·
Verootmoediging die enigste oplossing
Ons aanvaar vandag
dat die Afrikaner Boerevolk in ‘n dilemma sit vanweë sy geestelike dwalinge.
Die dilemma word deur sommige gesien as ‘n strafgerig wat oor die Volk gekom
het.
Min besef dat die skrif al in Oktober
1974, aan die muur was toe “belydende lidmate” ondermeer gesê het hulle glo nie
eens dat Jesus Christus uit die dode opgestaan het nie.
Destyds het dr Jan Karel Coetzee
‘n besondere steekproef onder
belydende lidmate van die NG Kerk in die Transvaal gedoen. Hy het sy doktorsgraad
aan die Universiteit van Pretoria behaal.
Alhoewel die proefskrif skokkende feite bevat het, was dit bloot toevallig dat die steekproef net onder
NG-lidmate gedoen was.
Die dwalinge onder die Volk het
destyds al sulke ernstige afmetings begin aanneem, dat dit hoogs te betwyfel is of die
steekproef enigsins anders onder
belydende lidmate van ander kerkgenootskappe sou gelees het.
In daardie stadium het die
egskeidingsyfer onder ons Volk gewissel tussen 1 uit 3 en 2 uit 3 huwelike wat
op die rotse geloop het. Vandag het ons ‘n negatiewe bevolkingsgroei.
Dr Coetzee het 6 000 vraelyste uitgestuur wat elk 122 vrae bevat het. Sy bevindinge was gegrond op 1 700 vraelyste wat hy terugontvang het.
Die statistiek van die steekproef was
soos volg:
·
Meer as 40% het
nie geglo in die betroubaarheid van al die Bybelse beginsels nie;
·
Die
betroubaarheid van die Skrifbeskrywings: Oor die Skeppingsverhaal, het 19% dit
bevraagteken; ten opsigte van Adam en Eva en die sondeval, het selfs ‘n groter
aantal getwyfel, 23,8;
·
Die wonders van
die Bybel: 26,9 persent het getwyfel oor die wonders van die Ou Testament. Meer
het die wonders van die Nuwe Testament aanvaar;
·
Glo lidmate aan
die groot dogmatiese waarhede van die Skrif? Alhoewel die NG Kerk die
persoonlike bestaan van die Duiwel erken, het 23,8% gesê hulle glo nie aan sy
bestaan nie;
·
14,4% twyfel oor
die opstanding van die dooies en die ewige lewe;
·
3,8% het gesê
daar is nie so iets soos die opstanding van die dooies en die ewige lewe nie;
·
31,7% het gesê hulle glo nie soos die NG Kerk
dat die Ou- en die Nuwe Testamente
gelykwaardig is in die verkondiging van die heilsboodskap nie;
·
6,0% van die
belydende lidmate het getwyfel of God alles alles geskape het;
·
3,5% het
getwyfel of God hoegenaamd bestaan;
·
13,9% het
getwyfel of alles deur God se Wil geskied;
·
23,3% (46,2% onder studente en skoliere) het aan Jesus se Godheid getwyfel;
·
14,0% het oor
Jesus se maagdelike geboorte getwyfel;
·
12,7% glo nie dat Jesus op die water geloop het
nie;
·
6,9% het
getwyfel of Jesus uit die dood opgestaan het;
·
12,9 was nie oortuig van Jesus se Wederkoms nie;
·
28,0% het oor
die erfsonde getwyfel;
·
12,0% het
getwyfel of Jesus Christus die mens se
enigste Verlosser is;
·
6,2% het getwyfel
of God in en deur Jesus Christus die mens van sonde verlos;
·
70.0% het gesê
hulle glo ‘n Jood kan gered word deur net aan God te glo.
As mens deesdae na belydende lidmate
se argumente en redenasies rondom die
Bybel luister, kan mens verseker wees
dat ‘n nuwe steekproef, nog skokkender resultate sal oplewer, want, intussen
het die kerke begin leegloop en is baie gemeentes gedwing om met ander saam te
smelt.
In 1994 het ‘n engel aan ‘n polisieman
in SA verskyn met ‘n boodskap van die Here af dat die Volk moet verootmoedig en homself bekeer. Al wat
koerant is het die aangrypende verhaal gepubliseer.
Soos in die geval van Ninevé is die boodskap dus wyd gepubliseer. In
Ninevé se geval het die Volk geluister en is hulle en hul stad gered.
In SA is intussen enkele pogings in die land aangewend om die Volk in
beweging te kry op hul knieë, maar met teleurstellend min welslae.
Intussen moet ons daagliks luister na nuwe planne, nuwe idees, nuwe
praatjies – na alles behalwe die
enigste ware antwoord: Verootmoediging en bekering.
‘n Algehele terugkeer van die Volk na die weë van God, weg van die dwalinge af, is en bly die eerste en die vernaamste stap
na die algehele herstel van die Afrikaner Boerevolk. `
Daar is nie ‘n ander pad nie!