Ninevé
n Nuwe Revolusie
Die Lydingsdoop
Goddelike Ingrypings
Vas na Vryheid
God se Medewerkers
Waarom nog Bid?
Getuies
Die Krag van die Bloed
DIE stad Ninevé was die hoofstuk van Assirië. Dit was n groot trotse stad wat n verskrikking vir die volke van die nabye Nabye-Ooste was. Hulle grootheid en trots het ook die Nineviete die geestelike wandel saam met GOD byster geraak.
Vandag, soos destyds, is die profetiese stem weer daar om te waarsku. Hierdie keer word die waarskuwing aan Die Afrikaner Boervolk gerig!
Maar
eers die volgende: Hoe tree die Vader op, wanneer ons bepaal, dat ons nie gaan doen wat Hy wil
hê ons moet doen nie?
Die
antwoord hierop word vervat in n besondere verhaal in die Ou Testament, die
verhaal van Jona, die profeet, wat deur die Vader n opdrag gegee was, maar
besluit het dat hy nie die Vader se opdrag gaan uitvoer nie.
Die optrede van die
Vader tydens ons oomblikke van ons ongehoorsaamheid, is dan ook juis die
hooftema van die verhaal.
Aan die een kant is daar
die volk wat nie langer gehoorsaam was nie, maar aan die anderkant en in n ewe
gevaarlike situasie, is daar diegene aan wie geopenbaar is wat gaande is, en wat die volk moet waarsku.
Jona se verhaal is die
verhaal van elke gelowige, want ook ons het n soortgelyke opdrag as Jona
ontvang: dat ons die Evangelie moet verkondig.
Jona se opdrag was: Maak
jou klaar, gaan na die groot stad Ninevé en spreek daarteen, want hulle
boosheid het opgestyg voor My aangesig.
Daar is drie werkwoorde
in die opdrag:
Maak jou klaar
dit beteken, ons kan nie onbepaald in die kerkbanke sit en na preke luister
nie, al is die preke ook hoe interessant.
Gaan dit
beteken, daar is n wêreld daarbuite waarheen ons moet gaan.
Spreek wat
beteken dat ons mondelinge getuies moet wees, ja, dat ons selfs moet profeteer.
Die woord maar is seker die mees
besonderse woord in die hele verhaal, Vers 3 begin met Maar Jona het
hom klaargemaak om na Tarsus te gaan
En verderaan verskyn die woord maar weer n keer: Maar
die Vader het n sterk wind
Wanneer ons na die 3e hoofstuk gaan, vind ons n
parallel wat betref Jona se latere gehoorsaamheid: Toe maak Jona hom klaar
en gaan na Ninevé en verder: En
die manne van Ninevé het geglo
Met ander woorde, toe Jona maar ges�het, het die Vader ook sy eie maar gereed gehad. Toe Jona egter ja s� was die Vader gereed met Sy eie ja en toe stroom die se�inge.
Die
derde strof�van hoofstuk 1 leer aan ons die eerste beginsel wat betref die
werking van God se voorsienigheid in menslike ongehoorsaamheid.
Dit word uitgebeeld in die herhaling van die
woord af. Jona het afgegaan na Jafo
en in n skip geklim. Toe die storm opkom het hy na die onderste dele van die
skip afgeklim.
Om af te gaan, na onder te gaan en selfs
onder te gaan, is eenvoudig die onvermydelike pad wat almal loop wat van die
Here God af wegvlug.
Hierdie afganery is n re� waarvolgens God in
gevalle van ongehoor-saamheid optree.
Nog n re� oor die voorsienigheid van God
vind ons op humoristiese wyse daarin dat Jona, toe hy by die skip kom, sy eie
reisgeld moes betaal. Maar hy het nooit by Tarsus uitgekom nie. Hy is lank voor
daardie tyd oorboord gegooi. Hy is ook nooit die ongebruikte deel van sy
reiskaartjie terugbetaal nie.
Hier sien ons n groot beginsel in
werking. Dit is die volgende: Wanneer mens van God af wegvlug dan kom jy nooit
uit waarheen jy vlug nie en jy betaal al jou rekenings self.
Maar wanneer mens God se weg volg, bereik
jy elke keer jou bestemming en die Here God betaal die rekeninge.
Mens kan nie nalaat om op hierdie punt die
Amerikaanse prediker Bob Mumford aan te haal nie. Hy het ges� God puts you
into a fix to fix you, but if you fix the fix before youre fixed, He has to
fix another fix to fix you!
Jona, maar ook ons, is beslis n
illustrasie van Mumford se woorde.
Onthou u die verhaal van Moses in die
mandjie? As sy moeder aan hom vasgehou het, was hy ook vermoor.
Kort daarna word sy Moses se pleegmoeder,
maar, nie voordat Farao se dogter Moses ontdek en aan sy sussie Miriam s� Ek
sal jou loon betaal nie.
Moses se moeder het gekry wat sy die
graagste wou h�en God het boonop die loon, die koste om die kindjie Moses
groot te maak, betaal!
Maar Jona was op pad weg van God af, buite
God se Wil, en hy moes sy eie kostes betaal
As
mens dus van God af wegbeweeg sal jy nooit jou bestemming bereik nie en jy gaan
elke keer self die kostes moet betaal.
As die pad wat jy bewandel egter God se
pad is, dan het jy boonop n waarborg dat jy beslis jou bestemming sal bereik
en God sal die kostes betaal,
Dit is die les wat God aan Jona begin leer
het toe Jona aanboord van die skip gegaan het. God het op n bonatuurlik wyse
ingetree om dit wat Hy in die eerste plek gedoen wou gehad het, wel te laat
plaasvind.
Laat ons almal maar die les hieruit leer:
God sal Sy doelwitte bereik, selfs al is ons ongehoorsaam. Hy kan dit doen deur
oordele oor ons te laat kom weens ons ongehoorsaamheid, of Hy kan dit doen deur
middel van se�inge weens ons gehoorsaamheid. Maar optree, gaan Hy optree.
Wanneer God praat moet ons luister. Selfs
Saulus moes op n traumatiese wyse sy les leer toe hy nie wou luister nie. Dit is ook die rede waarom hierdie boek
geskryf is: Omdat ons luister en gehoor
gee aan ons opdrag!
As God verlang dat ons n besondere taak
moet verrig, dan het ons nie n keuse nie.
So is die opdrag aan al die kinders van God om die Evangelie van Jesus
Christus reg oor die wêreld uit dra, siele in te bring, hulle te doop, hulle te
leer.
Totdat hierdie opdrag vervul is, sal diegene
wat nie die opdrag uitvoer nie, van probleem tot probleem lewe en n onsekere
bestaan voer.
U het geen professionele opleiding nodig
om u getuienis uit te dra nie, en u mag nie weier om dit uit te dra nie.
Jesus s�self: As julle My voor die mense
bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely. Bely ons dus nie Jesus Christus
voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die geval dat
ons onsself beroof van se�inge.
Dink weer aan die beeld van die gemeentes
wat warm, lou en koud is en let op dat daar voorsiening gemaak is vir die wat
koud is, maar daar is geen voorsiening vir diegene wat lou is nie diesulkes
sal Hy uit Sy mond uitspuug!
Nou moet u self besluit waarheen u oppad
is!
Altesame 25% van die Bybel bestaan uit
profesie� terwyl sowat 90% van alle profesie�op die eindtyd dui. Reg deur die Bybel gaan profesie�in
vervulling. Vandag nog gaan hulle in
vervulling en talle sal nog in vervulling gaan tot selfs nadat die Wederkoms
van Christus plaasgevind het.
Die geskiedenis het bewys
dat gebed is n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreldverskuiwende
saak. Maar eers moet die volk na sy God
terugkeer. In die tyd van Salomo en
Nehemia het die volk ook afgedwaal.
Hier volg n opsomminge van
Salomo en Nehemia se gebede:
Nehemia 1: 4-11
Ag,
HERE, God van die Hemel, groot en ontsagwekkende God, wat U verbond en U troue
liefde handhaaf teenoor diegene wat
vir U lief is, luister tog, gee tog
ag op wat ek, U dienaar, sonder ophou, tot U bid.
Ek bid vir U dienaars, die Israeliete,
ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.
Ons het U nie ge�r nie, ons was
ongehoorsaam aan U gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan U dienaar
Moses gegee het.
Dink tog aan die belofte wat U gemaak
het: As julle ontrou is, sal Ek julle
onder die volke verstrooi, maar as julle, jul tot My bekeer, sal Ek julle
weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele wêreld versprei.
Ek sal julle
terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om My naam daar te laat woon. Ag HERE, luister tog na die gebed van U
dienaars, hulle vir wie dit n vreugde is om U Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek
vandag wil doen.
Salomo 1 Kon. 8:
23-52
HERE,
God van Israel, in die Hemel of op die aarde is daar nie nog n God soos U
nie. U hou U aan die verbond en U bly
getrou teenoor U dienaars wat met
volle oorgawe voor U lewe.
Sou God werklik op die aarde
woon? Die Hemel, selfs die hoogste
Hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het.
Hoor tog HERE, my God,
die gebed van U dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed
wat U dienaar vandag tot U rig.
Hoor tog die smeekbedes
van U volk, hoor dit tog uit U Hemelse woonplek, en wanneer U dit hoor, vergewe
tog!
As U volk Israel deur n
vyand verslaan word omdat hulle teen u gesondig het en hulle kom tot inkeer,
en bely U naam en bid tot U in hierdie huis en smeek U, luister tog uit die
Hemel en vergeef U volk israel se sonde en laat hulle terugkom na die land
wat U aan hulle voorvaders gegee het.
Wees tog ontvanklik vir
die smekinge van U volk Israel, verhoor tog elke gebed wat hulle tog U rig!
En so spreek Dawid die
teruggekeerde volk aan:
Lofgesang en Oorlogswaard
Halleluja! Sing tot eer van die Here n nuwe
lied,
Sy lof in die
vergadering van die gunsgenote!
Laat Israel hom verheug
in sy Maker;
Laat die kinders van
Sion juig oor hul Koning!
Laat hulle Sy naam loof in koordans,
Hom psalm sing met
tamboeryn en siter.
Want die Here het n
welbehae in Sy volk;
Hy versier die
ootmoediges met heil.
Laat die gunsgenote juig
in heerlikheid;
Laat hulle jubel op hul bedde.
Lofverheffinge van God is in hulle keel,
en n tweesnydende swaard in hulle hand;
(Hoekom?)
om wraak te oefen onder die heidene,
strafgerigte onder die volke;
om hulle konings met kettings te bind
en hulle edeles met ysterboeie;
om n vonnis wat opgeskrywe is,
aan hulle te voltrek.
n Eer is dit vir Sy gunsgenote!
Halleluja!
n Nuwe Revolusie
. Julle weet wel om die voorkoms van die lug te
onderskei, en kan
julle nie die tekens van die
tye onderskei nie? Matt. 16:3.
Ons worstelstryd is nie
teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die
wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die
lug. Efes. 6:12.
DAAR het n verandering ingetree wat oorlog en wapengeweld betref. n Nuwe strategie is aan die orde van die dag, want die aanslag het verander. Dis nou meer subtiel. Dit kom in ander vorms na ons toe aan.
Juis daarom vra dit ook
n nuwe soort strategie van ons kant af, n nuwe soortige optrede om die vyand
te oorwin.
Ons maak weer van n
wapenrusting gebruik, maar nou is dit n heel ander soortige wapenrusting.
Efes. 6 gee bevel:
Trek die volle
wapenrusting van God aan (hoekom?) sodat julle staande kan bly teen die liste
van die duiwel (hoekom?)
Omdat die stryd nou heel anders is. Ons trek nie die
wapenrusting van die le� aan nie, maar die van God.
Hierdie nuwe stryd in
ons geslag is nie teen vlees en bloed soos die vorige kere nie. Dit vra om n
totaal nuwe strategie.
Efes. 6 gaan verder:
Daarom, neem die volle
wapenrusting van God op sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil
en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
Staan dan vas, julle
lendene met die Waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
En as skoene aan julle
voete die bereidheid vir die Evangelie van vrede.
Behalwe dit alles, neem
ook die skild van die geloof op (hoekom?) sodat julle al die vurige pyle van
die bose sal kan uitblus.
En neem aan die helm
van verlossing en die swaard van die Gees
dit is Woord van God
terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die
Gees, en juis daarom, waak met alle volharding en smeking vir al die
heiliges.
Let nou op wat s�11
Kor. 10:3-6:
Want hoewel ons in die
vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
want die wapens van ons
stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
terwyl ons planne verbreek en elke
skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem
tot die gehoorsaamheid van Christus,
en ons gereed hou om
elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.
Die profeet Sagaria
profeteer oor die toekoms (Sag. 4:6) Nie deur krag of geweld nie, maar deur My
Gees, s�die Here van die le�skare.
Die klem val op n nuwe
revolusie. Christus was seker in ons taal die grootste revolusion� van alle
tye. Kyk net wat het Hy nie alles
gedoen en bereik nie.
Nechayev, n Marxis wat
in die tronk dood is na die sluipmoord op Tsaar Alexander 11, het ges�
Die revolusion� is n
toegewyde persoon. Hy stel nie sy eie belange voorop nie, ook nie sy eie
gevoelens nie, nog minder het hy belang by eiendom, selfs sy naam is nie vir
hom belangrik nie. Vir die revolusion� is alles saamgevat in die enkele
eksklusiewe gedagte die een-passie revolusie!
Maar hierdie
toegewydheid was nie oorspronklik Kommunisties nie. Dit was Jesus Christus wat
ges�het:
As enigeen n begeerte
het om My dissipel te wees, laat hy homself verlo� (homself alles onts� van
homself en sy eie belange vergeet), sy kruis opneem en My volg (word gelyk aan
My voorbeeld in lewe, daad en dood
wat Ek stel).
Joshua 5: 15-15 is n
weerspie�ing van wat tydens die Yom Kippoer Oorlog in Israel in Desember 1973
en Januarie 1974 gebeur het.
En terwyl Joshua by
Jerigo was, slaan hy sy o�en kyk, en daar staan n man teenoor hom met n
ontblote swaard in sy hand; en Joshua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort u
by ons of by ons vyande?
En hy s� Nee, maar Ek
is die le�owerste van die Here; Ek het nou gekom. (Ek het pas gearriveer).
Die Hoof van die Le�
van die Here!
Die gedagte verruk n
mens se sinne. Dis byna te groot vir die mens om te begryp.
Die harde feite is dat
ons in hierdie stadium onsself in n geestelike oorlog bevind.
Die tweede wat hieraan
gelykstaan is dat Jesus Christus die Hoof van ons Le�mag is. Aan Hom is alle
mag gegee in die Hemel en op Aarde. Matt. 28:18.
En hier is die mees
verstommendste aspek van die geestelike lewe wanneer Jesus in Lukas 10:19 s�
Ek gee julle die mag om
op slange en skerpioene (die okkultisme, towery, heksery en magte van die
duisternis) te trap, en oor al die mag van die vyand, en niks sal julle ooit
skade doen nie.
Eers is die mag aan Hom
gegee, en toe gee Hy dit aan ons. Ek wat maak ons daarmee?
Ons sukkel met ons
perspektiewe omdat ons nie in en deur die Gees van God wandel nie.
Saam met die Hoof van
die Le�mag is etlike legioene Engele.
Hulle was daar toe die
Rooi See oopgekloof is, hulle het die mure van Jerigo omgegooi, hulle was ook saam met Josafat toe die vyand skielik
homself vernietig het, en met Jonathan toe hy die Filistyne bestorm, saam met
Dawid toe hy Goliat verslaan het, saam
met Dani� in die Leeukuil en helaas,
ook saam met die Boerevolk by verskeie veldslae tydens die ABO.
In 1864 het ernstige
onluste in die Soutpansberge voorgekom. Pretorius roep manne op tot die stryd
om die swart stam op sy plek te sit. Hy kon egter nie genoeg manne bymekaar kry
nie. Later wend hy weer n poging aan, maar net 260 van die een duisend troepe
daag op en weer is dit te min om die swart stam aan te durf.
Die verslegtende
toestand het voortgeduur. En toe gryp God in. In 1869 het n sterk
Swazi-stam die swartes van Soutpansberg
feitlik uitgeroei, aldus Ds. P.J. Viljoen in Die Lewe van Paul Kruger.
Viljoen noem dit nie,
maar mens kan verseker wees daarvan dat die Boere in daardie tyd baie ernstig
gebid het.
Die sonde van ons tyd is
wanpersepsies omdat ons toelaat dat ander invloede uitwerkings op ons het, in
plaas daarvan om te bly in dit wat ons geleer was die Waarheid en nogmaals
die Waarheid soos vervat in die Bybel. Ons lewe onder die omstandighede in
plaas van bo die omstandighede.
God se Engele is oral.
Hulle het nie visums en paspoorte nodig nie. Dit is ook hulle wat in Angola ons
troepe keer op keer uit benoudhede gered het. Die getroue gebede aan die
tuisfront, het n sleutelrol vertolk.
Die Yom Kippoer Oorlog
was die een oorlog wat die Israelis moes verloor het. Hulle was in die
sinagoges en ander aanbiddingsplekke besig toe die vyand onverwags toegeslaan
het.
Israeli soldate het
gedoen wat hulle kom. Sowat 400 van hulle het opgeruk na Berg Hermon waar hulle
hulself teen sowat sewe duisend Siriese
magte vasgeloop het.
Wedergebore Israeli
offisiere vertel daarna in onderhoude:
die 400 Israeli soldate het besluit om te veg tot die dood toe om die Israelse
Le� geleentheid te gee om aan die gang te kom.
En toe skielik was daar
die reuse hand uit die Hemel met die palm na die Siri�s, n hand byna sy groot
soos n stel rugbypale in omvang. Die hand het die Siriese soldate laat omdraai
en op die vlug slaan.
