Op pad na Ninevé

 

Inhoud

Ninevé

 

n Nuwe Revolusie

 

Die Lydingsdoop

 

Goddelike Ingrypings

 

Vas na Vryheid

 

God se Medewerkers

 

Waarom nog Bid?

 

Getuies

 

Die Krag van die Bloed

 

 

Ninevé

 

DIE stad Ninevé was die hoofstuk van Assirië. Dit was n groot trotse stad wat n verskrikking vir die volke van die nabye Nabye-Ooste was. Hulle grootheid en trots het ook die Nineviete die geestelike wandel saam met GOD byster geraak.

Vandag, soos destyds, is die profetiese stem weer daar om te waarsku. Hierdie keer word die waarskuwing aan Die Afrikaner Boervolk gerig!

Maar eers die volgende: Hoe tree die Vader op, wanneer ons bepaal, dat ons nie gaan doen wat Hy wil hê ons moet doen nie?

Die antwoord hierop word vervat in n besondere verhaal in die Ou Testament, die verhaal van Jona, die profeet, wat deur die Vader n opdrag gegee was, maar besluit het dat hy nie die Vader se opdrag gaan uitvoer nie.

Die optrede van die Vader tydens ons oomblikke van ons ongehoorsaamheid, is dan ook juis die hooftema van die verhaal.

Aan die een kant is daar die volk wat nie langer gehoorsaam was nie, maar aan die anderkant en in n ewe gevaarlike situasie, is daar diegene aan wie geopenbaar is wat gaande is, en wat die volk moet waarsku.

Jona se verhaal is die verhaal van elke gelowige, want ook ons het n soortgelyke opdrag as Jona ontvang: dat ons die Evangelie moet verkondig.

Jona se opdrag was: Maak jou klaar, gaan na die groot stad Ninevé en spreek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor My aangesig.

Daar is drie werkwoorde in die opdrag:

 

        Maak jou klaar dit beteken, ons kan nie onbepaald in die kerkbanke sit en na preke luister nie, al is die preke ook hoe interessant.

        Gaan dit beteken, daar is n wêreld daarbuite waarheen ons moet gaan.

        Spreek wat beteken dat ons mondelinge getuies moet wees, ja, dat ons selfs moet profeteer.

 

Die woord maar is seker die mees besonderse woord in die hele verhaal, Vers 3 begin met Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsus te gaan

En verderaan verskyn die woord maar weer n keer: Maar die Vader het n sterk wind

Wanneer ons na die 3e hoofstuk gaan, vind ons n parallel wat betref Jona se latere gehoorsaamheid: Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé en verder: En die manne van Ninevé het geglo

Met ander woorde, toe Jona maar ges�het, het die Vader ook sy eie maar gereed gehad. Toe Jona egter ja s� was die Vader gereed met Sy eie ja en toe stroom die se�inge.

Die derde strof�van hoofstuk 1 leer aan ons die eerste beginsel wat betref die werking van God se voorsienigheid in menslike ongehoorsaamheid.

Dit word uitgebeeld in die herhaling van die woord af. Jona het afgegaan na Jafo en in n skip geklim. Toe die storm opkom het hy na die onderste dele van die skip afgeklim.

Om af te gaan, na onder te gaan en selfs onder te gaan, is eenvoudig die onvermydelike pad wat almal loop wat van die Here God af wegvlug.

Hierdie afganery is n re� waarvolgens God in gevalle van ongehoor-saamheid optree.

Nog n re� oor die voorsienigheid van God vind ons op humoristiese wyse daarin dat Jona, toe hy by die skip kom, sy eie reisgeld moes betaal. Maar hy het nooit by Tarsus uitgekom nie. Hy is lank voor daardie tyd oorboord gegooi. Hy is ook nooit die ongebruikte deel van sy reiskaartjie terugbetaal nie.

Hier sien ons n groot beginsel in werking. Dit is die volgende: Wanneer mens van God af wegvlug dan kom jy nooit uit waarheen jy vlug nie en jy betaal al jou rekenings self.

Maar wanneer mens God se weg volg, bereik jy elke keer jou bestemming en die Here God betaal die rekeninge.

Mens kan nie nalaat om op hierdie punt die Amerikaanse prediker Bob Mumford aan te haal nie. Hy het ges� God puts you into a fix to fix you, but if you fix the fix before youre fixed, He has to fix another fix to fix you!

Jona, maar ook ons, is beslis n illustrasie van Mumford se woorde.

Onthou u die verhaal van Moses in die mandjie? As sy moeder aan hom vasgehou het, was hy ook vermoor.

Kort daarna word sy Moses se pleegmoeder, maar, nie voordat Farao se dogter Moses ontdek en aan sy sussie Miriam s� Ek sal jou loon betaal nie.

Moses se moeder het gekry wat sy die graagste wou h�en God het boonop die loon, die koste om die kindjie Moses groot te maak, betaal!

Maar Jona was op pad weg van God af, buite God se Wil, en hy moes sy eie kostes betaal

As mens dus van God af wegbeweeg sal jy nooit jou bestemming bereik nie en jy gaan elke keer self die kostes moet betaal.

As die pad wat jy bewandel egter God se pad is, dan het jy boonop n waarborg dat jy beslis jou bestemming sal bereik en God sal die kostes betaal,

Dit is die les wat God aan Jona begin leer het toe Jona aanboord van die skip gegaan het. God het op n bonatuurlik wyse ingetree om dit wat Hy in die eerste plek gedoen wou gehad het, wel te laat plaasvind.

Laat ons almal maar die les hieruit leer: God sal Sy doelwitte bereik, selfs al is ons ongehoorsaam. Hy kan dit doen deur oordele oor ons te laat kom weens ons ongehoorsaamheid, of Hy kan dit doen deur middel van se�inge weens ons gehoorsaamheid. Maar optree, gaan Hy optree.

Wanneer God praat moet ons luister. Selfs Saulus moes op n traumatiese wyse sy les leer toe hy nie wou luister nie. Dit is ook die rede waarom hierdie boek geskryf is: Omdat ons luister en gehoor gee aan ons opdrag!

As God verlang dat ons n besondere taak moet verrig, dan het ons nie n keuse nie. So is die opdrag aan al die kinders van God om die Evangelie van Jesus Christus reg oor die wêreld uit dra, siele in te bring, hulle te doop, hulle te leer.

Totdat hierdie opdrag vervul is, sal diegene wat nie die opdrag uitvoer nie, van probleem tot probleem lewe en n onsekere bestaan voer.

U het geen professionele opleiding nodig om u getuienis uit te dra nie, en u mag nie weier om dit uit te dra nie.

Jesus s�self: As julle My voor die mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely. Bely ons dus nie Jesus Christus voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die geval dat ons onsself beroof van se�inge.

Dink weer aan die beeld van die gemeentes wat warm, lou en koud is en let op dat daar voorsiening gemaak is vir die wat koud is, maar daar is geen voorsiening vir diegene wat lou is nie diesulkes sal Hy uit Sy mond uitspuug!

Nou moet u self besluit waarheen u oppad is!

Altesame 25% van die Bybel bestaan uit profesie� terwyl sowat 90% van alle profesie�op die eindtyd dui. Reg deur die Bybel gaan profesie�in vervulling. Vandag nog gaan hulle in vervulling en talle sal nog in vervulling gaan tot selfs nadat die Wederkoms van Christus plaasgevind het.

Die geskiedenis het bewys dat gebed is n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreldverskuiwende saak. Maar eers moet die volk na sy God terugkeer. In die tyd van Salomo en Nehemia het die volk ook afgedwaal. Hier volg n opsomminge van Salomo en Nehemia se gebede:

 

Nehemia 1: 4-11

 

Ag, HERE, God van die Hemel, groot en ontsagwekkende God, wat U verbond en U troue liefde handhaaf teenoor diegene wat vir U lief is, luister tog, gee tog ag op wat ek, U dienaar, sonder ophou, tot U bid.

Ek bid vir U dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.

Ons het U nie ge�r nie, ons was ongehoorsaam aan U gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan U dienaar Moses gegee het.

Dink tog aan die belofte wat U gemaak het: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi, maar as julle, jul tot My bekeer, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele wêreld versprei.

Ek sal julle terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om My naam daar te laat woon. Ag HERE, luister tog na die gebed van U dienaars, hulle vir wie dit n vreugde is om U Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen.

 

Salomo 1 Kon. 8: 23-52

 

HERE, God van Israel, in die Hemel of op die aarde is daar nie nog n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor U dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe.

Sou God werklik op die aarde woon? Die Hemel, selfs die hoogste Hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het.

Hoor tog HERE, my God, die gebed van U dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat U dienaar vandag tot U rig.

Hoor tog die smeekbedes van U volk, hoor dit tog uit U Hemelse woonplek, en wanneer U dit hoor, vergewe tog!

As U volk Israel deur n vyand verslaan word omdat hulle teen u gesondig het en hulle kom tot inkeer, en bely U naam en bid tot U in hierdie huis en smeek U, luister tog uit die Hemel en vergeef U volk israel se sonde en laat hulle terugkom na die land wat U aan hulle voorvaders gegee het.

Wees tog ontvanklik vir die smekinge van U volk Israel, verhoor tog elke gebed wat hulle tog U rig!

En so spreek Dawid die teruggekeerde volk aan:

 

Dawid: Psalm 149

Lofgesang en Oorlogswaard

 

Halleluja! Sing tot eer van die Here n nuwe lied,

Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

Laat Israel hom verheug in sy Maker;

Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!

Laat hulle Sy naam loof in koordans,

Hom psalm sing met tamboeryn en siter.

Want die Here het n welbehae in Sy volk;

Hy versier die ootmoediges met heil.

Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;

Laat hulle jubel op hul bedde.

Lofverheffinge van God is in hulle keel,

en n tweesnydende swaard in hulle hand;

(Hoekom?)

om wraak te oefen onder die heidene,

strafgerigte onder die volke;

om hulle konings met kettings te bind

en hulle edeles met ysterboeie;

om n vonnis wat opgeskrywe is,

aan hulle te voltrek.

n Eer is dit vir Sy gunsgenote!

Halleluja!

 

n Nuwe Revolusie

 

 

. Julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan

julle nie die tekens van die tye onderskei nie? Matt. 16:3.

Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Efes. 6:12.

 

DAAR het n verandering ingetree wat oorlog en wapengeweld betref. n Nuwe strategie is aan die orde van die dag, want die aanslag het verander. Dis nou meer subtiel. Dit kom in ander vorms na ons toe aan.

Juis daarom vra dit ook n nuwe soort strategie van ons kant af, n nuwe soortige optrede om die vyand te oorwin.

Ons maak weer van n wapenrusting gebruik, maar nou is dit n heel ander soortige wapenrusting.

Efes. 6 gee bevel:

Trek die volle wapenrusting van God aan (hoekom?) sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel (hoekom?)

Omdat die stryd nou heel anders is. Ons trek nie die wapenrusting van die le� aan nie, maar die van God.

Hierdie nuwe stryd in ons geslag is nie teen vlees en bloed soos die vorige kere nie. Dit vra om n totaal nuwe strategie.

Efes. 6 gaan verder:

Daarom, neem die volle wapenrusting van God op sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

Staan dan vas, julle lendene met die Waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,

En as skoene aan julle voete die bereidheid vir die Evangelie van vrede.

Behalwe dit alles, neem ook die skild van die geloof op (hoekom?) sodat julle al die vurige pyle van die bose sal kan uitblus.

En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees dit is Woord van God terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daarom, waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.

Let nou op wat s�11 Kor. 10:3-6:

Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid van Christus,

en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

Die profeet Sagaria profeteer oor die toekoms (Sag. 4:6) Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees, s�die Here van die le�skare.

Die klem val op n nuwe revolusie. Christus was seker in ons taal die grootste revolusion� van alle tye. Kyk net wat het Hy nie alles gedoen en bereik nie.

Nechayev, n Marxis wat in die tronk dood is na die sluipmoord op Tsaar Alexander 11, het ges�

Die revolusion� is n toegewyde persoon. Hy stel nie sy eie belange voorop nie, ook nie sy eie gevoelens nie, nog minder het hy belang by eiendom, selfs sy naam is nie vir hom belangrik nie. Vir die revolusion� is alles saamgevat in die enkele eksklusiewe gedagte die een-passie revolusie!

Maar hierdie toegewydheid was nie oorspronklik Kommunisties nie. Dit was Jesus Christus wat ges�het:

As enigeen n begeerte het om My dissipel te wees, laat hy homself verlo� (homself alles onts� van homself en sy eie belange vergeet), sy kruis opneem en My volg (word gelyk aan My voorbeeld in lewe, daad en dood wat Ek stel).

Joshua 5: 15-15 is n weerspie�ing van wat tydens die Yom Kippoer Oorlog in Israel in Desember 1973 en Januarie 1974 gebeur het.

En terwyl Joshua by Jerigo was, slaan hy sy o�en kyk, en daar staan n man teenoor hom met n ontblote swaard in sy hand; en Joshua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort u by ons of by ons vyande?

En hy s� Nee, maar Ek is die le�owerste van die Here; Ek het nou gekom. (Ek het pas gearriveer).

Die Hoof van die Le� van die Here!

Die gedagte verruk n mens se sinne. Dis byna te groot vir die mens om te begryp.

Die harde feite is dat ons in hierdie stadium onsself in n geestelike oorlog bevind.

Die tweede wat hieraan gelykstaan is dat Jesus Christus die Hoof van ons Le�mag is. Aan Hom is alle mag gegee in die Hemel en op Aarde. Matt. 28:18.

En hier is die mees verstommendste aspek van die geestelike lewe wanneer Jesus in Lukas 10:19 s�

Ek gee julle die mag om op slange en skerpioene (die okkultisme, towery, heksery en magte van die duisternis) te trap, en oor al die mag van die vyand, en niks sal julle ooit skade doen nie.

Eers is die mag aan Hom gegee, en toe gee Hy dit aan ons. Ek wat maak ons daarmee?

Ons sukkel met ons perspektiewe omdat ons nie in en deur die Gees van God wandel nie.

Saam met die Hoof van die Le�mag is etlike legioene Engele.

Hulle was daar toe die Rooi See oopgekloof is, hulle het die mure van Jerigo omgegooi, hulle was ook saam met Josafat toe die vyand skielik homself vernietig het, en met Jonathan toe hy die Filistyne bestorm, saam met Dawid toe hy Goliat verslaan het, saam met Dani� in die Leeukuil en helaas, ook saam met die Boerevolk by verskeie veldslae tydens die ABO.

In 1864 het ernstige onluste in die Soutpansberge voorgekom. Pretorius roep manne op tot die stryd om die swart stam op sy plek te sit. Hy kon egter nie genoeg manne bymekaar kry nie. Later wend hy weer n poging aan, maar net 260 van die een duisend troepe daag op en weer is dit te min om die swart stam aan te durf.

Die verslegtende toestand het voortgeduur. En toe gryp God in. In 1869 het n sterk Swazi-stam die swartes van Soutpansberg feitlik uitgeroei, aldus Ds. P.J. Viljoen in Die Lewe van Paul Kruger.

Viljoen noem dit nie, maar mens kan verseker wees daarvan dat die Boere in daardie tyd baie ernstig gebid het.

Die sonde van ons tyd is wanpersepsies omdat ons toelaat dat ander invloede uitwerkings op ons het, in plaas daarvan om te bly in dit wat ons geleer was die Waarheid en nogmaals die Waarheid soos vervat in die Bybel. Ons lewe onder die omstandighede in plaas van bo die omstandighede.

God se Engele is oral. Hulle het nie visums en paspoorte nodig nie. Dit is ook hulle wat in Angola ons troepe keer op keer uit benoudhede gered het. Die getroue gebede aan die tuisfront, het n sleutelrol vertolk.

Die Yom Kippoer Oorlog was die een oorlog wat die Israelis moes verloor het. Hulle was in die sinagoges en ander aanbiddingsplekke besig toe die vyand onverwags toegeslaan het.

Israeli soldate het gedoen wat hulle kom. Sowat 400 van hulle het opgeruk na Berg Hermon waar hulle hulself teen sowat sewe duisend Siriese magte vasgeloop het.

Wedergebore Israeli offisiere vertel daarna in onderhoude: die 400 Israeli soldate het besluit om te veg tot die dood toe om die Israelse Le� geleentheid te gee om aan die gang te kom.

En toe skielik was daar die reuse hand uit die Hemel met die palm na die Siri�s, n hand byna sy groot soos n stel rugbypale in omvang. Die hand het die Siriese soldate laat omdraai en op die vlug slaan.

Intussen kom n hele konvooi tenks soos n dodelike slang teen die styl bergpad oor die Golan Hoogtes op pad na Ein Gev. Die opdrag was dat hulle daarvandaan om die See van Galilea sou beweeg in die rigting van Tiberias en Porea Eilat en eenvoudig die wêreld voor hulle moes skoonvee.

