· God vra daarna:
Waar
is Suid-Afrikaners se Geloof?
“Selfs in Israel het
Ek nie so ‘n groot geloof gevind nie.” (En in Suid-Afrika?)
Dit is wat Jesus Christus in Matt.
8:5-13 aan die offisier van Herodus Antipas gesê het. Kon Hy of enigiemand anders dit al van jou, van ons, geloof gesê
het?
Jesus kom in Kapérnaum en die Hoofman
oor ‘n Honderd smeek hom: “My kneg lê
verlam en hy ly hewige pyne.”
Jesus vir hom: “Ek sal kom en hom gesond maak.”
Maar die Hoofman antwoord: HERE, ek is dit nie werd dat U onder my dak
inkom nie, maar spreek net ‘n woord, en
my kneg sal gesond word!”
En dan motiveer hy sy stelling: Want ek is ook ‘n man onder gesag en ek het
soldate onder my. En vir hierdie een sê
ek: Gaan! En hy gaan; en vir die ander
een: Kom! En hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! En hy doen dit.”
Toe Jesus dit hoor, het Hy hom
verwonder en aan sy volgelinge gesê: “Selfs
in Israel het ek so ‘n groot geloof nie gevind nie!” (Mens mag weer
vra: En in Suid-Afrika?)
Aan alle wedergeborenes is ‘n “mate
van geloof” gegee. Dis vir ons om ons
geloof uit te bou soos wat ons geestelik tot wasdom groei. God vra dit van ons.
Maar wanneer ons geloof nie in aksie
is nie, dan sê Jesus verder: “Maar Ek
sê vir julle dat baie sal kom van die ooste en weste en saam met Abraham en
Isak en Jakob sal aansit in die Koninkryk van die hemele. Maar die kinders van die Koninkryk sal
uitgedryf word in die buitenste duisternis.
Daar sal geween wees en ‘n gekners van tande.”
Die offisier was ‘n heiden wat
nietemin eerbied gehad het vir die Christen Godsdiens. Jesus moes dalk vir homself afgevra
het: Moet Ek sy kneg genees? Dit was ongehoord dat ‘n Joodse leraar by
die huis van ‘n heiden ingaan.
Jesus se optrede en wat Hy daarna sê
is dat nie afkoms van Abraham nie, maar geloof, toegang gee tot die
Koninkryk van die Hemele. Hy genees dus
die kneg.
Eerbied en ware geloof is ook die
antwoord op die probleme van vandag.
Heb. 11 vanaf strofé 17:
·
Deur die geloof
het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer.
·
Deur die geloof
het Isak vir Jakob en Esau geseën met die oog op die toekoms.
·
Deur die geloof
het Jakob op sy sterfbed albei die seuns van Josef geseën.
·
Deur die geloof
is Moses na sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek.
·
Deur die geloof
het Moses toe hy grootgeword het, geweier om die seun van farao se dogter
genoem te word.
·
Deur die geloof
het Moses Egipte verlaat.
·
Deur die geloof
het Moses die pasga gehou.
·
Deur die geloof
het hulle die Rooi See deurgegaan.
·
Deur die geloof
het die mure van Jerigo geval.
·
Deur die geloof
het Ragab die hoer nie saam met die ongehoorsames omgekom nie.
En dan strofé 32: “En wat sal
ek nog meer sê (oor al hierdie geloofs-dinamika)?
Want die tyd sal my
ontbreek as ek (ook) van Gideon, Barak en Simeon en Jefta, Dawid en Samuel en
die profete sou vertel ......”
Let nou op na strofé 33: “... wat deur
die geloof:
·
koningkryke
oorweldig het!
·
geregtigheid
uitgeoefen het!
·
beloftes
verkry het!
·
bekke van
leeus toegestop het!
·
die krag van
vuur uitgeblus het!
·
die skerpte
van die swaard ontvlug het!
·
krag uit
swakheid ontvang het!
·
dapper gewees
het in die oorlog!
·
leërs van
vreemdes op die vlug gedryf het!”
Kyk weer na die tweede laaste reel:
DAPPER gewees het in die oorlog!
DAPPER beteken:
Vasberade, onverskrokke. Dit beteken ook: onwankelbaar en onbuigsaam,
beginselvas, dus, ook iemand wat geen kompromie aangaan nie.