Intussen kom n hele konvooi tenks soos n dodelike
slang teen die styl bergpad oor die Golan Hoogtes op pad na Ein Gev. Die opdrag
was dat hulle daarvandaan om die See van Galilea sou beweeg in die rigting van
Tiberias en Porea Eilat en eenvoudig die wêreld voor hulle moes skoonvee.
Maar skielik het die
voorste tenk stilgehou en bly staan. Na die oorlog is vertel dat die soldaat in
beheer van die voorste tenk vertel het
hoe hy duidelik die opdrag gekry het om stil te hou en te wag, terwyl daar
nooit so n opdrag gegee was nie.
Toe die lang
konvooi tenks oorkant die See van
Galilea tot stilstand kom, kon duisende Israelis dit waarneem en het hulle
alarm gemaak en die Israelse Le� had geleentheid om gereed te maak om terug te
slaan.
Israelse milit�e
offisiere het vertel hoe n klein Israelse milit�e eenheid oor n heuwel
beweeg het en onder in n vallei op n horde van die vyand afgekom het.
Die vyand het egter skielik
die wit vlag gehys en oorgegee. Die handjievol Israelis het die oormag tot binne n krygsgevangekamp laat masjeer.
Eers toe die vyand veilig agter slot en grendel was, wou die Israelis weet:
Waarom het julle oorgegee?
Die vyand het
geantwoord: Julle was n totale berede oormag, ons sou nooit teen julle kon
standhou nie.
Die Israelis het net
hulle koppe geskud want die meeste wis nie waarvan die vyand praat nie.
Wedergeborenes onder hulle het toe aan hulle makkers verduidelik dat dit die
Hoof van God se Le�mag en sy legioene Engele was, wat deur die vyand opgemerk
was.
Jare gelede het die
SAUK-tv n program gebeeldsaai waarin
sommige van ons eie soldate vertel het van Goddelike ingrypings in die
Angola-oorlog.
Christen-soldate wat in
die Vi�nam-oorlog geveg het, het later ook van vele Goddelike ingrypings
vertel.
In 11 Konings 6:15-17
beleef ons weer n pragtige Goddelike ingryping:
En toe die dienaar van
die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar n le� met perde en
strydwaens rondom die stad.
En sy dienaar s�vir
hom: Ag my heer, hoe sal ons maak?
Maar hy antwoord hom:
Vrees nie; want di�wat by ons is, is meer as die wat by hulle is!
En Elisa het gebid en
ges� Here, open tog sy o�dat hy kan sien. En die Here het die o�van die
dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van
vuur rondom Elisa.
Van wie het Elisa
gepraat? Van God se legioene Engele natuurlik. Die dienaar kon hulle eers nie
sien nie, nie voordat God sy geestelike o�geopen het nie.
Ook ons moet die plek
bereik waar God ons geestelike o�vir ons open. Lees gerus die hele 11 Konings
6 en sien hoe Elisa die vyand verslaan het.
Die le�magte van die
Hemel is gemobiliseer, maar ons is nie gereed nie. Ons verhouding met God en met
mekaar is nie reg nie.
Lees asseblief 1 Petrus
4 en 11 Petrus 1 om te sien dat ons nie op die geestelike vlak is waar ons
hoort nie.
Sonder geloof (Heb.
11:6) gaan daar ook niks gebeur nie. Voordat die Goddelike ingryping kan
plaasvind, moet ons as volk verootmoedig, ons bekeer en terugkeer na die we
van God, onse God, die drie-maal heilige God, Jahweh.
Die revolusion�e magte
van die duisternis saai onheil, terwyl die revolusion�e magte van die Hemel,
waarvan ons as Christene deel is, die situasie net mooi omkeer na ware vrede en
heil.
Dit is interessant om te
let op wat Dag Hammerskjold, voormalige Sekretaris-generaal van die VN, ges
het kort voordat hy in n vliegramp in die Kongo gesterf het:
Ek sien geen hoop vir die wêreld nie. Ons het so hard probeer en so tragies misluk. Tensy die wêreld in die volgende paar jaar n geestelike hergeboorte ondergaan, is ons verlore.
Daardie hergeboorte
waarvan Hammerskjold na verwys het, is net in en deur Jesus Christus te vinde!
Ons aanvaar ons bevind ons in n
geestelike stryd. Ons aanvaar ook dat hierdie oorlog op n ander vlak en met
ander metodes geveg moet word.
Voordat
ons verder kan gaan, moet ons egter eers die sonde van ons tyd, wanpersepsies,
aanspreek. Ons kyk hier weer na die menslike vlak en die geestelike vlak.
Die
menslike vlak s� Verset, weerstand, veg, ja, selfs oorlog. Die geestelike vlak
bied egter n heel ander prentjie.
Die
Nuwe Verbond in Christus, soos vervat in die Nuwe Testament, leer dat niemand
die Christendom enige skade kan berokken nie. Die Christendom kan net homself
skade berokken deur verkeerd op tree op aanvalle teen hom.
Dit
is Skriftuurlik dat die Christendom die gesag wat oor hom gestel is, sal erken
en hom sal onderwerp aan daardie gesag.
Die
Liggaam se lojaliteit aan Christus word juis gekenmerk aan sy Skriftuurlike
gehoorsaamheid om byvoorbeeld die gesag van die Staat te erken en hom as
Liggaam aan daardie gesag te onderwerp, al sou daardie Staat selfs Kommunisties
van aard wees!
Kortom,
dit gaan hier om een van die mees miskende dope van Die Bybel, die lydingsdoop.
Onder
die tussenhoof "Pligte van Christelike Diensknegte" in 1 Petrus 2:18,
staan: "Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen
aan die wat goed doen en vriendelik is
nie, maar ook aan die wat verkeerd is."
Vers
19: "Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete, leed verdra,
deur onregverdig te ly."
Vers
20: "Want watter roem is daar wanneer julle verdra wanneer julle sonde
doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly
dit is genade by God."
Vers
21: "Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle
gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle Sy voetstappe kan
navolg."
Vers
20 s�duidelik dat dit 'n sonde is om nie die Owerheid se gesag te erken nie.
En al sou die Owerheid verkeerd wees, en die Christen as gevolg daarvan skade
ly, dan moet die Christen dit nogtans aanvaar en ly.
Die
Christendom word juis gesuiwer deur middel van die lydingsdoop. Om die
lydingsdoop deur te gaan is 'n roeping(!) want, s�die Skrif: "Hiertoe is
julle geroep!
Vanaf
vers 21 lees ons dat Christus ook onregverdig gely het. Ons lees te meer nog
dat Christus selfs (boonop) sonder sonde was. Ons wat dan sonde doen, hoeveel
te meer moet ons nie die roeping van die lydingsdoop waardig wees nie? Die
lydings-doop bewerk ware verlossing, bevryding.
In
Suid-Afrika bevind ons onsself in 'n demokrasie waar vryheid van spraak deel
van die Grondwet uitmaak. Dit is dus heeltemal binne orde om op Christelike
toon, diplomaties en taktvol aan die Owerheid
te s�dat ons met hom verskil en waarom.
As
die Owerheid egter voet by stuk hou en nogtans "ongewenste" wetgewing
en optredes deurvoer, dan is ons geroep(!) om dit te aanvaar, al maak dit ook
hoe seer. Die Liggaam, ook genoem die
Kerk, mag dus die Staat tereg wys, vermaan, maar hy durf nie die Staat teengaan
nie.
Hierdie
besondere roeping, die lydingsdoop, is 'n voorbeeld wat Christus aan Sy Liggaam
nagelaat het en God verwag van ons om Christus se voetstappe na te volg.
Het
die grootste se� in die wêreld die verlossing en versoening bewerk deur
Jesus Christus dan nie gekom juis vanwe�die grootste
onregverdige lyding nie?
Christus
het selfs 'n verraaier in Sy midde gehad. Hy het geweet wie die verraaier is,
maar Hy het die man nooit gekonfronteer nie.
Inteendeel,
Christus het die verraaier geignoreer, en Sy aandag by Sy eie missie om die wil van Sy Vader te volbring
bepaal, en geslaag!
Hy
is sonder verset, sonder wraak, sonder teenstem, deur die lydingsdoop. En, wat
'n fantastiese oorwinning was dit nie! Die beker is nie by hom verby nie. Hy
moes dit ledig.
Die
Christendom het ook 'n missie om die wil van die Vader te volbring. Dis waar
ons aandag hoort.
Lees
maar die drie boeke van Johannes en sien self waar skiet ons te kort. Ons het
nog nie eers die Liefde onder mekaar
volbring nie.
Die
Christen, of dan die Liggaam, het sekere roepinge om op aarde te vervul: Die
uitdra van die Evangelie van Jesus Christus en dit wat daarmee saamgaan soos
byvoorbeeld barmhartigheidswerk, liefde, die dra van mekaar se laste, bid vir
mekaar, ens., en ten tweede om die suiweringsproses, die lydingsdoop, deur te
gaan, want, wanneer Christus kom, kom hy om Sy Bruid te haal, 'n Bruid wat
sonder vlek of rimpel sal (moet) wees.
Wanneer
die Here s� Ter wille van My naam sal julle vervolg word, dan is dit nie 'n
waarskuwing nie, maar 'n belofte!
Dieselfde
geld wanneer die Here s� In die wêreld sal julle verdrukking h� maar hou
goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Die
geestelike lewe, die lewe in Christus, is beslis die interessantste wat
enigeen ooit kan beleef.
Hoor
wat s�die Here in Openbaring 8 -11: En sal God nie Sy uitverkorenes wreek wat
dag en nag na Hom roep nie?
Natuurlik!
Let op hoe duidelik die Skrif dit stel wanneer die Staat, of watter gesag
ookal, onregverdig teenoor die gelowiges optree.
Dit
is dan wanneer God aan die Staat, of watter gesag ookal vyandig teenoor die
Liggaam van Christus staan, s� "Vir sovele soos julle dit aan die
geringste van My doen, doen julle dit aan My." Matt. 25:45.
En
aan die een wat die lyding deurloop, s�die Here: Onthou, aan My kom die wraak
toe. Ek sal vergeld."
Verder
s�die Here: "Bid vir julle gesag sodat julle in vrede kan
lewe." Hoop vurige kole op sy hoof
op. Rom: 12:20.
Wanneer
die Christen te na gekom word, of vervolg word, durf hy dit nooit in 'n
negatiewe lig sien nie, maar eerder as 'n besondere se�, 'n toets van Bo, en
ons moet sekermaak dat ons die toets slaag.
Dit
is seker die vernaamste wyse waarop die Here sy Liggaam hier op aarde suiwer.
Titus
3:1-2 lees: "Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en
magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk; om niemand te
belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense
alle sagmoedigheid te bewys."
'n
Verdere interessantheid vind ons in Gen. 15:13 "Daarop s�God vir Abram:
Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle
nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word, vier honderd
jaar lank."
Dis
God self wat so besluit het, al klink dit ook hoe verskriklik. Sou ons 400 jaar
se verdrukking kon deurstaan, boonop deur diensbaar te wees en deur toe te laat
dat ons verdruk word deur 'n vreemde owerheid?
Maar
vers 14 is 'n juweel, wanneer die Here s� "Maar Ek sal ook die nasie
oordeel aan wie die volk diensbaar moet wees...."
Die
een oomblik stel die Here 'n vyandige Volk oor Sy eie Volk aan, aan wie Sy Volk
noodgedwonge diensbaar moet wees, maar die volgende oomblik s�die Here aan die
vyandige volk: Pasop hoe julle My Volk behandel, want Ek sal daardie nasie wat Ek oor My Volk aangestel het, oordeel!
Kan
u nou verstaan dat God deurentyd in beheer van sake is?
Daarom,
niemand kan die kind van God, God se Volk, enige skade berokken nie. Die Christen
kan net homself skade berokken deur met die verkeerde reaksie te kom op die aanvalle of verdrukking teen
hom. Verstaan u nou wat dit beteken om die ander wang te draai?
In
Rigters 6:1 s�God aan Gideon: Maar, toe die kinders van Israel gedoen het wat
verkeerd was in die o�van die Here, het die Here die kinders van Israel
OORGEGEE in die hand van die Midianiete
sewe jaar lank!
Sewe
jaar lank! Dis mos nie nodig om langer vrae te vra nie. Ons eie situasie moet
vir ons mos nou meer duidelik wees as ooit te vore.
Dit
lei geen twyfel nie. Die Christen moet hom onderwerp aan die Owerheid wat oor
hom aangestel is.
So,
loof die Here, bid vir die owerheid, dien die Here. Alles is nog lank nie
verlore nie. Dit lyk maar net so.
Die
prentjie word verder ingekleur wanneer God ons verbied om te vergeld. God s
dat Hy 'n jaloerse God is en dat die wraak Hom (alleen) toekom.
Met
ander woorde, terwyl ons wraak wil neem met allerlei verset en optredes, staan
God terug, want ons probeer doen wat God s�sy eksklusiewe reg is. Die Christen
moet sy verstand afskakel sodat hy kan hoor wat die Gees van God aan hom wil
s�
Wanneer
die Here s�dat Sy Liggaam vir die regering moet bid, dan is dit 'n opdrag wat
eenvoudig uitgevoer moet(!) word, al is dit ook hoe moeilik. As daar nie vrede
in die land is nie, dan is dit heelwaarskynlik omdat die Liggaam nie vir die
regering bid nie.
Die
Here is in beheer van die koning. In Spreuke 21:1 lees ons: "Die koning se
hart is in die hand van die Here soos
waterstrome; Hy lei dit waarheen Hy wil."
Die
nuwe vertaling lees: "Die Here kan 'n koning se gedagtes net so maklik
beheer soos water in 'n leivoor en dit stuur in die rigting wat Hy wil!
Skitterend!
So,
kom maar gerus u plig en opdrag na en bid vir die Owerhede. Hulle dink maar
hulle is in beheer.
Lees
weer wat s�Koning Dawid in Psalm 149 oor Lofgesang en Oorlogswaard:
Halleluja! Sing tot eer van die Here n nuwe lied,
Sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
Laat Israel hom verheug in sy Maker;
Laat die kinders van Sion juig oor hul Koning!
Laat
hulle Sy naam loof in koordans,
Hom psalm sing met tamboeryn en siter.
Want die Here het n welbehae in Sy volk;
Hy versier die ootmoediges met heil.
Laat die gunsgenote juig in heerlikheid;
Laat hulle jubel op hul bedde.
Lofverheffinge van God is in hulle keel,
en n tweesnydende swaard in hulle hand;
(Hoekom?)
om wraak te oefen onder die heidene,
strafgerigte onder die volke;
om hulle konings met kettings te bind
en hulle edeles met ysterboeie;
om n vonnis wat opgeskrywe is,
aan hulle te voltrek.
n Eer is dit vir Sy gunsgenote!
Halleluja!
Dus,
nie deur krag of geweld nie, maar deur lofprysinge aan die God van ons heil.
Lofprysinge is n tweesnydende swaard: Terwyl ons God loof, oefen ons ook wraak
uit onder die heidene, strafgerigte onder die volke, om hulle konings in
kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie Waarom? Om n vonnis te voltrek wat reeds opgeskrywe is!
Dit
moet onthou word: Terwyl die Liggaam van Christus onregverdig ly, is die
hoeksteen van God se heerskappy op aarde, juis Sy onbeperkte en onverskrokke
geregtigheid.
Die
morele wet is so onveranderlik soos die natuurlike wette: Wat die mens saai sal
hy maai. Gal. 6:7.
Net
soos die Wet op swaartekrag nie verbreek kan word nie, net so kan die wette,
verordeninge en insettinge van God, ook nie verbreek word nie. Die een wat hier
oortree, bring 'n oordeel oor homself. Onthou Sy waarskuwing: Dis vreeslik om
te val in die hande van die Lewende God!
Dit
beteken, ons moet ook uiters versigtig wees hoe ons teenoor mekaar optree.
Ons
dink altyd verootmoediging gaan oor ons sondes teenoor die Here, maar om dit te
bely is nie genoeg nie. Ons moet ook ons misdade wat ons teen mekaar gepleeg
het, bely. Kyk na die volgende: 1 Petrus 3: 8-9.
Wees
almal eensgesind, medelydend, VOL Broederliefde, en ontferming, vriendelik.
Vergeld geen kwaad vir kwaad of skelwoord
met skelwoorde nie...... maar INTEENDEEL.........................Se�
mekaar!
Waarom?
Want hiertoe is julle G E R O E P!!!
Hoekom?
OM SE� TE KAN BE�WE!
Ons mis ons ROEPING. Ons is GEROEP om mekaar te
SE�. Omdat ons, ons roeping mis, daarom is ons nie eensgesind nie, nie medelydend nie, nie VOL
Broederliefde nie, ontferm ons, ons nie
oor mekaar nie, is ons nie vriendelik nie. Bid ons nie vir mekaar nie, dra ons nie mekaar se
laste nie.
Inderdaad
is ons gedurig besig om in een of ander vorm kwaad met kwaad te vergeld, en
maak ons, ons skuldig daaraan om skelwoord met skelwoorde te vergeld.
Ons
MIS ons ROEPING. Dis 'n SONDE. Dit vra om diepe verootmoediging teenoor God,
maar groter nog, teenoor MEKAAR!
Ons
kan nie se� be�we nie, want ons se� nie mekaar nie. Wanneer het een van ons
ooit 'n ander gese�? Ons doen dit nie.
Ons
beroof onsself van se�inge. Ons beroof
mekaar van eensgesindheid, van medelye, van ontferming, van volle
broederliefde, van vriendelikheid. Ons is
slagoffers van ons eie optrede.
Daarom,
verootmoediging teenoor God moet geskied, maar ons moet ook ons saak met mekaar
regmaak en dit reghou.
Ons
mis ons ROEPING!
Ons
mag nooit as kinders van die Here in
konflik teenoor mekaar staan. Die Liggaam en die Staat, die Christen en sy
gesag, mag ook nooit in konflik teenoor mekaar staan nie.