Maar skielik het die voorste tenk stilgehou en bly staan. Na die oorlog is vertel dat die soldaat in beheer van die voorste tenk vertel het hoe hy duidelik die opdrag gekry het om stil te hou en te wag, terwyl daar nooit so n opdrag gegee was nie.

Toe die lang konvooi tenks oorkant die See van Galilea tot stilstand kom, kon duisende Israelis dit waarneem en het hulle alarm gemaak en die Israelse Le� had geleentheid om gereed te maak om terug te slaan.

Israelse milit�e offisiere het vertel hoe n klein Israelse milit�e eenheid oor n heuwel beweeg het en onder in n vallei op n horde van die vyand afgekom het.

Die vyand het egter skielik die wit vlag gehys en oorgegee. Die handjievol Israelis het die oormag tot binne n krygsgevangekamp laat masjeer. Eers toe die vyand veilig agter slot en grendel was, wou die Israelis weet: Waarom het julle oorgegee?

Die vyand het geantwoord: Julle was n totale berede oormag, ons sou nooit teen julle kon standhou nie.

Die Israelis het net hulle koppe geskud want die meeste wis nie waarvan die vyand praat nie. Wedergeborenes onder hulle het toe aan hulle makkers verduidelik dat dit die Hoof van God se Le�mag en sy legioene Engele was, wat deur die vyand opgemerk was.

Jare gelede het die SAUK-tv n program gebeeldsaai waarin sommige van ons eie soldate vertel het van Goddelike ingrypings in die Angola-oorlog.

Christen-soldate wat in die Vi�nam-oorlog geveg het, het later ook van vele Goddelike ingrypings vertel.

In 11 Konings 6:15-17 beleef ons weer n pragtige Goddelike ingryping:

En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar n le� met perde en strydwaens rondom die stad.

En sy dienaar s�vir hom: Ag my heer, hoe sal ons maak?

Maar hy antwoord hom: Vrees nie; want di�wat by ons is, is meer as die wat by hulle is!

En Elisa het gebid en ges� Here, open tog sy o�dat hy kan sien. En die Here het die o�van die dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elisa.

Van wie het Elisa gepraat? Van God se legioene Engele natuurlik. Die dienaar kon hulle eers nie sien nie, nie voordat God sy geestelike o�geopen het nie.

Ook ons moet die plek bereik waar God ons geestelike o�vir ons open. Lees gerus die hele 11 Konings 6 en sien hoe Elisa die vyand verslaan het.

Die le�magte van die Hemel is gemobiliseer, maar ons is nie gereed nie. Ons verhouding met God en met mekaar is nie reg nie.

Lees asseblief 1 Petrus 4 en 11 Petrus 1 om te sien dat ons nie op die geestelike vlak is waar ons hoort nie.

Sonder geloof (Heb. 11:6) gaan daar ook niks gebeur nie. Voordat die Goddelike ingryping kan plaasvind, moet ons as volk verootmoedig, ons bekeer en terugkeer na die we van God, onse God, die drie-maal heilige God, Jahweh.

Die revolusion�e magte van die duisternis saai onheil, terwyl die revolusion�e magte van die Hemel, waarvan ons as Christene deel is, die situasie net mooi omkeer na ware vrede en heil.

Dit is interessant om te let op wat Dag Hammerskjold, voormalige Sekretaris-generaal van die VN, ges het kort voordat hy in n vliegramp in die Kongo gesterf het:

Ek sien geen hoop vir die wêreld nie. Ons het so hard probeer en so tragies misluk. Tensy die wêreld in die volgende paar jaar n geestelike hergeboorte ondergaan, is ons verlore.

Daardie hergeboorte waarvan Hammerskjold na verwys het, is net in en deur Jesus Christus te vinde!

Die Lydingsdoop

 

Ons aanvaar ons bevind ons in n geestelike stryd. Ons aanvaar ook dat hierdie oorlog op n ander vlak en met ander metodes geveg moet word.

Voordat ons verder kan gaan, moet ons egter eers die sonde van ons tyd, wanpersepsies, aanspreek. Ons kyk hier weer na die menslike vlak en die geestelike vlak.

Die menslike vlak s� Verset, weerstand, veg, ja, selfs oorlog. Die geestelike vlak bied egter n heel ander prentjie.

Die Nuwe Verbond in Christus, soos vervat in die Nuwe Testament, leer dat niemand die Christendom enige skade kan berokken nie. Die Christendom kan net homself skade berokken deur verkeerd op tree op aanvalle teen hom.

Dit is Skriftuurlik dat die Christendom die gesag wat oor hom gestel is, sal erken en hom sal onderwerp aan daardie gesag.

Die Liggaam se lojaliteit aan Christus word juis gekenmerk aan sy Skriftuurlike gehoorsaamheid om byvoorbeeld die gesag van die Staat te erken en hom as Liggaam aan daardie gesag te onderwerp, al sou daardie Staat selfs Kommunisties van aard wees!

Kortom, dit gaan hier om een van die mees miskende dope van Die Bybel, die lydingsdoop.

Onder die tussenhoof "Pligte van Christelike Diensknegte" in 1 Petrus 2:18, staan: "Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed doen en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is."

Vers 19: "Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete, leed verdra, deur onregverdig te ly."

Vers 20: "Want watter roem is daar wanneer julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly dit is genade by God."

Vers 21: "Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle Sy voetstappe kan navolg."

Vers 20 s�duidelik dat dit 'n sonde is om nie die Owerheid se gesag te erken nie. En al sou die Owerheid verkeerd wees, en die Christen as gevolg daarvan skade ly, dan moet die Christen dit nogtans aanvaar en ly.

Die Christendom word juis gesuiwer deur middel van die lydingsdoop. Om die lydingsdoop deur te gaan is 'n roeping(!) want, s�die Skrif: "Hiertoe is julle geroep!

Vanaf vers 21 lees ons dat Christus ook onregverdig gely het. Ons lees te meer nog dat Christus selfs (boonop) sonder sonde was. Ons wat dan sonde doen, hoeveel te meer moet ons nie die roeping van die lydingsdoop waardig wees nie? Die lydings-doop bewerk ware verlossing, bevryding.

In Suid-Afrika bevind ons onsself in 'n demokrasie waar vryheid van spraak deel van die Grondwet uitmaak. Dit is dus heeltemal binne orde om op Christelike toon, diplomaties en taktvol aan die Owerheid te s�dat ons met hom verskil en waarom.

As die Owerheid egter voet by stuk hou en nogtans "ongewenste" wetgewing en optredes deurvoer, dan is ons geroep(!) om dit te aanvaar, al maak dit ook hoe seer. Die Liggaam, ook genoem die Kerk, mag dus die Staat tereg wys, vermaan, maar hy durf nie die Staat teengaan nie.

Hierdie besondere roeping, die lydingsdoop, is 'n voorbeeld wat Christus aan Sy Liggaam nagelaat het en God verwag van ons om Christus se voetstappe na te volg.

Het die grootste se� in die wêreld die verlossing en versoening bewerk deur Jesus Christus dan nie gekom juis vanwe�die grootste onregverdige lyding nie?

Christus het selfs 'n verraaier in Sy midde gehad. Hy het geweet wie die verraaier is, maar Hy het die man nooit gekonfronteer nie.

Inteendeel, Christus het die verraaier geignoreer, en Sy aandag by Sy eie missie om die wil van Sy Vader te volbring bepaal, en geslaag!

Hy is sonder verset, sonder wraak, sonder teenstem, deur die lydingsdoop. En, wat 'n fantastiese oorwinning was dit nie! Die beker is nie by hom verby nie. Hy moes dit ledig.

Die Christendom het ook 'n missie om die wil van die Vader te volbring. Dis waar ons aandag hoort.

Lees maar die drie boeke van Johannes en sien self waar skiet ons te kort. Ons het nog nie eers die Liefde onder mekaar volbring nie.

Die Christen, of dan die Liggaam, het sekere roepinge om op aarde te vervul: Die uitdra van die Evangelie van Jesus Christus en dit wat daarmee saamgaan soos byvoorbeeld barmhartigheidswerk, liefde, die dra van mekaar se laste, bid vir mekaar, ens., en ten tweede om die suiweringsproses, die lydingsdoop, deur te gaan, want, wanneer Christus kom, kom hy om Sy Bruid te haal, 'n Bruid wat sonder vlek of rimpel sal (moet) wees.

Wanneer die Here s� Ter wille van My naam sal julle vervolg word, dan is dit nie 'n waarskuwing nie, maar 'n belofte!

Dieselfde geld wanneer die Here s� In die wêreld sal julle verdrukking h� maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Die geestelike lewe, die lewe in Christus, is beslis die interessantste wat enigeen ooit kan beleef.

Hoor wat s�die Here in Openbaring 8 -11: En sal God nie Sy uitverkorenes wreek wat dag en nag na Hom roep nie?

Natuurlik! Let op hoe duidelik die Skrif dit stel wanneer die Staat, of watter gesag ookal, onregverdig teenoor die gelowiges optree.

Dit is dan wanneer God aan die Staat, of watter gesag ookal vyandig teenoor die Liggaam van Christus staan, s� "Vir sovele soos julle dit aan die geringste van My doen, doen julle dit aan My." Matt. 25:45.

En aan die een wat die lyding deurloop, s�die Here: Onthou, aan My kom die wraak toe. Ek sal vergeld."

Verder s�die Here: "Bid vir julle gesag sodat julle in vrede kan lewe." Hoop vurige kole op sy hoof op. Rom: 12:20.

Wanneer die Christen te na gekom word, of vervolg word, durf hy dit nooit in 'n negatiewe lig sien nie, maar eerder as 'n besondere se�, 'n toets van Bo, en ons moet sekermaak dat ons die toets slaag.

Dit is seker die vernaamste wyse waarop die Here sy Liggaam hier op aarde suiwer.

Titus 3:1-2 lees: "Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk; om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys."

'n Verdere interessantheid vind ons in Gen. 15:13 "Daarop s�God vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word, vier honderd jaar lank."

Dis God self wat so besluit het, al klink dit ook hoe verskriklik. Sou ons 400 jaar se verdrukking kon deurstaan, boonop deur diensbaar te wees en deur toe te laat dat ons verdruk word deur 'n vreemde owerheid?

Maar vers 14 is 'n juweel, wanneer die Here s� "Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie die volk diensbaar moet wees...."

Die een oomblik stel die Here 'n vyandige Volk oor Sy eie Volk aan, aan wie Sy Volk noodgedwonge diensbaar moet wees, maar die volgende oomblik s�die Here aan die vyandige volk: Pasop hoe julle My Volk behandel, want Ek sal daardie nasie wat Ek oor My Volk aangestel het, oordeel!

Kan u nou verstaan dat God deurentyd in beheer van sake is?

Daarom, niemand kan die kind van God, God se Volk, enige skade berokken nie. Die Christen kan net homself skade berokken deur met die verkeerde reaksie te kom op die aanvalle of verdrukking teen hom. Verstaan u nou wat dit beteken om die ander wang te draai?

In Rigters 6:1 s�God aan Gideon: Maar, toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die o�van die Here, het die Here die kinders van Israel OORGEGEE in die hand van die Midianiete sewe jaar lank!

Sewe jaar lank! Dis mos nie nodig om langer vrae te vra nie. Ons eie situasie moet vir ons mos nou meer duidelik wees as ooit te vore.

Dit lei geen twyfel nie. Die Christen moet hom onderwerp aan die Owerheid wat oor hom aangestel is.

So, loof die Here, bid vir die owerheid, dien die Here. Alles is nog lank nie verlore nie. Dit lyk maar net so.

Die prentjie word verder ingekleur wanneer God ons verbied om te vergeld. God s dat Hy 'n jaloerse God is en dat die wraak Hom (alleen) toekom.

Met ander woorde, terwyl ons wraak wil neem met allerlei verset en optredes, staan God terug, want ons probeer doen wat God s�sy eksklusiewe reg is. Die Christen moet sy verstand afskakel sodat hy kan hoor wat die Gees van God aan hom wil s�

Wanneer die Here s�dat Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit 'n opdrag wat eenvoudig uitgevoer moet(!) word, al is dit ook hoe moeilik. As daar nie vrede in die land is nie, dan is dit heelwaarskynlik omdat die Liggaam nie vir die regering bid nie.

Die Here is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: "Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil."

Die nuwe vertaling lees: "Die Here kan 'n koning se gedagtes net so maklik beheer soos water in 'n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil! Skitterend!

So, kom maar gerus u plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar hulle is in beheer.

Lees weer wat s�Koning Dawid in Psalm 149 oor Lofgesang en Oorlogswaard:

 

Halleluja! Sing tot eer van die Here n nuwe lied,

Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

Laat Israel hom verheug in sy Maker;

Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!

Laat hulle Sy naam loof in koordans,

Hom psalm sing met tamboeryn en siter.

Want die Here het n welbehae in Sy volk;

Hy versier die ootmoediges met heil.

Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;

Laat hulle jubel op hul bedde.

Lofverheffinge van God is in hulle keel,

en n tweesnydende swaard in hulle hand;

(Hoekom?)

om wraak te oefen onder die heidene,

strafgerigte onder die volke;

om hulle konings met kettings te bind

en hulle edeles met ysterboeie;

om n vonnis wat opgeskrywe is,

aan hulle te voltrek.

n Eer is dit vir Sy gunsgenote!

Halleluja!

Dus, nie deur krag of geweld nie, maar deur lofprysinge aan die God van ons heil. Lofprysinge is n tweesnydende swaard: Terwyl ons God loof, oefen ons ook wraak uit onder die heidene, strafgerigte onder die volke, om hulle konings in kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie Waarom? Om n vonnis te voltrek wat reeds opgeskrywe is!

Dit moet onthou word: Terwyl die Liggaam van Christus onregverdig ly, is die hoeksteen van God se heerskappy op aarde, juis Sy onbeperkte en onverskrokke geregtigheid.

Die morele wet is so onveranderlik soos die natuurlike wette: Wat die mens saai sal hy maai. Gal. 6:7.

Net soos die Wet op swaartekrag nie verbreek kan word nie, net so kan die wette, verordeninge en insettinge van God, ook nie verbreek word nie. Die een wat hier oortree, bring 'n oordeel oor homself. Onthou Sy waarskuwing: Dis vreeslik om te val in die hande van die Lewende God!

Dit beteken, ons moet ook uiters versigtig wees hoe ons teenoor mekaar optree.

Ons dink altyd verootmoediging gaan oor ons sondes teenoor die Here, maar om dit te bely is nie genoeg nie. Ons moet ook ons misdade wat ons teen mekaar gepleeg het, bely. Kyk na die volgende: 1 Petrus 3: 8-9.

Wees almal eensgesind, medelydend, VOL Broederliefde, en ontferming, vriendelik. Vergeld geen kwaad vir kwaad of skelwoord met skelwoorde nie...... maar INTEENDEEL.........................Se� mekaar!

Waarom? Want hiertoe is julle G E R O E P!!!

Hoekom? OM SE� TE KAN BE�WE!

Ons mis ons ROEPING. Ons is GEROEP om mekaar te SE�. Omdat ons, ons roeping mis, daarom is ons nie eensgesind nie, nie medelydend nie, nie VOL Broederliefde nie, ontferm ons, ons nie oor mekaar nie, is ons nie vriendelik nie. Bid ons nie vir mekaar nie, dra ons nie mekaar se laste nie.

Inderdaad is ons gedurig besig om in een of ander vorm kwaad met kwaad te vergeld, en maak ons, ons skuldig daaraan om skelwoord met skelwoorde te vergeld.

Ons MIS ons ROEPING. Dis 'n SONDE. Dit vra om diepe verootmoediging teenoor God, maar groter nog, teenoor MEKAAR!

Ons kan nie se� be�we nie, want ons se� nie mekaar nie. Wanneer het een van ons ooit 'n ander gese�? Ons doen dit nie.

Ons beroof onsself van se�inge. Ons beroof mekaar van eensgesindheid, van medelye, van ontferming, van volle broederliefde, van vriendelikheid. Ons is slagoffers van ons eie optrede.

Daarom, verootmoediging teenoor God moet geskied, maar ons moet ook ons saak met mekaar regmaak en dit reghou.

Ons mis ons ROEPING!

Ons mag nooit as kinders van die Here in konflik teenoor mekaar staan. Die Liggaam en die Staat, die Christen en sy gesag, mag ook nooit in konflik teenoor mekaar staan nie.

Die Christen vergeet so maklik, maar dit is noodsaaklik dat die Liggaam, bewus bly van die Vader se regverdigheid en geregtigheid, want so verseker 'n mens dat u nooit in die versoeking kom om self te wil vergeld nie.

Ons moet versigtig wees dat ons nie ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis nie.

In plaas van vergelding, moet die Christen eerder bid: "Vader, vergewe hulle want hulle weet (tog) nie wat hulle doen nie." Dan gryp God in!

