Die
skrikwekkende werklikheid van die Hel
En ons
Goddelike verpligting om die
Goddeloses
te waarsku
As dit moontlik
was sou mens graag elke Bybel-studie student vir die eerste 24 uur van sy
kursus na die Doderyk wou stuur.
Daar sal hulle met die aanvang van hul
kursus met die naakte realiteite van die Hel kon kennis maak, sou hulle die
onherroeplike oordeel van die kermende en berouvolle smart en ellende van die
verlorenes kan aanskou.
Dit sou ons wou doen om hulle te motiveer
met die besef dat as iemand nie wedergebore is nie, God nie dien nie, dan wag
‘n ewige skrikwekkende Hel op hom en haar.
Dit is egter nie moontlik om die
studente daarheen te stuur, maar ons neem
jou saam na ’n plek baie naby daaraan, die voorportaal van die Hel —die
Dodesel.
Ons doen dit in die hoop dat die
wedergeborenes sal besef dat hulle ‘n roeping het om uit te reik na die
verlorenes met wie hulle daagliks in kontak is.
Ons, die wedergeborenes,
is verder onder verpligting want, die Here sê in Esegiël 3 vers 18: “As
Ek aan die godlose sê: Jy sal sekerlik sterwe en jy – wedergeborene – waarsku
nie die goddelose nie, en spreek nie om die
goddelose vir sy godlose weg te waarsku nie, dan sal die godlose deur sy
ongeregtigheid sterwe, maar… sy bloed sal van jou hand geeis word.” Hoe
verskriklik tog!
Maar God is regverdig en
Hy voeg by: “Maar… as jy die godlose waarsku, en hy hom nie van sy
godlose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe, maar jy het
jou siel gered.”
Dis hoe regverdig die Vader is!
Dit is of eenkant toe of anderkant toe. Die Bybel maak
geen plek vir kompromieë nie. Vir huigelaars en geveinsdes is daar nie plek in
hierdie arena nie.
Die doodstraf geld weliswaar nie
langer in SA nie, maar diegene wat in die dodesel was, beskryf dit as die
voorportaal van die Hel.
“Bedags gaan dit aan, maar snags kan
ek nie slaap nie. Ek huil en bid die nagte om.
Ek weet nie wat gaan gebeur nie, maar ek hoop en vertrou dat God my uit
hierdie aaklige dodesel gaan lei,” het sy gesê.
Margaret, wat haar man vermoor het
deur gif op sy toebroodjies werk toe te smeer, het geweier om die dodesel te
verlaat die oggend toe hulle haar gaan haal het om opgehang te word. Sy moes met geweld daaruit gesleep word.
Maria Lee was 124 dae in die
dodesel. Sy het volgehou dat sy
onskuldig is, maar het sonder bystand die gang na die galgkamer afgestap. Terwyl sy by die ander selle verbygeloop
het, het die lied “Bly by my Heer” uit die selle opgeklink. Sy het saam gesing.
Op die valdeur se merkie het sy
saggies “Rus my siel, jou God is Koning” gesing. Sy het net “Jesus” uitgesnik toe die
galgtou oor haar kop afsak. Sekondes later
is sy die ewigheid in.
Duncan Moodie het die dodesel soos
volg beskryf: “In die dodesel is niks in die menslike verstand normaal of
blywend nie. In jou ontsteltenis gaan gedagtes in vlietende sekondes
verby. Net soos die sand in ‘n uurglas,
loop alles vinnig uit om nie weer herroep te word nie. Daar is net een beeld wat jou immer en
helder voor die gees staan, soos vanoggend se droom – jou kinderdae.”
Moodie was ontsettend bang vir die
dood. Later is vertel dat hy na die
galg gedra moes word.
Marthinus Rossouw wat Baron Dieter von
Schauroth vermoor het, se pa, mnr Gawie Rossouw, het gesê: “Ek het hom in die dodesel besoek. Dit was verskriklik. Dit voel asof jou hare van jou af rys. Ek weet nie hoe my seun die dodesel kan
trotseer nie. Dis eenvoudig vreeslik.”
Clarence Gordon van Buuren wat
opgehang is weens die moord op Myra Joy Aken, het die dodesel soos volg
beskryf: “In die skadu van die galg,
waar ek my laaste dae in stilte en bepeinsing deurbring, dink ek aan die
onberekenbare verdriet en skande wat ek op my dierbares geplaas het. Ek het bitter berou, maar berou kom te laat.
“Die vrees vir die dood is nie so erg
as die afwagting in hierdie verskriklike sel nie.”
Jan Hendrik Munnik wat gehang het oor
die moord op ‘n 15-jarige meisie, het
gesê: “Die hel en al sy magte
kan nie so nimmereindigend wees soos die dae, veral die laaste drie, wat ek in
die dodesel deurgebring het nie.”
Munnik het sy dae in die dodesel so deurgeworstel dat beamptes gevrees het
dat hy heeltemal ineen sou stort.