Die
Christen vergeet so maklik, maar dit is noodsaaklik dat die Liggaam, bewus bly
van die Vader se regverdigheid en geregtigheid, want so verseker 'n mens dat u
nooit in die versoeking kom om self te wil vergeld nie.
Ons
moet versigtig wees dat ons nie ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis nie.
In
plaas van vergelding, moet die Christen eerder bid: "Vader, vergewe hulle
want hulle weet (tog) nie wat hulle doen nie." Dan gryp God in!
Vir
die Christene om teen die Staat op te tree, is dieselfde as om die Staat by die
Satan aan te kla. Daar sal nie 'n verhoor wees nie.
As die Christen God
se hand in beweging wil sien kom, begin dan onder andere bid vir die Owerhede.
Ons
moet God meer gehoorsaam wees as die mens. God s�aan die een wat Sy kind
mishandel: Vir sovele soos wat hulle dit aan die geringste van My doen, doen
hulle dit aan My, en onthou, My kom die wraak toe, Ek sal vergelde sê die Here.
Twyfel
u nog? Rom. 13: vanaf vers 1 lees:
"Laat
elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen
mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel.
" sodat hy wat hom teen die mag van God versit, die instelling van God
weerstaan; en diegene wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.
"want
die Owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die
slegte......."
As
mens jou dus verset teen die owerhede wat oor jou aangestel is, dan sondig u
teen die Here, want die Here is in beheer van daardie owerheid.
Laat
ons dus voortgaan om die Here te behaag deur alles wat ons s�en doen, Hom te
verheerlik. Kom ons onderhou weer Sy insettinge, Sy verordeninge. Kom ons
verbly die hart van die Here.
Ons
staan op die drumpel van n reuse oorwinning. Ons moet net ons saak met God en
met mekaar regmaak.
Ons
sal onsself nie net voor God moet verootmoedig nie, maar ons sal ook moet
terugkeer na ons eerste liefde:
"U
moet die Here jou God liefh�met jou hele hart, en met jou hele siel en met jou
hele verstand en uit jou hele krag, en jou naaste (mekaar) soos jouself".
Die liefde wat onder ons moet heers, is net
nie langer daar nie. Ons eerste liefde het verflou. Ons het kragteloos geword,
soos sout wat laf geword het.
Die
strafgerig is egter nie daar om ons te vernietig nie, maar juis om ons terug te
kry op die plek waar ons hoort.
Met
menslike liefde sal ons nie kan slaag nie. Petrus kon ook nie.
Toe
Christus Goddelike (Agape) liefde bedoel het, het Petrus menslike (fileo)
liefde verstaan. Daarom dat hy so maklik ges�het: Ja Here U weet ek het U
lief.
Toe
die toets kom, moes hy in trane na die gekraai van die haan luister.
Daar
is diegene wat redeneer dat ons nie geroep is om te ly nie, maar om te oorwin.
Feit is dat ons in Christus Jesus reeds oorwin het. Deur onreg te ly is deel
van die oorwinning.
En
as die regerende gesag ons sou verbied om die Bybel te lees en die Vader te
aanbid, dan moet ons die Vader meer gehoorsaam wees as die mens. Dan gaan ons
voort om die Bybel te lees en die Vader te aanbid, en, as ons as gevolg daarvan
deur die regerende gesag gestraf sou word, dan is dit bloot deel van die
lydingsdoop.
Mag
hierdie skrywe 'n ewewig, 'n korrekte persepsie, 'n nuwe visie, nuwe moed, 'n
nuwe ywer, in die midde van ons mense plaas.
Laat
die Liefde heers!
Goddelike IngrypingsGoddelike Ingrypings
Oor Goddelike ingrypings kan n dik boek geskryf word.
Ons bepaal ons egter net by enkeles.
In
November 1973 is alles gereed vir 18
Christene om daardie Desember na Rome,
Athene en Israel te vlieg op n sendingtog.
Skielik
breek die Yom Kippoer Oorlog uit. Die toer is vir etlike dae in die weegskaal
totdat al drie lande laat weet ons toer gaan voort, dit is veilig.
Die
toerleidster ontvang egter n duidelike opdrag van die Here dat die groep met
n ander vlug ure later moet vertrek. Dit het baie geverg om die lugrederye te
oortuig. Hulle het botweg geweier. Internasionale vlugte kan nie na willekeur
verander word nie.
Die
groep verlaat Suid-Afrika toe op die bestemde tyd.
Maar
God gryp in. Weens digte mis word die
vlug byna ses ure op die lughawe van Las Palmas vertraag.
Ure
later land die groep in Rome te midde van hordes soldate met masjiengewere.
Die
owerhede deel die groep mee dat as hulle vliegtuig nie vertraag was nie, sou
hulle ook binne die koe�re� van n terroriste-aanslag beland het en sou die
dodetal van 38 heelwaarskynlik veel ho� gewees het.
Koue
rillings het deur die groep gegaan. Oral was sigbare tekens van die ontsettende
slagting. Daar is eers bymekaar gekom om aan God alle eer te gee dat Hy die
groep se vliegtuig vertraag het.
Na vyf
dae in Rome is die groep na Athene. Die volgende oggend moes ons tydens die
ontbyt hoor, daar is nie tyd om klaar te eet nie. Die intelligensiedienste s
die groep moet dadelik landuit. Die owerhede vrees n terroriste-aanslag.
So
beland die groep hopeloos te vroeg in Israel, midde-in die Yom Kippoer Oorlog!
Die
groep was twee weke lank in Israel. n Reuse uiters suksesvolle sendingtaak het
gevolg.
Oor die
inhoud van die sendingtaak kan nie berig word want niemand word toegelaat om in
Israel die Evangelie van Jesus Christus te verkondig nie. Ander wat dit openlik
gedoen het, is onmiddellik gedeporteer.
Ons
moes die sendingtaak soos n Paulus hanteer wat ges�het: Ek het julle met lis
gevang omdat ek slim was!
En twee
weke later was die groep veilig tuis in Suid-Afrika terwyl die oorlog en die
naslepe daarvan nog aan die gang was.
n
Gelowige vertel hy het een Sondagmiddag gaan rus en in n soort skynslaap
verval. Hy sien toe hoe hy langs die N2 by n brug stilhou om iets te eet en te
drink.
Hy sien
ook hoe n reuse rooi vragmotor met sleepwa bo teen die heuwel om n blinde
draai kom, ook hoe die vragmotor buite beheer raak en sy eie motor verpletter,
voordat dit die brug misry en in die rivier stort.
Hy was
daarna by sy volle positiewe en erg ontsteld. Wie sou nie ontsteld wees as jy
pas jou eie dood sien kom het nie? Boonop sou hy daardie volgende Woensdag
vanaf Port Elizabeth na Pretoria ry.
Die
Maandag kon hy nie behoorlik werk nie. Die gesig het hom die hele tyd bygebly.
Toe skielik het hy besef maar hy leef mos nou onder die omstandighede in plaas
van bo die omstandighede. Toe skop hy vas en bid: Here, dit moet U wees wat my
gewaarsku het dat die satan my wil vernietig. Dankie dat U sal sorg dat ek
Woensdag op n tydstip vertrek sodat ek die ongeluk sal misloop.
Hy het
daarna heeltemal van die voorval vergeet. Daardie Woensdag langs die pad sien
hy n brug in die verte en mense en voertuie. n Motre�tjie het ook begin val,
alles soos wat hy in die gesig gesien het.
Toe hy
oor die brug ry het die rooi vragmotor, sleepwa en al, in die rivier gel�
Wat
daardie oomblik deur n mens gaan, is daar nie n woordeskat voor om te vertel
nie, behalwe dat trane van deernis en liefde teenoor God, oor sy wange gerol
het.
Die
bekende Ouma Hamman vertel hoe sy en haar kinders ongeskonde deur die
Anglo-Boere Oorlog gegaan het, dat die Here selfs kos en geld voorsien het.
Hierdie aangrypende verhaal in boekvorm word deur CUM uitgegee.
Daar is
nog vele sulke verhale uit daardie oorlog, maar dis nie almal te boek gestel
nie.
Broer
Andrew vertel hoe hy Bybels gesmokkel het en dit deur doeane-poste gekry het
deur te bid: Here, U wat blinde o�siende maak, maak vandag siende o�blind.
Hy is
met vragte Bybels deur doeaneposte sonder dat die Bybels opgemerk was.
In Port
Elizabeth koop n gelowige vir die gemeente n bus wat 32 kinders na die
Sondagskool kan vervoer.
n Nuwe
enjin word in die bus ingebou.
Die
motorwerktuigkundige vra die gelowige en sy predikant moet asseblief die bus
kom haal, die werk kos niks, want hy kan die enjin nie kry om te loop nie, en
as julle hom aan die loop kan kry, is dit julle voordeel.
Die
werktuigkundige het aan die predikant en die lidmaat gewys dat wat hy ook al
doen, die enjin nie wil vat nie.
Die
twee het die bus toe daar weggesleep en op die kerkgronde parkeer, menende dit
moet maar daar staan totdat hulle weer iemand kan kry om na die enjin te kyk.
n
Maand later s�die lidmaat aan sy predikant: Die werktuigkundige kon dit nie
aan die gang kry nie, maar ons het nog nie probeer nie. Hierop stap hulle
reguit na die bus toe. Toe hulle die sleutel draai het die Duitse enjin dadelik
sonder fout geloop. Die bus het jarelank foutloos n diens gelewer.
Verhale
soos hierdie is volop onder ons mense. Maar vir een of ander rede dink ons die
goed gebeur net met sekeres van ons. Hierdie persepsie moet ook die nek
ingeslaan word. God is nie n aannemer van die persoon nie.
Om in
die Gees te wandel is vir ons elkeen beskore.
Vas na VryheidVas
na Vryheid
As die Boerevolk ooit gevas en gebid het en sy volle
vertroue op sy God geplaas het, dan is dit nou die tyd daarvoor.
Al die
dapper manne van Jabes het sewe dae lank gevas.
Israel
was in die grootste krisis van sy bestaan sedert hulle die Beloofde Land beset
het. Hul eerste koning, Saul, is in n veldslag dood, tesame met al sy seuns.
Die Israeliete was totaal verslaan deur
die Filistyne.
Die
aanslag was so erg dat die Israeliete uit die Beloofde Land gevlug het, terug
oor die Jordaan na die Ooste. Die Filistyne was weer in beheer van die land.
Terselfdertyd
het Dawid wat Saul as koning
opgevolg het n verlammende persoonlike ramp beleef.
Die
Amelakiete het Siklag
die stad waar Dawid en sy
manskappe toe gewoon het ingeneem en verbrand.
Die
vyand het Dawid se manskappe se vroue
en kinders gevange geneem en op al hulle besittings beslag gel� Om sake te
vererger was Dawid se manskappe weens wanhoop en woede, boonop bereid om teen
hom te draai.
Dit was
toe dat die manne van Jabes n vas uitgeroep het!
Die
geskiedenis van 1 Samuel is een van verval, neerlaag, verdeeldheid en
rampspoed. Die geskiedenis van 2 Samuel is een van restourasie, hereniging en
oorwinning.
Die
draaipunt het gekom toe Jabes gevas het!
Dit was
toe dat die winde van verandering begin
waai het. Dit was hoe die geskiedenis van die volk verander is.
As ons
die geskiedenis wil verander in lyn met die Here God se wil, dan kan ons dit
doen. En, dit is die verantwoordelikheid van die Christene om dit te doen.
Die
Christene is hier om n verskil te maak, individueel en gesamentlik. As sake
nie deur ons teenwoordigheid verander kan word nie, dan is ons niks anders as
sout wat laf geword het nie. Dan beteken ons niks vir God nie en ook niks vir diegene rondom ons nie.
Dan sit
ons maar net en wag om vertrap te word, en, daar is miljoene voete wat
gretiglik sit en wag om ons te vertrap. As ons nie dadelik iets doen nie, dan
gaan ons beslis vertrap word. En net ons sal daarvoor te blameer wees.
Op
grond waarvan kan ons daarin roem dat ons Kinders van God is, as God nie in
aksie in ons volkslewe is nie?
In 2
Kronieke 20 vind ons n merkwaardige historiese voorbeeld oor die krag van vas
en gebed:
Josafat,
die koning van Judah, was gekonfronteer deur n oormag vanaf die ooste. Hy en
die Koninkryk van Judah had geen milit�e verdedigingsmag om die aanstormende
hordes te kon stuit nie.
Maar,
in plaas daarvan om op die materi�e en die vleeslike te vertrou, het hulle
uitbeweeg op die geestelike vlak. Die gevolg was dat hulle een van die grootse
oorwinnings in die geskiedenis van die Bybel behaal het.
n
Hele le� was totaal verslaan en dit
sonder dat die oorwinnaars n pyl afgevuur het, n spies gewerp het of die
swaard getrek het. Nie een vleeslike of materi�e wapen is aangewend nie.
Die
aanstormende hordes was uitgewis. En al wat Josafat en die mense van Judah
gedoen het, was om n vas uit te roep.
Nadat
die vas uitgeroep was het die volk
eendragtig bymekaar gekom. Die Engelse
vertaling stel dit meer treffend: They gathered themselves together. Ja,
hulle het hulle verskille en geskille opsy geskuif en deernis en liefde teenoor
mekaar openbaar.
Toe het
hulle verootmoedig en begin bid en toe spreek die Here tot hulle deur n
profesie. Daarna het hulle net aangehou om die Here te loof en Sy naam groot te
maak.
Nou
ontstaan die vraag: As die almagtige
God Jahweh dit onder die Ou Verbond gedoen het, waarom sou Hy dit nie (te meer)
onder die Nuwe Verbond ook doen nie?
Let ook
daarop dat dit juis die Nuwe Testament is wat in 2 Kor. 10:4 s� Ons voer die
stryd nie volgens die vlees nie, want die wapens van ons stryd is nie vleeslik
nie, maar kragtig deur God om vestings
neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen
die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot gehoorsaamheid aan
Christus
As dit
in Ou Testamentiese oorlogvoering gewerk het waar mense wetlik toegelaat was om
materi�e wapens te gebruik het, hoeveel te meer sal dit dan nie slaag in Nuwe
Testamentiese oorlogvoering waar ons oorlogswapens geestelik is nie?
Die
mense van Judah het bymekaar gekom.
Hulle het ontslae geraak van hul persoonlike inhibisies, hul verskille en
geskille en daardie dinge wat vir hulle verdeeldheid verantwoordelik was.
Hulle
het eendragtig bymekaar gekom, gevas en gebid. Hulle het bymekaar gekom omdat
n nasionale ramp die volk bedreig het.
Toe het hulle die Here geloof!
Toe
alles verby was, het dit hulle drie dae geneem om van die lyke ontslae te raak.
As die
volk van God vandag presies dieselfde
doen, dan sal die gevolge niks minder wees nie, dalk heelwat groter.
Glo u
dit? As u dit nie glo nie dan woeker u nie met die talente wat u ontvang het
nie.
Dr FJ Heugel s� Na aanleiding van die feit dat wanneer ons vas en bid, die
Here werk, volg dit dat gebed n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende
saak is!
Soos
Heugel dit stel: Dit is nie dat die gebed as sodanig so magtig is nie, maar
God is. Omdat niks vir die lewende God Jahweh onmoontlik is nie, kan die
geskiedenis verander. Die geskiedenis kan deur ons verander word.
Daar is
van ons mense wat voortdurend sug en hoop dat n geestelike leier in ons midde
sal opstaan om die volk te lei. Maar dit is die volk wat moet opstaan, en dan
sal die Here lei.
Ons
aanvaar dat die volk uiteindelik weer n geestelike leier sal h� maar dan moet
die pad vir sy koms nou reeds berei word.
As ons
n studie maak van die Ou Testamentiese rekord van die verlossing van God se
volk uit Babilon, dan ontdek ons geestelike riglyne wat vandag steeds van
toepassing is op die restourasie van Sy
volk.
Daar is
hoofsaaklik vier historiese boeke wat oor restourasie handel, vanaf Babilon en
die tydperk daarna: Dani�, Esra, Nehemia en Ester. Elke boek is vernoem na die
leiersfiguur in die gebeure.
Elkeen
van die persone wat n leiersrol tydens hierdie periode vertolk het, het vas
gebruik as n wyse om verlossing en restourasie vir God se volk te bewerk.
Lees
die getuienis van Esra in Esra 8:21-23:
Toe
het ek daar n vastyd uitgeroep aan die Ahawa-rivier om ons te verootmoedig
voor die aangesig van onse God, ten einde van Hom n voorspoedige reis te vra
vir ons en ons families en al ons goed. Want ek was skaam om van die koning n
le� en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons
met die koning gespreek het en ges�het: Die hand van onse God is ten goede oor
almal wat Hom soek, maar Sy krag en Sy toorn oor almal wat Hom verlaat.
So,
ons het dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.
Esra
het gedoen wat jy en ek soms doen: Deur
teenoor die koning te getuig het hy homself in n posisie geplaas waar hy sy
getuienis gestand moes doen. Hy het aan die koning ges� Ons is die dienaars
van die Lewende God. Onse God beskerm ons en voorsien in al ons nood.
Kort
daarna is die weg gebaan vir Esra om n groep terugkerende bannelinge terug na
Jerusalem te lei. Die lang reis was deur n land vol vyandige stamme en rowers.
Die
vraag wat ontstaan is: Hoe sou hulle beskermd bly tydens die reis?
Hulle
het hul vroue en kinders by hulle gehad. Hulle kon nie vinnig beweeg nie. Boonop
het hulle die geheiligde kruike van die tempel in hul besit gehad. Dit alleen
was baie geld werd. Hulle, tesame met hul besittings, was dus n skitterende
prooi vir die rowers.