Vir die Christene om teen die Staat op te tree, is dieselfde as om die Staat by die Satan aan te kla. Daar sal nie 'n verhoor wees nie.

As die Christen God se hand in beweging wil sien kom, begin dan onder andere bid vir die Owerhede.

Ons moet God meer gehoorsaam wees as die mens. God s�aan die een wat Sy kind mishandel: Vir sovele soos wat hulle dit aan die geringste van My doen, doen hulle dit aan My, en onthou, My kom die wraak toe, Ek sal vergelde sê die Here.

Twyfel u nog? Rom. 13: vanaf vers 1 lees:

"Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel.

" sodat hy wat hom teen die mag van God versit, die instelling van God weerstaan; en diegene wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.

"want die Owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte......."

As mens jou dus verset teen die owerhede wat oor jou aangestel is, dan sondig u teen die Here, want die Here is in beheer van daardie owerheid.

Laat ons dus voortgaan om die Here te behaag deur alles wat ons s�en doen, Hom te verheerlik. Kom ons onderhou weer Sy insettinge, Sy verordeninge. Kom ons verbly die hart van die Here.

Ons staan op die drumpel van n reuse oorwinning. Ons moet net ons saak met God en met mekaar regmaak.

Ons sal onsself nie net voor God moet verootmoedig nie, maar ons sal ook moet terugkeer na ons eerste liefde:

"U moet die Here jou God liefh�met jou hele hart, en met jou hele siel en met jou hele verstand en uit jou hele krag, en jou naaste (mekaar) soos jouself".

Die liefde wat onder ons moet heers, is net nie langer daar nie. Ons eerste liefde het verflou. Ons het kragteloos geword, soos sout wat laf geword het.

Die strafgerig is egter nie daar om ons te vernietig nie, maar juis om ons terug te kry op die plek waar ons hoort.

Met menslike liefde sal ons nie kan slaag nie. Petrus kon ook nie.

Toe Christus Goddelike (Agape) liefde bedoel het, het Petrus menslike (fileo) liefde verstaan. Daarom dat hy so maklik ges�het: Ja Here U weet ek het U lief.

Toe die toets kom, moes hy in trane na die gekraai van die haan luister.

Daar is diegene wat redeneer dat ons nie geroep is om te ly nie, maar om te oorwin. Feit is dat ons in Christus Jesus reeds oorwin het. Deur onreg te ly is deel van die oorwinning.

En as die regerende gesag ons sou verbied om die Bybel te lees en die Vader te aanbid, dan moet ons die Vader meer gehoorsaam wees as die mens. Dan gaan ons voort om die Bybel te lees en die Vader te aanbid, en, as ons as gevolg daarvan deur die regerende gesag gestraf sou word, dan is dit bloot deel van die lydingsdoop.

Mag hierdie skrywe 'n ewewig, 'n korrekte persepsie, 'n nuwe visie, nuwe moed, 'n nuwe ywer, in die midde van ons mense plaas.

Laat die Liefde heers!

 

Goddelike IngrypingsGoddelike Ingrypings

 

Oor Goddelike ingrypings kan n dik boek geskryf word. Ons bepaal ons egter net by enkeles.

In November 1973 is alles gereed vir 18 Christene om daardie Desember na Rome, Athene en Israel te vlieg op n sendingtog.

Skielik breek die Yom Kippoer Oorlog uit. Die toer is vir etlike dae in die weegskaal totdat al drie lande laat weet ons toer gaan voort, dit is veilig.

Die toerleidster ontvang egter n duidelike opdrag van die Here dat die groep met n ander vlug ure later moet vertrek. Dit het baie geverg om die lugrederye te oortuig. Hulle het botweg geweier. Internasionale vlugte kan nie na willekeur verander word nie.

Die groep verlaat Suid-Afrika toe op die bestemde tyd.

Maar God gryp in. Weens digte mis word die vlug byna ses ure op die lughawe van Las Palmas vertraag.

Ure later land die groep in Rome te midde van hordes soldate met masjiengewere.

Die owerhede deel die groep mee dat as hulle vliegtuig nie vertraag was nie, sou hulle ook binne die koe�re� van n terroriste-aanslag beland het en sou die dodetal van 38 heelwaarskynlik veel ho� gewees het.

Koue rillings het deur die groep gegaan. Oral was sigbare tekens van die ontsettende slagting. Daar is eers bymekaar gekom om aan God alle eer te gee dat Hy die groep se vliegtuig vertraag het.

Na vyf dae in Rome is die groep na Athene. Die volgende oggend moes ons tydens die ontbyt hoor, daar is nie tyd om klaar te eet nie. Die intelligensiedienste s die groep moet dadelik landuit. Die owerhede vrees n terroriste-aanslag.

So beland die groep hopeloos te vroeg in Israel, midde-in die Yom Kippoer Oorlog!

Die groep was twee weke lank in Israel. n Reuse uiters suksesvolle sendingtaak het gevolg.

Oor die inhoud van die sendingtaak kan nie berig word want niemand word toegelaat om in Israel die Evangelie van Jesus Christus te verkondig nie. Ander wat dit openlik gedoen het, is onmiddellik gedeporteer.

Ons moes die sendingtaak soos n Paulus hanteer wat ges�het: Ek het julle met lis gevang omdat ek slim was!

En twee weke later was die groep veilig tuis in Suid-Afrika terwyl die oorlog en die naslepe daarvan nog aan die gang was.

n Gelowige vertel hy het een Sondagmiddag gaan rus en in n soort skynslaap verval. Hy sien toe hoe hy langs die N2 by n brug stilhou om iets te eet en te drink.

Hy sien ook hoe n reuse rooi vragmotor met sleepwa bo teen die heuwel om n blinde draai kom, ook hoe die vragmotor buite beheer raak en sy eie motor verpletter, voordat dit die brug misry en in die rivier stort.

Hy was daarna by sy volle positiewe en erg ontsteld. Wie sou nie ontsteld wees as jy pas jou eie dood sien kom het nie? Boonop sou hy daardie volgende Woensdag vanaf Port Elizabeth na Pretoria ry.

Die Maandag kon hy nie behoorlik werk nie. Die gesig het hom die hele tyd bygebly. Toe skielik het hy besef maar hy leef mos nou onder die omstandighede in plaas van bo die omstandighede. Toe skop hy vas en bid: Here, dit moet U wees wat my gewaarsku het dat die satan my wil vernietig. Dankie dat U sal sorg dat ek Woensdag op n tydstip vertrek sodat ek die ongeluk sal misloop.

Hy het daarna heeltemal van die voorval vergeet. Daardie Woensdag langs die pad sien hy n brug in die verte en mense en voertuie. n Motre�tjie het ook begin val, alles soos wat hy in die gesig gesien het.

Toe hy oor die brug ry het die rooi vragmotor, sleepwa en al, in die rivier gel�

Wat daardie oomblik deur n mens gaan, is daar nie n woordeskat voor om te vertel nie, behalwe dat trane van deernis en liefde teenoor God, oor sy wange gerol het.

Die bekende Ouma Hamman vertel hoe sy en haar kinders ongeskonde deur die Anglo-Boere Oorlog gegaan het, dat die Here selfs kos en geld voorsien het. Hierdie aangrypende verhaal in boekvorm word deur CUM uitgegee.

Daar is nog vele sulke verhale uit daardie oorlog, maar dis nie almal te boek gestel nie.

Broer Andrew vertel hoe hy Bybels gesmokkel het en dit deur doeane-poste gekry het deur te bid: Here, U wat blinde o�siende maak, maak vandag siende o�blind.

Hy is met vragte Bybels deur doeaneposte sonder dat die Bybels opgemerk was.

In Port Elizabeth koop n gelowige vir die gemeente n bus wat 32 kinders na die Sondagskool kan vervoer.

n Nuwe enjin word in die bus ingebou.

Die motorwerktuigkundige vra die gelowige en sy predikant moet asseblief die bus kom haal, die werk kos niks, want hy kan die enjin nie kry om te loop nie, en as julle hom aan die loop kan kry, is dit julle voordeel.

Die werktuigkundige het aan die predikant en die lidmaat gewys dat wat hy ook al doen, die enjin nie wil vat nie.

Die twee het die bus toe daar weggesleep en op die kerkgronde parkeer, menende dit moet maar daar staan totdat hulle weer iemand kan kry om na die enjin te kyk.

n Maand later s�die lidmaat aan sy predikant: Die werktuigkundige kon dit nie aan die gang kry nie, maar ons het nog nie probeer nie. Hierop stap hulle reguit na die bus toe. Toe hulle die sleutel draai het die Duitse enjin dadelik sonder fout geloop. Die bus het jarelank foutloos n diens gelewer.

Verhale soos hierdie is volop onder ons mense. Maar vir een of ander rede dink ons die goed gebeur net met sekeres van ons. Hierdie persepsie moet ook die nek ingeslaan word. God is nie n aannemer van die persoon nie.

Om in die Gees te wandel is vir ons elkeen beskore.

Vas na VryheidVas na Vryheid

 

As die Boerevolk ooit gevas en gebid het en sy volle vertroue op sy God geplaas het, dan is dit nou die tyd daarvoor.

Al die dapper manne van Jabes het sewe dae lank gevas.

Israel was in die grootste krisis van sy bestaan sedert hulle die Beloofde Land beset het. Hul eerste koning, Saul, is in n veldslag dood, tesame met al sy seuns. Die Israeliete was totaal verslaan deur die Filistyne.

Die aanslag was so erg dat die Israeliete uit die Beloofde Land gevlug het, terug oor die Jordaan na die Ooste. Die Filistyne was weer in beheer van die land.

Terselfdertyd het Dawid wat Saul as koning opgevolg het n verlammende persoonlike ramp beleef.

Die Amelakiete het Siklag die stad waar Dawid en sy manskappe toe gewoon het ingeneem en verbrand.

Die vyand het Dawid se manskappe se vroue en kinders gevange geneem en op al hulle besittings beslag gel� Om sake te vererger was Dawid se manskappe weens wanhoop en woede, boonop bereid om teen hom te draai.

Dit was toe dat die manne van Jabes n vas uitgeroep het!

Die geskiedenis van 1 Samuel is een van verval, neerlaag, verdeeldheid en rampspoed. Die geskiedenis van 2 Samuel is een van restourasie, hereniging en oorwinning.

Die draaipunt het gekom toe Jabes gevas het!

Dit was toe dat die winde van verandering begin waai het. Dit was hoe die geskiedenis van die volk verander is.

As ons die geskiedenis wil verander in lyn met die Here God se wil, dan kan ons dit doen. En, dit is die verantwoordelikheid van die Christene om dit te doen.

Die Christene is hier om n verskil te maak, individueel en gesamentlik. As sake nie deur ons teenwoordigheid verander kan word nie, dan is ons niks anders as sout wat laf geword het nie. Dan beteken ons niks vir God nie en ook niks vir diegene rondom ons nie.

Dan sit ons maar net en wag om vertrap te word, en, daar is miljoene voete wat gretiglik sit en wag om ons te vertrap. As ons nie dadelik iets doen nie, dan gaan ons beslis vertrap word. En net ons sal daarvoor te blameer wees.

Op grond waarvan kan ons daarin roem dat ons Kinders van God is, as God nie in aksie in ons volkslewe is nie?

In 2 Kronieke 20 vind ons n merkwaardige historiese voorbeeld oor die krag van vas en gebed:

Josafat, die koning van Judah, was gekonfronteer deur n oormag vanaf die ooste. Hy en die Koninkryk van Judah had geen milit�e verdedigingsmag om die aanstormende hordes te kon stuit nie.

Maar, in plaas daarvan om op die materi�e en die vleeslike te vertrou, het hulle uitbeweeg op die geestelike vlak. Die gevolg was dat hulle een van die grootse oorwinnings in die geskiedenis van die Bybel behaal het.

n Hele le� was totaal verslaan en dit sonder dat die oorwinnaars n pyl afgevuur het, n spies gewerp het of die swaard getrek het. Nie een vleeslike of materi�e wapen is aangewend nie.

Die aanstormende hordes was uitgewis. En al wat Josafat en die mense van Judah gedoen het, was om n vas uit te roep.

Nadat die vas uitgeroep was het die volk eendragtig bymekaar gekom. Die Engelse vertaling stel dit meer treffend: They gathered themselves together. Ja, hulle het hulle verskille en geskille opsy geskuif en deernis en liefde teenoor mekaar openbaar.

Toe het hulle verootmoedig en begin bid en toe spreek die Here tot hulle deur n profesie. Daarna het hulle net aangehou om die Here te loof en Sy naam groot te maak.

Nou ontstaan die vraag: As die almagtige God Jahweh dit onder die Ou Verbond gedoen het, waarom sou Hy dit nie (te meer) onder die Nuwe Verbond ook doen nie?

Let ook daarop dat dit juis die Nuwe Testament is wat in 2 Kor. 10:4 s� Ons voer die stryd nie volgens die vlees nie, want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus

As dit in Ou Testamentiese oorlogvoering gewerk het waar mense wetlik toegelaat was om materi�e wapens te gebruik het, hoeveel te meer sal dit dan nie slaag in Nuwe Testamentiese oorlogvoering waar ons oorlogswapens geestelik is nie?

Die mense van Judah het bymekaar gekom. Hulle het ontslae geraak van hul persoonlike inhibisies, hul verskille en geskille en daardie dinge wat vir hulle verdeeldheid verantwoordelik was.

Hulle het eendragtig bymekaar gekom, gevas en gebid. Hulle het bymekaar gekom omdat n nasionale ramp die volk bedreig het. Toe het hulle die Here geloof!

Toe alles verby was, het dit hulle drie dae geneem om van die lyke ontslae te raak.

As die volk van God vandag presies dieselfde doen, dan sal die gevolge niks minder wees nie, dalk heelwat groter.

Glo u dit? As u dit nie glo nie dan woeker u nie met die talente wat u ontvang het nie.

Dr FJ Heugel s� Na aanleiding van die feit dat wanneer ons vas en bid, die Here werk, volg dit dat gebed n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak is!

Soos Heugel dit stel: Dit is nie dat die gebed as sodanig so magtig is nie, maar God is. Omdat niks vir die lewende God Jahweh onmoontlik is nie, kan die geskiedenis verander. Die geskiedenis kan deur ons verander word.

Daar is van ons mense wat voortdurend sug en hoop dat n geestelike leier in ons midde sal opstaan om die volk te lei. Maar dit is die volk wat moet opstaan, en dan sal die Here lei.

Ons aanvaar dat die volk uiteindelik weer n geestelike leier sal h� maar dan moet die pad vir sy koms nou reeds berei word.

As ons n studie maak van die Ou Testamentiese rekord van die verlossing van God se volk uit Babilon, dan ontdek ons geestelike riglyne wat vandag steeds van toepassing is op die restourasie van Sy volk.

Daar is hoofsaaklik vier historiese boeke wat oor restourasie handel, vanaf Babilon en die tydperk daarna: Dani�, Esra, Nehemia en Ester. Elke boek is vernoem na die leiersfiguur in die gebeure.

Elkeen van die persone wat n leiersrol tydens hierdie periode vertolk het, het vas gebruik as n wyse om verlossing en restourasie vir God se volk te bewerk.

Lees die getuienis van Esra in Esra 8:21-23:

Toe het ek daar n vastyd uitgeroep aan die Ahawa-rivier om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse God, ten einde van Hom n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed. Want ek was skaam om van die koning n le� en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek het en ges�het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar Sy krag en Sy toorn oor almal wat Hom verlaat.

So, ons het dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.

Esra het gedoen wat jy en ek soms doen: Deur teenoor die koning te getuig het hy homself in n posisie geplaas waar hy sy getuienis gestand moes doen. Hy het aan die koning ges� Ons is die dienaars van die Lewende God. Onse God beskerm ons en voorsien in al ons nood.

Kort daarna is die weg gebaan vir Esra om n groep terugkerende bannelinge terug na Jerusalem te lei. Die lang reis was deur n land vol vyandige stamme en rowers.

Die vraag wat ontstaan is: Hoe sou hulle beskermd bly tydens die reis?

Hulle het hul vroue en kinders by hulle gehad. Hulle kon nie vinnig beweeg nie. Boonop het hulle die geheiligde kruike van die tempel in hul besit gehad. Dit alleen was baie geld werd. Hulle, tesame met hul besittings, was dus n skitterende prooi vir die rowers.

Hulle moes die lang tog van Babilon af na Jerusalem voltooi. Hulle moes noodgedwonge die een of ander beskerming h�

Hulle kon die koning gaan vra het vir ruiters en soldate om hulle te beskerm en die koning sou dit sekerlik toegestaan het, maar, Esra was te skaam om te gaan vra omdat hy juis reeds teenoor die koning getuig het van hoe almagtig hulle God, ook oor hoe hulle God, die enigste ware en lewende God, hulle sou beskerm.