Alfred Percival von Zelt, wat ook
opgehang is, moes die volle tydperk van sy verblyf in die dodesel inspuitings
kry om hom van ‘n algehele senu-ineenstorting te red.
Coenraad Bezuidenhout wat die dubbele
moord op Martha Saayman en haar 17-jarige dogter gepleeg het en daarna homself
verwond het, het sy dae vol smart en pyn in die dodesel deurgebring voordat hy
gehang is.
“Ek kan met niks anders as my lewe
betaal vir die wrede moorde wat ek op Anna en haar moeder gepleeg het nie,” het hy in die dodesel geskryf.
“Maar mag die dood, wat vir my geen
verskrikking inhou nie, tog spoedig aanbreek.
Hier is ‘n mens so naby en tog so ver van die dood. Elke asemhaling in die dodesel is soos ‘n
druppel gif wat jy drink en wat jou uiteindelik doodmaak.”
‘n Pa – sy naam kan nie genoem word
nie om die kind te beskerm – wat sy 10-jarige dogtertjie verkrag het, was
rasend van verdriet en het diepe berou in die dodesel getoon.
“Ek sien gedurig die gesiggie van my
kind voor my. Snags kan ek nie slaap in
die helderverligte dodesel nie.
“Die dodesel is ‘n plek van verterende
vuur wat binne ‘n mens brand. Dit brand
die lewe uit jou uit. Hier is jy
gevoelloos, sonder gedagtes met ‘n besmette gewete.”
Hy het nie snags geslaap nie. Met uitgestrekte hande het hy telkens na die
dak gegryp. Dan weer het hy sy hande al
langs die mure gevryf en uiteindelik het hy nog keer gekniel en hardop gehuil
en gebid.
“Die brandpyn in my murg en gees
verlaat my nooit nie. Dis ‘n
verterende, onuitblusbare vuur,” het hy sy laaste dae in die dodesel beskryf.
As jy vandag getuig dat jy kind van
God is, dan is en bly jy onder ‘n Goddelike verpligting om jou getuienis uit te
dra in woord en in daad.
Die opdrag is vandag aan elke
kerkgenootskap, elke gemeente, elke lidmaat: Waarsku die goddelose teen sy
goddelose weg sodat sy bloed nie van jou hand geeis sal word nie!
Ons
is nie gered om Hemel toe te gaan nie, ons is gered om die Koninkryk van God te
bou. Daar is diegene wat beweer dat
hierdie taak uitsluitlik aan die herders van gemeentes opgedra is. Nee, elkeen
van ons is geroep tot diensbaarheid.
Herdeers kry nie lammers
nie, skape wel. Die herder beskut sy
skade en leer hulle.
Daaroom is daar ook aan
elkeen van ons toerusting gegee om die taak mee te verrig. Predikante is niks
meer as voltydse ouderlinge nie.
Daar staan ook nie
geskryf dat ons geboue moet oprig, dit kerke moet noem en dan daar binne bidure
moet hou waarin ons bid en smeek: “Here, stuur die siele in,” nie.
Die oopdrag is elke keer
dat daar uitgegaan moet word om die siele in te bring, uit te vaar na
die diep kant van die lewe toe en nette
der nette vol in te bring.
"t;Maar hulle het
uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die Woord bevestig
deur die tekens wat daarop gevolg het."
(Markus 16:20)
"t;Soos die Vader My
gestuur het, stuur Ek julle."
(Johannes 20:21)
Die BBybel leer dat die
Vader die wedergeborene as 'n werkende vennoot in Sy planne en werke beskou.
God en Abraham tesame het 'n groot "nasie" (Israel) geskep. God en
Moses het saamgespan om vir ons die Tien Gebooie te gee wat die grondslag van
alle siviele en sedelike wette vandag is.
Dit is deur God en Moses tot stand gebring.
Jesuss self was 'n vennoot
van die Vader in die werk van verlossing.
Hy sê: "Het u nie geweet
dat Ek in die dinge van My Vader moet wees nie?" (Lukas 2:49).
Pauluus, die ywerige en
bekwame sendeling, versoek alle Christene om te onthou dat ons gered is om te
dien. "Wees nie traag in die ywer nie, wees vurig van gees, dien die
Here." (Romeine 12:11).
Ons kkan ware kinders van
God wees, maar die vraag is of ons ons
lewens in totaliteit aan Hom
oorgegee het. Is ons nog in beheer van sekere sektore van ons lewe, of is
God Heer en Meester van ons ganse bestaan? Hy sê Hy is ‘n jaloerse God. Hy wil
volle beheer hê. Hoe gouer dit gebeur, hoe
gouer begin ons floreer.
Die rrede hoekom ons nie
by die sterwe in Christus uitkom en waarom ons nie groei en floreer nie, is
omdat ons nie self die Bybel bestudeer nie. Ons gaan eerder ten gronde weens ‘n
gebrek aan kennis.