Hulle
moes die lang tog van Babilon af na Jerusalem voltooi. Hulle moes noodgedwonge
die een of ander beskerming h�
Hulle
kon die koning gaan vra het vir ruiters
en soldate om hulle te beskerm en die koning sou dit sekerlik toegestaan het,
maar, Esra was te skaam om te gaan vra omdat hy juis reeds teenoor die koning
getuig het van hoe almagtig hulle God,
ook oor hoe hulle God, die enigste ware en lewende God, hulle sou beskerm.
Om nou
die koning om beskerming te gaan vra het sou beteken het dat Esra en sy mense hul eie getuienis sou kanselleer. Dis so goed soos hoogverraad teenoor God. Selfs verraad teenoor
jouself.
Nee,
daar moes n ander plan gemaak word. Esra en die bannelinge neem toe n
kardinale besluit: Hulle sou nie op materi�e beskerming vertrou nie. In plaas
daarvan, sal hulle hul veiligheid en beskerming in bonatuurlike geestelike
vlak by God gaan soek.
Daarom
roep hulle n vas uit en God het
baie mooi na hulle almal omgesien. Toe hulle die Here met n vas en gebed bedien het, het die Here na hulle
probleme omgesien.
Daar sou
seker nie veel verkeerd gewees het om kleingelowig te geword het en wel die
koning om hulp te genader het nie, maar dan het hulle op die vleeslike vlak
beweeg. Dit sou saam daarmee ook heelwat risiko ingehou het.
Toe
besluit hulle om eerder deur middel van n vas, na die geestelike vlak te
beweeg. Dit sou boonop geen risiko inhou nie want waar God betrokke is, verloop
alles volmaak.
n
Nederlandse sakeman vertel onlangs op besoek aan Suid-Afrika dat hy nooit
versekering uitneem nie. Hy vertrou God. Toe hy egter na Suid-Afrika kom en van
al die misdaad hoor, toe neem hy op die lughawe wel versekering uit.
Niemand
het ooit van my gesteel nie, en nou dat ek versekering het is ek in Port
Elizabeth beroof. Ek het met God daaroor gepraat en Sy antwoord was duidelik:
Vertrou My, of vertrou My nie.
In
handelinge 12 vind ons n dramatiese illustrasie van die krag van gesamentlike
gebed. Daar was aanhoudende gebed
deur die gemeente. En toe die drama in die tronk, die besoek van die Engel aan
Petrus.
Daarby
die opdrag: Staan nou op! En die boeie het van sy hande afgeval. Daarna gaan
ook die tronkdeure oop en Petrus is saam met die Engel na vryheid.
Ons
aanbid vandag presies dieselfde God. Niks het verander nie, behalwe ons.
Wil ons
nie maar weer die bevel staan op gehoorsaam nie? Dan val ook ons boeie af en
ook ons tronkdeure sal oopgaan op pad na vryheid!
Toerusting van God aan Sy MedewerkersToerusting van
God aan Sy Medewerkers
Ons is nie gered om Hemel toe te gaan nie, ons is gered om die Koninkryk
van God te bou. Daar is diegene wat
beweer dat hierdie taak uitsluitlik aan die herders van gemeentes
opgedra is. Nee, elkeen van ons is geroep tot diensbaarheid.
Daarom is daar ook aan
elkeen van ons toerusting gegee om die taak mee te verrig. Predikante is niks
meer as voltydse ouderlinge nie.
Daar staan ook nie
geskryf dat ons geboue moet oprig, dit kerke moet noem en dan daar binne bidure
moet hou waarin ons bid en smeek: Here, stuur die siele in, nie.
Die opdrag is elke keer
dat daar uitgegaan moet word om die siele in te bring, uit te vaar na
die diep kant van die lewe toe en nette
der nette vol in te bring.
"Maar hulle het
uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die Woord bevestig
deur die tekens wat daarop gevolg het."
(Markus 16:20)
"Soos die Vader My
gestuur het, stuur Ek julle."
(Johannes 20:21)
Die Bybel leer dat die
Vader die wedergeborene as 'n werkende vennoot in Sy planne en werke beskou.
God en Abraham tesame het 'n groot "nasie" (Israel) geskep. God en
Moses het saamgespan om vir ons die Tien Gebooie te gee wat die grondslag van
alle siviele en sedelike wette vandag is.
Dit is deur God en Moses tot stand gebring.
Jesus self was 'n vennoot
van die Vader in die werk van verlossing.
Hy s� "Het u nie geweet
dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?" (Lukas 2:49).
Paulus, die ywerige en
bekwame sendeling, versoek alle Christene om te onthou dat ons gered is om te
dien. "Wees nie traag in die ywer nie, wees vurig van gees, dien die
Here." (Romeine 12:11).
Ons kan ware kinders van
God wees, maar die vraag is of ons, ons
lewens in totaliteit aan Hom
oorgegee het. Is ons nog in beheer van sekere sektore van ons lewe, of is
God Heer en Meester van ons ganse bestaan? Hy s�Hy is n jaloerse God. Hy wil
volle beheer h� Hoe gouer dit gebeur, hoe
gouer begin ons floreer.
Die rede hoekom ons nie
by die sterwe in Christus uitkom en waarom ons nie groei en floreer nie, is
omdat ons nie self die Bybel bestudeer nie. Ons gaan eerder ten gronde weens n
gebrek aan kennis. So sit ons dan ook keer op keer onwaardig by die
Nagmaaltafel aan en kan nie begryp waarom ons sake nie floreer nie. Ons kan nie
verstaan waarom oordele ons tref nie, maar ons waag dit om onwaardig by die
Nagmaaltafel aan te sit.
As ons die Vader aktief
dien, dan kan ons ook verwag om die Vader aktief in ons lewens te sien, dan kan
ons God se se�inge verwag, dan kan ons oorvloed verwag.
Wanneer ons onsself aan
God oorgee, begin ons 'n sakevennootskap met God. Ons word ons "medewerkers van God". 'n Vennootskap met
God is 'n saak waarin God die kapitaal voorsien en ons die arbeid. Hy voorsien
die wysheid, die mag en die middele (finansies, ens.) en ons verskaf die
diensbaarheid.
Daardie vennootskap word
ook weerspie� in ons huwelike. n Huwelik is n drieledige Verbond tussen man,
vrou en God. n Verbond is n kontrak, dit mag nie verbreek word nie en
God s�self dat, wat Hy saamgevoeg het
mag geen mens skei nie. Wat op die aarde gebind is, is ook in die Hemel gebind.
Die huwelik is n Goddelike instelling.
So is ons wedergeboorte
n Goddelike instelling. Ons moet weier dat enigiets of enigiemand daardie
verhouding, daardie Verbond, tussen ons en ons Skepper, ons Vader, verbreek.
God wil Homself betuig en
Hy het ons uitverkies as 'n kanaal deur wie Hy Sy mag en besluite kan betuig.
Ons is geroepe
diensknegte en getuies medewerkers
God voltooi Sy werk deur van
ons gebruik te maak.
"Ek sal jou die
sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee, en wat u ook op die aarde mag
ontbind sal in die Hemel ontbonde wees, en wat jy op die aarde bind sal in die
Hemel gebind wees." (Mattheus 16:19).
God is die enigste
Eienaar van Sy saak. Hy besit die planeet Aarde (Psalms 24:1; 50:10), ook al die rykdomme (Hagai 2:8); Hy
besit jou en my lewens (Romeine 14:8); God, in Sy goedertierenheid het elke mens
ryklik bedeel met sekere gawes, talente en moontlikhede. Die dinge moet nie selfsugtig of tot ons eie
voordeel aangewend word nie, maar tot verheerliking van God en die vestiging
van Sy Koninkryk.
"Doen alles tot
verheerliking van God." (1
Korinthi�s 10:31).
"Julle behoort nie
aan julleself nie, want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in jul liggaam
en in jul gees wat aan God behoort." (1 Korinthi�s 6:19-20). Ons is
rentmeesters van die gawes wat God ons gegee het.
Ons is rentmeesters van
ons tyd. "Koop die tyd uit omdat die dae boos is." (Efesi�s 5:16)
Moenie jou tyd verkwis
nie. Ons is rentmeesters van ons talente. Jesus het 'n harde oordeel
uitgespreek oor die man wat uit vrees sy talent begrawe het. Lees aandagtig
Mattheus 25:28-30.
Ons is rentmeesters van
ons geld. Geld is 'n gawe van God en moet tot Sy eer gebruik word. Lees 1 Timotheus 6:10.
Ons is ook rentmeesters
van die Evangelie. Die roeping om die grootste nuus op Aarde te verkondig, is
aan die verlostes gegee.
"Julle sal krag
ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom." (Handelinge 1:8).
Die Heilige Gees is die
Gees van God. God woon en leef in die gelowige. "Elkeen wat bely dat Jesus
die Seun van God is, God bly in hom en hy in God." (1 Johannes
4:13-17). Die Heilige Gees is
Krag. Hy is die Krag van God in die
lewe van elke gelowige.
Die doping in die Heilige
Gees is die werking van die Heilige Gees in die gelowige se hart soos op die
dag van Pinkster, m.a.w. bekragtiging tot diens.
N�ens in die Woord van
God is daar 'n bevel dat Hy Sy magtige se�ing op Pinksterdag be�ndig het nie,
maar die belofte lees steeds: "Want die belofte kom julle toe en jul
kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal
roep." (Handelinge 2:39)
Voor die dag van Pinkster
het die dissipels uit vrees vir die owerhede gevlug. Na Pinkster het hulle die
troon van die Romeinse Ryk geskud. (Handelinge 17:6).
Maar hulle het hierdie
se� nie vir hulself gehou nie. Hulle het uitgegaan en gespreek en duisende het
hulle bekeer. Hulle het geleef en gesterf tot verheerliking van die Evangelie
en het die hele wêreld geskud.
God verlang manne en
vroue vandag wat gevul is met die Heilige Gees om soortgelyke werke te doen.
DOPING EN VOLHEID VAN DIE HEILIGE GEES
By die bekering is elke gelowige onmiddellik 'n kandidaat vir die Gawe
van die Heilige Gees en elke gelowige benodig die volheid van die Heilige Gees
om die werk van Jesus Christus te doen. "Nie deur krag of deur geweld nie
nie met bomme, missiele en oorlogvoering
nie maar deur My Gees."
(Sagaria 4:6).
2. Die Gawe van die Heilige
Gees word gegee deur God se geregtigheid en nie terwille van 'n gelowige se
geregtigheid of bekwaamheid nie. Dit is 'n "gawe" en nie 'n
"kenteken van meriete" nie.
Sou gelowiges God nader
vir hierdie Gawe op grond van hulle eie geregtigheid of heiligheid, dan
opponeer hulle gewetens hulle geloof en hulle gewetens s� "Ek is nie goed
genoeg nie."
3. Die werk van "die
prediking van die Gees deur die geloof" (Galasi�s 3:5) word skynbaar nie
aan elke prediker gegee nie. Filippus het na Samaria gegaan en Jesus Christus
en die Koninkryk van God verkondig. Groot getalle is gered en genees maar
niemand het die Gawe van die Heilige Gees ontvang nie. (Handelinge 8:5-12)
4. Petrus en Johannes het
daarheen gegaan en vir hulle gebid. Toe hulle hande op hulle gel�het, het die
Heilige Gees op hulle gekom. Maar hierdie bediening is nie beperk tot predikers
nie. Kyk na Ananias. (Handelinge 9:10-17)
5. Hierdie hele bediening berus
op 'n helder en ferm oortuiging dat God die Heilige Gees aan gelowiges gee uit
genade as 'n "gawe" en nie aan 'n paar uitverkorenes wat moontlik as
"waardig" beskou word nie.
6. "Geloof wat
ontvang" is altyd aktief. Dit wag nooit nie, maar is beslis en neem in besit. Om te wag en om God te smeek vir die
"gawe" is 'n teken van ongeloof. Ons is erfgename. Ons het die gawes
ge�f. Erfgoed word n mens se eiendom deur dit op te eis.
7. Na Pinkster is niemand
onderrig om te wag of te smeek vir die Heilige Gees nie. Hulle is geleer "om die Heilige Gees te ontvang
deur die woord van geloof en ook deur handoplegging". (Handelinge 8:14-17; 9:17;
10:44-48; 19:6 en Galasi�s
3:2-5)
8. Die Apostels het die spreek
in ander tale as 'n teken van die ontvangs van die Heilige Gees ervaar en
aanvaar. Wanneer u die Heilige Gees ontvang, ontvang u saam daarmee n Hemelse
taal spreek dit net!
9. Jesus s� "As iemand dors het (dit is begeer)
laat hom kom (glo en vra) en drink (dit is aktiewe geloof) van die lewende
water (die Heilige Gees)".
(Johannes 7:37).
Die grootste herlewing in
die geskiedenis, wag op ons en as u gereed en voorbereid is, sal die Here ons
gebruik om die duisende soekende siele na God en verlossing te bring. Ons sal
vele vyande verslaan, vestings neerwerp.
DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES
Die bediening en gawes van die Heilige Gees wat die Christene
verwaarloos en meesal verloor het, is die Here Jesus nou besig om te herstel.
Hy is besig om Sy wysheid en Sy mag en Sy gesag oor Sy eiendom te herstel.
Ons, elke Geesvervulde
gelowige, het een of meer gawes en bedieninge. Alle gelowiges word geroep om
Hom te dien en het die vermo�gekry om die werk te doen. Niemand is uitgesluit
nie. Of u dit weet of nie u is toegerus deur die Heilige Gees om sekere pligte te vervul.
Ons is geroep, uitverkies
en bonatuurlike mag en gesag gegee om daardie gawes en bedieninge te gebruik.
Met Sy wysheid en Sy sterkte kan u groot dinge doen.
Ons kan die "groter
dinge" doen soos die Here Jesus belowe het. Christus het met groter
meer, bedoel. Ja, ons sal meer dinge doen as wat Hy gedoen het. Is dit
nie wonderlik nie. Elke gawe is 'n teken dat die Here deur 'n mens, met behulp
van sy medewerking, werk. Onthou, ons is tot alles in staat deur Christus wat
ons die krag daartoe gee!
Daar is nege bonatuurlike
gawes van die Gees, wat die Here aan die mens gee en wat Hy uitdeel soos Hy wil
(1 Korinthi�s 12).
Hulle kan in drie groepe
verdeel word:
Drie gawes van openbaring ('n woord van
wysheid, 'n woord van kennis en onderskeiding van die geeste (1 Korinthi�s 12:
8-10).
Drie
gawes van Krag (die gawe van geloof, die gawes van genesing en die werkinge van
wonders, verse 9-10)
Drie gawes van ge�spireerde
uitinge (verskeidenheid van tale, die uitleg van tale en die gawe van profesie,
vers 10).
Hierdie is verskillende gawes, maar dit is dieselfde Gees
wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. Hy gee gewoonlik een of meer
aan elkeen wat met die Gees vervul is
(Romeine 12: 6-8), met ander woorde een of meer gawes kom in die
Geesvervulde gelowige se lewe tot openbaring.
Hoe weet mens dat jy byvoorbeeld die gawe van gesondmaking
het? Maklik. Begin net vir siekes bid. Elkeen van ons het gawes ge�f. Die Here
sal die gawes wat ons het bevestig.
Hierdie nege gawes word gegee om eer en heerlikheid aan die
Gewer te bring, en om in die behoeftes van die mens te voorsien. Hulle word
gegee as tekens en wonders om die gelowiges en ongelowiges te oortuig dat die
Here in hul midde werk.
Ons Here Jesus werk dus saam met en deur mense. As Hy Sy
gawes aan Sy medewerkers toebedeel, dan gee Hy hulle mag en gesag om die tekens
en wonderwerke te doen om sodoende die sondige wêreld te bemoedig en te
oortuig.
As die Geesvervulde gelowige een of meer van hierdie gawes
van die Gees openbaar, dan openbaar hulle bonatuurlike kennis of bonatuurlike
uitinge. Hulle WEET dinge wat die natuurlike mens nie weet nie; hulle DOEN dinge
wat die natuurlike mens nie kan doen nie;
hulle S�dinge wat die natuurlike mens nie kan s�nie. Die onderskeid l
tussen die vleeslike en die geestelike vlak.
Elke gawe is Jesus Christus in aksie en is 'n manifestasie
van Sy mag en wysheid. Die werkinge
van die gawes voorsien in die mens se behoeftes. Dit dien tot die mens se
saligheid, doping, genesing en verlossing van die bose. Dit is die pad van
heiligmaking. Dit bou jou geestelik en jy stap n pad na God se hart waaroor Hy s�dat Hy Sy verborgenhede aan
diesulkes sal openbaar.
Hierdie groot en magtige gawes is die wapens waarmee die
Vader Sy soldate toerus. As ons in Sy
we�wandel en onsself aan die Heilige Gees oorgee om die gawes te manifesteer
is daar geen rede om bose magte, demone, te vrees nie. Die hoofdoel van die
gawes is om die werke van Satan af te breek en om die koninkryk van God uit te
brei.
Ons het deurentyd hierdie twee magte en kragte wat teenoor
mekaar staan. Die Satan met sy gevalle engele en demoniese magte sal tot aan
die einde van dae voortgaan soos n brullende leeu om te verslind wie hy ook al
kan.
Om aan God se kant te staan, beteken om die volle
wapenrusting aan te trek.
Vir diegene wat die gawes openbaar, word die bonatuurlike
"natuurlik". Die onmoontlike word "moontlik". Ons verwag die onverwagte. Ons s�en doen dinge soos die Here Jesus sou
s�en doen.
Wat ons die werkinge van die gawes noem, is in werklikheid
die manifestasie van die Here Jesus self, wat in ons woon en deur ons werk.
Daarom is genesings en wonders vandag moontlik, daarom is dit noodsaaklik om
die wêreld te oortuig dat Jesus lewe!
Die Here beveel ons: "Maak siekes gesond, reinig
melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit." (Mattheus 10:8).