Om nou die koning om beskerming te gaan vra het sou beteken het dat Esra en sy mense hul eie getuienis sou kanselleer. Dis so goed soos hoogverraad teenoor God. Selfs verraad teenoor jouself.

Nee, daar moes n ander plan gemaak word. Esra en die bannelinge neem toe n kardinale besluit: Hulle sou nie op materi�e beskerming vertrou nie. In plaas daarvan, sal hulle hul veiligheid en beskerming in bonatuurlike geestelike vlak by God gaan soek.

Daarom roep hulle n vas uit en God het baie mooi na hulle almal omgesien. Toe hulle die Here met n vas en gebed bedien het, het die Here na hulle probleme omgesien.

Daar sou seker nie veel verkeerd gewees het om kleingelowig te geword het en wel die koning om hulp te genader het nie, maar dan het hulle op die vleeslike vlak beweeg. Dit sou saam daarmee ook heelwat risiko ingehou het.

Toe besluit hulle om eerder deur middel van n vas, na die geestelike vlak te beweeg. Dit sou boonop geen risiko inhou nie want waar God betrokke is, verloop alles volmaak.

n Nederlandse sakeman vertel onlangs op besoek aan Suid-Afrika dat hy nooit versekering uitneem nie. Hy vertrou God. Toe hy egter na Suid-Afrika kom en van al die misdaad hoor, toe neem hy op die lughawe wel versekering uit.

Niemand het ooit van my gesteel nie, en nou dat ek versekering het is ek in Port Elizabeth beroof. Ek het met God daaroor gepraat en Sy antwoord was duidelik: Vertrou My, of vertrou My nie.

In handelinge 12 vind ons n dramatiese illustrasie van die krag van gesamentlike gebed. Daar was aanhoudende gebed deur die gemeente. En toe die drama in die tronk, die besoek van die Engel aan Petrus.

Daarby die opdrag: Staan nou op! En die boeie het van sy hande afgeval. Daarna gaan ook die tronkdeure oop en Petrus is saam met die Engel na vryheid.

Ons aanbid vandag presies dieselfde God. Niks het verander nie, behalwe ons.

Wil ons nie maar weer die bevel staan op gehoorsaam nie? Dan val ook ons boeie af en ook ons tronkdeure sal oopgaan op pad na vryheid!

 

Toerusting van God aan Sy MedewerkersToerusting van God aan Sy Medewerkers

 

Ons is nie gered om Hemel toe te gaan nie, ons is gered om die Koninkryk van God te bou. Daar is diegene wat beweer dat hierdie taak uitsluitlik aan die herders van gemeentes opgedra is. Nee, elkeen van ons is geroep tot diensbaarheid.

Daarom is daar ook aan elkeen van ons toerusting gegee om die taak mee te verrig. Predikante is niks meer as voltydse ouderlinge nie.

Daar staan ook nie geskryf dat ons geboue moet oprig, dit kerke moet noem en dan daar binne bidure moet hou waarin ons bid en smeek: Here, stuur die siele in, nie.

Die opdrag is elke keer dat daar uitgegaan moet word om die siele in te bring, uit te vaar na die diep kant van die lewe toe en nette der nette vol in te bring.

"Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die Woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het." (Markus 16:20)

"Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle." (Johannes 20:21)

Die Bybel leer dat die Vader die wedergeborene as 'n werkende vennoot in Sy planne en werke beskou. God en Abraham tesame het 'n groot "nasie" (Israel) geskep. God en Moses het saamgespan om vir ons die Tien Gebooie te gee wat die grondslag van alle siviele en sedelike wette vandag is. Dit is deur God en Moses tot stand gebring.

Jesus self was 'n vennoot van die Vader in die werk van verlossing. Hy s� "Het u nie geweet dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?" (Lukas 2:49).

Paulus, die ywerige en bekwame sendeling, versoek alle Christene om te onthou dat ons gered is om te dien. "Wees nie traag in die ywer nie, wees vurig van gees, dien die Here." (Romeine 12:11).

Ons kan ware kinders van God wees, maar die vraag is of ons, ons lewens in totaliteit aan Hom oorgegee het. Is ons nog in beheer van sekere sektore van ons lewe, of is God Heer en Meester van ons ganse bestaan? Hy s�Hy is n jaloerse God. Hy wil volle beheer h� Hoe gouer dit gebeur, hoe gouer begin ons floreer.

Die rede hoekom ons nie by die sterwe in Christus uitkom en waarom ons nie groei en floreer nie, is omdat ons nie self die Bybel bestudeer nie. Ons gaan eerder ten gronde weens n gebrek aan kennis. So sit ons dan ook keer op keer onwaardig by die Nagmaaltafel aan en kan nie begryp waarom ons sake nie floreer nie. Ons kan nie verstaan waarom oordele ons tref nie, maar ons waag dit om onwaardig by die Nagmaaltafel aan te sit.

As ons die Vader aktief dien, dan kan ons ook verwag om die Vader aktief in ons lewens te sien, dan kan ons God se se�inge verwag, dan kan ons oorvloed verwag.

Wanneer ons onsself aan God oorgee, begin ons 'n sakevennootskap met God. Ons word ons "medewerkers van God". 'n Vennootskap met God is 'n saak waarin God die kapitaal voorsien en ons die arbeid. Hy voorsien die wysheid, die mag en die middele (finansies, ens.) en ons verskaf die diensbaarheid.

Daardie vennootskap word ook weerspie� in ons huwelike. n Huwelik is n drieledige Verbond tussen man, vrou en God. n Verbond is n kontrak, dit mag nie verbreek word nie en God s�self dat, wat Hy saamgevoeg het mag geen mens skei nie. Wat op die aarde gebind is, is ook in die Hemel gebind. Die huwelik is n Goddelike instelling.

So is ons wedergeboorte n Goddelike instelling. Ons moet weier dat enigiets of enigiemand daardie verhouding, daardie Verbond, tussen ons en ons Skepper, ons Vader, verbreek.

God wil Homself betuig en Hy het ons uitverkies as 'n kanaal deur wie Hy Sy mag en besluite kan betuig.

Ons is geroepe diensknegte en getuies medewerkers God voltooi Sy werk deur van ons gebruik te maak.

"Ek sal jou die sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee, en wat u ook op die aarde mag ontbind sal in die Hemel ontbonde wees, en wat jy op die aarde bind sal in die Hemel gebind wees." (Mattheus 16:19).

God is die enigste Eienaar van Sy saak. Hy besit die planeet Aarde (Psalms 24:1; 50:10), ook al die rykdomme (Hagai 2:8); Hy besit jou en my lewens (Romeine 14:8); God, in Sy goedertierenheid het elke mens ryklik bedeel met sekere gawes, talente en moontlikhede. Die dinge moet nie selfsugtig of tot ons eie voordeel aangewend word nie, maar tot verheerliking van God en die vestiging van Sy Koninkryk.

"Doen alles tot verheerliking van God." (1 Korinthi�s 10:31).

"Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in jul liggaam en in jul gees wat aan God behoort." (1 Korinthi�s 6:19-20). Ons is rentmeesters van die gawes wat God ons gegee het.

Ons is rentmeesters van ons tyd. "Koop die tyd uit omdat die dae boos is." (Efesi�s 5:16)

Moenie jou tyd verkwis nie. Ons is rentmeesters van ons talente. Jesus het 'n harde oordeel uitgespreek oor die man wat uit vrees sy talent begrawe het. Lees aandagtig Mattheus 25:28-30.

Ons is rentmeesters van ons geld. Geld is 'n gawe van God en moet tot Sy eer gebruik word. Lees 1 Timotheus 6:10.

Ons is ook rentmeesters van die Evangelie. Die roeping om die grootste nuus op Aarde te verkondig, is aan die verlostes gegee.

"Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom." (Handelinge 1:8).

Die Heilige Gees is die Gees van God. God woon en leef in die gelowige. "Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is, God bly in hom en hy in God." (1 Johannes 4:13-17). Die Heilige Gees is Krag. Hy is die Krag van God in die lewe van elke gelowige.

Die doping in die Heilige Gees is die werking van die Heilige Gees in die gelowige se hart soos op die dag van Pinkster, m.a.w. bekragtiging tot diens.

N�ens in die Woord van God is daar 'n bevel dat Hy Sy magtige se�ing op Pinksterdag be�ndig het nie, maar die belofte lees steeds: "Want die belofte kom julle toe en jul kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep." (Handelinge 2:39)

Voor die dag van Pinkster het die dissipels uit vrees vir die owerhede gevlug. Na Pinkster het hulle die troon van die Romeinse Ryk geskud. (Handelinge 17:6).

Maar hulle het hierdie se� nie vir hulself gehou nie. Hulle het uitgegaan en gespreek en duisende het hulle bekeer. Hulle het geleef en gesterf tot verheerliking van die Evangelie en het die hele wêreld geskud.

God verlang manne en vroue vandag wat gevul is met die Heilige Gees om soortgelyke werke te doen.

 

DOPING EN VOLHEID VAN DIE HEILIGE GEES

 

By die bekering is elke gelowige onmiddellik 'n kandidaat vir die Gawe van die Heilige Gees en elke gelowige benodig die volheid van die Heilige Gees om die werk van Jesus Christus te doen. "Nie deur krag of deur geweld nie nie met bomme, missiele en oorlogvoering nie maar deur My Gees." (Sagaria 4:6).

 

2. Die Gawe van die Heilige Gees word gegee deur God se geregtigheid en nie terwille van 'n gelowige se geregtigheid of bekwaamheid nie. Dit is 'n "gawe" en nie 'n "kenteken van meriete" nie.

Sou gelowiges God nader vir hierdie Gawe op grond van hulle eie geregtigheid of heiligheid, dan opponeer hulle gewetens hulle geloof en hulle gewetens s� "Ek is nie goed genoeg nie."

 

3. Die werk van "die prediking van die Gees deur die geloof" (Galasi�s 3:5) word skynbaar nie aan elke prediker gegee nie. Filippus het na Samaria gegaan en Jesus Christus en die Koninkryk van God verkondig. Groot getalle is gered en genees maar niemand het die Gawe van die Heilige Gees ontvang nie. (Handelinge 8:5-12)

 

4. Petrus en Johannes het daarheen gegaan en vir hulle gebid. Toe hulle hande op hulle gel�het, het die Heilige Gees op hulle gekom. Maar hierdie bediening is nie beperk tot predikers nie. Kyk na Ananias. (Handelinge 9:10-17)

 

5. Hierdie hele bediening berus op 'n helder en ferm oortuiging dat God die Heilige Gees aan gelowiges gee uit genade as 'n "gawe" en nie aan 'n paar uitverkorenes wat moontlik as "waardig" beskou word nie.

 

6. "Geloof wat ontvang" is altyd aktief. Dit wag nooit nie, maar is beslis en neem in besit. Om te wag en om God te smeek vir die "gawe" is 'n teken van ongeloof. Ons is erfgename. Ons het die gawes ge�f. Erfgoed word n mens se eiendom deur dit op te eis.

 

7. Na Pinkster is niemand onderrig om te wag of te smeek vir die Heilige Gees nie. Hulle is geleer "om die Heilige Gees te ontvang deur die woord van geloof en ook deur handoplegging". (Handelinge 8:14-17; 9:17; 10:44-48; 19:6 en Galasi�s 3:2-5)

 

8. Die Apostels het die spreek in ander tale as 'n teken van die ontvangs van die Heilige Gees ervaar en aanvaar. Wanneer u die Heilige Gees ontvang, ontvang u saam daarmee n Hemelse taal spreek dit net!

 

9. Jesus s� "As iemand dors het (dit is begeer) laat hom kom (glo en vra) en drink (dit is aktiewe geloof) van die lewende water (die Heilige Gees)". (Johannes 7:37).

Die grootste herlewing in die geskiedenis, wag op ons en as u gereed en voorbereid is, sal die Here ons gebruik om die duisende soekende siele na God en verlossing te bring. Ons sal vele vyande verslaan, vestings neerwerp.

 

DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES

 

Die bediening en gawes van die Heilige Gees wat die Christene verwaarloos en meesal verloor het, is die Here Jesus nou besig om te herstel. Hy is besig om Sy wysheid en Sy mag en Sy gesag oor Sy eiendom te herstel.

Ons, elke Geesvervulde gelowige, het een of meer gawes en bedieninge. Alle gelowiges word geroep om Hom te dien en het die vermo�gekry om die werk te doen. Niemand is uitgesluit nie. Of u dit weet of nie u is toegerus deur die Heilige Gees om sekere pligte te vervul.

Ons is geroep, uitverkies en bonatuurlike mag en gesag gegee om daardie gawes en bedieninge te gebruik. Met Sy wysheid en Sy sterkte kan u groot dinge doen.

Ons kan die "groter dinge" doen soos die Here Jesus belowe het. Christus het met groter meer, bedoel. Ja, ons sal meer dinge doen as wat Hy gedoen het. Is dit nie wonderlik nie. Elke gawe is 'n teken dat die Here deur 'n mens, met behulp van sy medewerking, werk. Onthou, ons is tot alles in staat deur Christus wat ons die krag daartoe gee!

Daar is nege bonatuurlike gawes van die Gees, wat die Here aan die mens gee en wat Hy uitdeel soos Hy wil (1 Korinthi�s 12).

Hulle kan in drie groepe verdeel word:

Drie gawes van openbaring ('n woord van wysheid, 'n woord van kennis en onderskeiding van die geeste (1 Korinthi�s 12: 8-10).

Drie gawes van Krag (die gawe van geloof, die gawes van genesing en die werkinge van wonders, verse 9-10)

Drie gawes van ge�spireerde uitinge (verskeidenheid van tale, die uitleg van tale en die gawe van profesie, vers 10).

Hierdie is verskillende gawes, maar dit is dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Hy gee gewoonlik een of meer aan elkeen wat met die Gees vervul is (Romeine 12: 6-8), met ander woorde een of meer gawes kom in die Geesvervulde gelowige se lewe tot openbaring.

Hoe weet mens dat jy byvoorbeeld die gawe van gesondmaking het? Maklik. Begin net vir siekes bid. Elkeen van ons het gawes ge�f. Die Here sal die gawes wat ons het bevestig.

Hierdie nege gawes word gegee om eer en heerlikheid aan die Gewer te bring, en om in die behoeftes van die mens te voorsien. Hulle word gegee as tekens en wonders om die gelowiges en ongelowiges te oortuig dat die Here in hul midde werk.

Ons Here Jesus werk dus saam met en deur mense. As Hy Sy gawes aan Sy medewerkers toebedeel, dan gee Hy hulle mag en gesag om die tekens en wonderwerke te doen om sodoende die sondige wêreld te bemoedig en te oortuig.

As die Geesvervulde gelowige een of meer van hierdie gawes van die Gees openbaar, dan openbaar hulle bonatuurlike kennis of bonatuurlike uitinge. Hulle WEET dinge wat die natuurlike mens nie weet nie; hulle DOEN dinge wat die natuurlike mens nie kan doen nie; hulle S�dinge wat die natuurlike mens nie kan s�nie. Die onderskeid l tussen die vleeslike en die geestelike vlak.

Elke gawe is Jesus Christus in aksie en is 'n manifestasie van Sy mag en wysheid. Die werkinge van die gawes voorsien in die mens se behoeftes. Dit dien tot die mens se saligheid, doping, genesing en verlossing van die bose. Dit is die pad van heiligmaking. Dit bou jou geestelik en jy stap n pad na God se hart waaroor Hy s�dat Hy Sy verborgenhede aan diesulkes sal openbaar.

Hierdie groot en magtige gawes is die wapens waarmee die Vader Sy soldate toerus. As ons in Sy we�wandel en onsself aan die Heilige Gees oorgee om die gawes te manifesteer is daar geen rede om bose magte, demone, te vrees nie. Die hoofdoel van die gawes is om die werke van Satan af te breek en om die koninkryk van God uit te brei.

Ons het deurentyd hierdie twee magte en kragte wat teenoor mekaar staan. Die Satan met sy gevalle engele en demoniese magte sal tot aan die einde van dae voortgaan soos n brullende leeu om te verslind wie hy ook al kan.

Om aan God se kant te staan, beteken om die volle wapenrusting aan te trek.

Vir diegene wat die gawes openbaar, word die bonatuurlike "natuurlik". Die onmoontlike word "moontlik". Ons verwag die onverwagte. Ons s�en doen dinge soos die Here Jesus sou s�en doen.

Wat ons die werkinge van die gawes noem, is in werklikheid die manifestasie van die Here Jesus self, wat in ons woon en deur ons werk. Daarom is genesings en wonders vandag moontlik, daarom is dit noodsaaklik om die wêreld te oortuig dat Jesus lewe!

Die Here beveel ons: "Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit." (Mattheus 10:8).