So siit ons dan ook keer
op keer onwaardig by die Nagmaaltafel aan en kan nie begryp waarom ons sake nie
floreer nie.
Ons kkan nie verstaan
waarom oordele ons tref nie, maar ons waag dit om onwaardig by die Nagmaaltafel
aan te sit. Ons het met ‘n Lewende God
te doen, nie soseer met ‘n ritueel nie.
As onns die Vader aktief
dien, dan kan ons ook verwag om die Vader aktief in ons lewens te sien, dan kan
ons God se seëninge verwag, dan kan ons oorvloed verwag.
Wanneeer ons onsself aan
God oorgee, begin ons 'n sakevennootskap met God. Ons word "medewerkers van God". 'n Vennootskap met God
is 'n saak waarin God die kapitaal voorsien en ons die arbeid. Hy voorsien die
wysheid, die mag en die middele (finansies, ens.) en ons verskaf die
diensbaarheid.
Daarddie vennootskap word
ook weerspieël in ons huwelike. ‘n Huwelik is ‘n drieledige Verbond tussen man,
vrou en God. ‘n Verbond is ‘n kontrak, dit mag nie verbreek word nie en
God sê self dat, wat Hy saamgevoeg het
mag geen mens skei nie. Wat op die aarde gebind is, is ook in die Hemel gebind.
Die huwelik is ‘n Goddelike instelling.
So iss ons wedergeboorte
‘n Goddelike instelling. Ons moet weier dat enigiets of enigiemand daardie
verhouding, daardie Verbond, tussen ons en ons Skepper, ons Vader, verbreek.
God wwil Homself betuig en
Hy het ons uitverkies as 'n kanaal deur wie Hy Sy mag en besluite kan betuig.
Ons iis geroepe
diensknegte en getuies – medewerkers
– God voltooi Sy werk deur van
ons gebruik te maak.
"t;Ek sal jou die
sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee, en wat u ook op die aarde mag
ontbind sal in die Hemel ontbonde wees, en wat jy op die aarde bind sal in die
Hemel gebind wees." (Mattheus 16:19).
God iis die enigste
Eienaar van Sy saak. Hy besit die planeet Aarde (Psalms 24:1; 50:10), ook al die rykdomme (Hagai 2:8); Hy
besit jou en my lewens (Romeine 14:8); God, in Sy goedertierenheid het elke
mens ryklik bedeel met sekere gawes, talente en moontlikhede. Die dinge moet nie selfsugtig of tot ons eie
voordeel aangewend word nie, maar tot verheerliking van God en die vestiging
van Sy Koninkryk.
"t;Doen alles tot
verheerliking van God." (1
Korinthiërs 10:31).
"t;Julle behoort nie
aan julleself nie, want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in jul liggaam
en in jul gees wat aan God behoort." (1 Korinthiërs 6:19-20). Ons is
rentmeesters van die gawes wat God ons gegee het.
Ons iis rentmeesters van
ons tyd. "Koop die tyd uit omdat die dae boos is." (Efesiërs 5:16)
Moeniie jou tyd verkwis
nie. Ons is rentmeesters van ons talente. Jesus het 'n harde oordeel
uitgespreek oor die man wat uit vrees sy talent begrawe het. Lees aandagtig
Mattheus 25:28-30.
Ons iis rentmeesters van
ons geld. Geld is 'n gawe van God en moet tot Sy eer gebruik word. Lees 1 Timotheus 6:10.
Ons iis ook rentmeesters
van die Evangelie. Die roeping om die grootste nuus op Aarde te verkondig, is
aan die verlostes gegee.
"t;Julle sal krag
ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom." (Handelinge 1:8).
Die HHeilige Gees is die
Gees van God. God woon en leef in die gelowige. "Elkeen wat bely dat Jesus
die Seun van God is, God bly in hom en hy in God." (1 Johannes
4:13-17). Die Heilige Gees is Krag. Hy is die Krag van God in die lewe van elke
gelowige.
Die ddoping in die Heilige
Gees is die werking van die Heilige Gees in die gelowige se hart soos op die
dag van Pinkster, m.a.w. bekragtiging tot diens.
Nêrenns in die Woord van
God is daar 'n bevel dat Hy Sy magtige seëning op Pinksterdag beëindig het nie,
maar die belofte lees steeds: "Want die belofte kom julle toe en jul
kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal
roep." (Handelinge 2:39)
Voor die dag van Pinkster
het die dissipels uit vrees vir die owerhede gevlug. Na Pinkster het hulle die
troon van die Romeinse Ryk geskud. (Handelinge 17:6).
Maar hulle het hierdie
seën nie vir hulself gehou nie. Hulle het uitgegaan en gespreek en duisende het
hulle bekeer. Hulle het geleef en gesterf tot verheerliking van die Evangelie
en het die hele wêreld geskud.
God vverlang manne en
vroue vandag wat gevul is met die Heilige Gees om soortgelyke werke te doen, en
meer werke te doen as wat Hyself gedoen het.
Is jy gereed daarvoor?