Waarheen is jy Oppad?
HOE tree die Vader
op, wanneer ons bepaal, dat ons nie gaan doen wat Hy wil h�ons moet doen nie?
Die antwoord hierop word vervat in n
besondere verhaal in die Ou Testament, die verhaal van Jona, die profeet, wat
deur die Vader n opdrag gegee was, maar besluit het dat hy nie die Vader se
opdrag gaan uitvoer nie.
Die optrede van die
Vader tydens ons oomblikke van ons ongehoorsaamheid, is dan ook juis die
hooftema van die verhaal.
Jona se verhaal is die
verhaal van elke gelowige, want ook ons het n soortgelyke opdrag as Jona
ontvang: dat ons die Evangelie aan die ganse mensdom moet verkondig. Dat ons mense moet waarsku dat as hulle,
hulle nie gaan bekeer en God dien nie,
God sy oordele oor hulle sal laat kom.
Jona se opdrag was: Maak
jou klaar, gaan na die groot stad Ninev� en spreek daarteen, want hulle
boosheid het opgestyg voor My aangesig.
Daar is drie werkwoorde
in die opdrag:
Maak jou
klaar dit beteken, ons kan
nie onbepaald in die kerkbanke sit en na preke luister nie, al is die preke ook
hoe interessant.
Gaan dit beteken, daar is n w�eld daarbuite
waarheen ons moet gaan.
Spreek wat beteken dat ons mondelinge getuies moet
wees.
Die woord maar is seker die mees
besonderse woord in die hele verhaal, Vers 3 begin met Maar Jona het
hom klaargemaak om na Tarsus te gaan
En verderaan verskyn die woord maar weer n keer: Maar
die Vader het n sterk wind
Wanneer ons na die 3e hoofstuk gaan, vind ons n
parallel wat betref Jona se latere gehoorsaamheid: Toe maak Jona hom klaar
en gaan na Ninev�en verder: En
die manne van Ninev�het geglo
Met ander woorde, toe Jona maar ges
het, het die Vader ook sy eie maar gereed gehad. Toe Jona egter ja s� was
die Vader gereed met Sy eie ja en toe stroom die se�inge.
Die derde strof�van hoofstuk 1 leer
aan ons die eerste beginsel wat betref die werking van God se voorsienigheid in
menslike ongehoorsaamheid.
Dit word uitgebeeld in die herhaling
van die woord af. Jona het afgegaan
na Jafo en in n skip geklim. Toe die storm opkom het hy na die onderste dele
van die skip afgeklim.
Hy is daarna oorboord, afgegooi, in die
see.
Om af te gaan, na benede te gaan en
selfs onder te gaan is eenvoudig die onvermydelike pad wat almal loop wat van
die Here God af wegvlug.
Hierdie afganery is n re� waarvolgens
God in gevalle van ongehoorsaamheid optree.
Nog n re� oor die voorsienigheid van
God vind ons op humoristiese wyse daarin dat Jona, toe hy by die skip kom, sy
eie reisgeld moes betaal.
Maar hy het nooit by Tarsus uitgekom
nie. Hy is lank voor daardie tyd oorboord gegooi. Hy is nooit die ongebruikte
deel van sy reiskaartjie terugbetaal nie.
Hier sien ons n groot beginsel in
werking. Dit is die volgende: Wanneer mens van God af wegvlug dan kom jy nooit
uit waarheen jy vlug nie en jy betaal al jou rekenings self, soms ten duurste.
Maar wanneer mens God se weg volg,
bereik jy elke keer jou bestemming en die Here God betaal die rekeninge.
Mens kan nie nalaat om op hierdie punt
die Amerikaanse prediker Bob Mumford aan te haal nie. Hy het gese: God puts
you into a fix to fix you, but if you fix the fix before youre fixed, He has
to fix another fix to fix you!
Jona is beslis n illustrasie van
Mumford se woorde.
Onthou jy die verhaal van Moses in die
mandjie? As sy moeder aan hom vasgehou het, was hy ook vermoor.
Kort daarna word sy Moses se
pleegmoeder, maar, nie voordat Farao se dogter Moses ontdek en aan sy sussie
Miriam s� Ek sal jou loon betaal nie.
Moses se moeder het gekry wat sy die
graagste wou h�en God het boonop die loon, die koste, die rekening, om die
kindjie Moses groot te maak, betaal!
Maar Jona was op pad weg van God af,
buite God se Wil, en hy moes sy eie kostes betaal
As mens dus van God af wegbeweeg sal jy
nooit jou bestemming bereik nie en jy gaan elke keer self die kostes moet
betaal.
As die pad wat jy bewandel egter God se
pad is, dan het jy boonop n waarborg dat jy beslis jou bestemming sal bereik
en God sal die kostes betaal.
Dit is die les wat God aan Jona begin
leer het toe Jona aanboord van die skip gegaan het. God het op n bonatuurlik
wyse ingetree om dit wat Hy in die eerste plek gedoen wou gehad het, wel te
laat plaasvind.
Laat ons almal maar die les hieruit
leer: God sal Sy doelwitte bereik, selfs al is ons ongehoorsaam. Hy kan dit
doen deur oordele oor ons te laat kom weens ons ongehoorsaamheid, of Hy kan dit
doen deur middel van se�inge weens ons gehoorsaamheid. Maar optree, gaan Hy
optree.
Wanneer God praat moet ons luister.
Selfs Saulus moes op n traumatiese wyse sy les leer toe hy nie wou luister
nie.
As God verlang dat ons n besondere
taak moet verrig, dan het ons nie n keuse nie.
So is die opdrag aan al die kinders van
God om die Evangelie van Jesus Christus reg oor die w�eld uit dra, siele in te
bring, hulle te doop, hulle te onderrig in die Woord.
Lantern
voer hierdie opdrag uit. Ons waarsku Suid-Afrikaners oor hulle boosheid. Ons bring die vrymakende Evangelie van Jesus
Christus aan almal. Maar dit is nie
genoeg nie, jy moet ook betrokke raak.
Totdat hierdie opdrag vervul is, sal
diegene wat nie die opdrag uitvoer nie,
van probleem tot probleem lewe en n onsekere bestaan voer.
Jy het geen professionele opleiding
nodig om jou getuienis uit te dra nie, en jy mag nie weier om dit uit te dra
nie.
Jesus s�self: As julle My voor die
mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely.
Bely ons dus nie Jesus Christus voor
die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die geval dat ons
onsself beroof van se�inge.
Dink weer aan die beeld van die
gemeentes wat warm, lou en koud is en let op dat daar op n manier voorsiening
gemaak is vir die wat koud is, maar daar is geen voorsiening vir diegene wat
lou is nie diesulkes sal Hy uit Sy mond uitspuug!
Nou moet jy self besluit waarheen jy
oppad is!
Jy mag vryelik van hierdie boodskappe
gebruik maak om ander op te help, te onderskraag, te bemoedig. Doen dit!