DIE HEILIGE GEES AS GODDELIKE PERSOON

 

Skriftuurplase oor die Gees as 'n Goddelike Persoon:

 

Johannes 16: 1-5 So is Hy openbaar deur Christus

Handelinge 5: 1-11 So is Hy erken deur die Apostels

1 Korinthi�s 12: 4-11 So word Hy gesien in die mededeling van die gawes

Mattheus 28:19 Gelyk aan die Vader en die Seun in die doop-bediening

2 Korinthi�s 13:14 Gelyk aan die Vader en die Seun in die se�

Johannes 16: 8-11 Hy oortuig

Johannes 3:5 Hy verkwik die siel

2 Thes. 2:13 Hy maak heilig

Hebre�s 3:7 Hy roep

1 Johannes 2:20 Hy salf

Jud. 20 Hy help in gebed

Romeine 8:26 Hy help in ons swakhede

Handelinge 9:31 Hy troos

Johannes 16:13 Hy lei in alle waarheid

Johannes 16:14 Hy verheerlik Christus

Efesi�s 4:30 Bedroef die Gees nie

Handelinge 7:51 Weerstaan die Gees nie

1 Korinthi�s 12:11 Sy soewereiniteit

 

 

DIE HEILIGE GEES AS TROOSTER

 

Skriftuurplase oor die Gees as Trooster

 

Lukas 12: 1-12 Troos in tyd van beproewing

Handelinge 7: 54-60 Lei in die sterwensuur

Handelinge 13:44-52 Gee blydskap in diens

Romeine 5:5 Stort Goddelike Liefde uit

Romeine 8: 1-28 In die lewe en Gebed

Romeine 15: 5-25 Werksaam in die Christelike lewe

Johannes 14: 13-26 Belowe en verduidelik

Johannes 14:16-17 Belofte as 'n blywende Teenwoordigheid

Handelinge 9:31 Troos die Gemeente

Handelinge 11:24 Vul, gee geloof en vrugbaarheid

 

 

DIE HEILIGE GEES AS LEERMEESTER EN GIDS

 

Skriftuurplase oor die Gees as Leermeester en Gids

 

Jes. 11: 1-5 Soos in die lewe van Christus gesien

Johannes 14: 13-26 Karakter

1 Korinthi�s 2: 9-14 Die wat Hy beskerm

Lukas 2:25-32 Leiding na Christus toe

Lukas 4: 1-13 Lei na die plekke van toetsing

Eseg. 27: 1-14 Openbaar die geestelike nood

 

Skriftuurplase oor die Gees as leraar en Gids

 

Johannes 14:26 Hy lei

Johannes 16:13 Hy lei in die hele waarheid

Johannes 16:14 Hy openbaar dinge van Christus

Romeine 8:14 Leiding bewys van kindskap

Galasi�s 5:18 Leiding en geestelike vryheid

 

 

Waarom nog Bid?

 

 

Dr. F.J. Heugel s� Gebed is n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak. Roep My aan en ek sal jou bekendmaak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie. Jer. 33.3. Dit is nie dat gebed as sodanig magtig is nie, maar God is as ons maar net regtig wil bid. Die Lewende God, vir wie niks onmoontlik is nie omdat Hy Almagtig is kan die geskiedenis verander, die lewe van n volk omskep en oorlo�halt roep alles in antwoord op gebed! Ons toekoms is in ons hande!

As God Almagtig is en enigiets kan doen volgens Sy wil, het Hy dan nog enigiets nodig van enige van Sy skepsel?

Hy wat die heelal geskep het deur enkele woorde te spreek, en steeds alles in stand hou sonder dat Hy die mens benodig, waarom sou Hy ons nou nodig h�vir enigiets wat Hy teweeg wil bring?

As Hy ons nie nodig gehad het om die heelal te skep nie, waarom het Hy gebed ingestel? Wanneer het Hy dan van ons afhanklik geword? Waarom kan Hy niks doen in die sfeer van menslike verlossing, behalwe deur menslike samewerking en dit deur gebed en geloof nie?

Hoe het God Homself dan so in n hoek toegeverf? As God in totaliteit selfgenoegsaam is wanneer Hy deur bloot n woord te spreek enige moontlike en onmoontlike ding tot stand kan laat kom waarom gaan Hy dan nie voort, sonder die hulp van enigiemand se intelligensie of wil, en tree arbitr� op en spreek net die woord nie?

Is God dan hulpeloos sonder die mens. Die misterie van gebed as instelling word opgeklaar in Eseg. 22: 30-31.

In n tyd van nasionale geloofsversaking, het God ges� En Ek het onder hulle n man gesoek wat n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.

Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van My grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die HERE, HERE.

Hier sien mens duidelik dat God na rede soek om n verdiende loon uit te oefen. Hyself verlang daarna om die volk te spaar, maar vreemd genoeg is Hy magteloos sonder menslike ingryping, sonder n bemiddelaar.

As niemand in die bres wil tree nie, kan Hy nie Sy oordele, Sy toorn, terughou nie.

Maar waarom moet Hy van ons gebed afhanklik wees om die volk te verdedig teen Sy eie toorn? God is tog Almagtig en verhewe, soewerein in die heelal?

Hy is tog die uiteindelik Regter, die Jurie, die Uitvoerende Mag, die Een wat gesag toepas. Of is Hy dalk nie?

As Hy verlang om nie sy volk te oordeel nie, as Hy graag genade wil betoon, hoekom gebruik Hy nie Sy Almag en soewereiniteit nie, ten spyte selfs van wat ons mag bid of nie bid nie?

Anders gestel: God se Wil is soewerein in alle dinge. As Hy wil dat siele gered word, dat herlewing moet uitbreek, dat Sy afgedwaalde volk na Hom moet terugkeer, hoekom gaan Hy nie net arbitr� oor ons koppe en voer Sy Wil uit nie?

Waarom het Hy n stelsel daar geplaas wat hom afhanklik maak van ons? Is dit nie n verstommende misterie nie?

God pleit by ons om te bid. Hy wil niks doen in die sfeer van menslike verlossing, sonder ons gebed en intersessie nie.

Hy pleit nie net dat ons tussenbeide moet tree met gebed nie, Hy dring daarop aan, soebat ons eintlik.

In Matt. 7:7 dring Hy daarop aan dat ons moet klop en nogmaals klop, en voeg dan by: Vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.

Dan verduidelik hy self: Die man en sy vrou en kinders slaap reeds, die deure is gegrendel toe die vriend opdaag en aanklop en vra vir drie brode.

Maar die man wil nie opstaan en sy vriend help nie. Dan s�Jesus: Alhoewel hy nie sal opstaan en help omdat dit sy vriend is wat aanklop nie, staan hy uiteindelik tog op en help vanwe�die vriend se aanhoudende irreterende geklop.

Met ander woorde, as mens ophou klop, word daar nie oopgemaak nie. Soms moet mens nogal lank klop, maar die belofte staan vas: As jy aanhou klop dan sal daar vir jou oopgemaak word!

En verder: As jy aanhou soek, sal jy beslis vind.

Dit is duidelik dat God niks doen, en niks gebeur, as ons nie bid nie.

God is die God van die oes, nogtans dring Hy in Matt. 9:38 daarop aan dat ons moet bid dat Hy arbeiders in die veld moet stuur.

Die oes is syne en die arbeiders is tog syne. Hoekom sou Hy hulpeloos toekyk terwyl Hy wag dat ons bid dat Hy arbeiders in die oes moet instuur? Hoekom stuur hy arbeiders alleen uit in antwoord op ons gebed?

Die fundamentele belangrikheid van hierdie instelling van gebed in God se Raadsplan, word verder beklemtoon daardeur dat God homself onomwonde verbind om te antwoord!

God se belofte om te antwoord is byna soos n blanko tjek wat reeds Sy handtekening dra. Dis n verbysterende gedagte, maar n werklikheid. Dis of God Sy septer aan ons oorhandig het en by ons pleit om dit te gebruik.

Die volgende voorbeelde ruim alle twyfel uit die weg:

 

        En wat julle ook al in My naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in My naam vra, sal Ek dit doen. Joh. 14: 13-14.

        As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil h� en julle sal dit verkry. Joh. 15:7.

        En in daardie dag (n�die Hemelvaart) sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar, Ek s�vir julle, alles wat julle die Vader sal vra IN MY NAAM, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid, en julle sal ontvang (hoekom?) sodat julle blydskap volkome kan wees! Joh. 16:23-24.

 

Daar is geen voorwaardes wat God bind of verhoed om die gebed van n getroue kind van Hom te beantwoord nie. God self hoef aan geen voorwaardes te voldoen nie.

Die voorwaarde: As julle in My bly en My woorde in julle, is moontlik en binne bereik van elke wedergeborene wat dit erns met God bedoel.

As dit nie moontlik was om hierdie voorwaarde na te kom nie, dan sou dit sekerlik n risiko aan die kant van God wees om sulke verreikende beloftes te maak en so iets is tog onmoontlik, God sal nie n fout maak nie.

As God dus nie kan fouteer nie, dat is die totale verantwoordelikheid vir gebedloosheid of oneffektiewe gebed, ons sin.

Van God se kant af is dit dus n eervolle optrede. Van God se kant af is dit n waterdigte aangeleentheid. Sy deel is reeds gedoen. Sy belofte is om altyd te antwoord ingevolge Sy Wil. Daar is dus ook geen fynskrif nie.

Die getroue kind van God sal nooit iets vra buite die Vader se Wil nie.

God wou in n stadium iemand h�om in die bres te staan vir die volk. Dit is dus Sy Wil dat ons tot Hom bid om herlewing en restourasie van die volk.

As ons sekere middele daarvoor benodig, dan sal Hy dit ook gee. Dieselfde geld in die geval van siele inwin vir Sy Koninkryk.

Ook geld dit ons blydskap want dit is Sy Wil dat ons blydskap volkome sal wees!

God se aanbod aan ons is n bona fide aanbod, n aanbod ter goeder trou. Dit is n uitnodiging aan die wedergeborenes om in volle vennootskap saam met Hom te lewe. Nie dat ons namens Hom besluite sou neem nie, maar meer in die sin van medewerker.

Die verantwoordelikheid en die uitvoer van God se raadsbesluite, plaas Hy op die skouers van Sy Kerk.

En Ek s�ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee; en wat jy (My gemeente) ook op die aarde mag bind, sal in die Hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees. Matt. 16: 18-19.

Die belofte word aan die Kerk in die algemeen herhaal in Matt. 18:18: Voorwaar Ek s�vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees, en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees.

Kyk, ek gee aan julle mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Lukas 10:19.

Vrede vir julle! Sopos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou." Joh. 20:21.

Wat betref Joh. 20: 21-23 is dit duidelik dat ons as God se verteenwoordigers op aarde aangestel is. Soos wat die Vader Hom gestuur het, stuur Hy ons ook.

Hy sou ook nie die opdrag gegee het as Hy ons ook nie die krag voorsien het om die taak uit te voer nie.

Die vraag is: Waarom het God verkies om binne die raamwerk van gebed te opereer? Waarom het hy die volle verantwoordelikheid vir die uitvoer en administrasie van Sy Goddelike regering op aarde, op die skouers van die wedergeborenes geplaas?

Waarom sal Hy hom nie inmeng in aardse aangeleenthede nie, behalwe om op te tree in medewerking met Sy Kerk?

God het uit en uit van Sy magte aan Sy Kerk gedelegeer. Hoe anders kon dit moontlik word om die Evangelie na elke uithoek van die w�eld te neem?

Deel van die Opdrag is: En leer hulle. Hoe sou dit moontlik wees om die nuwe siele wat inkom in die Koninkryk te leer, as dit nie die plig van die wedergeborenes is nie?

God had iets oneindig groot in gedagte toe Hy die stelsel van gebed ingestel het. God se ewigheidsdoel met die heelal en Sy volk was om n Ewigheids-maat vir Christus op aarde te skep.

Hierdie feit is deel van die openbaarmaking van die misterie in die Boek Efesi�s wat die klimaks in Hoofstuk 5 bereik.

Hierdie hoofstuk verklaar die Goddelike openbarende parallel tussen God se menslike en Goddelike huweliksprogramme.

Strof�32 klaar die misterie op wanneer Paulus onomwonde verklaar dat die huweliksmaats in die huweliksprogram, Christus en die Bruid (ons die wedergeborenes) is.

Hoekom? Want die Bruid (die Kerk van Christus) in sy hoedanigheid as Bruid van Christus, as huweliksmaat, sal die hoogste amp in die heelal beklee, naas die Godheid self.

As Bruid van die Ewige Seun, sal sy saam met Hom universele soewereiniteit deel!

Weet julle nie dat die Heiliges die wêreld sal oordeel nie. Weet julle nie dat ons Engele sal oordeel nie? 1 Kor. 6: 2a-3a.

As ons verdra, sal ons saam met Hom regeer. 2 Tim. 2:12.

En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee. Openb. 2:26.

Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het. Openb. 3:21.

Toe sing hulle n nuwe lied en s� U is waardig om die boek te neem en sy se�s oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop, uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. Openb. 5: 9-10.

Omdat die wedergeborenes Christus se Geliefde en Bruid is, moet sy onderrig word, geleer word, en voorberei word vir haar Koninklike rol.

Deur Sy gesag aan die Bruid te delegeer om Sy administrasie en besluite op aarde uit te oefen moet die Bruid leef soos een wat gereed is om in die huwelik te tree.

Die Bruid moet toenemend in die binnekamer in gebed verkeer rakend God se Raadsbesluite en die uitoefening daarvan. Ons kan dit ook in-diens-opleiding noem.

Sy moet die kuns van geestelike oorlog aanleer en begryp, oor hoe om die onheilsmagte te verslaan in voorbereiding vir haar huwelik met die Lam van God en haar troon-bestyging.

Om haar in staat te stel om die tegniek van oorwinning aan te leer, het God die stelsel van gebed ingestel.

Let op hoe word haar sfeer van aksie beklemtoon: Wat jy ook al bind op die aarde sal in die Hemel gebonde wees, wat jy ook al ontbind op die aarde sal in die Hemel ontbonde wees.

En, As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van My Vader wat in die Hemel is. Matt: 18:19.

Hierdie delegering en verantwoordelikheid betreffende gesag en administrasie wat aardse aangeleenthede aanbetref, beslaan die hoogste eer, en verhoog die Bruid tot die hoogste rangorde onder alle lewende wesens.

Geen Engel of Aartsengel sal ooit hierdie ho�rangorde beklee nie, want nie Engele nie, maar alleen wedergeborenes is in die beeld van God geskape en kwalifiseer om die bruid te wees en die Bruidegom se troon te deel.

Hierdie raadsplan van God is nie as n losse gedagte agterna ingestel nie, maar kom nog voor die grondlegging van die aarde af, aldus Efes. 1: 4. Hy het die wedergeborenes uitverkies voor die grondlegging van die w�eld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.

Dit was God se oorspronklike doel met die skepping van die heelal. En Sy gebedsprogram is die metode om die Bruid voor te berei vir haar toekomstige rol as Koningin.

Dit is waarom God nooit oor die kop van Sy Kerk gaan nie. Hy sal nie dinge uit ons hande neem nie. Ons het n kardinale rol om te vervul.

Deur Haar rol hier op aarde te vervul, kan Sy haar volle status bereik as mede-regeerder van die heelal. God kan Haar nie verlos voordat Sy nie haar verantwoordelikheid aanvaar en n sukses van haar taak maak nie.

2 Petrus 3: 0 lees: Die HERE vertraag nie die belofte (van Sy Wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie h dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Hoe lank ons dus nog op hierdie aarde gaan wees voordat ons oor die konings en priesters van hierdie w�eld gaan regeer, hang alles van ons eie prestasie af.

Feit is, Hy kom nie voordat Sy Bruid nie sonder vlek of rimpel is nie. Efes. 5: 27.

God sal dus niks doen, anders as in antwoord op gebed nie. Die wedergeborenes moet in gebed en intersessie intree vir God se volk, vir herlewing, vir restourasie.

Die grootste wat enige wedergeborene vir God en vir die mens kan doen, is om te bid!

Natuurlik kan ons meer doen as net bid nadat ons gebid het, maar ons kan niks doen alvorens ons nie gebid het nie.

Deur gebed slaan ons die uitklophou. Deur dienswilligheid versamel ons die resultate. Hoe meer gebed daar is, hoe n beter plek sal die w�eld wees waarin ons woon, en hoe magtige sal ons teen die onheil staande kan bly.

Ons het en maak tyd vir alles, behalwe om te bid. Maar hopelik, nou dat ons almal besef wie ons werklik is en watter belangrike rol ons op aarde moet vervul en watter groter rol ons in die Hiernamaals gaan vervul, hopelik sal ons nou tyd maak om met God te versoen en ons voor te berei vir die komende Huwelik.

Van nou af aan, laat die volgende strof�ons slagspreuk of ons wagwoord wees: Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God! 1 Kor. 10: 31.