DIE HEILIGE GEES AS GODDELIKE PERSOON
Skriftuurplase oor die
Gees as 'n Goddelike Persoon:
Johannes 16: 1-5 So
is Hy openbaar deur Christus
Handelinge 5: 1-11 So
is Hy erken deur die Apostels
1 Korinthi�s 12: 4-11 So word Hy gesien in die mededeling
van die gawes
Mattheus 28:19 Gelyk
aan die Vader en die Seun in die doop-bediening
2 Korinthi�s 13:14 Gelyk
aan die Vader en die Seun in die se�
Johannes 16: 8-11 Hy
oortuig
Johannes 3:5 Hy verkwik die siel
2 Thes. 2:13 Hy maak heilig
Hebre�s 3:7 Hy roep
1 Johannes 2:20 Hy
salf
Jud. 20 Hy help in gebed
Romeine 8:26 Hy
help in ons swakhede
Handelinge 9:31 Hy
troos
Johannes 16:13 Hy
lei in alle waarheid
Johannes 16:14 Hy
verheerlik Christus
Efesi�s 4:30 Bedroef die Gees nie
Handelinge 7:51 Weerstaan
die Gees nie
1 Korinthi�s 12:11 Sy
soewereiniteit
DIE HEILIGE GEES AS
TROOSTER
Skriftuurplase oor die
Gees as Trooster
Lukas 12: 1-12 Troos
in tyd van beproewing
Handelinge 7: 54-60 Lei in die sterwensuur
Handelinge 13:44-52 Gee blydskap in diens
Romeine 5:5 Stort Goddelike Liefde uit
Romeine 8: 1-28 In
die lewe en Gebed
Romeine 15: 5-25 Werksaam
in die Christelike lewe
Johannes 14: 13-26 Belowe
en verduidelik
Johannes 14:16-17 Belofte
as 'n blywende Teenwoordigheid
Handelinge 9:31 Troos
die Gemeente
Handelinge 11:24 Vul,
gee geloof en vrugbaarheid
DIE HEILIGE GEES AS
LEERMEESTER EN GIDS
Skriftuurplase oor die
Gees as Leermeester en Gids
Jes. 11: 1-5 Soos in die lewe van Christus gesien
Johannes 14: 13-26 Karakter
1 Korinthi�s 2: 9-14 Die wat Hy beskerm
Lukas 2:25-32 Leiding
na Christus toe
Lukas 4: 1-13 Lei
na die plekke van toetsing
Eseg. 27: 1-14 Openbaar
die geestelike nood
Skriftuurplase oor die
Gees as leraar en Gids
Johannes 14:26 Hy
lei
Johannes 16:13 Hy
lei in die hele waarheid
Johannes 16:14 Hy
openbaar dinge van Christus
Romeine 8:14 Leiding
bewys van kindskap
Galasi�s 5:18 Leiding
en geestelike vryheid
Waarom
nog Bid?
Dr. F.J. Heugel
s� Gebed is n nasie-skuddende,
geskiedenis-makende, wêreld-verskuiwende saak.
Roep My aan en ek sal jou bekendmaak groot en ondeurgrondelike dinge
wat jy nie weet nie. Jer. 33.3. Dit is nie dat gebed as sodanig magtig is
nie, maar God is as ons maar net regtig wil bid. Die Lewende God, vir wie niks onmoontlik is nie omdat Hy
Almagtig is kan die geskiedenis verander, die lewe van n volk omskep en
oorlo�halt roep alles in antwoord op gebed! Ons toekoms is in ons hande!
As God Almagtig is en enigiets kan doen volgens Sy
wil, het Hy dan nog enigiets nodig van enige van Sy skepsel?
Hy wat die heelal geskep het deur
enkele woorde te spreek, en steeds alles in stand hou sonder dat Hy die mens
benodig, waarom sou Hy ons nou nodig h�vir enigiets wat Hy teweeg wil bring?
As Hy ons nie nodig gehad het om die
heelal te skep nie, waarom het Hy gebed ingestel? Wanneer het Hy dan van ons
afhanklik geword? Waarom kan Hy niks doen in die sfeer van menslike
verlossing, behalwe deur menslike samewerking en dit deur gebed en geloof nie?
Hoe het God Homself dan so in n hoek
toegeverf? As God in totaliteit selfgenoegsaam is wanneer Hy deur bloot n
woord te spreek enige moontlike en onmoontlike ding tot stand kan laat kom
waarom gaan Hy dan nie voort, sonder die hulp van enigiemand se intelligensie
of wil, en tree arbitr� op en spreek net die woord nie?
Is God dan hulpeloos sonder die
mens. Die misterie van gebed as instelling word opgeklaar in Eseg. 22: 30-31.
In n tyd van nasionale
geloofsversaking, het God ges� En Ek het onder hulle n man gesoek wat n
muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek
dit nie verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.
Daarom het Ek my toorn oor hulle
uitgegiet; deur die vuur van My grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel
het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die HERE, HERE.
Hier sien mens duidelik dat God na
rede soek om n verdiende loon uit te oefen. Hyself verlang daarna om die volk
te spaar, maar vreemd genoeg is Hy magteloos sonder menslike ingryping,
sonder n bemiddelaar.
As niemand in die bres wil tree nie,
kan Hy nie Sy oordele, Sy toorn, terughou nie.
Maar waarom moet Hy van ons gebed
afhanklik wees om die volk te verdedig teen Sy eie toorn? God is tog Almagtig
en verhewe, soewerein in die heelal?
Hy is tog die uiteindelik Regter, die
Jurie, die Uitvoerende Mag, die Een wat gesag toepas. Of is Hy dalk nie?
As Hy verlang om nie sy volk te
oordeel nie, as Hy graag genade wil betoon, hoekom gebruik Hy nie Sy Almag en
soewereiniteit nie, ten spyte selfs van wat ons mag bid of nie bid nie?
Anders gestel: God se Wil is soewerein
in alle dinge. As Hy wil dat siele gered word, dat herlewing moet uitbreek, dat
Sy afgedwaalde volk na Hom moet terugkeer, hoekom gaan Hy nie net arbitr� oor
ons koppe en voer Sy Wil uit nie?
Waarom het Hy n stelsel daar geplaas
wat hom afhanklik maak van ons? Is dit nie n verstommende misterie nie?
God pleit by ons om te bid. Hy wil
niks doen in die sfeer van menslike verlossing, sonder ons gebed en intersessie
nie.
Hy pleit nie net dat ons tussenbeide
moet tree met gebed nie, Hy dring daarop aan, soebat ons eintlik.
In Matt. 7:7 dring Hy daarop aan dat
ons moet klop en nogmaals klop, en voeg dan by: Vir elkeen wat klop sal
oopgemaak word.
Dan verduidelik hy self: Die man en sy
vrou en kinders slaap reeds, die deure is gegrendel toe die vriend opdaag en aanklop en vra vir drie brode.
Maar die man wil nie opstaan en sy
vriend help nie. Dan s�Jesus: Alhoewel hy nie sal opstaan en help omdat dit sy
vriend is wat aanklop nie, staan hy uiteindelik tog op en help vanwe�die
vriend se aanhoudende irreterende geklop.
Met ander woorde, as mens ophou klop,
word daar nie oopgemaak nie. Soms moet mens nogal lank klop, maar die belofte
staan vas: As jy aanhou klop dan sal daar vir jou oopgemaak word!
En verder: As jy aanhou soek, sal jy
beslis vind.
Dit is duidelik dat God niks doen, en
niks gebeur, as ons nie bid nie.
God is die God van die oes, nogtans
dring Hy in Matt. 9:38 daarop aan dat ons moet bid dat Hy arbeiders in die veld
moet stuur.
Die oes is syne en die arbeiders is
tog syne. Hoekom sou Hy hulpeloos toekyk terwyl Hy wag dat ons bid dat Hy
arbeiders in die oes moet instuur? Hoekom stuur hy arbeiders alleen uit in
antwoord op ons gebed?
Die fundamentele belangrikheid van
hierdie instelling van gebed in God se Raadsplan, word verder beklemtoon
daardeur dat God homself onomwonde verbind om te antwoord!
God se belofte om te
antwoord is byna soos n blanko tjek wat reeds Sy handtekening dra. Dis n
verbysterende gedagte, maar n werklikheid. Dis of God Sy septer aan ons
oorhandig het en by ons pleit om dit te gebruik.
Die volgende voorbeelde ruim alle
twyfel uit die weg:
En wat julle ook al in My naam mag vra, dit sal Ek doen,
sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in My naam vra,
sal Ek dit doen. Joh. 14: 13-14.
As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra
net wat julle wil h� en julle sal dit verkry. Joh. 15:7.
En in daardie dag (n�die Hemelvaart) sal julle My niks
vra nie. Voorwaar, voorwaar, Ek s�vir julle, alles wat julle die Vader sal vra
IN MY NAAM, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie.
Bid, en julle sal ontvang (hoekom?) sodat julle blydskap volkome kan wees!
Joh. 16:23-24.
Daar is geen voorwaardes wat God bind of verhoed om die gebed van n
getroue kind van Hom te beantwoord nie. God self hoef aan geen voorwaardes te
voldoen nie.
Die voorwaarde: As julle in My bly en My woorde in julle, is moontlik en
binne bereik van elke wedergeborene wat dit erns met God bedoel.
As dit nie moontlik was om hierdie voorwaarde na te kom nie, dan sou dit
sekerlik n risiko aan die kant van God wees om sulke verreikende beloftes te
maak en so iets is tog onmoontlik, God sal nie n fout maak nie.
As God dus nie kan fouteer nie, dat is die totale verantwoordelikheid vir gebedloosheid of oneffektiewe gebed, ons
sin.
Van God se kant af is dit dus n eervolle optrede. Van God se kant af is
dit n waterdigte aangeleentheid. Sy deel is reeds gedoen. Sy belofte is om
altyd te antwoord ingevolge Sy Wil. Daar is dus ook geen fynskrif nie.
Die getroue kind van God sal nooit iets vra buite die Vader se Wil nie.
God wou in n stadium iemand h�om in die bres te staan vir die volk. Dit
is dus Sy Wil dat ons tot Hom bid om herlewing en restourasie van die volk.
As ons sekere middele daarvoor benodig, dan sal Hy dit ook gee. Dieselfde
geld in die geval van siele inwin vir Sy Koninkryk.
Ook geld dit ons blydskap want dit is Sy Wil dat ons blydskap volkome sal
wees!
God se aanbod aan ons is n bona fide aanbod, n aanbod ter goeder trou.
Dit is n uitnodiging aan die wedergeborenes om in volle vennootskap saam met
Hom te lewe. Nie dat ons namens Hom besluite sou neem nie, maar meer in die sin
van medewerker.
Die verantwoordelikheid en die uitvoer van God se raadsbesluite, plaas Hy
op die skouers van Sy Kerk.
En Ek s�ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente
bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die
sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee; en wat jy (My gemeente) ook op
die aarde mag bind, sal in die Hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde
mag ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees. Matt. 16: 18-19.
Die belofte word aan die Kerk in die algemeen herhaal in Matt. 18:18: Voorwaar Ek s�vir julle, alles wat julle
op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees, en alles wat julle op die
aarde ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees.
Kyk, ek gee aan julle mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al
die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Lukas 10:19.
Vrede vir julle! Sopos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. As
julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die
mense hulle sondes hou, dan is dit gehou." Joh. 20:21.
Wat betref Joh. 20: 21-23 is dit duidelik dat ons as God se
verteenwoordigers op aarde aangestel is. Soos wat die Vader Hom gestuur het,
stuur Hy ons ook.
Hy sou ook nie die opdrag gegee het as Hy ons ook nie die krag voorsien het
om die taak uit te voer nie.
Die vraag is: Waarom het God verkies om binne die raamwerk van gebed te
opereer? Waarom het hy die volle verantwoordelikheid vir die uitvoer en
administrasie van Sy Goddelike regering
op aarde, op die skouers van die wedergeborenes geplaas?
Waarom sal Hy hom nie inmeng in aardse aangeleenthede nie, behalwe om op te
tree in medewerking met Sy Kerk?
God het uit en uit van Sy magte aan Sy Kerk gedelegeer. Hoe anders kon dit
moontlik word om die Evangelie na elke uithoek van die w�eld te neem?
Deel van die Opdrag is: En leer hulle. Hoe sou dit moontlik wees om die
nuwe siele wat inkom in die Koninkryk te leer, as dit nie die plig van die
wedergeborenes is nie?
God had iets oneindig groot in gedagte toe Hy die stelsel van gebed
ingestel het. God se ewigheidsdoel met die heelal en Sy volk was om n
Ewigheids-maat vir Christus op aarde te skep.
Hierdie feit is deel van die openbaarmaking van die misterie in die Boek
Efesi�s wat die klimaks in Hoofstuk 5 bereik.
Hierdie hoofstuk verklaar die Goddelike openbarende parallel tussen God se
menslike en Goddelike huweliksprogramme.
Strof�32 klaar die misterie op wanneer Paulus onomwonde verklaar dat die
huweliksmaats in die huweliksprogram,
Christus en die Bruid (ons die wedergeborenes) is.
Hoekom? Want die Bruid (die Kerk van Christus) in sy hoedanigheid as Bruid
van Christus, as huweliksmaat, sal die hoogste amp in die heelal beklee, naas
die Godheid self.
As Bruid van die Ewige Seun, sal sy saam met Hom universele soewereiniteit
deel!
Weet julle nie dat die Heiliges die wêreld sal oordeel nie. Weet julle nie
dat ons Engele sal oordeel nie? 1 Kor. 6: 2a-3a.
As ons verdra, sal ons saam met Hom regeer. 2 Tim. 2:12.
En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor
die nasies gee. Openb. 2:26.
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek
ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het. Openb. 3:21.
Toe sing hulle n nuwe lied en s� U is waardig om die boek te neem en sy
se�s oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop, uit
elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse
God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. Openb. 5: 9-10.
Omdat die wedergeborenes Christus se Geliefde en Bruid is, moet sy onderrig
word, geleer word, en voorberei word vir haar Koninklike rol.
Deur Sy gesag aan die Bruid te delegeer om Sy administrasie en besluite op
aarde uit te oefen moet die Bruid
leef soos een wat gereed is om
in die huwelik te tree.
Die Bruid moet toenemend in die binnekamer in gebed verkeer rakend God se
Raadsbesluite en die uitoefening daarvan. Ons kan dit ook in-diens-opleiding
noem.
Sy moet die kuns van geestelike oorlog aanleer en begryp, oor hoe om die
onheilsmagte te verslaan in voorbereiding vir haar huwelik met die Lam van God
en haar troon-bestyging.
Om haar in staat te stel om die tegniek van oorwinning aan te leer, het God
die stelsel van gebed ingestel.
Let op hoe word haar sfeer van aksie beklemtoon: Wat jy ook al bind op die
aarde sal in die Hemel gebonde wees, wat jy ook al ontbind op die aarde sal
in die Hemel ontbonde wees.
En, As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag
vra, dit sal hulle ten deel val van My Vader wat in die Hemel is. Matt:
18:19.
Hierdie delegering en verantwoordelikheid betreffende gesag en
administrasie wat aardse aangeleenthede aanbetref, beslaan die hoogste eer, en verhoog die Bruid tot die hoogste
rangorde onder alle lewende wesens.
Geen Engel of Aartsengel sal ooit hierdie ho�rangorde beklee nie, want nie
Engele nie, maar alleen wedergeborenes is in die beeld van God geskape en
kwalifiseer om die bruid te wees en die Bruidegom se troon te deel.
Hierdie raadsplan van God is nie as n losse gedagte agterna ingestel nie,
maar kom nog voor die grondlegging van die aarde af, aldus Efes. 1: 4. Hy het die wedergeborenes uitverkies voor
die grondlegging van die w�eld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde
te wees.
Dit was God se oorspronklike doel met die skepping van die heelal. En Sy
gebedsprogram is die metode om die Bruid voor te berei vir haar toekomstige rol
as Koningin.
Dit is waarom God nooit oor die kop van Sy Kerk gaan nie. Hy sal nie dinge
uit ons hande neem nie. Ons het n kardinale rol om te vervul.
Deur Haar rol hier op aarde te
vervul, kan Sy haar volle status bereik as mede-regeerder van die heelal. God
kan Haar nie verlos voordat Sy nie haar verantwoordelikheid aanvaar en n
sukses van haar taak maak nie.
2 Petrus 3: 0 lees: Die HERE vertraag nie die belofte (van Sy Wederkoms)
soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie h
dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
Hoe lank ons dus nog op hierdie aarde gaan wees voordat ons oor die konings
en priesters van hierdie w�eld gaan regeer, hang alles van ons eie prestasie
af.
Feit is, Hy kom nie voordat Sy Bruid nie sonder vlek of rimpel is nie.
Efes. 5: 27.
God sal dus niks doen, anders as in antwoord op gebed nie. Die
wedergeborenes moet in gebed en intersessie intree vir God se volk, vir
herlewing, vir restourasie.
Die grootste wat enige wedergeborene vir God en vir die mens kan doen, is
om te bid!
Natuurlik kan ons meer doen as net bid nadat ons gebid het, maar ons kan
niks doen alvorens ons nie gebid het nie.
Deur gebed slaan ons die uitklophou. Deur dienswilligheid versamel ons die
resultate. Hoe meer gebed daar is, hoe n beter plek sal die w�eld wees waarin
ons woon, en hoe magtige sal ons teen die onheil staande kan bly.
Ons het en maak tyd vir alles, behalwe om te bid. Maar hopelik, nou dat ons
almal besef wie ons werklik is en watter belangrike rol ons op aarde moet
vervul en watter groter rol ons in die Hiernamaals gaan vervul, hopelik sal ons nou tyd maak om met God te
versoen en ons voor te berei vir die komende Huwelik.
Van nou af aan, laat die volgende strof�ons slagspreuk of ons wagwoord
wees: Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking
van God! 1 Kor. 10: 31.
