie negatief beinvloed nie. Ons is kinders van God. Ons (kan) lewe bo die
omstandighede. Daarin slaag ons omdat ons op die Here vertrou om ons die
wysheid en insig te gee hoe om die dinge wat oor ons lewenspad kom, te kan
hanteer, te kan oorwin.
Ja, ons sorg selfs dat ons olie in ons
(geeslike) lamp het, want ons weet selfs nie wanneer die Bruidegom kom nie. Ons
berei ons dus voor. Ons maak gereed daarvoor. Dit gaan ons nie soos 'n dief in
die nag onverwags oorrompel nie.
Om al hierdie redes, koop ons hout,
kerse, gas- en parafienstofies, hou ons voorrade op hande. Selfs die miere doen
dit, want ook hulle weet nie wat die toekoms inhou nie.
Maar, dis goed as jy kan sê: “Ek
vertrou op die Here,” as dit nie maar net by praat bly nie!