 

En wat leer Die Bybel, hoe bid ek om seker te maak dat my gebede beantwoord word?

 

Baie mense bid nie meer nie. Hulle s�dit help nie want hulle gebede word tog nie beantwoord nie.

Wat ons hier gaan doen is nie om te kyk wat ons nie moet doen nie, maar wat ons wel moet doen, om seker te maak dat ons antwoorde op ons gebede kry.

Ten eerste moet ons besluit presies wat ons van die Vader verlang. Hoekom?

Want Jak. 3:6-8 s� Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel: want hy wat twyfel, is soos n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word want di�mens, moenie dink dat hy iets van die Vader sal ontvang nie. Met ander woorde, so iemand sal niks van die Here ontvang nie.

Jakobus s�verder dat so iemand dubbelhartig is en boonop onbestendig is al sy we�

Dis soos iemand wat n trollie op en af in n hipermark stoot en nie kan besluit wat om te koop nie, net omdat hy of sy nie vooraf besluit het wat hulle nodig het nie.

As twyfel u probleem is, bely dit en weier om te twyfel.

Ons moet aanvaar dat daar twee magte op die aarde aanwesig is: God se mag en die satan se mag. Die twee staan teenoor mekaar. Twyfel kan nooit van die Hemel af kom nie.

Die amptelike opdrag is in Jak. 4:7: Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug!

Om te twyfel is dus sonde.

Ten tweede moet ons die Vader vra vir dit wat ons nodig het. Onthou, Hy voorsien dit wat ons nodig het, en nie dit wat ons wil h�nie!

Matt. 7:7-8 lees: Bid, en vir julle sal gegee word: soek en julle sal vind: klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want, elkeen wat bid, ontvang: en hy wat soek, sal vind, en vir hom wat klop sal oopgemaak word.

En verder (Matt. 6:8) julle Vader weet wat julle nodig het nog voordat julle vra.

Hoeveel mense het nie al hierdie strof�aangehaal en ges�maar hulle hoef nie te bid nie want die Vader weet reeds wat hulle nodig het.

Maar, waarom moet ons dan nogtans vra?

Dis eenvoudig. Wanneer u agterkom dat u kind se skoene vervang moet word en u vervang dit voordat hyself agtergekom het dit is flenters, dan het daardie kind geen waardering vir die nuwe skoene nie.

Kom die kind egter self agter dat sy skoene vervang moet word en hy vra mooi dat sy ouers vir hom nuwes moet koop, dan sal hy net waardering openbaar nie, maar hy sal die skoene ook oppas.

Ten derde moet ons glo dat ons wel ontvang.

Want voorwaar, ek s�vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg (probleem) s� hef jou op en werp jou in die see en nie in sy hart twyfel nie, maar glo wat hy s�sal gebeur hy sal verkry net wat hy s�

Daarom s�Ek vir julle: alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang glo dat julle dit reeds ontvang het), en julle sal dit verkry. Mark. 11:23-24.

Vierdens moet ons Skriftuurplase lees wat beloftes vir ons gebed bevestig. Fil. 4: 8.

Asook Jos. 1: 8; Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie, maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan: want dan sal jy in jou we voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Die opdrag is dat ons die Woord van Here deeglik sal ken, sodat ons nougeset kan wandel natuurlik ook wat betref wat rondom ons aangaan sodat ons presies kan weet waarvoor om te bid of in die bres voor te staan.

Christus het nooit n wapen saam met Hom rondgedra nie. Hy het deurentyd die Woord as swaard gebruik, bv toe die duiwel Hom drie keer versoek het.

Die volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis. Kyk net wat leer mens nie al net uit hierdie geskrif nie.

Joh. 15:7 lees: As julle in My bly en My woorde (kennis) in julle, sal julle vra net wat julle wil h� en julle sal dit verkry.

Ons het geen verskoning daarvoor as ons nie die Woord ken nie.

Vyfdens moet ons aan God lofprysinge gee. Fil. 4: 6 lees: Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes (oor die dinge wat julle werklik benodig) in alles deur gebed en versoeke (nie smeking) met danksegging by God bekend word.

Ps. 149 s�lofprysinge is soos n tweesnydende swaar: Aan die een kant maak ons God se naam groot, terwyl ons aan die anderkant wraak uitoefen oor die heidene, strafgerigte onder die volke; om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie, om n vonnis wat (reeds) opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. n Eer is dit vir al Sy gunsgenote. Hallelujah!

Sesdens bid ons altyd in die naam van Jesus Christus. Joh. 16: 23 lees En in daardie dag sal julle my niks vra nie. Voorwaar, voorwaar, ek s�vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in My naam, sal Hy julle gee

Inderdaad wys die Skrif ons daarop dat ons niks kan ontvang as ons verkeerd sou bid nie.

Julle bid en julle ontvang nie omdat julle verkeerd bid, s�Jak. 4:3

Inderdaad is dit so dat die Here s� nog voordat ons vra dan weet Hy reeds wat ons gaan vra. Nou redeneer sommige: maar as Hy dan weet nog voordat ek vra, hoekom is dit nodig dat ek hoegenaamd vra?

Wanneer ouers sien dat hul kind se skoene al nerfaf is weet hulle dit is tyd vir nuwe skoene. Maar as hulle kundig is, dan sal hulle wag totdat die kind self besef hy het nuwe skoene nodig.

Wanneer hy dus om nuwe skoene vra, het sy ouers lankal geweet wat hy gaan vra. Maar, omdat die kind nou self besef het hy moet nuwe skoene kry en daarom vra, nou sal hy ook waardering vir sy nuwe skoene h�

Die Bybel leer ons n paar pragtige kleinnode oor gebed. Dit is soos volg:

 

Vergewe as jy iets teen iemand het.

 

Gaan lees weer die bekende gebed Die Onse Vader. Let op na die woorde: Vergewe ons, ons skulde, soos wat ons, ons skuldenaars vergewe. Lees ook die paar strof� direk na die Onse Vader en let op hoe die klem laat val word juis op die feit dat as ons nie vergewe nie, dan kan die Vader ons nie vergewe nie en alle gebede wat ons bid is absolute tydmors en frustrasie.

Matt. 6:14: want as julle die mense hul oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hul oortredinge nie vergewe nie, sal julle Hemelse Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Markus 11:25-26: En wanneer julle staan en bid vergeef as julle iets teen iemand het (hoekom?) sodat julle Vader wat in die Hemele is, ook julle oortredinge kan vergewe.

Maar, as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die Hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

Ook Jakobus versoek in Hoofstuk 5:16: Bely mekaar julle misdade (hoekom?) sodat julle gesond kan word. En dan voeg hy by: Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.

Let net op: Bely mekaar julle misdade. Lees dit liewer soos volg: Bely mekaar julle misdade wat julle teenoor mekaar gepleeg het. Ons gaan vertel dit dus nie aan ander nie, maar bely dit teenoor die broer of die suster teen wie ons gesondig het, en ook teenoor die Here.

 

Besluit wat jy van die Here wil h�

 

Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel: want hy wat twyfel, is soos n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesleep word Want di�mens, moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie so n dubbelhartige man is onbestendig in al sy we� Jak. 1:6-8.

Dis soos iemand wat gereeld iets doen en eintlik niks doen nie.

Wat is die les hierin? Eenvoudig. Weier om te twyfel!

Twyfel kom nie van die Heilige Gees af nie. Twyfel kom van die vertwyfelaar, die satan self. As hy jou gebede kan verhinder, slaag hy daarin dat jy onsuksesvol in alles is en dus geen skade aan sy koninkryk kan aanrig nie.

Weier om te twyfel so lees die opdrag in Jak. 4:7: Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Ja, verdryf hom in die naam van Jesus Christus! Onthou, alle mag oor die vyand is aan jou gegee deur Jesus self!

 

Vra vir dit wat u van God nodig het.

 

Matt. 7:7-8: Bid, en vir julle sal gegee word: soek, en julle sal vind: klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want, elkeen wat bid, ontvang: en hy wat soek, sal vind, en vir hom wat klop sal oopgemaak word.

En in Matt. 6-8 is geskrywe: julle Vader weet wat julle nodig het nog voordat julle vra.

Sommige s� ja, maar hoe weet ek of dit God se wil is wat ek vra? Wel, hier is dit duidelik dat dit Sy wil is dat ons mag vra wat ons nodig het.

 

Glo dat u wel ontvang.

 

Want, voorwaar, ek s vir julle, dat elkeen wat vir hierdie berg s� hef jou op en werp jou in die see en wie nie in sy hart twyfel nie, maar glo wat hy s�sal gebeur hy sal verkry net wat hy s� Daarom s�Ek vir julle: alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. Markus 11:23-24.

Basies staan hier geskrywe: glo dat julle dit reeds ontvang het!

Dit s�nie wanneer mens dit gaan verkry nie. Wanneer vir n sieke gebid word, dan praat ons van n Goddelike wonderwerk as die genesing onmiddellik plaasgevind het, en van Goddelike genesing wanneer die genesing oor n tydperk plaasvind.

Maar as daar nie getwyfel word nie, gaan dit gebeur, een of die ander tyd, maar dit gaan beslis gebeur.

 

Sy beloftes bevestig gebed

 

Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie, maar bepeins dit dan en nag (hoekom?) sodat jy nougeset kan wandel volgens alles wat daarin geskrywe staan (hoekom?) want dan sal jy in jou we�voorspoedig wees, en dan sal u met goeie gevolg handel. Jos. 1:8 en Fil. 4:8.

Die opdrag is dat jy die Woord van die Here deeglik sal ken, sodat jy nougeset kan wandel.

Jesus het nooit n wapen met Hom saamgedra nie. Hy het deurentyd die Woord as tweesnydende swaard gebruik.

Die volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis. Luister net na Christene se tafelgebede: Here, maak ons opreg dankbaar vir wat ons nou gaan geniet, amen.

Die mense wat nou gaan eet is nie dankbaar nie, nou word gevra hulle moet opreg dankbaar gemaak word. Waar in die Bybel staan dat mens moet bid om opreg dankbaar gemaak te word deur die Here?.

Die man is die ho�priester in sy huis. Hy moet die kos se� voordat dit ge�t mag word. In baie van ons huise bid die man vir een of ander rede nie en moet sy vrou telkens die kos se�. Het ons manne so swak geword.

Ander bid weer dat jy geen woord kan uitmaak wat hulle bid nie.

Die een wat gebid het die Here moet hulle opreg dankbaar maak, is nie net ni�opreg dankbaar nie, maar hy het amen ges�sonder om die kos te se�!

En het jy al die volgende gehoor: Here, se� die voedsel aan ons liggame om u naams ontwil, amen.

As die bidder dalk twyfel in sy eie se� het, dan kan dit dalk verskoon word dat hy vra dat die Here die kos moet se�, Maar hoekom nou om Sy naams ontwil.

Die Engels slaan die spyker bietjie dieper in: For Jesus sake, amen.

You are not praying for His sake, you are praying for your sake.

Die gebed moes gewees het: Vader, baie dankie vir die vooreeg om voedsel aan tafel te mag h� Ek se� hierdie voedsel in die naam van Jesus Christus, amen.

Ons keer terug na die kwessie van bevestigende Skrif: Joh. 15:7 As julle in My bly en my Woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil h� en julle sal dit verkry.

Jy hoef nie te leer waar die tekste staan nie. Die geheim is om die Woord te bestudeer, daaroor te mediteer en dit deel van jou karakter en persoonlikheid te maak.

Paulus s� word vernuwe in julle gemoed. Ja, n mens se hele gemoedstoestand moet vernuwe. Dan lewe mens nie onder die omstandighede nie, maar bo die omstandighede.

Gee aan God lofprysinge.

 

Fil. 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes (oor dinge wat julle werklikwaar nodig het) in alles deur gebed en versoeke (nie smeking) met danksegging by God bekend word..

Wees oor niks besorg nie byna die kortste preek met die langste boodskap. Ons bid nie oor en oor vir dieselfde ding nie. Dis n teken van ongeloof. Ons bid mos en dan dra ons die sorge van die probleme oral saam met ons.

Die volgende is relevant: Die seuntjie vra die oggend vir sy ma vir n stokkielekker. Sy ma s�daar is nie meer nie, maar wanneer hulle vanmiddag winkel toe gaan, dan sal sy vir hom n stokkielekker koop.

Nou kan een van twee dinge hierna gebeur: Die seuntjie pes sy ma heeldag oor wanneer gaan hulle winkel toe as n teken van ongeloof en/of ongeduld, of, hy glo sy ma, hy berus en hy verbly hom heeldag daarin dat sy ma vir hom n stokkielekker gaan koop. Hy vertel selfs opgewonde vir sy maatjies daarvan.

 

Bid altyd in die naam van Jesus.

 

Joh. 16:23 En in daardie dag (wanneer Jesus nie meer op die aarde is nie) sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar, Ek s�vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in My naam, sal Hy julle gee.

Nie om Jesus ontwil nie, maar in Sy naam.

Strof�24: Tot nou toe het julle niks IN My naam gevra nie. Bid (hoekom?) sodat julle blydskap volkome kan wees!

Wat s�dit? Dat dit God se wil is dat Sy kinders se blydskap volkome moet wees. Is dit nie wonderlik nie. Ek kyk na ons volk vandag. Ons blydskap is beslis nie volkome nie, maar God s�Hy wil graag h�dat ons blydskap volkome moet wees. Is dit nie wat elke ouer vir sy kind begeer nie!

Toe Smith Wigglesworth een oggend soos gewoonlik by die ontbyttafel aansit, wou hy van sy vrou weet waarom die twee dogters nie aan tafel is nie.

Toe hy verneem dat hulle ongesteld is, het hy onmiddellik di�strof�in herinnering geroep en ges� ek kan nie my ontbyt geniet nie want my blydskap is vanoggend nie volkome nie.

Hy is dadelik met die trappe na bo waar hy eers vir die kinders gaan hande opl�en vir hulle gebid het. Hulle het daarna saam met hom die trappe afgekom en saam ontbyt kom nuttig.

Wigglesworth is geen uitsondering nie. Hy was n loodgieter wat tot bekering gekom het en die Woord begin verkondig het.

 

Wanneer ons saamstem in die gebed.

 

Matt. 18:18-20 Voorwaar, Ek s�vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees: en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die Hemel ontbind wees. Weer s�ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat julle mag vra, dit sal julle ten deel val van My Vader wat in die Hemele is.

En: Waar twee of drie in My naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Het jy al n samekoms bygewoon waar die prediker die aand nooit n woord kon s�nie omdat die Heilige Gees die hele byeenkoms twee en n halwe ure lank beheer het? Dit was n belewenis!

Nou ja, ons stem of saam oor n saak, of ons stem nie daaroor saam nie. Verdeeldheid bring geen antwoorde en geen oplossings nie. Selfs n huis (volk) wat in homself verdeeld is, kan nie bly staan nie. Matt: 12:25;

Nie eers jou motor kan ry as al die vonkproppe nie in plek is nie en nie vuur nie.

Die duiwel kan n mens se gebede dwarsboom. Bind hom in die naam van Jesus Christus en verjaag hom. Jy is in n geestelike oorlog gewikkel.

Die duiwel kan n gemeente se werksaamhede bind deur slegs een lidmaat wetende of onwetende aan bande te l�

Wanneer iemand nie saamstem oor n saak nie, bid ons ander pure verniet.

Net een persoon is nodig om n groep se gebed vir n saak te kanselleer.

As n groep vir n saak bid en twee weke later sou een van die bidders uit moedeloosheid s� aag wat, dit help nie om vir hierdie man te bid nie, kyk wat het hy weer aangevang!

Dan is twee weke se harde werk vernietig. Dan eers weer berou en regmaak en dan begin ons weer van vooraf.

Daardie bidder het moed verloor heelwaarskynlik net voordat die antwoord daar sou wees.

Wanneer mens dus ander wil vra om saam met jou in gebed oor n saak vas te staan, vra dan dat die Heilige Gees vir jou uitwys wie om te vra.

Die wonder is: As almal saamstem in die gebed oor n saak, dan s�Deut. 32:30 dat een mens kan n duisend van die vyand op die vlug laat slaan en twee mense twee duisend? Nee, dis nie hoe God se vermenigvuldende krag werk nie. Twee mense sal 10 000 op die vlug laat slaan!

Met hierdie vermenigvuldende krag van God, kan ons enige vyand voor ons uitdryf!

As net een persoon dus saam met jou oor n saak in gebed sou stem, dan kan u al 10 000 keer meer uitrig!

Verstaan jy nou waarom die Skrif s� Dra mekaar se laste, bid vir mekaar? Ja, ons is n familie! Ons lewe nie nou soos een nie. Ons grootjies het so gelewe. Ons sal vrede met mekaar moet maak, onsself bymekaar moet maak, weer liefde onder ons moet h�

Daar is groot onderskeid tussen gees en vlees. Ons kan ons brein so vol harde feite prop dat ons gees daaronder ly. Jesus s�self, n kind sal die Evangelie verstaan. Ons is vandag nie verbaas wanneer kinders op die ouderdom van ses jaar tot bekering kom nie.