En
wat leer Die Bybel, hoe bid ek om seker te maak dat my gebede beantwoord word?
Baie
mense bid nie meer nie. Hulle s�dit help nie want hulle gebede word tog nie
beantwoord nie.
Wat ons hier gaan doen is nie om te
kyk wat ons nie moet doen nie, maar wat ons wel moet doen, om seker te maak dat
ons antwoorde op ons gebede kry.
Ten eerste moet ons besluit presies
wat ons van die Vader verlang. Hoekom?
Want Jak. 3:6-8 s� Maar hy moet in
die geloof bid, sonder om te twyfel: want hy wat twyfel, is soos n golf van
die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word want di�mens, moenie
dink dat hy iets van die Vader sal ontvang nie. Met ander woorde, so iemand
sal niks van die Here ontvang nie.
Jakobus s�verder dat so iemand
dubbelhartig is en boonop onbestendig is al sy we�
Dis soos iemand wat n trollie op en
af in n hipermark stoot en nie kan besluit wat om te koop nie, net omdat hy of
sy nie vooraf besluit het wat hulle nodig het nie.
As twyfel u probleem is, bely dit en
weier om te twyfel.
Ons moet aanvaar dat daar twee magte
op die aarde aanwesig is: God se mag en die satan se mag. Die twee staan
teenoor mekaar. Twyfel kan nooit van die Hemel af kom nie.
Die amptelike opdrag is in Jak. 4:7:
Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel, en hy sal van julle
wegvlug!
Om te twyfel is dus sonde.
Ten tweede moet ons die Vader vra vir
dit wat ons nodig het. Onthou, Hy voorsien dit wat ons nodig het, en nie dit
wat ons wil h�nie!
Matt. 7:7-8 lees: Bid, en vir julle
sal gegee word: soek en julle sal vind: klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Want, elkeen wat bid, ontvang: en hy wat soek, sal vind, en vir hom wat klop
sal oopgemaak word.
En verder (Matt. 6:8) julle Vader
weet wat julle nodig het nog voordat julle vra.
Hoeveel mense het nie al hierdie
strof�aangehaal en ges�maar hulle hoef nie te bid nie want die Vader weet
reeds wat hulle nodig het.
Maar, waarom moet ons dan nogtans vra?
Dis eenvoudig.
Wanneer u agterkom dat u kind se skoene vervang moet word en u vervang dit
voordat hyself agtergekom het dit is flenters, dan het daardie kind geen
waardering vir die nuwe skoene nie.
Kom die kind egter self agter dat sy
skoene vervang moet word en hy vra mooi dat sy ouers vir hom nuwes moet koop,
dan sal hy net waardering openbaar nie, maar
hy sal die skoene ook oppas.
Ten derde moet ons glo dat ons wel
ontvang.
Want voorwaar, ek s�vir julle dat
elkeen wat vir hierdie berg (probleem) s� hef jou op en werp jou in die see
en nie in sy hart twyfel nie, maar glo wat hy s�sal gebeur hy sal verkry net
wat hy s�
Daarom s�Ek vir julle: alles wat
julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang glo dat julle dit reeds
ontvang het), en julle sal dit verkry. Mark. 11:23-24.
Vierdens moet ons Skriftuurplase lees
wat beloftes vir ons gebed bevestig.
Fil. 4: 8.
Asook Jos. 1: 8; Hierdie wetboek mag
nie uit jou mond wyk nie, maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan
handel volgens alles wat daarin geskrywe staan: want dan sal jy in jou we
voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.
Die opdrag is dat ons die Woord van
Here deeglik sal ken, sodat ons nougeset kan wandel natuurlik ook wat betref
wat rondom ons aangaan sodat ons presies kan weet waarvoor om te bid of in die
bres voor te staan.
Christus het nooit n wapen saam met
Hom rondgedra nie. Hy het deurentyd die Woord as swaard gebruik, bv toe die
duiwel Hom drie keer versoek het.
Die volk gaan ten gronde weens n
gebrek aan kennis. Kyk net wat leer mens nie al net uit hierdie geskrif nie.
Joh. 15:7 lees: As julle in My bly en My woorde (kennis) in julle, sal
julle vra net wat julle wil h� en julle sal dit verkry.
Ons het geen verskoning daarvoor as
ons nie die Woord ken nie.
Vyfdens moet ons aan God lofprysinge
gee. Fil. 4: 6 lees: Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes (oor
die dinge wat julle werklik benodig) in alles deur gebed en versoeke (nie
smeking) met danksegging by God bekend word.
Ps. 149 s�lofprysinge is soos n
tweesnydende swaar: Aan die een kant maak ons God se naam groot, terwyl ons aan
die anderkant wraak uitoefen oor die
heidene, strafgerigte onder die volke; om hulle konings met kettings te bind en
hulle edeles met ysterboeie, om n vonnis wat (reeds) opgeskrywe is, aan hulle
te voltrek. n Eer is dit vir al Sy gunsgenote. Hallelujah!
Sesdens bid ons altyd in die naam van
Jesus Christus. Joh. 16: 23 lees En in daardie dag sal julle my niks vra nie.
Voorwaar, voorwaar, ek s�vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in My
naam, sal Hy julle gee
Inderdaad wys die Skrif ons daarop dat
ons niks kan ontvang as ons verkeerd sou bid nie.
Julle
bid en julle ontvang nie omdat julle verkeerd bid, s�Jak. 4:3
Inderdaad
is dit so dat die Here s� nog voordat ons vra dan weet Hy reeds wat ons gaan
vra. Nou redeneer sommige: maar as Hy dan weet nog voordat ek vra, hoekom is
dit nodig dat ek hoegenaamd vra?
Wanneer ouers sien dat hul kind se skoene al nerfaf is weet
hulle dit is tyd vir nuwe skoene. Maar as hulle kundig is, dan sal hulle wag
totdat die kind self besef hy het nuwe skoene nodig.
Wanneer hy dus om nuwe skoene vra, het sy ouers lankal
geweet wat hy gaan vra. Maar, omdat die kind nou self besef het hy moet nuwe
skoene kry en daarom vra, nou sal hy ook waardering vir sy nuwe skoene h�
Die Bybel leer ons n paar pragtige kleinnode oor gebed.
Dit is soos volg:
Vergewe as jy iets teen iemand
het.
Gaan lees weer die
bekende gebed Die Onse Vader. Let op na die woorde: Vergewe ons, ons skulde, soos
wat ons, ons skuldenaars vergewe. Lees ook die paar strof� direk na die
Onse Vader en let op hoe die klem laat val word juis op die feit dat as ons nie
vergewe nie, dan kan die Vader ons nie vergewe nie en alle gebede wat ons bid
is absolute tydmors en frustrasie.
Matt. 6:14: want as julle die mense
hul oortredinge vergewe, sal julle
Hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hul oortredinge nie
vergewe nie, sal julle Hemelse Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Markus 11:25-26: En wanneer julle staan en bid vergeef
as julle iets teen iemand het (hoekom?) sodat julle Vader wat in die Hemele is,
ook julle oortredinge kan vergewe.
Maar, as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die
Hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
Ook Jakobus versoek in Hoofstuk 5:16: Bely mekaar
julle misdade (hoekom?) sodat julle
gesond kan word. En dan voeg hy by:
Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.
Let net op: Bely mekaar julle misdade. Lees dit liewer
soos volg: Bely mekaar julle misdade wat julle teenoor mekaar gepleeg het.
Ons gaan vertel dit dus nie aan ander nie, maar bely dit teenoor die broer of
die suster teen wie ons gesondig het, en ook teenoor die Here.
Besluit wat jy van die Here wil
h�
Maar hy moet in die geloof bid,
sonder om te twyfel: want hy wat twyfel, is soos n golf van die see wat deur
die wind gedrywe en voortgesleep word Want di�mens, moenie dink dat hy iets van
die Here sal ontvang nie so n dubbelhartige man is onbestendig in al sy we�
Jak. 1:6-8.
Dis soos iemand wat gereeld iets doen en eintlik niks doen
nie.
Wat is die les hierin? Eenvoudig. Weier om te twyfel!
Twyfel kom nie van die Heilige Gees af nie. Twyfel kom van
die vertwyfelaar, die satan self. As hy jou gebede kan verhinder, slaag hy
daarin dat jy onsuksesvol in alles is en dus geen skade aan sy koninkryk kan
aanrig nie.
Weier om te twyfel so lees die opdrag in
Jak. 4:7: Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel, en hy sal van julle
wegvlug.
Ja, verdryf hom in
die naam van Jesus Christus! Onthou, alle mag oor die vyand is aan jou gegee
deur Jesus self!
Vra vir dit wat u van God nodig
het.
Matt. 7:7-8: Bid, en vir
julle sal gegee word: soek, en julle sal vind: klop, en vir julle sal oopgemaak
word. Want, elkeen wat bid, ontvang: en hy wat soek, sal vind, en vir hom wat
klop sal oopgemaak word.
En in Matt. 6-8 is geskrywe: julle Vader weet wat julle nodig het nog voordat
julle vra.
Sommige s� ja, maar hoe weet ek of dit God se wil is wat
ek vra? Wel, hier is dit duidelik dat dit Sy wil is dat ons mag vra wat ons nodig
het.
Glo dat u wel ontvang.
Want, voorwaar, ek s
vir julle, dat elkeen wat vir hierdie berg s� hef jou op en werp jou in die
see en wie nie in sy hart twyfel nie, maar glo wat hy s�sal gebeur hy sal
verkry net wat hy s� Daarom s�Ek vir julle: alles wat julle in die gebed vra,
glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. Markus 11:23-24.
Basies staan hier geskrywe: glo dat julle dit reeds ontvang
het!
Dit s�nie wanneer mens dit gaan verkry nie. Wanneer vir n
sieke gebid word, dan praat ons van n Goddelike wonderwerk as die genesing
onmiddellik plaasgevind het, en van Goddelike genesing wanneer die genesing oor
n tydperk plaasvind.
Maar as daar nie getwyfel word nie, gaan dit gebeur, een of
die ander tyd, maar dit gaan beslis gebeur.
Sy beloftes bevestig gebed
Hierdie wetboek mag nie
uit jou mond wyk nie, maar bepeins dit dan en nag (hoekom?) sodat jy nougeset
kan wandel volgens alles wat daarin geskrywe staan (hoekom?) want dan sal jy in
jou we�voorspoedig wees, en dan sal u met goeie gevolg handel. Jos. 1:8 en
Fil. 4:8.
Die opdrag is dat jy die Woord van die Here deeglik sal
ken, sodat jy nougeset kan wandel.
Jesus het nooit n wapen met Hom saamgedra nie. Hy het
deurentyd die Woord as tweesnydende swaard gebruik.
Die volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis. Luister
net na Christene se tafelgebede: Here, maak ons opreg dankbaar vir wat ons nou
gaan geniet, amen.
Die mense wat nou gaan eet is nie dankbaar nie, nou word
gevra hulle moet opreg dankbaar gemaak word. Waar in die Bybel staan dat mens
moet bid om opreg dankbaar gemaak te word deur die Here?.
Die man is die ho�priester in sy huis. Hy moet die kos
se� voordat dit ge�t mag word. In baie van ons huise bid die man vir een of
ander rede nie en moet sy vrou telkens die kos se�. Het ons manne so swak geword.
Ander bid weer dat jy geen woord kan uitmaak wat hulle bid
nie.
Die een wat gebid het die Here moet hulle opreg dankbaar
maak, is nie net ni�opreg dankbaar nie, maar hy het amen ges�sonder om die
kos te se�!
En het jy al die volgende gehoor: Here, se� die voedsel
aan ons liggame om u naams ontwil, amen.
As die bidder dalk twyfel in sy eie se� het, dan kan dit
dalk verskoon word dat hy vra dat die Here die kos moet se�, Maar hoekom nou
om Sy naams ontwil.
Die Engels slaan die spyker bietjie dieper in: For Jesus
sake, amen.
You are not praying for His sake, you are praying for your
sake.
Die gebed moes gewees het: Vader, baie dankie vir die
vooreeg om voedsel aan tafel te mag h� Ek se� hierdie voedsel in die naam van
Jesus Christus, amen.
Ons keer terug na die kwessie van bevestigende Skrif: Joh.
15:7 As julle in My bly en my
Woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil h� en julle sal dit verkry.
Jy hoef nie te leer waar die tekste staan nie. Die geheim
is om die Woord te bestudeer, daaroor te mediteer en dit deel van jou karakter
en persoonlikheid te maak.
Paulus s� word vernuwe in julle gemoed. Ja, n mens
se hele gemoedstoestand moet vernuwe. Dan lewe mens nie onder die
omstandighede nie, maar bo die omstandighede.
Gee aan God lofprysinge.
Fil. 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes (oor dinge
wat julle werklikwaar nodig het) in alles deur gebed en versoeke (nie smeking) met
danksegging by God bekend word..
Wees oor niks besorg nie byna die kortste preek met die
langste boodskap. Ons bid nie oor en oor vir dieselfde ding nie. Dis n teken
van ongeloof. Ons bid mos en dan dra ons die sorge van die probleme oral saam
met ons.
Die volgende is relevant: Die seuntjie vra die oggend vir
sy ma vir n stokkielekker. Sy ma s�daar is nie meer nie, maar wanneer hulle
vanmiddag winkel toe gaan, dan sal sy vir hom n stokkielekker koop.
Nou kan een van twee dinge hierna gebeur: Die seuntjie pes
sy ma heeldag oor wanneer gaan hulle winkel toe as n teken van ongeloof en/of
ongeduld, of, hy glo sy ma, hy berus en hy verbly hom heeldag daarin dat sy ma
vir hom n stokkielekker gaan koop. Hy vertel selfs opgewonde vir sy maatjies daarvan.
Bid altyd in die naam van Jesus.
Joh. 16:23 En in daardie dag (wanneer Jesus nie meer op die
aarde is nie) sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar, Ek s�vir julle,
alles wat julle die Vader sal vra in My naam, sal Hy julle gee.
Nie om Jesus ontwil nie, maar in Sy naam.
Strof�24: Tot nou toe het julle niks IN My naam gevra nie. Bid (hoekom?) sodat julle
blydskap volkome kan wees!
Wat s�dit? Dat dit God se wil is dat Sy kinders se
blydskap volkome moet wees. Is dit nie
wonderlik nie. Ek kyk na ons volk vandag. Ons blydskap is beslis nie volkome
nie, maar God s�Hy wil graag h�dat ons blydskap volkome moet wees. Is dit nie
wat elke ouer vir sy kind begeer nie!
Toe Smith Wigglesworth een oggend soos gewoonlik by die
ontbyttafel aansit, wou hy van sy vrou weet waarom die twee dogters nie aan
tafel is nie.
Toe hy verneem dat hulle ongesteld is, het hy onmiddellik
di�strof�in herinnering geroep en ges� ek kan nie my ontbyt geniet nie want
my blydskap is vanoggend nie volkome nie.
Hy is dadelik met die trappe na bo waar hy eers vir die
kinders gaan hande opl�en vir hulle gebid het. Hulle het daarna saam met hom
die trappe afgekom en saam ontbyt kom nuttig.
Wigglesworth is geen uitsondering nie. Hy was n loodgieter
wat tot bekering gekom het en die Woord begin verkondig het.
Wanneer ons saamstem in die
gebed.
Matt. 18:18-20 Voorwaar, Ek s�vir
julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees: en
alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die Hemel ontbind wees. Weer s�ek
vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat julle mag
vra, dit sal julle ten deel val van My Vader wat in die Hemele is.
En: Waar twee of drie in My naam vergader, daar is Ek in
hul midde.
Het jy al n samekoms bygewoon waar die prediker die aand
nooit n woord kon s�nie omdat die Heilige Gees die hele byeenkoms twee en n
halwe ure lank beheer het? Dit was n belewenis!
Nou ja, ons stem of saam oor n saak, of ons stem nie
daaroor saam nie. Verdeeldheid bring geen antwoorde en geen oplossings nie.
Selfs n huis (volk) wat in homself verdeeld is, kan nie bly staan nie. Matt:
12:25;
Nie eers jou motor kan ry as al die vonkproppe nie in plek
is nie en nie vuur nie.
Die duiwel kan n mens se gebede dwarsboom. Bind hom in die
naam van Jesus Christus en verjaag hom. Jy is in n geestelike oorlog gewikkel.
Die duiwel kan n gemeente se werksaamhede bind deur slegs
een lidmaat wetende of onwetende aan bande te l�
Wanneer iemand nie saamstem oor n saak nie, bid ons ander
pure verniet.
Net een persoon is nodig om n groep se gebed vir n saak
te kanselleer.
As n groep vir n saak bid en twee weke later sou een van
die bidders uit moedeloosheid s� aag wat, dit help nie om vir hierdie man te
bid nie, kyk wat het hy weer aangevang!
Dan is twee weke se harde werk vernietig. Dan eers weer
berou en regmaak en dan begin ons weer van vooraf.
Daardie bidder het moed verloor heelwaarskynlik net voordat
die antwoord daar sou wees.
Wanneer mens dus ander wil vra om saam met jou in gebed oor
n saak vas te staan, vra dan dat die Heilige Gees vir jou uitwys wie om te
vra.
Die wonder is: As almal saamstem in die gebed oor n saak,
dan s�Deut. 32:30 dat een mens kan n
duisend van die vyand op die vlug laat slaan en twee mense twee duisend? Nee, dis nie hoe God se vermenigvuldende
krag werk nie. Twee mense sal 10 000 op die vlug laat slaan!
Met hierdie vermenigvuldende krag van God, kan ons enige
vyand voor ons uitdryf!
As net een persoon dus saam met jou oor n saak in gebed
sou stem, dan kan u al 10 000 keer meer uitrig!