Het ons geloof? Natuurlik het ons geloof? Ons het dit by die wedergeboorte ontvang.
Maar, Lewe ons deur die
geloof....... ?
Om te sê ons sal probeer om
deur die geloof te lewe is so goed as om vir die satan te sê mens is nie
toegewyd nie. Jy het nog nie in Christus gesterwe nie. By die eerste hekkie slaan jy neer.
Om deur die geloof te kan lewe moet
ons beslis (committed) wees, moet ons determineerd wees, moet ons dapper
wees, moet ons weier om kompromieë aan te gaan, moet ons rus (vind) in die
HERE.
Of ons vertrou God absoluut, of, anders lewe ons in twyfel, ons probeer
maar.....
Jak. 1:6-7 .... hy wat twyfel
moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie!
Dus… ons moet weier om te twyfel.
"Ons is God se magtige manne (en
vroue) vol dapperheid, onverskrokkendheid. Ons weier om te twyfel. Ons
staan soos rotse, onwankelbaar. Onthou, ons is GOD se eiendom. Vat iemand aan
ons vat hy aan GOD, want, GOD sê: Vir sovele as wat julle dit aan die geringste
van My doen, doen julle dit aan My.
Dit is ook hoekom ons nie wraak moet
uitoefen nie. GOD sê: Hom kom die wraak
toe. Hy sal vergelde. Ons moet net besef dat as iemand ons leed aandoen, speel
hy of sy met vuur, want hulle het GOD se eiendom aangetas. En daar staan ook
geskrywe: Dit is vreeslik om te val in die hande van die Lewende GOD!
Ons vrees niks, want God het ons nie
'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar ‘n gees van Krag, en van Liefde
en van Selfbeheersing. Dit is wat ons ontvang het en dit is wat ons elke
dag moet bely.
Let weer op wat staan reg aan die
begin geskrywe ... volgens die KRAG wat IN ons is.
Daar is geloofskrag in ons om
ook die dinge te kan doen wat ons voorsate deur die geloof gedoen het.. volgens ... dui daarop dat ons daardie geloofskrag moet
uitbou, soos 'n gewigopteller sy krag ook uitbou. Hoe groter sy krag, hoe
groter die gewig wat hy kan baasraak.
Ons moet dus deur Sy Woord en
deur praktiese toepassing daarvan, ons geloofskrag uitbou. Kyk hoe waar
is die volgende:
Om nederig te wees is God se
Wil. Om jouself te verkleineer, is nie nederigheid nie en is sonde. In
die oë van God is ons baie belangrik. Ons is Sy VOLK. Ons is Sy eiendom. Ons is
Sy Erfgename. Ons is Sy medewerkers. Ons het die geloof van 'n
mosterdsaadjie – ons (moet) groei tot 'n reuse Geloofsboom !
Bely dit, glo dit, want dit is die Waarheid, en nie die twyfel en
onwaarhede wat die satan ons mense mee teister nie.
Onthou, wanneer mens naby die deurbraak
is, sal die druk altyd toeneem. Teenspoed lyk maar soos teenspoed. Hoe harder
die stryd hoe groter die oorwinning, want in Christus Jesus IS ons meer as
Oorwinnaars !!!
Probleme wat oor die wêreld aan die
kom is, moet maar kom. Ons is Gereed daarvoor!
God se Koninkryk is op aarde gevestig
om ‘n verskil te maak sodat reg en geregtigheid sal geskied. Ja, ons sal tot die heidene genees, want Hy
het gesê ons sal doen wat Hy gedoen het, behalwe dat ons baie meer sal doen as
wat Hy gedoen het.
Waarom verkleineer ons onsself? Waarom tree ons nie op met eerbied teenoor
Hom en met Sy gesag nie? Waarom wil ons
altyd soos smartvrate op die negatiewe teer, onder die omstandighede
woon in plaas van bo die omstandighede?
Iemand het gesê: “We are majoring on minors. We should be majoring on majors. We should
make our own majors!”
Komaan! “Rig die slap hande en die verlamde knieë weer op, en maak reguit
paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer
gesond gemaak word.” Heb. 12:12.
Dan sal die HERE ook kan sê: Ek het nie in die wêreld so ‘n geloof gesien
soos in Suid-Afrika nie!