Matt. 18 In daardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gevra: Wie is tog die grootste in die Koninkryk van die Hemele?

Toe roep Jesus n kindjie na Hom toe en laat die kind in hul midde staan en Hy s� Voorwaar ek s�vir julle, as julle nie verander en soos die kinders word nie, sal julle nooit in die Koninkryk van die Hemele ingaan nie.

Verstommend. Mens kan n doktorsgraad h�en dan s�Jesus: jy sal nooit die Koninkryk van die Hemele kan binnegaan nie, tensy jy verander en soos n kind word nie.

As kind bly mens veilig, want dan luister jy altyd na die Vader, na die Gees. n Kind glo ook alles wat sy pa vir hom s�

Strof�4: Elkeen wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die Koninkryk van die Hemele!

Verenigde gebed, het die tronkdeure vir Petrus en Silas geopen! En in Hand. 4:31 waar almal ook eendragtig in die gebed was, is die plek geskud toe almal met die Heilige Gees vervul is!

 

Maak staat op die Heilige Gees in jou gebedslewe.

 

Rom. 8:26-27: En net so kom ook die Gees ons swakhede tot hulp (hoe?) want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike versugtinge.

En, Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is (hoe?) omdat die Heilige Gees ooreenkomstig die Wil van God vir die heiliges intree.

Nou ja, nou weet ons waarom ons in n Hemelse taal (moet) bid. Dan het ons gees en die Heilige Gees intieme kontak, kontak waarby die bose nie kan inkom om dit te onderbreek nie.

Hoeveel kere het ons nie al vir n saak wou bid nie, maar nie geweet hoe om daaroor te bid nie. Dit is dan wanneer ons hierdie wonderlike gawe van n vreemde taal het waardeur die Gees intree en boonop intree ooreenkomstig die Wil van God!

Hierby kom iets baie interessants. 1 Kor. 14:13 lees: Hy wat in n taal bid, moet bid dat hy dit kan uitl�

Ja, wonderlik! As u graag wil weet wat u in die gees gebid het, vra die Here vir die uitleg en begin dit eenvoudig op Afrikaans herhaal. Dit is veral noodsaaklik in die gemeente sodat ander daardeur gestig kan word.

Dit wil blyk dat daar meer in die gees in afsondering gebid is want dit was nodig vir Paulus om te noem terwyl hy lering daaroor gegee het dat hy meer in tale bid as hulle almal. Hulle was dus nie bewus daarvan nie, want Paulus het in sy binnekamer in tale gebid.

Soms wil n vrou vir haar ongeredde of afgedwaalde man bid, of andersom, maar dis moeilik. Wat bid mens? En, wanneer jy bid dan voel dit so asof jy in sirkels bid.

Matt. 12:19: Hoe kan iemand in die huis van n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.

Wie is die sterk man in die ongeredde se lewe? Die satan natuurlik. Hoe beroof jy die ongeredde se tempelhuis van die magte van die satan? Jy bind hom natuurlik!

En, ons het vroe� gesien dat wat ons op die aarde bind is in die Hemel gebonde en wat ons op die aarde ontbind is in die Hemel ontbonde.

Dan bid mens so: Satan, jy is die sterk man in hierdie ongeredde/afgedwaalde se tempelhuis. Ek bind jou en jou magte in hierdie tempelhuis, ek vervloek en bestraf jou werke in die naam van Jesus Christus en ek gebied jou om hierdie man/vrou se lewe te verlaat en terug te keer na die dorre streke waar u hoort. En nou Heilige gees van God, nou dat ek hierdie tempelhuis gereinig het, vra ek U Heilige Gees om van hierdie man/vrou besit te neem en hom/haar in U Liefde te vestig.

Dit is nodig dat ons soos wagters op die mure oor ons siele waak, want Matt. 12: 43 lees: En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan dit deur waterlose plekke (dorre streke) en soek rus en vind dit nie.

Dan s�hy (die onreine gees): Ek sal teruggaan na die huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en hy vind dit leeg, uitgevee en versier, dan gaan hy en neem sewe ander erger as hyself met hom saam en hulle kom in en woon daar, en die laaste van die daardie mens, word erger as die eerste.

Nou verstaan mens ook waarom sommige gevalle van herstel hardnekkiger is as ander.

Soms is mense so gebind dat ander vir hulle moet bid, soms sonder om die spreekwoordelike slapende honde wakker te maak, maar ander kere is dit die persoon self wat moedswillig met die sonde voortploeter.

Spreuke 28:13: Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Mense wat nie ander vergewe nie en oortredinge bedek, kry nie net geen antwoord op hulle gebede nie, maar as hulle in daardie toestand by die Nagmaal aansit, dan drink hulle boonop n oordeel oor hulleself.

Nog n vraag wat opduik: Hoe weet ek wat die Wil van die Here is?

Dat siele gered word, dat siekes genees, dat mense met onrein geeste vry kom, dat mense voorspoedig moet wees, gese�d moet wees, is alles Sy Wil.

Wanneer mens oor ander sake nie weet of dit die Here se Wil is nie, dan bid mens in die gees want die Gees sal altyd binne die Wil van die Here bid.

 

GetuiesGetuies

 

Julle sal my getuies wees tot aan die uiterste van die aarde (Handelinge 1:8). En Christus s�as ons Hom voor die mense bely, dan bely Hy ons voor die Vader. Getuig, bely ons nie, kan ons geestelike lewe ook nie beweeg of groei nie en beroof ons onsself van ryke se�inge.

Om te getuig, is die voorreg van elke wedergebore gelowige, maar baie gelowiges word koud of onverskillig deur die koue ontvangs van hul getuienis.

Hierdie boodskap van verlossing is vir beide siel en liggaam bedoel en God wat ons verordineer het om getuies te wees, het belowe om Sy Woord aan ons te vervul en te bevestig. (Hebre�s 2:3-4).

"Hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid verontagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedelinge van die Heilige Gees volgens Sy wil?"

"Hy het vir hulle ges� Gaan die w�eld in en verkondig die Evangelie en maak siekes gesond." Daar is sommige wat vir God wil werk, maar wat vrees dat Hy nie Sy beloftes sal vervul nie. Ai!

Dit is net omdat jy nie in die geloof uitgestap het nie, omdat jy nie n vaste vertroue in die Woord van God het nie. Sy Woord is onfeilbaar. Hy het ges�ons is die instrument en die uitbou en onderhou van Sy Koninkryk word deur Sy krag en genade bewerk. Die onus is op Hom, nie op u nie. Al wat ons moet doen is om te gaan vertel.

Daar is diegene wat nie Christene wil word nie omdat hulle bang is om hulle by 'n verlore saak te voeg. Weens die sondes van sogenaamde Christene (iemand noem hulle papier Christene) wil sommiges nie graag bekend staan as kinders van God nie. Dit is egter geen verlore saak nie. Dit is die enigste saak wat die moeite werd is om by aan te sluit.

Toe Adam, ons voorvader, in die Tuin van Eden in sonde geval het deur te eet van die BOOM van kennis van GOED EN KWAAD, het hy die geestelike DOOD op homself gehaal.

Hierdie geestelike Dood het die mens sy vryheid laat verloor en hom, God se skepsel, onder die wrede heerskappy van satan en van sonde en siekte geplaas.

Daarom het die geestelike Dood ons natuur bederf. Die enigste manier om Geestelike lewe terug te kry en die mens te herstel in die Koninkryk van God, is om hom 'n nuwe natuur te gee.

Die mens het 'n nuwe geboorte nodig, die lewe van God, wat die Heilige Gees alleen kan gee.

Na sy val het die mens volhard om teen God te rebelleer en om valse gode te aanbid. Die resultaat was dat hy godsdienste gekry het wat hom skynbaar bevredig het, maar wat hom nie terug in die plan van God kon kry nie.

God het nogtans die gevalle mens lief genoeg gehad om voorsiening te maak vir sy terugkeer in Sy familie, daarom het Hy Sy Seun Jesus Christus gestuur.

Jesus Christus het in die arena van w�eld se godsdienste gestap as Uitdager. As die Seun van God het Hy hulle uitgedaag.

Die Hemelse uitdaging staan nog. Baie godsdienste, illusies en dwalinge, het die w�eld se belangstelling gewek, maar kon nooit werklik bevredig nie.

So lank as wat God se Woord vasstaan, sal daardie uitdaging bly staan. Ander godsdienste was reeds oud en verbygaande toe Jesus in die w�eld as 'n hulpelose babatjie gebore is.

`Selfs die godsdiens wat reiniging van sondes deur vuur voorgestaan het, dit is die aanbidding van die son, die vuurgod, kon die natuur aan die mens nie verander nie.

Die stemme van die stigters van vele anti-Christiese godsdienste is nog nooit weer van anderkant die graf gehoor nie. Hulle dood het 'n volslae einde aan hulle lewens gebring.

Die Seun van God, beklee met glorieryke Heiligheid, Goddelike geregtigheid, Hemelse reinheid, het in hierdie bose w�eld gekom en die Ewige Lewe, die opstanding uit die dode, gemeenskap met God, kom aankondig. Jesus Christus het ons waarlik vrygemaak van sonde en siekte. Halleluja!

Jesus Christus het nie in die w�eld gekom om apologie vir Sy bestaan aan te teken nie, of om 'n woonplek te vra nie; Hy het as die vervulling van die belofte gekom.

"Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt." (Genesis 3:15)

Die lewe van Jesus Christus word in elke gelowige gebore wanneer hy die wedergeboorte ontvang, deur die bloed wat op Golgota gestort was. Deur die wedergeboorte word hierdie mens nou 'n werktuig in die hand van God, 'n Getuie van God se Genade en Liefde.

"Soos Hy is, is ons ook in hierdie w�eld." (1 Johannes 4:17)

In ons dag is daar baie mense wat nie ware gelowiges is nie, maar slegs nominale Christene, papier Christene, wat die hele week hulle eie gang gaan, maar op Sondae probeer om die Tien Gebooie te gehoorsaam.

Hierdie mens probeer deur 'n uiterlike vorm van vroomheid God te dien, maar sy godsdiens is tevergeefs. Jesus Christus ontbreek in sy lewe.

Jesus Christus het nie gekom om goeie sedes te bewerkstellig nie, maar onsterflikheid aan die mens te skenk. Hy belowe: "Ek sal hom opwek op die laaste dag, Ek sal hom die Ewige Lewe gee. Die dode in Christus sal eerste opstaan."

Geen ander godsdiens behalwe die Christelike Godsdiens, belowe en verseker die Ewige Lewe nie. Wie kon ooit die ewige lewe belowe voordat Jesus Christus gekom het? Watter sterfling kon? Dit was net die Seun van God self, uit die Hemel, met die kennis van onsterflikheid en die Ewige Lewe wat kon waag om so 'n klimaks vir die mens voor te hou.

Want in Hom was LEWE, en die Lewe was die lig van die mense. Hy het ook ges� "Hy wat leef en in My glo, sal nooit sterf nie."

Vandag is Jesus Christus die mens se enigste hoop. Geen duiwelse mag op aarde kan die mag weerstaan wat Jesus Christus as 'n erfenis aan die weergeborene nagelaat het nie.

Baie Christene wil vandag die duiwel om verskoning vra omdat hulle Christene is. Ons het ons vertroue in God en ook in die Woord van God verloor!

Die saligheid bestaan dus daarin dat God die sondige mens tot 'n nuwe mens herskape, alleen maar daarin dat God die w�eld liefhet (Johannes 3:16).

God se hele verlossingsplan is reeds voor die grondlegging van die w�eld vasgestel. En aan elke verloste mens gee God deur Jesus Christus mag (gesag) om die duiwel te weerstaan.

Jesus Christus het die sonde-vraagstuk opgelos deur Homself as ons Bloed-offer op Golgota te offer.

Nou word jy as vrygekoopte geroep om te getuig aangaande di�heerlike feit, dat daar deur die gestorte Bloed vergifnis van sondes is, en dat deur Sy wonde daar genesing vir ons liggame gekom het.

Toe Jesus uit die graf opgestaan het, het hy in Sy opstandingskrag te voorskyn gekom. Hy wat bo alle owerheid en mag en krag is en wat alle dinge onder Sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee het. Hy gee aan jou hierdie mag, hierdie gesag, om die werke van die duiwel, die magte van die duisternis te verbreek.

Staan op in die Geloof! Gaan en verkondig die werke van God! Gebruik die mag wat jy ontvang het om die bose te verslaan! Hy sal dit bevestig waar die voorwaardes nagekom word. Die Here wil en sal Sy Woord bevestig.

Hy s�in Jesaja 50: 2-3: "Is My hand werklik te kort om te verlos of is daar in My geen krag om uit te red nie? Kyk, deur My dreiging maak Ek die see droog... Ek beklee die Hemel met swartheid."

Ons is dus geroep om getuies van die Evangelie te wees, waarin die mag van Jesus Christus en die Volle Raad van die Godheid uiteengesit word.

Neem die bonatuurlike, die geestelike, uit ons godsdiens en jy kry 'n godsdiens so dood soos die heidense godsdienste.

Neem die Evangelie van Jesus Christus uit hierdie w�eld en ons sal spoedig 'n volk van kannibale, seksuele kranksinniges en moordenaars wees.

Die mense veroordeel wonderwerke en genesings, en verwater so die Christen se getuienis: Hulle leef sogenaamd in 'n tyd waar wonderwerke ge�ndig het.

Prys die Here, ek ondervind meer en meer elke dag, die bevestiging van die Woord van God; die waarheid dat Hy Sy Woord gestuur het om te genees, om te red, om te verlos, word elke keer bevestig.

Die Here sal altyd 'n getuienis eer. Kyk na Henog. Hy het met God gewandel en is deur God weggeneem om by Hom te wees.

En daar is Elia wat 450 heidense priesters uitgedaag en oorwin het. En Dani� wat geweier het om voor mense te buig wat sy getuienis sou beskadig het. God het die bekke van die leeus gesluit sodat sy getuienis nog indrukwekkender kon wees. Drie man stap ongeskonde uit n vuuroond.

Alhoewel ons geroep is om die lydingsdoop te deurloop, mag ons nie die mens of n gesag gehoorsaam wat vereis dat ons God se insettinge moet oortree nie.

Op Golgota is daar voorsiening vir Goddelike genesing gemaak, vir redding, vir verlossing. Watter soort Evangelie sou ons sonder die Groot Geneesheer, Jesus Christus, gehad het? Ons getuienis behoort in die eerste plek so te wees dat Christus deur ons lewens te voorskyn kom, sodat die getuienis van ons wedergeboorte mense tot sonde oortuiging sal bring.

In die tweede plek moet ons nie bang wees om die beloftes van God in ons bediening, in ons daaglikse lewe, te gebruik nie. Die Bybel verklaar onomwonde dat ons deur die gestorte bloed van Christus, verlossing van sonde het en dat ons deur Sy wonde genees is.

Hy belowe ook dat as ons hande op die siekes l� hulle gesond sal word. Hy het dit belowe, nie ons nie. Hy s�Hy is n waarmaker van Sy Woord. Waarom sou ons dan twyfel.

In Jakobus 1:6-7 s�die Here dat iemand wat twyfel moenie dink dat iets, van die Here kan ontvang nie. Ja, nie eers iets nie.

Dus, weier om te twyfel. Twyfel is nie van die Hemel nie. Die duiwel saai twyfel. Verdryf hom van jou af in die kragtige naam van Jesus Christus, staan vas, en weier om te twyfel.

Toe Jesus Christus op Golgota gesterf het, het Hy elke sondaar verseker dat hy 'n geleentheid gebied word om 'n kind van God te word.

John Lake het die opstanding van Christus so beskryf: Een dag het Dawid op die berg gesit en sy skape opgepas, toe Sy gees hom weggevoer het na die ruimtes van God. Hy sien die toekomstige gebeure en roep uit: "U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke onder die mense geneem, ja ook wederstrewiges om daar te woon, o, Here God." (Psalms 68:19).

En toe met 'n triomfantelike geroep s�hy: "Hef op julle hoofde, o poorte, ja verhef julle ewige deure dat die Ere-Koning kan ingaan." (Psalms 24:7)

Toe Christus daardie handskoen in die arena gewerp het, het 'n oorlog tussen twee koninkryke ontstaan. Dit was 'n stryd tussen lig en duisternis in die Hemel en op die aarde. Jesus Christus het aan die hele w�eld getoon dat Hy waarlik die Oorwinnaar is.

Die mre van Sy opstanding het Hy as Held, Oorwinnaar oor Satan, dood en hel, sonde en siekte, opgestaan.