Verstaan jy nou waarom die Skrif s� Dra mekaar se
laste, bid vir mekaar? Ja, ons is n familie! Ons lewe nie nou soos een
nie. Ons grootjies het so gelewe. Ons sal vrede met mekaar moet maak, onsself
bymekaar moet maak, weer liefde onder ons moet h�
Daar is groot onderskeid tussen gees en vlees. Ons kan ons
brein so vol harde feite prop dat ons gees daaronder ly. Jesus s�self, n kind
sal die Evangelie verstaan. Ons is vandag nie verbaas wanneer kinders op die
ouderdom van ses jaar tot bekering kom nie.
Matt. 18 In daardie uur het die dissipels na Jesus gekom
en gevra: Wie is tog die grootste in die Koninkryk van die Hemele?
Toe roep Jesus n kindjie na Hom toe en laat die kind in
hul midde staan en Hy s� Voorwaar ek s�vir julle, as julle nie verander
en soos die kinders word nie, sal julle nooit in die Koninkryk van die Hemele
ingaan nie.
Verstommend. Mens kan n doktorsgraad h�en dan s�Jesus:
jy sal nooit die Koninkryk van die Hemele kan binnegaan nie, tensy jy verander
en soos n kind word nie.
As
kind bly mens veilig, want dan luister jy altyd na die Vader, na die Gees. n
Kind glo ook alles wat sy pa vir hom s�
Strof�4: Elkeen wat homself verneder soos hierdie
kindjie, hy is die grootste in die Koninkryk van die Hemele!
Verenigde gebed, het die tronkdeure vir Petrus en Silas
geopen! En in Hand. 4:31 waar almal ook eendragtig in die gebed was, is die
plek geskud toe almal met die Heilige Gees vervul is!
Maak staat op die Heilige Gees in
jou gebedslewe.
Rom. 8:26-27: En net so
kom ook die Gees ons swakhede tot hulp (hoe?) want ons weet nie reg wat
ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike
versugtinge.
En,
Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is (hoe?) omdat
die Heilige Gees ooreenkomstig die Wil van God vir die heiliges intree.
Nou ja, nou weet ons waarom ons in n Hemelse taal (moet)
bid. Dan het ons gees en die Heilige Gees intieme kontak, kontak waarby die
bose nie kan inkom om dit te onderbreek nie.
Hoeveel kere het ons nie al vir n saak wou bid nie, maar
nie geweet hoe om daaroor te bid nie. Dit is dan wanneer ons hierdie wonderlike
gawe van n vreemde taal het waardeur
die Gees intree en boonop intree ooreenkomstig die Wil van God!
Hierby kom iets baie interessants. 1 Kor. 14:13 lees: Hy
wat in n taal bid, moet bid dat hy dit kan uitl�
Ja, wonderlik! As u graag wil weet wat u in die gees gebid
het, vra die Here vir die uitleg en begin dit eenvoudig op Afrikaans herhaal.
Dit is veral noodsaaklik in die gemeente sodat ander daardeur gestig kan word.
Dit wil blyk dat daar meer in die gees in afsondering gebid
is want dit was nodig vir Paulus om te noem terwyl hy lering daaroor gegee
het dat hy meer in tale bid as hulle almal. Hulle was dus nie bewus daarvan
nie, want Paulus het in sy binnekamer in tale gebid.
Soms wil n vrou vir haar ongeredde of afgedwaalde man bid,
of andersom, maar dis moeilik. Wat bid mens? En, wanneer jy bid dan voel dit so
asof jy in sirkels bid.
Matt. 12:19: Hoe kan iemand in die huis van n sterk man
ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal
hy sy huis beroof.
Wie is die sterk man in die ongeredde se lewe? Die satan
natuurlik. Hoe beroof jy die ongeredde se tempelhuis van die magte van die
satan? Jy bind hom natuurlik!
En, ons het vroe� gesien dat wat ons op die aarde bind is
in die Hemel gebonde en wat ons op die aarde ontbind is in die Hemel ontbonde.
Dan bid mens so: Satan, jy is die sterk man in hierdie
ongeredde/afgedwaalde se tempelhuis. Ek bind jou en jou magte in hierdie
tempelhuis, ek vervloek en bestraf jou werke in die naam van Jesus Christus en
ek gebied jou om hierdie man/vrou se lewe te verlaat en terug te keer na die
dorre streke waar u hoort. En nou Heilige gees van God, nou dat ek hierdie
tempelhuis gereinig het, vra ek U Heilige Gees om van hierdie man/vrou besit te
neem en hom/haar in U Liefde te vestig.
Dit is nodig dat ons soos wagters op die mure oor ons siele
waak, want Matt. 12: 43 lees: En wanneer die onreine gees uit die mens
uitgegaan het, gaan dit deur waterlose plekke (dorre streke) en soek rus en
vind dit nie.
Dan s�hy (die onreine gees): Ek sal teruggaan na die huis
waar ek uitgegaan het. En hy kom en hy vind dit leeg, uitgevee en versier, dan
gaan hy en neem sewe ander erger as hyself met hom saam en hulle kom in en woon
daar, en die laaste van die daardie mens, word erger as die eerste.
Nou verstaan mens ook waarom sommige gevalle van
herstel hardnekkiger is as ander.
Soms is mense so gebind dat ander vir hulle moet bid, soms
sonder om die spreekwoordelike slapende honde wakker te maak, maar ander kere
is dit die persoon self wat moedswillig met die sonde voortploeter.
Spreuke 28:13: Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie
voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
Mense wat nie ander vergewe nie en oortredinge bedek, kry
nie net geen antwoord op hulle gebede nie, maar as hulle in daardie toestand by
die Nagmaal aansit, dan drink hulle boonop n oordeel oor hulleself.
Nog n vraag wat opduik: Hoe weet ek wat die Wil van die
Here is?
Dat siele gered word, dat siekes genees, dat mense met
onrein geeste vry kom, dat mense voorspoedig moet wees, gese�d moet wees, is
alles Sy Wil.
Wanneer mens oor ander sake nie weet of dit die Here se Wil
is nie, dan bid mens in die gees want die Gees sal altyd binne die Wil van die
Here bid.
GetuiesGetuies
Julle sal my getuies wees
tot aan die uiterste van die aarde (Handelinge 1:8). En Christus s�as ons Hom
voor die mense bely, dan bely Hy ons voor die Vader. Getuig, bely ons nie, kan
ons geestelike lewe ook nie beweeg of groei nie en beroof ons onsself van ryke
se�inge.
Om te getuig, is die voorreg van elke wedergebore gelowige,
maar baie gelowiges word koud of onverskillig deur die koue ontvangs van hul
getuienis.
Hierdie boodskap van verlossing is vir beide siel en
liggaam bedoel en God wat ons verordineer het om getuies te wees, het belowe om
Sy Woord aan ons te vervul en te bevestig.
(Hebre�s 2:3-4).
"Hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid
verontagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig
is deur die wat dit gehoor het, terwyl God nog saam getuig het deur tekens en
wonders en allerhande kragtige dade en bedelinge van die Heilige Gees volgens
Sy wil?"
"Hy het vir hulle ges� Gaan die w�eld in en
verkondig die Evangelie en maak siekes gesond." Daar is sommige wat vir God wil werk, maar wat vrees dat Hy nie
Sy beloftes sal vervul nie. Ai!
Dit is net omdat jy nie in die geloof uitgestap het nie,
omdat jy nie n vaste vertroue in die Woord van God het nie. Sy Woord is
onfeilbaar. Hy het ges�ons is die instrument en die uitbou en onderhou van Sy
Koninkryk word deur Sy krag en genade bewerk. Die onus is op Hom, nie op u nie.
Al wat ons moet doen is om te gaan vertel.
Daar is diegene wat nie Christene wil word nie omdat hulle
bang is om hulle by 'n verlore saak te voeg.
Weens die sondes van sogenaamde Christene (iemand noem hulle papier
Christene) wil sommiges nie graag bekend staan as kinders van God nie. Dit is egter geen verlore saak nie. Dit is die enigste saak wat die moeite werd
is om by aan te sluit.
Toe Adam, ons voorvader, in die Tuin van Eden in sonde
geval het deur te eet van die BOOM van kennis van GOED EN KWAAD, het hy die
geestelike DOOD op homself gehaal.
Hierdie geestelike Dood het die mens sy vryheid laat
verloor en hom, God se skepsel, onder die wrede heerskappy van satan en van
sonde en siekte geplaas.
Daarom het die geestelike Dood ons natuur bederf. Die enigste manier om Geestelike lewe terug
te kry en die mens te herstel in die Koninkryk van God, is om hom 'n nuwe
natuur te gee.
Die mens het 'n nuwe geboorte nodig, die lewe van God, wat
die Heilige Gees alleen kan gee.
Na sy val het die mens volhard om teen God te rebelleer en
om valse gode te aanbid. Die resultaat
was dat hy godsdienste gekry het wat hom skynbaar bevredig het, maar wat hom
nie terug in die plan van God kon kry nie.
God het nogtans die gevalle mens lief genoeg gehad om
voorsiening te maak vir sy terugkeer in Sy familie, daarom het Hy Sy Seun Jesus
Christus gestuur.
Jesus Christus het in die arena van w�eld se godsdienste
gestap as Uitdager. As die Seun van God
het Hy hulle uitgedaag.
Die Hemelse uitdaging staan nog. Baie godsdienste, illusies en dwalinge, het die w�eld se
belangstelling gewek, maar kon nooit werklik bevredig nie.
So lank as wat God se Woord vasstaan, sal daardie uitdaging
bly staan. Ander godsdienste was reeds oud en verbygaande toe Jesus in die
w�eld as 'n hulpelose babatjie gebore is.
`Selfs die godsdiens wat reiniging van sondes deur vuur
voorgestaan het, dit is die aanbidding van die son, die vuurgod, kon die natuur
aan die mens nie verander nie.
Die stemme van die stigters van vele anti-Christiese
godsdienste is nog nooit weer van anderkant die graf gehoor nie. Hulle dood het
'n volslae einde aan hulle lewens gebring.
Die Seun van God, beklee met glorieryke Heiligheid,
Goddelike geregtigheid, Hemelse reinheid, het in hierdie bose w�eld gekom en
die Ewige Lewe, die opstanding uit die dode, gemeenskap met God, kom aankondig.
Jesus Christus het ons waarlik vrygemaak van sonde en siekte. Halleluja!
Jesus Christus het nie in die w�eld gekom om apologie vir
Sy bestaan aan te teken nie, of om 'n woonplek te vra nie; Hy het as die vervulling van die belofte
gekom.
"Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die
hakskeen byt." (Genesis 3:15)
Die lewe van Jesus Christus word in elke gelowige gebore
wanneer hy die wedergeboorte ontvang, deur die bloed wat op Golgota gestort
was. Deur die wedergeboorte word
hierdie mens nou 'n werktuig in die hand van God, 'n Getuie van God se Genade
en Liefde.
"Soos Hy is, is ons ook in hierdie w�eld." (1 Johannes 4:17)
In ons dag is daar baie mense wat nie ware gelowiges is
nie, maar slegs nominale Christene, papier Christene, wat die hele week hulle
eie gang gaan, maar op Sondae probeer om die Tien Gebooie te gehoorsaam.
Hierdie mens probeer deur 'n uiterlike vorm van vroomheid
God te dien, maar sy godsdiens is tevergeefs.
Jesus Christus ontbreek in sy lewe.
Jesus Christus het nie gekom om goeie sedes te bewerkstellig
nie, maar onsterflikheid aan die mens te skenk. Hy belowe: "Ek sal
hom opwek op die laaste dag, Ek sal hom die Ewige Lewe gee. Die dode in Christus sal eerste
opstaan."
Geen ander godsdiens behalwe die Christelike Godsdiens,
belowe en verseker die Ewige Lewe nie.
Wie kon ooit die ewige lewe belowe voordat Jesus Christus gekom
het? Watter sterfling kon? Dit was net die Seun van God self, uit die
Hemel, met die kennis van onsterflikheid en die Ewige Lewe wat kon waag om so
'n klimaks vir die mens voor te hou.
Want in Hom was LEWE, en die Lewe was die lig van die
mense. Hy het ook ges� "Hy wat leef en in My glo, sal nooit
sterf nie."
Vandag is Jesus Christus die mens se enigste hoop. Geen
duiwelse mag op aarde kan die mag weerstaan wat Jesus Christus as 'n erfenis
aan die weergeborene nagelaat het nie.
Baie Christene wil vandag die duiwel om verskoning vra
omdat hulle Christene is. Ons het ons
vertroue in God en ook in die Woord van God verloor!
Die saligheid bestaan dus daarin dat God die sondige mens
tot 'n nuwe mens herskape, alleen maar daarin dat God die w�eld liefhet
(Johannes 3:16).
God se hele verlossingsplan is reeds voor die grondlegging
van die w�eld vasgestel. En aan elke
verloste mens gee God deur Jesus Christus mag (gesag) om die duiwel te
weerstaan.
Jesus Christus het die sonde-vraagstuk opgelos deur Homself
as ons Bloed-offer op Golgota te offer.
Nou word jy as vrygekoopte geroep om te getuig aangaande
di�heerlike feit, dat daar deur die gestorte Bloed vergifnis van sondes is, en
dat deur Sy wonde daar genesing vir ons liggame gekom het.
Toe Jesus uit die graf opgestaan het, het hy in Sy
opstandingskrag te voorskyn gekom. Hy
wat bo alle owerheid en mag en krag is en wat alle dinge onder Sy voete
onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee het. Hy gee aan jou hierdie mag, hierdie gesag,
om die werke van die duiwel, die magte van die duisternis te verbreek.
Staan op in die Geloof! Gaan en verkondig die werke van
God! Gebruik die mag wat jy ontvang het om die bose te verslaan! Hy sal dit
bevestig waar die voorwaardes nagekom word. Die Here wil en sal Sy Woord
bevestig.
Hy s�in Jesaja 50: 2-3: "Is My hand werklik te kort
om te verlos of is daar in My geen krag om uit te red nie? Kyk, deur My dreiging maak Ek die see
droog... Ek beklee die Hemel met swartheid."
Ons is dus geroep om getuies van die Evangelie te wees,
waarin die mag van Jesus Christus en die Volle Raad van die Godheid uiteengesit
word.
Neem die bonatuurlike, die geestelike, uit ons godsdiens en
jy kry 'n godsdiens so dood soos die heidense godsdienste.
Neem die Evangelie van Jesus Christus uit hierdie w�eld en
ons sal spoedig 'n volk van kannibale, seksuele kranksinniges en moordenaars
wees.
Die mense veroordeel wonderwerke en genesings, en verwater
so die Christen se getuienis: Hulle
leef sogenaamd in 'n tyd waar wonderwerke ge�ndig het.
Prys die Here, ek ondervind meer en meer elke dag, die
bevestiging van die Woord van God; die
waarheid dat Hy Sy Woord gestuur het om te genees, om te red, om te verlos,
word elke keer bevestig.
Die Here sal altyd 'n getuienis eer. Kyk na Henog. Hy het met God gewandel en is deur God weggeneem om by Hom te
wees.
En daar is Elia wat 450 heidense priesters uitgedaag en
oorwin het. En Dani� wat geweier het om voor mense te buig wat sy getuienis
sou beskadig het. God het die bekke van die leeus gesluit sodat sy getuienis
nog indrukwekkender kon wees. Drie man stap ongeskonde uit n vuuroond.
Alhoewel ons geroep is om die lydingsdoop te deurloop, mag
ons nie die mens of n gesag gehoorsaam wat vereis dat ons God se insettinge
moet oortree nie.
Op Golgota is daar voorsiening vir Goddelike genesing
gemaak, vir redding, vir verlossing.
Watter soort Evangelie sou ons sonder die Groot Geneesheer, Jesus
Christus, gehad het? Ons getuienis behoort in die eerste plek so te wees dat
Christus deur ons lewens te voorskyn kom, sodat die getuienis van ons
wedergeboorte mense tot sonde oortuiging sal bring.
In die tweede plek moet ons nie bang wees om die beloftes
van God in ons bediening, in ons daaglikse lewe, te gebruik nie. Die Bybel verklaar onomwonde dat ons deur die
gestorte bloed van Christus, verlossing van sonde het en dat ons deur Sy wonde
genees is.
Hy belowe ook dat as ons hande op die siekes l� hulle
gesond sal word. Hy het dit belowe, nie
ons nie. Hy s�Hy is n waarmaker van Sy Woord. Waarom sou ons dan twyfel.
In Jakobus 1:6-7 s�die Here dat iemand wat twyfel moenie dink dat iets, van die Here kan ontvang nie. Ja, nie eers iets nie.
Dus, weier om te twyfel. Twyfel is nie van die Hemel nie.
Die duiwel saai twyfel. Verdryf hom van jou af in die kragtige naam van Jesus
Christus, staan vas, en weier om te twyfel.
Toe Jesus Christus op Golgota gesterf het, het Hy elke
sondaar verseker dat hy 'n geleentheid gebied word om 'n kind van God te
word.
John Lake het die opstanding van Christus so beskryf: Een dag het Dawid op die berg gesit en sy
skape opgepas, toe Sy gees hom weggevoer het na die ruimtes van God. Hy sien
die toekomstige gebeure en roep uit: "U het opgeklim na die hoogte, U het
gevangenes weggevoer, U het geskenke onder die mense geneem, ja ook
wederstrewiges om daar te woon, o, Here God." (Psalms 68:19).
En toe met 'n triomfantelike geroep s�hy: "Hef op julle hoofde, o poorte, ja
verhef julle ewige deure dat die Ere-Koning kan ingaan." (Psalms 24:7)
Toe Christus daardie handskoen in die arena gewerp het, het
'n oorlog tussen twee koninkryke ontstaan.
Dit was 'n stryd tussen lig en duisternis in die Hemel en op die
aarde. Jesus Christus het aan die hele
w�eld getoon dat Hy waarlik die Oorwinnaar is.
Die mre van Sy opstanding het Hy as Held, Oorwinnaar oor
Satan, dood en hel, sonde en siekte, opgestaan.