Daar is mense wat twis oor wie Christus sou doodgemaak het. Die waarheid is dat niemand Hom doodgemaak het nie. Golgotha is God se meesterstuk. Jesus Christus het self besluit op watter oomblik Hy sou sterf, Sy laaste asem sou uitblaas.

Die Hoofman oor Honderd wat in daardie stadium nog reg voor die kruis gestaan het, het homself boeglam geskrik toe hy sien wat gebeur dat hierdie man aan die kruis nie ure lank soos ander daar gaan hang en natuurlik gaan sterf nie. Nee, Hy besluit self watter oomblik Hy sy gees in die hand van die Vader sou oorgee.

Die Hoofman oor Honderd word ook die eerste mens na die kruisiging om openlik te bely: Waarlik, dit was die Seun van God!

Kind van God, jy het 'n getuienis. Satan sou jou graag daarvan wou beroof. Staan op, roep dit uit. Staan op, en laat jou lig skyn want die Lig het gekom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op! Want kyk die duisternis kom, maar die Here sal oor jou skyn en Sy heerlikheid sal oor jou gesien word.

Daar staan geskrywe dat terwille van Sy naam, ons vervolg sal word. Dit is n belofte, nie n waarskuwing nie. Jy het uit die koninkryk van die satan oorgestap na die Koninkryk van God. Jy het daardie oomblik n vyand van die satan en Sy Koninkryk geword. Hy besef ook dat as jy gaan begin getuig, jy verdere en groter skade aan sy koninkryk gaan doen.

Sy grootste verweer is om bindinge in jou gees te bring sodat jy nie kan getuig nie, sodat jou getuienis nie sy koninkryk verdere skade kan berokken nie.

Daarom het die lied Voorwaarts Christen-stryders, voorwaarts om te stry.. asook die lied Staan op, staan op vir Jesus, o helde van die Kruis! sulke geweldige impak. As dit ooit vir jou voel jy is iewers besig om n ronde te verloor, sing dan luidkeels hierdie liedere want inderdaad is ons in n stryd gewikkel, maar met die groot verskil, dat dit uit en uit n oorwinnaars-stryd is. Ons weet reeds dat ons gewen het. Ons is meer as oorwinnaars!

God het getuies dwarsdeur die eeue benodig. Daar is die bekende geval van Jona. God het hom beveel om in Ninevé die Evangelie te verkondig, maar hy het na die see gevlug. God het vir hom ges� "Maak jou klaar, gaan na die groot stad Ninevé en preek vir hulle want hul boosheid het voor My aangesig opgestyg."

In Sy groot liefde en genade wou God deur Sy getuie die stad waarsku, maar treurig om te s� Jona het weggevlug. Op die see het 'n sterk wind opgekom en die skip het water geskep. Die lot is toe gewerp om te bepaal wie vir die storm verantwoordelik was en die lot het op Jona geval.

Die bevelvoerder het bevel gegee dat die bemanning hom in die see moes gooi en 'n groot vis het Jona ingesluk. Jona het uit die ingewande van die vis tot sy God gebid: "Ek is weggestoot uit U o� tog sal ek weer U heilige tempel aanskou... toe my siel in my versmag het, het ek aan die Here gedink... Ek sal aan U offer met 'n stem van lof. Wat ek beloof het sal ek betaal. Die heil behoort aan die Here."

Daarna het die vis Jona op die strand uitgespuug. Toe het hy aan Ninevé se inwoners gaan s�dat die stad binne 40 dae verwoes sou word. Maar die koning en die inwoners het berou gehad en God het die stad gespaar.

Ja, hierdie ontsettende werklikheid kan in ons dag ook plaasvind. As ons soos Ninevé span style="mso-spacerun: yes"> se inwoners ook onsself verootmoedig en in gees en in waarheid na God terugkeer, dan kan die profesie�van ons tyd ook deur die Here omgekeer word.

Dan kan ons die satan en sy demone se uitdaging weerstaan, want ons is met die Heilige Gees gevul en het krag van omhoog ontvang.

Omdat Jesus in ons plek gesterf het, het God wettiglik gelas dat geen sonde of siekte ooit oor ons sal heers nie. Maar God benodig die getuienis van Sy volgelinge om andere van Sy groot program van liefde vir die mensdom te vertel.

Die groot waarheid oor die kwessie van getuig, word deur miljoene Christene reg oor die w�eld bevestig, en dit is: Hoe meer n mens getuig, hoe sterkter word mens geestelik.

Sal jy nou die uitdaging aanvaar? Sal jy uit 'n slawerny van sonde en siekte en van ongeloof en twyfel uitstap?

Sal jy die uitdaging aanvaar en in die arena in die Naam van Jesus Christus instap om die magte van die hel en die duiwel op vlug te jaag?

Sal jy as held, opstaan vir Jesus, vir volk en vaderland?

Glo, in die Naam van Jesus Christus dat jy 'n heerser oor die satan en sy demone is. Glo dat jy vry is omdat Christus jou vrygemaak het.

Verban die demone van onheil en watter bedreiging ook al in jou en jou volkslewe, in die lewe van jou gesin, van jou familie, ja, verban hierdie onheile uit die Liggaam van Jesus Christus.

Aanvaar die uitdaging en word soldaat in God se Weermag.

Hys die Bloedbevlekte Banier van die Oorwinnaar van Golgota, Jesus Christus!

Kom uit die duisternis in die lig in.

Trek die hele wapenrusting van God aan!

Mense het baie verskonings waarom hulle nie sogenaamd kan getuig nie. Die Skrif trek egter n finale streep deur alle verskonings.

Eseg. 3:18-19 lees: As Ek aan die Goddelose s� Jy sal sekerlik sterwe en jy (Christen gelowige) waarsku hom nie en spreek nie om die Goddelose vir sy Goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die Goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar, sy bloed sal Ek van jou hand eis!

Maar as jy die Goddelose waarsku, en hy hom nie van sy Goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy, jy het jou siel gered!

Getuig, getuig, getuig, waarsku die Goddelose en red jou eie siel! Wees soos Paulus wat in Romeine 1 vers 16 s� Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Daardie redding beteken vrymaking, veiligheid en genesing.

Paulus s� vir elkeen wat glo. Wat beteken dit in die praktyk? Eenvoudig die volgende: Petrus kom by die man by die poort en s�aan die verlamde staan op en loop. As die man nie probeer opstaan het nie sou hy nooit geloop het nie.

Die blinde man moes die speeksel-modder wat Jesus aan sy o gesmeer het op n sekere plek gaan was. Hy het dit gedoen en gesien.

As hy begin twyfel het en ges�het: nee wat, dis sommer twak. Waar het mens nou gehoor iemand smeer speeksel-modder aan jou o� Dan sou hy nie begin sien het nie. As hy sy o�op n ander plek gaan was en as die plek waarheen hy ges�was om te gaan (ongehoorsaamheid) dan sou hy ook nie gesien het nie.

Geloof vra dus gehoorsaamheid en handeling. Nadat Jesus die brode en die vissies aan die dissipels gegee het om uit te deel, het die dissipels tot by die voorste ry mense moes stap en dit begin uitdeel.

Veronderstel hulle sou net daar bly staan het en ges�het: Nou hoe op aarde kan ons vyf duisend man, hul vroue en hul kinders met die bietjie kos voed? Dan sou daar niks gebeur het nie.

Geloof vra daardie vaste vertroue, daardie gehoorsaamheid om te stap na die eerste ry mense en te begin uitdeel, en toe kom God se vermenigvuldende krag in werking en nie is almal gevoed nie, daar bly toe nog brokstukke ook oor.

Toe jy n nuwe motor gekoop het, het die verkoopsman aan jou n bossie sleutels van die motor oorhandig. Jy het nie gevra of dit wel die betrokke motor se sleutels was nie, jy het in die geloof die verkoopsman se woord aanvaar, soveel-so dat jy selfs die sleutel in die aansitter gedruk en gedraai het en vir geen oomblik gewonder het of die motor aan die gang sou kom nie.

Jy gaan sit elke Sondag op n stoel in die kerkdiens, sonder om eers die stoel deur te kyk of dit nie dalk sal meegee wanneer jy daarop gaan sit nie. So moet ons geloofslewe ook wees, n totale aanvaarding, n totale vertroue.

Die verhaal word vertel van die man wat vir n omstander gevra het of die omstander glo dat hy n kruiwa oor n kabel oor die Niagra-waterval kon stoot. Die omstander het ges�nee, sy glo nie hy sal dit kan doen nie.

Die man het die kruiwa toe tot by die oorkant oor die kabel gestoot en weer terug, waarna hy weer vra of die vrou glo hy kan dit doen. Sy het ja geantwoord.

Die man s�toe: Nou maar klim dan in die kruiwa dat ek dit weer doen, en sy wou nie. Die een oomblik het sy geglo en die volgende oomblik gewantrou.

Wanneer u dus getuig, getuig u van die onfeilbare Almagtige God. Plaas u volle vetroue in Hom. Hy is die waarmaker van Sy Woord. Glo dit. Verkondig dit. Getuig!

 

Die Krag van die Bloed

 

In Exodus 12 vanaf vers 1 lees ons: En die Here het met Moses en Aaron in Egipteland gespreek en ges� Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees. Spreek tot die hele vergadering van Israel en s� Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 'n lam neem volgens die familie, 'n lam vir 'n huisgesin.

Julle moet 'n lam h�sonder gebrek, 'n jaar oud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende van hierdie maand en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit een die aand slag.

En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel van die huise waar hulle dit eet.

En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet.

Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjie saam met die binnegoed.

En so moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan julle voete en jul staf in jul hand, baie haastig moet julle dit eet. 'n Pasga van die Here is dit.

Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die Here.

Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huis waarin julle is, as Ek die bloed sien sal Ek by julle verbygaan, en daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.

In geloof gaan 'n vader na die plek waar die lammers aangehou word. Hier vind hy 'n wit lam, maar met 'n swart vlek, en hy sit dit eenkant; hier 'n ander een, maar hy is te oud - nog en ander een, volmaak behalwe vir 'n gebreklike oor, en so gaan die gesoek voort, totdat 'n lam gevind word wat voldoen aan al die voorwaardes wat deur God gestel word.

En dan, as die son in die weste begin sak - gaan daardie vader terug na sy huis toe, hy weet dat hy in sy arms meer as 'n lam het - die lewe van 'n mens, want die lewe is nie in die lewendige lam nie, maar in die gestorte bloed.

Hier het ons 'n voorbeeld van mense wat in slawerny is, 'n uitverkore volk aan wie die Here eertyds 'n Belofte gegee het dat Hy hulle na 'n land sal bring wat van melk en heuning oorloop. God het hierdie Verbond met Abraham gesluit.

Hierdie kinders van die Belofte het onder mense gewoon wat afgode aanbid het, nogtans het hulle nooit 'n deel van die heidense nasie geword nie. Hulle het hul o�op die Belofte en op die Verbond wat die Here honderde jare tevore gemaak het, gehou.

Nadat die gestorte bloed aangestryk was, het elke lid van die huisgesin die huis binnegegaan en die deure gesluit. Die bloed het hul beskutting geword. Die bloed het die waarborg vir hulle lewens geword. Die bloed moes die vloek van die sonde - die dood - uitdelg.

Teen dagbreek die volgende oggend het die Egiptenare se krete van smart opgestyg, 'n weeklaag van treurendes, vanaf die paleis van die koning, die huis van die hoer, die bedelaar trouens van elke huis waar die bloed nie aangestryk was nie.

Die doodsengel het in die nag besoek afgel�en sy visitekaartjie daar gelaat, maar in die huise van die kinders van Israel was daar 'n kreet van gejubel, die klank van danksegging en lof. Die doodsengel het die bloed gesien en verby gegaan.

Die bloed aan die deurposte het skeiding gebring tussen:

 

Israeliet en Egiptenaar

Gehoorsame en Ongehoorsame

Lewe en Dood

 

Die Pasgalam se vleis wat hulle ge�t het, het vir hulle 'n skeiding tussen siekte en gesondheid aangetoon.

Die vlees het vlees van hul vlees geword, been van hul been, en vir veertig jaar lank sou almal wat deel van God se volk uitgemaak het, volmaak gesond bly.

God het die toestand van die volk, wat slawe was, gesien en vir hulle 'n verlosser gestuur; Moses, om hulle uit die slawerny uit te lei. Hy was waarlik 'n God-gegewe verlosser. Selfs die koning van Egipte moes erken dat God hom gestuur het. God het Moses se bediening met tekens en wonders bevestig.

Laat ons nou saam met die volk van God op hul groot Exodus gaan. Die bloed het vrygemaak, omdat hulle gehoorsaam aan die Woord van God was. Die vlees van die Pasgalam sou krankhede van die volk van God weer.

Albei handelinge, die aanwending van die BLOED en die eet van die LAMMETJIE was in die geloof gedoen. Hierdie handelinge van GELOOF was die begin van hulle reis deur die woestyn, oor berge, deur die Rooi See, deur valleie tot groot oorwinnings oor hulle vyande. Manna, water en kwartels het in hulle lewensbehoeftes voorsien.

Die eerste geloofstap het algehele bevryding gebring, verlossing en beskerming in elke opsig.

Honderde jare later was die kinders van Israel weer in slawerny, hierdie keer deur godsdienstige tradisie. Vir 400 jaar was die stem van die profeet stil. Die bloed van 'n dier kon nie langer vir die sondes van die mens versoening doen nie; vorm-godsdiens en tradisie was aan die orde van die dag. Die mens het nie meer in die heerlikheid van 'n geheiligde lewe gewandel nie. Hulle het 'n uiterlike vorm van vroomheid gehad, maar die inhoud het ontbreek.

Jesus Christus is deur God na die w�eld as die Verlosser gestuur. Hy het gekom om die slawerny van sonde en siekte te be�ndig. Vandag is Sy boodskap nog geldig. Petrus skryf: "Deur die gestorte Bloed is daar vergifnis van sondes, deur wie se wonde julle genees is."

Net soos die geofferde lam moes sterf en sy bloed aan die deurposte gestryk word, so moes ook die Paaslam van God, Jesus Christus sterf en Sy bloed het skeiding gemaak tussen: die seuns van God en die seuns van satan; gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid; Lewe en dood.

Die bloed het nooit sy krag verloor nie. Jesus Christus is beide ons Verlosser en ons Ho�riester. Elkeen wat die bloed van Golgota aanvaar, aan hom het Hy die mag gegee om 'n seun van God te word.

In die geestelike sfeer is daar baie keer 'n parallel. Uit die natuurlike lewe kry ons die beeld van die natuurlike geboorte. Hierdie geboorte gaan gepaard met pyn en lyding en gegote bloed. Na die geboorte gee die ouers die baba 'n naam wat dan in die register van Geboortes en Sterfgevalle opgeteken word. Die ouers is verantwoordelik vir die opvoeding van hulle kinders, voedsel, kleding, mediese hulp en beskerming.

Die sondaar, wat 'n kneg en slaaf van satan is, moet die bloedoffer van Golgota ontvang en die bloed moet aan die deurposte van sy hart gestryk word om God as Vader te verkry (want almal wat Jesus aangeneem het, aan hulle het Hy die mag gegee om seuns van God te word.)

Aan hulle word 'n nuwe naam gegee, wat in die Lam se Boek van die Lewe geregistreer word. Die Vader sorg vir die voeding, kleding, onderhoud en genesing van Sy kind.

1 Johannes 1:7 lees: "Die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde."

Lukas 9 lees: "Jesus het die 12 dissipels bymekaar geroep en aan hulle mag en gesag gegee om duiwels uit te dryf en siektes te genees. Daarna het Hy hulle uitgestuur om die Koninkryk van God te verkondig en om die siekes te genees."

Iemand vra: Waarom het God toegelaat dat diere doodgemaak moes word in die proses van vergifnis?

Die antwoord is skynbaar eenvoudig: Omdat daar in daardie niks anders was wat die mense beter sou verstaan het nie.

Ook was dit die voorbereiding dat bloed sonde en onreinheid weg was en dat daar n middelaar sou wees. Iemand Jesus Christus sou vir ons in die bres kom tree.

In Markus 16 tref Jesus voorbereidings om na Sy Vader terug te keer en preek Sy laaste boodskap op aarde.

"En Hy het vir hulle ges� Gaan die hele w�eld in en verkondig die Evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop sal gered word, maar hy wat nie glo nie sal veroordeel word. En dan:

Vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem, en as hulle iets dodeliks drink sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande l�en hulle sal gesond word."

Nadat die Here Jesus met hulle gepraat het, is Hy na die Hemel opgeneem en sit Hy aan die regterhand van God die Almagtige Vader.

En binnekort kom Hy terug. Die meeste van ons lewe nie asof Sy terugkoms n werklikheid is nie. Daar is egter geleentheid om op te staan want niemand sal teen die Boerevolk en Sy God stand kan hou nie.

Waarvoor wag jy?

 

Hosted by www.Geocities.ws

1