Daar is mense wat twis oor wie Christus sou doodgemaak het.
Die waarheid is dat niemand Hom doodgemaak het nie. Golgotha is God se meesterstuk. Jesus Christus het self
besluit op watter oomblik Hy sou sterf,
Sy laaste asem sou uitblaas.
Die Hoofman oor
Honderd wat in daardie stadium nog reg voor die kruis gestaan het, het
homself boeglam geskrik toe hy sien wat gebeur dat hierdie man aan die kruis
nie ure lank soos ander daar gaan hang en natuurlik gaan sterf nie. Nee, Hy
besluit self watter oomblik Hy sy gees in die hand van die Vader sou oorgee.
Die Hoofman oor Honderd word ook die eerste mens na die
kruisiging om openlik te bely: Waarlik, dit was die Seun van God!
Kind van God, jy het 'n getuienis. Satan sou jou graag
daarvan wou beroof. Staan op, roep dit
uit. Staan op, en laat jou lig skyn
want die Lig het gekom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op! Want kyk die duisternis kom, maar die Here
sal oor jou skyn en Sy heerlikheid sal oor jou gesien word.
Daar staan geskrywe dat terwille van Sy naam, ons vervolg
sal word. Dit is n belofte, nie n waarskuwing nie. Jy het uit die koninkryk
van die satan oorgestap na die Koninkryk van God. Jy het daardie oomblik n
vyand van die satan en Sy Koninkryk geword. Hy besef ook dat as jy gaan begin
getuig, jy verdere en groter skade aan sy koninkryk gaan doen.
Sy grootste verweer is om bindinge in jou gees te bring
sodat jy nie kan getuig nie, sodat jou getuienis nie sy koninkryk verdere skade
kan berokken nie.
Daarom het die lied
Voorwaarts Christen-stryders, voorwaarts om te stry.. asook die lied Staan op, staan op vir Jesus,
o helde van die Kruis! sulke geweldige impak. As dit ooit vir jou voel jy is
iewers besig om n ronde te verloor, sing dan luidkeels hierdie liedere want
inderdaad is ons in n stryd gewikkel, maar
met die groot verskil, dat dit uit en uit n oorwinnaars-stryd is. Ons
weet reeds dat ons gewen het. Ons is meer as oorwinnaars!
God het getuies dwarsdeur die eeue benodig. Daar is die bekende geval van Jona. God het hom beveel om in Ninevé die
Evangelie te verkondig, maar hy het na die see gevlug. God het vir hom ges� "Maak jou klaar, gaan na die groot stad
Ninevé en preek vir hulle want hul boosheid het voor My aangesig opgestyg."
In Sy groot liefde en genade wou God deur Sy getuie die
stad waarsku, maar treurig om te s� Jona het weggevlug. Op die see het 'n sterk wind opgekom en die
skip het water geskep. Die lot is toe
gewerp om te bepaal wie vir die storm verantwoordelik was en die lot het op
Jona geval.
Die bevelvoerder het bevel gegee dat die bemanning hom in
die see moes gooi en 'n groot vis het Jona ingesluk. Jona het uit die ingewande van die vis tot sy God gebid: "Ek is weggestoot uit U o� tog sal ek
weer U heilige tempel aanskou... toe my siel in my versmag het, het ek aan die
Here gedink... Ek sal aan U offer met 'n stem van lof. Wat ek beloof het sal ek betaal. Die heil behoort aan die Here."
Daarna het die vis Jona op die strand uitgespuug. Toe het
hy aan Ninevé se inwoners gaan s�dat die stad binne 40 dae verwoes sou
word. Maar die koning en die inwoners
het berou gehad en God het die stad gespaar.
Ja, hierdie ontsettende werklikheid kan in ons dag ook
plaasvind. As ons soos Ninevé span style="mso-spacerun: yes"> se
inwoners ook onsself verootmoedig en in gees en in waarheid na God terugkeer,
dan kan die profesie�van ons tyd ook deur die Here omgekeer word.
Dan kan ons die satan en sy demone se uitdaging weerstaan,
want ons is met die Heilige Gees gevul en het krag van omhoog ontvang.
Omdat Jesus in ons plek gesterf het, het God wettiglik
gelas dat geen sonde of siekte ooit oor ons sal heers nie. Maar God benodig die
getuienis van Sy volgelinge om andere van Sy groot program van liefde vir die
mensdom te vertel.
Die groot waarheid oor die kwessie van getuig, word
deur miljoene Christene reg oor die
w�eld bevestig, en dit is: Hoe meer n mens getuig, hoe sterkter word mens
geestelik.
Sal jy nou die uitdaging aanvaar? Sal jy uit 'n slawerny van sonde en siekte en van ongeloof en
twyfel uitstap?
Sal jy die uitdaging aanvaar en in die arena in die Naam
van Jesus Christus instap om die magte van die hel en die duiwel op vlug te
jaag?
Sal jy as held, opstaan vir Jesus, vir volk en vaderland?
Glo, in die Naam van Jesus Christus dat jy 'n heerser oor
die satan en sy demone is. Glo dat jy
vry is omdat Christus jou vrygemaak het.
Verban die demone van onheil en watter bedreiging ook al in
jou en jou volkslewe, in die lewe van jou gesin, van jou familie, ja, verban
hierdie onheile uit die Liggaam van Jesus Christus.
Aanvaar die uitdaging en word soldaat in God se Weermag.
Hys die Bloedbevlekte Banier van die Oorwinnaar van
Golgota, Jesus Christus!
Kom uit die duisternis in die lig in.
Trek die hele
wapenrusting van God aan!
Mense het baie verskonings waarom hulle nie sogenaamd kan
getuig nie. Die Skrif trek egter n finale streep deur alle verskonings.
Eseg. 3:18-19 lees: As Ek aan die Goddelose s� Jy sal
sekerlik sterwe en jy (Christen gelowige) waarsku hom nie en spreek nie om
die Goddelose vir sy Goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie,
dan sal hy, die Goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar, sy bloed
sal Ek van jou hand eis!
Maar as jy die Goddelose waarsku, en hy hom nie van sy
Goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy, jy
het jou siel gered!
Getuig, getuig, getuig, waarsku die Goddelose en red jou
eie siel! Wees soos Paulus wat in
Romeine 1 vers 16 s� Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie,
want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Daardie redding
beteken vrymaking, veiligheid en genesing.
Paulus s� vir elkeen wat glo. Wat
beteken dit in die praktyk? Eenvoudig die volgende: Petrus kom by die man by
die poort en s�aan die verlamde staan op en loop. As die man nie probeer opstaan het nie sou hy nooit
geloop het nie.
Die blinde man moes die speeksel-modder wat Jesus aan sy o
gesmeer het op n sekere plek gaan was. Hy het dit gedoen en gesien.
As hy begin twyfel het en ges�het: nee wat, dis sommer
twak. Waar het mens nou gehoor iemand smeer speeksel-modder aan jou o� Dan sou
hy nie begin sien het nie. As hy sy o�op n ander plek gaan was en as die plek
waarheen hy ges�was om te gaan (ongehoorsaamheid) dan sou hy ook nie gesien
het nie.
Geloof vra dus gehoorsaamheid en handeling. Nadat Jesus die
brode en die vissies aan die dissipels gegee het om uit te deel, het die
dissipels tot by die voorste ry mense moes stap en dit begin uitdeel.
Veronderstel hulle sou net daar bly staan het en ges�het:
Nou hoe op aarde kan ons vyf duisend man, hul vroue en hul kinders met die
bietjie kos voed? Dan sou daar niks gebeur het nie.
Geloof vra daardie vaste vertroue, daardie gehoorsaamheid
om te stap na die eerste ry mense en te begin uitdeel, en toe kom God se
vermenigvuldende krag in werking en nie is almal gevoed nie, daar bly toe nog
brokstukke ook oor.
Toe jy n nuwe motor gekoop het, het die verkoopsman aan
jou n bossie sleutels van die motor oorhandig. Jy het nie gevra of dit wel die betrokke motor se sleutels
was nie, jy het in die geloof die verkoopsman se woord aanvaar, soveel-so dat
jy selfs die sleutel in die aansitter gedruk en gedraai het en vir geen oomblik
gewonder het of die motor aan die gang sou kom nie.
Jy gaan sit elke Sondag op n stoel in die kerkdiens,
sonder om eers die stoel deur te kyk of dit nie dalk sal meegee wanneer jy
daarop gaan sit nie. So moet ons geloofslewe ook wees, n totale aanvaarding,
n totale vertroue.
Die verhaal word vertel van die man wat vir n omstander gevra het of die omstander
glo dat hy n kruiwa oor n kabel oor
die Niagra-waterval kon stoot. Die omstander het ges�nee, sy glo nie hy sal dit kan doen nie.
Die man het die kruiwa toe tot by die oorkant oor die kabel
gestoot en weer terug, waarna hy weer
vra of die vrou glo hy kan dit doen. Sy
het ja geantwoord.
Die man s�toe: Nou maar klim dan in die kruiwa dat
ek dit weer doen, en sy wou nie. Die
een oomblik het sy geglo en die volgende oomblik gewantrou.
Wanneer u dus getuig, getuig u van die onfeilbare Almagtige
God. Plaas u volle vetroue in Hom. Hy is die waarmaker van Sy Woord. Glo dit.
Verkondig dit. Getuig!
Die Krag van die Bloed
In Exodus 12 vanaf vers 1
lees ons: En die Here het met Moses en Aaron in Egipteland gespreek en ges�
Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees. Spreek tot die hele
vergadering van Israel en s� Op die
tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 'n lam neem volgens die familie, 'n
lam vir 'n huisgesin.
Julle moet 'n lam h�sonder gebrek, 'n jaar oud rammetjie.
Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in
bewaring hou tot die veertiende van hierdie maand en die hele vergadering van
die gemeente van Israel moet dit een die aand slag.
En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee
deurposte en aan die bo-drumpel van die huise waar hulle dit eet.
En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur
gebraai; saam met ongesuurde brode moet
hulle dit met bitter kruie eet.
Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in
water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjie saam
met die binnegoed.
En so moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees,
julle skoene aan julle voete en jul staf in jul hand, baie haastig moet julle
dit eet. 'n Pasga van die Here is dit.
Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die
eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode
van Egipte, Ek, die Here.
Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huis
waarin julle is, as Ek die bloed sien sal Ek by julle verbygaan, en daar sal
geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.
In geloof gaan 'n vader na die plek waar die lammers
aangehou word. Hier vind hy 'n wit lam,
maar met 'n swart vlek, en hy sit dit eenkant;
hier 'n ander een, maar hy is te oud - nog en ander een, volmaak behalwe
vir 'n gebreklike oor, en so gaan die gesoek voort, totdat 'n lam gevind word
wat voldoen aan al die voorwaardes wat deur God gestel word.
En dan, as die son in die weste begin sak - gaan daardie
vader terug na sy huis toe, hy weet dat hy in sy arms meer as 'n lam het - die
lewe van 'n mens, want die lewe is nie in die lewendige lam nie, maar in die
gestorte bloed.
Hier het ons 'n voorbeeld van mense wat in slawerny is, 'n
uitverkore volk aan wie die Here eertyds 'n Belofte gegee het dat Hy hulle na
'n land sal bring wat van melk en heuning oorloop. God het hierdie Verbond met
Abraham gesluit.
Hierdie kinders van die Belofte het onder mense gewoon wat
afgode aanbid het, nogtans het hulle nooit 'n deel van die heidense nasie
geword nie. Hulle het hul o�op die Belofte en op die Verbond wat die Here
honderde jare tevore gemaak het, gehou.
Nadat die gestorte bloed aangestryk was, het elke lid van
die huisgesin die huis binnegegaan en die deure gesluit. Die bloed het hul
beskutting geword. Die bloed het die
waarborg vir hulle lewens geword. Die bloed moes die vloek van die sonde - die
dood - uitdelg.
Teen dagbreek die volgende oggend het die Egiptenare se
krete van smart opgestyg, 'n weeklaag van treurendes, vanaf die paleis van die
koning, die huis van die hoer, die bedelaar trouens van elke huis waar die
bloed nie aangestryk was nie.
Die doodsengel het in die nag besoek afgel�en sy
visitekaartjie daar gelaat, maar in die huise van die kinders van Israel was
daar 'n kreet van gejubel, die klank van danksegging en lof. Die doodsengel het
die bloed gesien en verby gegaan.
Die bloed aan die deurposte het skeiding gebring tussen:
Israeliet en Egiptenaar
Gehoorsame en Ongehoorsame
Lewe en Dood
Die Pasgalam se vleis wat hulle ge�t het, het vir hulle 'n
skeiding tussen siekte en gesondheid aangetoon.
Die vlees het vlees van hul vlees geword, been van hul
been, en vir veertig jaar lank sou almal wat deel van God se volk uitgemaak
het, volmaak gesond bly.
God het die toestand van die volk, wat slawe was, gesien en
vir hulle 'n verlosser gestuur;
Moses, om hulle uit die slawerny uit te lei. Hy was waarlik 'n God-gegewe verlosser. Selfs die koning van Egipte moes erken
dat God hom gestuur het. God het Moses se bediening met tekens en wonders
bevestig.
Laat ons nou saam met die volk van God op hul groot Exodus
gaan. Die bloed het vrygemaak, omdat hulle gehoorsaam aan die Woord van
God was. Die vlees van die Pasgalam sou
krankhede van die volk van God weer.
Albei handelinge, die aanwending van die BLOED en die eet
van die LAMMETJIE was in die geloof gedoen. Hierdie handelinge van GELOOF was
die begin van hulle reis deur die woestyn, oor berge, deur die Rooi See, deur
valleie tot groot oorwinnings oor hulle vyande. Manna, water en kwartels het in hulle lewensbehoeftes voorsien.
Die eerste geloofstap het algehele bevryding gebring,
verlossing en beskerming in elke opsig.
Honderde jare later was die kinders van Israel weer in
slawerny, hierdie keer deur godsdienstige tradisie. Vir 400 jaar was die stem
van die profeet stil. Die bloed van 'n dier kon nie langer vir die sondes van
die mens versoening doen nie; vorm-godsdiens
en tradisie was aan die orde van die dag. Die mens het nie meer in die
heerlikheid van 'n geheiligde lewe gewandel nie. Hulle het 'n uiterlike vorm
van vroomheid gehad, maar die inhoud het ontbreek.
Jesus Christus is deur God na die w�eld as die Verlosser
gestuur. Hy het gekom om die slawerny van sonde en siekte te be�ndig. Vandag
is Sy boodskap nog geldig. Petrus skryf:
"Deur die gestorte Bloed is daar vergifnis van sondes, deur wie se
wonde julle genees is."
Net soos die geofferde lam moes sterf en sy bloed aan die
deurposte gestryk word, so moes ook die Paaslam van God, Jesus Christus sterf
en Sy bloed het skeiding gemaak tussen: die seuns van God en die seuns van
satan; gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid; Lewe en dood.
Die bloed het nooit sy krag verloor nie. Jesus Christus is
beide ons Verlosser en ons Ho�riester.
Elkeen wat die bloed van Golgota aanvaar, aan hom het Hy die mag gegee
om 'n seun van God te word.
In die geestelike sfeer is daar baie keer 'n parallel. Uit
die natuurlike lewe kry ons die beeld van die natuurlike geboorte. Hierdie
geboorte gaan gepaard met pyn en lyding en gegote bloed. Na die geboorte gee
die ouers die baba 'n naam wat dan in die register van Geboortes en
Sterfgevalle opgeteken word. Die ouers
is verantwoordelik vir die opvoeding van hulle kinders, voedsel, kleding,
mediese hulp en beskerming.
Die sondaar, wat 'n kneg en slaaf van satan is, moet die
bloedoffer van Golgota ontvang en die bloed moet aan die deurposte van sy hart
gestryk word om God as Vader te verkry (want almal wat Jesus aangeneem het, aan
hulle het Hy die mag gegee om seuns van God te word.)
Aan hulle word 'n nuwe naam gegee, wat in die Lam se Boek
van die Lewe geregistreer word. Die
Vader sorg vir die voeding, kleding, onderhoud en genesing van Sy kind.
1 Johannes 1:7 lees:
"Die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle
sonde."
Lukas 9 lees:
"Jesus het die 12 dissipels bymekaar geroep en aan hulle mag en
gesag gegee om duiwels uit te dryf en siektes te genees. Daarna het Hy hulle uitgestuur om die
Koninkryk van God te verkondig en om die siekes te genees."
Iemand vra: Waarom het God toegelaat dat diere doodgemaak
moes word in die proses van vergifnis?
Die antwoord is skynbaar eenvoudig: Omdat daar in daardie
niks anders was wat die mense beter sou verstaan het nie.
Ook was dit die voorbereiding dat bloed sonde en onreinheid
weg was en dat daar n middelaar sou wees. Iemand Jesus Christus sou vir
ons in die bres kom tree.
In Markus 16 tref Jesus voorbereidings om na Sy Vader terug
te keer en preek Sy laaste boodskap op aarde.
"En Hy het vir hulle ges� Gaan die hele w�eld in en verkondig die Evangelie aan die ganse
mensdom. Hy wat glo en hom laat doop
sal gered word, maar hy wat nie glo nie sal veroordeel word. En dan:
Vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: In My Naam
sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle
opneem, en as hulle iets dodeliks drink sal dit hulle geen kwaad doen nie; op
siekes sal hulle die hande l�en hulle sal gesond word."
Nadat die Here Jesus met hulle gepraat het, is Hy na die
Hemel opgeneem en sit Hy aan die regterhand van God die Almagtige Vader.
En binnekort kom Hy terug. Die meeste van ons lewe nie asof
Sy terugkoms n werklikheid is nie. Daar is egter geleentheid om op te staan
want niemand sal teen die Boerevolk en Sy God stand kan hou nie.
Waarvoor wag jy?